Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boeddhisme op NG.
Boeddhisme op NG. [boodskap #64086] Vr, 21 Junie 2002 18:28 na volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ek het almal se reaksie gelees en as ek reg onthou was net twee
persone teen die posting van meer inligting oor Boeddhisme. Ek vra
egter dat almal dit sal lees en hul mening sal gee. As ek reg is, is
net ek en Tant Dina Boeddhiste terwyl die res christene, agnostici of
ateïste is.
Omdat daar dalk onkundiges is wat hier lees gee ek soms `n kort
uiteensetting van verskillende woorde se betekenis ook.

Doel: Om lyding uit te roei, verligting te bereik asook materiële
vooruitgang en geluk te vind. Beywer ons voorts vir die vereniging
van alle Boeddhistiese lyne onder die suiwere leer van die Boeddha.
Stigter: Gautama Siddhartha (563-483 vc) en later bevestig deur
Nichiren Daishonin (1222-1282 nc)
Gesaghebbende geskrifte: Die Lotus Sutra (Saddharma-Pundarika) en
Gosho (Nichiren Daishonin se geskrifte oor die Pali kanon) asook
Daisku Ikeda
Ons verklaring van benamings wat ook deur ander "godsdienste" gebruik
word en meestal deur hulle skeef getrek is:
"god" - `n onpersoonlike lewenswese (Amper soos The Force van Star
Wars) wat vergestalt is in die Lotus Sutra en Gohonzon.
Jesus - `n Slim wysgeer (heel moontlik `n verligte gewees) wie se
leringe deur die christendom verdraai is tot allerlei mites. Kan
vergelyk word met `n Bodhisattva.
Verlossing - `n proses van meditasie en rituele waardeur verligting
bereik word, dit is `n ware verstaan van en beheer oor die realiteit.
Mens - in sy ware wese en verligting, een met die Boeddha.
Sonde - onkunde
Satan - `n Onpersoonlike mag in die Natuur, en die vergestalting van
boosheid.
Bybel - oor die algemeen `n geskrif wat beide waar en valse
leerstellings bevat.
Dood - reïnkarnasie tot nirvana.

Ons verteenwoordig ware Boeddhisme soos deur die Boeddha geleer en
bied aan die wêreld `n wetenskaplik-verligte manier van geestelikheid.
Deur die "Nam-myoho-renge-kyo" te sing (chanting) voor die Gohonzon,
`n heilige mandala, of deur aanbidding van die Gohonzon word `n mens
se lewe in harmonie gebring met die hoogste werklikheid. Die hoogste
werklikheid is die Boeddha inbors wat deur die "chanting" bereik word,
die gevolg is `n nuwe geestelikheid, selfvernuwing, groter wysheid,
meer lewenskrag en materiële rykdom. Die "Nam-myoho-renge-kyo" word
elke oggend en aand gesing terwyl mens op jou knieë staan voor die
Gohonzon – dit is iets soos `n soort altaar wat `n Boeddhistiese
mandala bevat. Hierdie mandala is `n stukkie heilige papier en bevat
die "chant" wat vertikaal in die middel geskryf is, asook Nichiren se
naam en rondom dit is die name van al die gode wat in die Lotus Sutra
genoem word geskryf. Vir ons is gode nie persoonagtige geeste of
sulke dinge nie, maar positiewe en negatiewe lewensfunksies.
Ons glo dat alle ongelukkigheid op aarde hulle oorsprong ten diepste
het in die handhawing van bose of onsuiwere godsdienste.
Soos tante Dina gemeld het het ons begin as `n Japanese vertakking van
Boeddisme (Nichiren Shoshu is steeds aktief in Japan en het die derde
grootste party, die Komeito) maar in 1930 is `n beweging (Soka Gakkai
International) gestig om Boeddhisme wêreldwyd te bevorder. Belange
van Boeddhiste oral op aarde staan vir ons voorop met Kosen-rufu (die
hele wêreld verenig onder een Boeddhistiese geloof) as doel. Om dit te
bereik maak ons gebruik van Shakubuku en shoju. Soos wat Josei Toda
gesê het: "Kosen-rufu of today can be attained only when all of you
take on evil religions and convert everyone in the country en let him
accept a Gohonzon."
Die christendom is volgens ons een van die bose godsdienste wat mense
net ongelukkig maak. Hulle is eenvoudig bygelowig en leef in vrees vir
hul god wat volgens hulle op die dag van oordeel gaan kom. Dit is
verder uit die geskiedenis duidelik dat die christendom en christelike
lewe elke soort wreedheid (atrocity) wat daar ooit bestaan het,
klakkeloos herhaal het, maar met so `n wrede god wat sy eie seun laat
sterf het – wat kan mens anders verwag. Hulle glo in `n monotheisties
persoonlike god en dit maak hulle kragtelose mense wat ongelukkig sal
bly tensy hulle deel word van die Kosen-rufu. Om op Jesus Christus te
vertrou vir verlossing sal uiteindelik lei tot net nog verdere
verwarring. Die christelike leerstellings is die grootste vernietiger
van mense se geluk. Die christene sê hulle god het alles geskep, maar
– net soos Nyingma – sê ons dat lewe nie `n begin het nie en daarom
kon daar nie `n skepping gewees het nie. Gaan kyk maar net na
navorsing oor evolusie. Ons word ondersteun deur byvoorbeeld Freud en
Darwin. Ek moet bysê dat baie christene huidiglik besig is om te
breuk met hulle tradisionele bybelse sienings van geestelikheid.
Onder hulle tel baie teoloë en kerkleiers in SA byvoorbeeld: König,
Spangenberg, Du Toit, Nicol, Tutu, Gaum, Boesak, Burgers, De Villiers,
Landman, Eloff, Van Aarde, Burden, Potgieter, Loader, Müller,
Prinsloo, Van der Watt, Van Rensburg, Vosloo en baie ander. Ek hoop
hulle raak deur hulle kritiek op die bybel so verlig dat hulle verder
sal gaan as die huidige a) ontkenning van die bybel as gesaghebbend;
en b) erkenning daarvan dat god maar net die gevolg is van menslike
denkprosesse; sodat hulle sal kom by die kern van die saak naamlik:
Dat hulle god niks anders is as die mens wat hom uitgedink het nie
d.w.s. mense met slegte karma produseer `n slegte idee van god. Mense
sal oral moet begin besef dat christene net slegte karma met hulle
saambring. Gelukkig verander alles volgens die reëls van jo-ju-e-ku
en sal ook die bybelse idees van die christene en hulle god met tyd
verdwyn. Kom ons werk almal saam daaraan.
Ons toekoms is in ons eie hande en dit is goed, want die Boeddha
inbors is in elkeen van ons aanwesig. Wanneer mens ander godsdienste
soos byvoorbeeld die christendom met Boeddhisme vergelyk sien mens hoe
veeleisend en vol voorwaardes die ander is. Boeddhisme het egter net
1 voorwaarde: jy moet glo. Waar wil jy `n duideliker voorbeeld hê dat
die christelike leerstellings oppervlakkig is en moeilik om te
onderhou – al hoe dit vir mens iets kan beteken is as jy dit met `n
Boeddhistiese bril lees.
As Boeddhis beleef ons die ewige lewe in sy ware betekenis, sonder
vrees vir `n komende oordeel. Ons hoef nie van `n oordeel verlos te
word nie, maar van ons armoede en ongelukkigheid. En daarvoor bied
Nichiren Shoshu die antwoord. Sokoto Ikeda het gesê: "We must seek
the source of the meaning in life within man himself, instead of
finding it in another transcendental being, God." Dit sou `n
verbeeldingsvlug wees want hy bestaan nie.
Dit is `n kort en baie oppervlakkige uiteensetting van Nichiren Shoshu
wat ek hoop almal verstaan het.
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64089 is 'n antwoord op boodskap #64086] Vr, 21 Junie 2002 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jun 2002 11:28:02 -0700, chrisjo...@yahoo.com
(Chrisjolette) wrote:

