Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AZAPO
AZAPO [boodskap #64033] Do, 20 Junie 2002 15:42 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Volgens die Johannesburgse dagblad The Star het AZAPO onlangs 'n
vergadering gehou waar hulle gestem het dat witmense nou maar kan
aansluit by die organisasie.

Witmense was tot dusver verban om by die politieke organisasie, wat
ook die laaste algemene verkiesing kandidate voorgesit het maar in
geen wyke gewen het nie, aan te sluit.

Skynbaar was dit 'n lang debat wat heen en weer geswaai het totdat die
gamatigdes die res oortuig het dat wittes kan aansluit mits hulle die
beginsels van "Black Consciousness" aanvaar.

Volgens die verslag het 10% van die AZAPO lede by die vergadering die
besluit sterk tee"gesit.

*******Einde van berig*********

Johan - tree aan, tree aan en join - Bornman
Re: AZAPO [boodskap #64064 is 'n antwoord op boodskap #64033] Vr, 21 Junie 2002 04:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht
news:3d11f121.32794105@news.icon.co.za...
>
> Skynbaar was dit 'n lang debat wat heen en weer geswaai het totdat die
> gamatigdes die res oortuig het dat wittes kan aansluit mits hulle die
> beginsels van "Black Consciousness" aanvaar.
>

Swart Nasionaliste? Dis soos toe ek die eerste keer gehoor het dat die NP
ook swart mense toegelaat het om lede te word.Volgende hoor ons dat die
Oppenheimers almal masaal deel geword het van die SAKP ;)

-Gideon-
Re: AZAPO [boodskap #64123 is 'n antwoord op boodskap #64033] Sa, 22 Junie 2002 16:16 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Azapo is (en was nog altyd) die die hard swart bewussyn-mense.
Dis nou swart bewussyn as 'n eksklusiewe visie. Steve Biko s'n was nie
eksklusief van ander rasse nie.
Hulle is.
Hulle is die AWB's van swart politiek.

On Thu, 20 Jun 2002 15:42:03 GMT, Johan Bornman
(johanaticondotcodotza) wrote:

> Volgens die Johannesburgse dagblad The Star het AZAPO onlangs 'n
> vergadering gehou waar hulle gestem het dat witmense nou maar kan
> aansluit by die organisasie.
>
> Witmense was tot dusver verban om by die politieke organisasie, wat
> ook die laaste algemene verkiesing kandidate voorgesit het maar in
> geen wyke gewen het nie, aan te sluit.
>
> Skynbaar was dit 'n lang debat wat heen en weer geswaai het totdat die
> gamatigdes die res oortuig het dat wittes kan aansluit mits hulle die
> beginsels van "Black Consciousness" aanvaar.
>
> Volgens die verslag het 10% van die AZAPO lede by die vergadering die
> besluit sterk tee"gesit.
>
> *******Einde van berig*********
>
> Johan - tree aan, tree aan en join - Bornman
Vorige onderwerp: Oud RAU studente rou
Volgende onderwerp: Re: beethoven
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 23:26:20 MGT 2024