> Ek het almal se reaksie gelees en as ek reg onthou was net twee
> persone teen die posting van meer inligting oor Boeddhisme. Ek vra
> egter dat almal dit sal lees en hul mening sal gee. As ek reg is, is
> net ek en Tant Dina Boeddhiste terwyl die res christene, agnostici of
> ateïste is.
> Omdat daar dalk onkundiges is wat hier lees gee ek soms `n kort
> uiteensetting van verskillende woorde se betekenis ook.

Kom ek verbaas jou Chrisjolette, deur te vertel dat ek baie vinnig
deur jou brief gelees het en dit toe in 'Word' gebêre het vir latere
meer intesiewe lees. Daar is nie 'n kans dat ek enige van jou
stellings as lerend gaan vind nie maar so het ek as klein kind
ook in die spooktrein gery omdat die spoke interessant was
maar nie vreesaanjaend nie omdat hulle nie regtig was nie.
Ek dink dat daar geen beter motor as Toyota is nie maar
as jy reken dat BMW daardie eer verdien gaan ek jou
kans gee om jou redes te verskaf. Ek gaan weet dat
jy verkeerd is maar jou steeds aanhoor.

Die rede vir ons twee se afkeur aan jou skrywe
het ons reeds gestel. Die volgende op die verhoog
is Tant Hester wanneer die gordyne nou lig. Volgens
haar is sy geen Boeddhis nie EN volgens haar is die
Boeddhistiese leer NIE aanvallend teenoor die Christelike
Leer nie.

DD
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64091 is 'n antwoord op boodskap #64089] Vr, 21 Junie 2002 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

Die volgende op die verhoog
> is Tant Hester wanneer die gordyne nou lig. Volgens
> haar is sy geen Boeddhis nie EN volgens haar is die
> Boeddhistiese leer NIE aanvallend teenoor die Christelike
> Leer nie.

Ja, dankie Davie, dat jy aandagtig genoeg
gelees het wat ek vantevore oor Boeddhisme
gesê het. Ek weet nie waar "Chrisjolette"
uitgebroei het nie, maar hierdie soort
"Boeddhisme" is 'n abberasie wat in Japan
ontstaan het, en wat nasionalistiese neigings
het. Ek kan skaars glo dat daar mense in SA
is wat hierdie soort "Buddhisme" aanhang.
Waarom sal 'n Afrikaner nou glo dat Japan
die teleologiese middelpunt is van die wêreld?

Gloudina
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64093 is 'n antwoord op boodskap #64086] Vr, 21 Junie 2002 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

ek en Tant Dina

Ek vra jou nou beleefd om my naam uit jou
poste te hou. Erêns is iemand siek, doodsiek.

Gloudina
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64097 is 'n antwoord op boodskap #64089] Sa, 22 Junie 2002 03:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Kom ek verbaas jou Chrisjolette, deur te vertel dat ek baie vinnig
> deur jou brief gelees het en dit toe in 'Word' gebêre het vir latere
> meer intesiewe lees.

Weird, Dave ...weird....:-)

> maar so het ek as klein kind
> ook in die spooktrein gery omdat die spoke interessant was
> maar nie vreesaanjaend nie omdat hulle nie regtig was nie.

Ja, ek het ook gedink spoke is nie vreesaanjaend nie, maar dit was
voordat ek hierdie nuusgroep ontdek het.

> Die rede vir ons twee se afkeur aan jou skrywe
> het ons reeds gestel. Die volgende op die verhoog
> is Tant Hester wanneer die gordyne nou lig. Volgens
> haar is sy geen Boeddhis nie EN volgens haar is die
> Boeddhistiese leer NIE aanvallend teenoor die Christelike
> Leer nie.

LOL! 10/10 vir jou!!!
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64102 is 'n antwoord op boodskap #64093] Sa, 22 Junie 2002 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3D13A28F.5010709@rogers.com...
>
> Chrisjolette wrote:
>
> ek en Tant Dina
>
>
> Ek vra jou nou beleefd om my naam uit jou
> poste te hou. Er�ns is iemand siek, doodsiek.
>
> Gloudina

Ja-nee, Doudie, mens moet versigtig wees met wie jy jou assosieer op dié
nuusgroep...
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64103 is 'n antwoord op boodskap #64086] Sa, 22 Junie 2002 04:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0206211028.2f01ad41@posting.google.com...

> Ek het almal se reaksie gelees en as ek >reg onthou was net twee
> persone teen die posting van meer >inligting oor Boeddhisme.

Ons teenstand was nie spesifiek teen die plasing van inligting oor
Boeddhiste nie, en as jy mooi gelees het, sou jy dit dalk verstaan het. Ons
verwerping van jou vorige plasing was teen jou spottende, half-neerhalende
verwysing na mense "wat dalk nog glo dat daar 'n god is". Dit het ons reeds
vertel dat jy ons intelligensie bevraagteken. Jou ander stelling was dat
baie mense op die nuusgroep nie sal verstaan waaroor jy praat nie - 'n
verdere verwysing na ons gebrek aan intelligensie. Baie beledigend, veral
van iemand wat met haar eerste plasing iemand sommer dadelik aangeval en
beledig het - nie 'n intelligente ding om te doen nie.

As jy vroeër hier ingestrompel het, sou jy die vorige, baie lang bespreking
oor godsdiens gevolg het, waarin ook deeglik na Boeddhisme verwys is. Doen
jou tuiswerk voor jy hier kom inval met allerhande stellings, wat jou aan
die einde wel na 'n imbesiel laat lyk. En gaan tel sommer weer - lyk my jou
wiskundige vermoëns het ook meer aandag nodig.

> Omdat daar dalk onkundiges is wat hier lees gee ek soms `n kort
> uiteensetting van verskillende woorde se betekenis ook.
>
Vreeslik baie dankie vir die eenvoudige manier waarop jy dit uiteengesit
het - vir oppervlakkige en onnosele mense soos ons, was dit sommer 'n groot
hulp.
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64108 is 'n antwoord op boodskap #64086] Sa, 22 Junie 2002 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Self-ontwikkeling en self-ontdekking kan ook op ander maniere bereik word
sonder om 'n mens aan enige filosofie, of godsdiens te verslaaf.

- Boedisme is 'n vorm van aanbidding soos enige ander godsdiens, met
dieselfde vereiste dissipline, soos duidelik geïllustreer in jou skrywe;

- Dit het ook bepaalde strukture/hierargie� wat instand gehou moet word,
soos enige ander godsdienstige instellings;- die finansiële onderhouding van
die leiers, ens.

- Dit orden ook die mens en sy omgewing, soos die Christendom en ander
filosofieë;

- dit vereis ook 'n wegbreek van die "massas" deur verandering van
gedragspatrone en/of kleredrag om die onderskeiding te beklemtoon.

Dankie in elk geval vir die plasing. As 'n mens dit uit jou perspektief
bekyk, is daar geen lelike bedoelings mee gewees nie. Die gelol kom wanneer
ons dit vanuit ons eie verwysingsraamwerk ( en somtyds) ego's beantwoord.

"Chrisjolette":
" Die "Nam-myoho-renge-kyo" word elke oggend en aand gesing terwyl mens op
jou knieë staan voor die Gohonzon - dit is iets soos `n soort altaar wat `n
Boeddhistiese
mandala bevat. Hierdie mandala is `n stukkie heilige papier en bevat die
"chant" wat vertikaal in die middel geskryf is, asook Nichiren se naam en
rondom dit is die name van al die gode wat in die Lotus Sutra genoem word
geskryf. Vir ons is gode nie persoonagtige geeste of sulke dinge nie, maar
positiewe en negatiewe lewensfunksies."

skryf in boodskap news:2cc19bbd.0206211028.2f01ad41@posting.google.com...
Ek het almal se reaksie gelees en as ek reg onthou was net twee
persone teen die posting van meer inligting oor Boeddhisme. Ek vra
egter dat almal dit sal lees en hul mening sal gee. As ek reg is, is
net ek en Tant Dina Boeddhiste terwyl die res christene, agnostici of
ateïste is.
Omdat daar dalk onkundiges is wat hier lees gee ek soms `n kort
uiteensetting van verskillende woorde se betekenis ook.

Doel: Om lyding uit te roei, verligting te bereik asook materiële
vooruitgang en geluk te vind. Beywer ons voorts vir die vereniging
van alle Boeddhistiese lyne onder die suiwere leer van die Boeddha.
Stigter: Gautama Siddhartha (563-483 vc) en later bevestig deur
Nichiren Daishonin (1222-1282 nc)
Gesaghebbende geskrifte: Die Lotus Sutra (Saddharma-Pundarika) en
Gosho (Nichiren Daishonin se geskrifte oor die Pali kanon) asook
Daisku Ikeda
Ons verklaring van benamings wat ook deur ander "godsdienste" gebruik
word en meestal deur hulle skeef getrek is:
"god" - `n onpersoonlike lewenswese (Amper soos The Force van Star
Wars) wat vergestalt is in die Lotus Sutra en Gohonzon.
Jesus - `n Slim wysgeer (heel moontlik `n verligte gewees) wie se
leringe deur die christendom verdraai is tot allerlei mites. Kan
vergelyk word met `n Bodhisattva.
Verlossing - `n proses van meditasie en rituele waardeur verligting
bereik word, dit is `n ware verstaan van en beheer oor die realiteit.
Mens - in sy ware wese en verligting, een met die Boeddha.
Sonde - onkunde
Satan - `n Onpersoonlike mag in die Natuur, en die vergestalting van
boosheid.
Bybel - oor die algemeen `n geskrif wat beide waar en valse
leerstellings bevat.
Dood - reënkarnasie tot nirvana.

Ons verteenwoordig ware Boeddhisme soos deur die Boeddha geleer en
bied aan die wêreld `n wetenskaplik-verligte manier van geestelikheid.
Deur die "Nam-myoho-renge-kyo" te sing (chanting) voor die Gohonzon,
`n heilige mandala, of deur aanbidding van die Gohonzon word `n mens
se lewe in harmonie gebring met die hoogste werklikheid. Die hoogste
werklikheid is die Boeddha inbors wat deur die "chanting" bereik word,
die gevolg is `n nuwe geestelikheid, selfvernuwing, groter wysheid,
meer lewenskrag en materiële rykdom. Ons glo dat alle ongelukkigheid op
aarde hulle oorsprong ten diepste
het in die handhawing van bose of onsuiwere godsdienste.
Soos tante Dina gemeld het het ons begin as `n Japanese vertakking van
Boeddisme (Nichiren Shoshu is steeds aktief in Japan en het die derde
grootste party, die Komeito) maar in 1930 is `n beweging (Soka Gakkai
International) gestig om Boeddhisme wêreldwyd te bevorder. Belange
van Boeddhiste oral op aarde staan vir ons voorop met Kosen-rufu (die
hele wêreld verenig onder een Boeddhistiese geloof) as doel. Om dit te
bereik maak ons gebruik van Shakubuku en shoju. Soos wat Josei Toda
gesê het: "Kosen-rufu of today can be attained only when all of you
take on evil religions and convert everyone in the country en let him
accept a Gohonzon."
Die christendom is volgens ons een van die bose godsdienste wat mense
net ongelukkig maak. Hulle is eenvoudig bygelowig en leef in vrees vir
hul god wat volgens hulle op die dag van oordeel gaan kom. Dit is
verder uit die geskiedenis duidelik dat die christendom en christelike
lewe elke soort wreedheid (atrocity) wat daar ooit bestaan het,
klakkeloos herhaal het, maar met so `n wrede god wat sy eie seun laat
sterf het - wat kan mens anders verwag. Hulle glo in `n monotheisties
persoonlike god en dit maak hulle kragtelose mense wat ongelukkig sal
bly tensy hulle deel word van die Kosen-rufu. Om op Jesus Christus te
vertrou vir verlossing sal uiteindelik lei tot net nog verdere
verwarring. Die christelike leerstellings is die grootste vernietiger
van mense se geluk. Die christene sê hulle god het alles geskep, maar
- net soos Nyingma - sê ons dat lewe nie `n begin het nie en daarom
kon daar nie `n skepping gewees het nie. Gaan kyk maar net na
navorsing oor evolusie. Ons word ondersteun deur byvoorbeeld Freud en
Darwin. Ek moet bysê dat baie christene huidiglik besig is om te
breuk met hulle tradisionele bybelse sienings van geestelikheid.
Onder hulle tel baie teoloë en kerkleiers in SA byvoorbeeld: K�nig,
Spangenberg, Du Toit, Nicol, Tutu, Gaum, Boesak, Burgers, De Villiers,
Landman, Eloff, Van Aarde, Burden, Potgieter, Loader, Müller,
Prinsloo, Van der Watt, Van Rensburg, Vosloo en baie ander. Ek hoop
hulle raak deur hulle kritiek op die bybel so verlig dat hulle verder
sal gaan as die huidige a) ontkenning van die bybel as gesaghebbend;
en b) erkenning daarvan dat god maar net die gevolg is van menslike
denkprosesse; sodat hulle sal kom by die kern van die saak naamlik:
Dat hulle god niks anders is as die mens wat hom uitgedink het nie
d.w.s. mense met slegte karma produseer `n slegte idee van god. Mense
sal oral moet begin besef dat christene net slegte karma met hulle
saambring. Gelukkig verander alles volgens die reëls van jo-ju-e-ku
en sal ook die bybelse idees van die christene en hulle god met tyd
verdwyn. Kom ons werk almal saam daaraan.
Ons toekoms is in ons eie hande en dit is goed, want die Boeddha
inbors is in elkeen van ons aanwesig. Wanneer mens ander godsdienste
soos byvoorbeeld die christendom met Boeddhisme vergelyk sien mens hoe
veeleisend en vol voorwaardes die ander is. Boeddhisme het egter net
1 voorwaarde: jy moet glo. Waar wil jy `n duideliker voorbeeld hê dat
die christelike leerstellings oppervlakkig is en moeilik om te
onderhou - al hoe dit vir mens iets kan beteken is as jy dit met `n
Boeddhistiese bril lees.
As Boeddhis beleef ons die ewige lewe in sy ware betekenis, sonder
vrees vir `n komende oordeel. Ons hoef nie van `n oordeel verlos te
word nie, maar van ons armoede en ongelukkigheid. En daarvoor bied
Nichiren Shoshu die antwoord. Sokoto Ikeda het gesê: "We must seek
the source of the meaning in life within man himself, instead of
finding it in another transcendental being, God." Dit sou `n
verbeeldingsvlug wees want hy bestaan nie.
Dit is `n kort en baie oppervlakkige uiteensetting van Nichiren Shoshu
wat ek hoop almal verstaan het.
Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64111 is 'n antwoord op boodskap #64086] Sa, 22 Junie 2002 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Chrisjolette Vos jou snert (skuus Antie maar ek ken nog net hierdie woord,
soos wat ek groter word sal ek seker ander ook leer) maak dat ek my studies
moet onderbreek om te reageer op `n paar aanvallende opmerkings oor die
Bybel en God. Ek gaan probeer om dit te doen soos wat Wouter altyd maak. O
ja, as ek hierdie week se vakke pluk is dit jou skuld en jy sal aan my pa en
die bank moet verduidelik.

"Chrisjolette"
> As ek reg is, is
> net ek en Tant Dina Boeddhiste terwyl die res christene, agnostici of
> ateïste is.
> Omdat daar dalk onkundiges is wat hier lees gee ek soms `n kort
> uiteensetting van verskillende woorde se betekenis ook.

Johanls:
Nee, jy is nie reg nie. As jy in die argiewe gaan lees sou jy sien dat
omtrent presies 2 jaar gelede is `n soortgelyke gesprek gevoer - net baie
meer beskaafd - waarin die Antie gesê het dat sy nie `n Boeddhis of `n
Christen is nie, maar glo dat alle godsdienste iets van die waarheid bevat
en jy moet soek na dit in daardie godsdienste wat jou in aanraking sal bring
met die goddelike influx in jou.
Dankie vir die uiteensetting. `n Dom jong knaap soos ek kon amper verstaan
wat jy geskryf het.

Chrisjolette:
> Doel: Om lyding uit te roei, verligting te bereik asook materiële
> vooruitgang en geluk te vind. Beywer ons voorts vir die vereniging
> van alle Boeddhistiese lyne onder die suiwere leer van die Boeddha.

Johanls:
So daar is verskillende Boeddhistiese sektes, waarvan net julle reg is en
almal moet by julle inval?

Chrisjolette:
> Stigter: Gautama Siddhartha (563-483 vc) en later bevestig deur
> Nichiren Daishonin (1222-1282 nc)

Johanls:
So julle het jul ontstaan te danke aan `n mens en later moes `n ander mens
kom sê wat het die eerste een eintlik geleer.

Chrisjolette:
> Gesaghebbende geskrifte: Die Lotus Sutra (Saddharma-Pundarika) en
> Gosho (Nichiren Daishonin se geskrifte oor die Pali kanon) asook
> Daisku Ikeda

Johanls:
Weereens mense se geskrifte. Verder (en hier het ek beperkte kennis en
iemand anders se hulp sal waardeer word) weet ek dat daar twyfel bestaan oor
die Sutra se ontstaansdatum. Vertel vir ons wanneer en waar het die goed
ontstaan.
Gosho is dus Nichiren Daishonin se kommentaar dus `n sekondêre bron wat
gekanoniseer is.
Daisku Ikeda - is hy nie in 1990 ontneem van sy sokoto-titel en uitgeskop
nie?

Chrisjolette:
verklaring van benamings wat ook deur ander "godsdienste" gebruik
> word en meestal deur hulle skeef getrek is:

Johanls:
Vraag: Wie het die woorde eerste gebruike en wie het dit later skeefgetrek?

Chrisjolette:
> "god" - `n onpersoonlike lewenswese (Amper soos The Force van Star
> Wars) wat vergestalt is in die Lotus Sutra en Gohonzon.

Johanls:
GOD: Ek glo in `n enige God, `n enige Wese waarin drie Persone is, inderdaad
en in waarheid en van ewigheid onderskeie volgens hul onmededeelbare
eienskappe, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Die Vader is
die oorsaak, oorsprong en begin van alle dinge, sigbare sowel as onsigbare;
die Seun is die Woord, die Wysheid en die Beeld van die Vader; die Heilige
Gees, die ewige Krag en Moondheid, wat uitgaan van die Vader en die Seun.
Lk 4:8 : "Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."

Chrisjolette:
> Jesus - `n Slim wysgeer (heel moontlik `n verligte gewees) wie se
> leringe deur die christendom verdraai is tot allerlei mites. Kan
> vergelyk word met `n Bodhisattva.

Johanls:
JESUS: Ek glo dat Jesus Christus na sy Goddelike natuur die eniggebore Seun
van God is, van ewigheid af gebore; nie gemaak nie en nie geskape nie - want
dan sou Hy `n skepsel wees - maar eenswesens met die Vader, ewig, soos die
Vader, die afdruksel van die Wese van die Vader en die afskynsel van sy
heerlikheid, aan Hom in alles gelyk. Hy is die Seun van God, nie alleen van
die tyd af dat Hy ons natuur aangeneem het nie, maar van alle ewigheid af,
soos die Bybel ons leer. So is Hy dan die ware, ewige God, die Almagtige,
wat ek aanroep, aanbid en dien.

Chrisjolette:
> Verlossing - `n proses van meditasie en rituele waardeur verligting
> bereik word, dit is `n ware verstaan van en beheer oor die realiteit.

Johanls:
Verlossing: Dit is om met God versoen te word. Enige persoon wat verlossing
soek by iets of iemand anders as of saam met Jesus Christus, is besig om Hom
met so `n daad te verloën asn Verlosser, ofskoon hulle met die mond in Hom
roem; want een van die twee: of Jesus is geen volkome Verlosser nie, of die
wat hierdie Verlosser met `n ware geloof aanneem, moet alles in Hom hê wat
vir hul saligheid nodig is.
Hd 4:12 : "Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur
God wil dat ons verlos moet word nie."

Chrisjolette:
> Mens - in sy ware wese en verligting, een met die Boeddha.
> Sonde - onkunde

Johanls:
Mens en sonde: God het die mens goed en na sy ewebeeld geskape, dit is, in
ware regverdigheid en heiligheid, sodat hy God, sy Skepper, reg kan ken, Hom
van harte kan liefhê en met Hom in die ewige saligheid kan lewe om Hom te
loof en te prys. Maar die mens het verdorwe geraak deur die val en
ongehoorsaamheid van ons eerste voorouers, Adam en Eva, in die Paradys waar
ons natuur so verdorwe is dat ons almal in sonde ontvang en gebore word.
Nou is die mens heeltemal onbekwaam tot enige goed en geneig tot alle kwaad,
tensy ons deur die Gees van God wedergebore word.

Chrisjolette:
> Satan - `n Onpersoonlike mag in die Natuur, en die vergestalting van
> boosheid.
> Bybel - oor die algemeen `n geskrif wat beide waar en valse
> leerstellings bevat.
> Dood - reënkarnasie tot nirvana.

Johanls:
Satan: `n Skepsel van God dus persoonsagtig en een van die mens se
doodsvyande wat saam met die wêreld en ons sondige natuur nie ophou om ons
aan te val nie, voor wie ons so swak is dat ons nie een oomblik kan standhou
nie. Daarom het Jesus ons geleer om te bid: "Lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose." Dit is om te vra: Hou ons staande en verstek
ons deur die krag van u Heilige Gees, sodat ons in hierdie geestelike stryd
nie beswyk nie, maar altyd sterk teenstand kan bied, totdat ons eindelik vir
goed die oorhand behou.

Bybel: Die besondere openbaringsmiddel van God waarin Hy Homself duideliker
as in die natuur en meer volkome bekend maak deur sy heilige en Goddelike
Woord, soveel naamlik as wat ons nodig het in hierdie lewe, tot sy eer en
die saligheid van wie aan Hom behoort. Hierde Woord van God is nie gestuur
of voorgebring deur die wil van `n mens nie, maar die heilige mense van God,
deur die Heilige Gees gedrywe, het dit gespreek, soos die heilige Petrus sê.
Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid, sy knegte,
die profete en die apostels, beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te
stel; en Hy het self met sy vinger op die twee tafels van die Wet geskrywe.
Om die rede noem ons hierdie geskrifte: Heilige en Goddelike Geskrifte.

Dood: Dit is God se straf op die sonde en ons onderskei drie vorms:
1) Geestelike dood: Mense wat nie in `n lewende verhouding met God bestaan
nie en nog geestelike lyke is.
2) Tydelike dood: wanneer mense liggaamlik sterf en daar skeiding tussen
siel en liggaam kom.
3) Ewige dood: waar die band met God finaal verbreek is en die ongeredde
mens vir ewig in die verdoemenis verkeer.

Chrisjolette:
> Ons verteenwoordig ware Boeddhisme soos deur die Boeddha geleer en
> bied aan die wêreld `n wetenskaplik-verligte manier van geestelikheid.

Johanls:
`n Ons-is-reg-die-res-is-verkeerd geestelikerigting. Sal ook nie verder
ingaan op jou wetenskaplikheid nie. 1 Kor 4:18 : "Niemand moet homself
mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie
wêreld `n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik `n wyse mens kan
word, want wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God."

Chrisjolette:
> Soos tante Dina gemeld het het ons begin as `n Japanese vertakking van
> Boeddisme (Nichiren Shoshu is steeds aktief in Japan en het die derde
> grootste party, die Komeito) maar in 1930 is `n beweging (Soka Gakkai
> International) gestig om Boeddhisme wêreldwyd te bevorder. Belange
> van Boeddhiste oral op aarde staan vir ons voorop met Kosen-rufu (die
> hele wêreld verenig onder een Boeddhistiese geloof) as doel. Om dit te
> bereik maak ons gebruik van Shakubuku en shoju. Soos wat Josei Toda
> gesê het: "Kosen-rufu of today can be attained only when all of you
> take on evil religions and convert everyone in the country en let him
> accept a Gohonzon."

Johanls:
Een-wêreld-regering en een-wêreld-geloof. Ek moet sê julle dink nogal
verder vooruit as die meeste ander afgodsdienste.

Chrisjolette:
> Die christendom is volgens ons een van die bose godsdienste wat mense
> net ongelukkig maak. Hulle is eenvoudig bygelowig en leef in vrees vir
> hul god wat volgens hulle op die dag van oordeel gaan kom.

Johanls:
Hierdie is `n tipiese wanvoorstelling van die Christendom. Gaan lees gerus
1 Tess 5: 16 : "Wees altyd bly." vers 18 : "Wees in alle omstandighede
dankbaar, want dit is wat God in Jesus Christus van julle verwag."
Verder in 1 Tessalonisense 5:23 staan daar: "Mag God, wat vrede gee, julle
volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en
liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus
Christus weer kom!"
So ons vrees nie die oordeelsdag nie, want God bewaar ons omdat ons nie self
kan nie. Lees verder vers 24 se trooswoorde: "Hy sal dit ook doen, want Hy
wat julle roep, is getrou." Hulle wie vrees vir die oordeelsdag (of wie
behoort te vrees) is diegene wie Jesus Christus verloën.

Chrisjolette
> Dit is verder uit die geskiedenis duidelik dat die christendom en christelike
> lewe elke soort wreedheid (atrocity) wat daar ooit bestaan het,
> klakkeloos herhaal het, maar met so `n wrede god wat sy eie seun laat
> sterf het - wat kan mens anders verwag.

Johanls:
Johannes 15:13-14: "Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir
sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel."
Dat wrede dinge in die verlede gebeur het, wys net vir ons dat Christene nie
sondeloos is nie en dat mense wat hulself Christene noem, dit nie noodwendig
is nie.
1 Jh 1 : 8 : "As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself
en is die waarheid nie in ons nie."

Chrisjolette:
Hulle glo in `n monotheisties
> persoonlike god en dit maak hulle kragtelose mense wat ongelukkig sal
> bly tensy hulle deel word van die Kosen-rufu. Om op Jesus Christus te
> vertrou vir verlossing sal uiteindelik lei tot net nog verdere
> verwarring. Die christelike leerstellings is die grootste vernietiger
> van mense se geluk.

Johanls:
Christene is uit hulself heel tereg "kragtelose mense".
1 Kor 1 : 29 : "Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie."
2 Kor 11 : 30 : " As daar dan geroem moet word, sal ek roem, maar dan oor my
swakhede."
2 Kor 12 : 9 : "Sy antwoord was: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom
juis tot volle werking wanneer jy swak is." Daarom sal ek baie liewer oor my
swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees."
Maar "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee." Fp 4:13.
Dit is wanneer mens op jouself en jou eie pogings moet vertrou, dat jy net
verder verwar en ongelukkig raak.

Chrisjolette:
> Die christene sê hulle god het alles geskep, maar - net soos Nyingma - sê ons dat lewe nie `n
> begin het nie en daarom kon daar nie `n skepping gewees het nie.
> Gaan kyk maar net na navorsing oor evolusie. Ons word ondersteun deur byvoorbeeld Freud en
> Darwin.

Johanls:
Jes 45:12 : "Ek het die aarde gemaak; die mensdom wat daarop is, het Ek
geskep."
1 Kor 2 : 14 : "Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die
dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie
verstaan nie"
Jh 1 :1-3 : "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die
Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom
ontstaan en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie."
Darwin en Freud teenoor God = ek weet by wie ek getel word.

Chrisjolette:
Ek moet bysê dat baie christene huidiglik besig is om te
> breuk met hulle tradisionele bybelse sienings van geestelikheid.
> Onder hulle tel baie teoloë en kerkleiers in SA byvoorbeeld: K�nig,
> Spangenberg, Du Toit, Nicol, Tutu, Gaum, Boesak, Burgers, De Villiers,
> Landman, Eloff, Van Aarde, Burden, Potgieter, Loader, Müller,
> Prinsloo, Van der Watt, Van Rensburg, Vosloo en baie ander.

Johanls:
Hier moet ek ongelukkig toegee dat jy reg is. Ek twyfel net oor Eloff. Van
watter Eloff praat jy? As jy bedoel Theuns Eloff die rektor van die PUK is
jy oor hom ook reg. Nogtans verteenwoordig hierdie "geleerdes" en
kerkleiers die Christendom net so min as die pous.
Verder moet ons onsself afvra of geestelikes wat hulself distansie�r van die
Bybel nog enige aanspraak kan maak op die titel van Christen en of hulle
uitsprake as Christelik gesien mag word.
Vir die name wat jy hier genoem het glo ek geld Mt 7 : 21 : "Nie elkeen wat
vir My sê : 'Here, Here,' sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie,
maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is."

Chrisjolette:
> Ek hoop hulle raak deur hulle kritiek op die bybel so verlig dat hulle verder
> sal gaan as die huidige a) ontkenning van die bybel as gesaghebbend;
> en b) erkenning daarvan dat god maar net die gevolg is van menslike
> denkprosesse; sodat hulle sal kom by die kern van die saak naamlik:
> Dat hulle god niks anders is as die mens wat hom uitgedink het nie
> d.w.s. mense met slegte karma produseer `n slegte idee van god.

Johanls:
Goeie nuus vir jou: hulle is nie baie ver daarvan nie.
Slegte nuus: Ps 14:2: "Die dwaas dink daar is geen God nie."
Judas v18 : "Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle
eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf."
v20 : "Julle, geliefdes, moet egter voortgaan m julle lewe te bou op julle
allerheiligste geloof."

Chrisjolette:
> Mense sal oral moet begin besef dat christene net slegte karma met hulle
> saambring. Gelukkig verander alles volgens die reëls van jo-ju-e-ku
> en sal ook die bybelse idees van die christene en hulle god met tyd
> verdwyn.

Johanls:
Heb 13:8 : "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Maleagi 3:6 : "Ek, die Here, het nie verander nie."

Chrisjolette:
> Kom ons werk almal saam daaraan.

Johanls:
Jy kan vergeet van my samewerking of selfs van enige sukses.
Ps 5:6 : "Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die
werkers van ongeregtigheid."
Kol 1 : 15 ev : "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene
van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele
en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye
en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is
voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand."
Judas v 24 : "Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te
bewaar..."
Jh 10 : 28 : "Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid
nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie."

Chrisjolette:
> Ons toekoms is in ons eie hande en dit is goed, want die Boeddha
> inbors is in elkeen van ons aanwesig.

Johanls:
Dank die Vader my lewe en toekoms is in Sy hande en nie in my eie nie.
Dn 5 : 23 : "U het nie die God ge�er van wie u die lewensasem ontvang en wat
oor u lewe beskik nie."
Jes 2 : 22 : "Moenie op mense staatmaak nie: hulle blaas so maklik die
laaste asem uit. Hulle is min werd."
2 Kor 13 : 5 : "Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle
in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is
nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie."
2 Kor 10 : 18 : "Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat
homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word."

Chrisjolette:
> Wanneer mens ander godsdienste soos byvoorbeeld die christendom met
Boeddhisme vergelyk > sien mens hoe veeleisend en vol voorwaardes die ander
is. Boeddhisme het egter net
> 1 voorwaarde: jy moet glo. Waar wil jy `n duideliker voorbeeld hê dat
> die christelike leerstellings oppervlakkig is en moeilik om te
> onderhou - al hoe dit vir mens iets kan beteken is as jy dit met `n
> Boeddhistiese bril lees.

Johanls:
1 Jh 5 : 13 : "Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet dat
julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo."
Jh 6 : 47 : "Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe."
Rm 10 : 9 : "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart
glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word."
Rm 11: 29 : "As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep
het, trek Hy dit nooit weer terug nie."
Oppervlakkig en moeilik om te onderhou? Nee, glad nie.
`n Boeddhistiese bril - Lk 16 : 13 : "Julle kan nie God en Mammon dien nie."

Chrisjolette:
> Dit is `n kort en baie oppervlakkige uiteensetting van Nichiren Shoshu
> wat ek hoop almal verstaan het.

Johanls:
Kort en oppervlakkig = heel gepas vir `n oppervlakkige geestelike rigting.
2 Kor 10 : 3ev : "Natuurlik leef ons in `n menslike liggaam, maar ons voer
nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die
wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan
vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval
wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om
dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke
ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.
Julle kyk net na een kant van die saak."
Jakobus 1 : 5 : "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid,
en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en
sonder verwyt."
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64113 is 'n antwoord op boodskap #64111] Sa, 22 Junie 2002 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
johanls:
Ek gaan probeer om dit te doen soos wat Wouter altyd maak.

Hantamkind:
Ek dink dit werk goed Johan. Dit lees lekker en mens hou so by die storie
sonder om tussen ander snert rond te soek na die kern van die boodskap - en
wie wat gese het. Daar is min dinge wat my so naar maak as mense wat op 'n
drie bladsy posstuk reageer en dan net die "reply to group" button kliek en
se "ek stem saam" of iets dergliks.

HK
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64136 is 'n antwoord op boodskap #64111] Sa, 22 Junie 2002 23:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Chrisjolette Vos jou snert (skuus Antie maar ek ken nog net hierdie woord,
> soos wat ek groter word sal ek seker ander ook leer) maak dat ek my studies
> moet onderbreek om te reageer op `n paar aanvallende opmerkings oor die
> Bybel en God. Ek gaan probeer om dit te doen soos wat Wouter altyd maak. O
> ja, as ek hierdie week se vakke pluk is dit jou skuld en jy sal aan my pa en
> die bank moet verduidelik.

Johan, ek het jou stuk gelees en jou geloofs-
getuienis en die baie aanhalings uit die Bybel
met vrug gelees.
Maar ek dink nie jy moet jou tyd verspil op
"Chrisjolette" nie. Die persoon wat hierdie
stuk geskryf het oor Nichiren het, myns insiens,
na die Internet gegaan en informasie ingewin oor
dié ekstreme Buddhistiese sekte van Japan, en
die informasie gebruik as 'n vanggat om met my
te begin praat ( miskien nie met goeie bedoelings
nie, miskien as 'n toets, of miskien selfs uit
onnutsigheid. Ek sou byvoorbeeld so iets van Davie
Davis verwag het, behalwe dat ek dink dat hy te lui
is om so 'n lang ingewikkelde ding te skryf.) Maar
die feit dat "Chrisjolette" amper aanhoudend probeer
maak het asof sy my man ken, beteken dat hierdie
"Chrisjolette" iemand is wat al lank op hierdie
nuusgroep is.
Ek sal later aandag gee aan wat jy verder
geskryf het.

Gloudina
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64139 is 'n antwoord op boodskap #64111] So, 23 Junie 2002 00:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Nee, jy is nie reg nie. As jy in die argiewe gaan lees sou jy sien dat
> omtrent presies 2 jaar gelede is `n soortgelyke gesprek gevoer - net baie
> meer beskaafd - waarin die Antie gesê het dat sy nie `n Boeddhis of `n
> Christen is nie, maar glo dat alle godsdienste iets van die waarheid bevat
> en jy moet soek na dit in daardie godsdienste wat jou in aanraking sal bring
> met die goddelike influx in jou.

Ja, as ek nou terugdink aan my jongdae,
dan weet ek dat dit die "boekevat" en
die op die knieë luister hoe my pa bid,
en die bidure die tye was wanneer mens
die naaste gekom het aan die waters wat
die dors les. Daardie lang preke in die
kerke nie eintlik nie. Ek dink juis dat
daar in die Calvinistiese Kerke glad te
veel gepraat word. Ek kan onthou hoe
beindruk ek was toe ek met my eerste
werk in 'n Anglikaanse skool agterkom
dat die "evensong" byvoorbeeld net deur
die prinsipaal of vise-prinsipaal en
twee prefekte waargeneem kon word, want
daar was liturgie wat al oor die eeue
bestaan en wat gebruik kan word.
Dis daarom dat ek eintlik bly is
wanneer van my kinders deur hulle huwelik
begin inskakel by die Katolieke Kerk. En
ek sal nie omgee as hulle Moslems wil word
nie.

Gloudina
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64143 is 'n antwoord op boodskap #64091] So, 23 Junie 2002 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou waarom wil 'n "Afrikaner" 'n Boeddis wees?
skryf in boodskap news:3D1398B4.5050002@rogers.com...
>
> Davie Davis wrote:
>
>
> Die volgende op die verhoog
>> is Tant Hester wanneer die gordyne nou lig. Volgens
>> haar is sy geen Boeddhis nie EN volgens haar is die
>> Boeddhistiese leer NIE aanvallend teenoor die Christelike
>> Leer nie.
>
> Ja, dankie Davie, dat jy aandagtig genoeg
> gelees het wat ek vantevore oor Boeddhisme
> gesê het. Ek weet nie waar "Chrisjolette"
> uitgebroei het nie, maar hierdie soort
> "Boeddhisme" is 'n abberasie wat in Japan
> ontstaan het, en wat nasionalistiese neigings
> het. Ek kan skaars glo dat daar mense in SA
> is wat hierdie soort "Buddhisme" aanhang.
> Waarom sal 'n Afrikaner nou glo dat Japan
> die teleologiese middelpunt is van die wêreld?
>
> Gloudina
>
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64144 is 'n antwoord op boodskap #64086] So, 23 Junie 2002 05:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waarom wil iemand sy religieuse sienings hier tentoonstel? Skep 'n
afsonderlike ou nuusgroepie en doen dit dan daar. Ek is redelik g..vol vir
mense wat hulle geloofsoortuiginge in my keelgat wil afdwing - so asof hulle
nog besig is om hulself van die nuutgevonde oortuiginge te oortuig?

"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0206211028.2f01ad41@posting.google.com...
> Ek het almal se reaksie gelees en as ek reg onthou was net twee
> persone teen die posting van meer inligting oor Boeddhisme. Ek vra
> egter dat almal dit sal lees en hul mening sal gee. As ek reg is, is
> net ek en Tant Dina Boeddhiste terwyl die res christene, agnostici of
> ateïste is.
> Omdat daar dalk onkundiges is wat hier lees gee ek soms `n kort
> uiteensetting van verskillende woorde se betekenis ook.
>
> Doel: Om lyding uit te roei, verligting te bereik asook materiële
> vooruitgang en geluk te vind. Beywer ons voorts vir die vereniging
> van alle Boeddhistiese lyne onder die suiwere leer van die Boeddha.
> Stigter: Gautama Siddhartha (563-483 vc) en later bevestig deur
> Nichiren Daishonin (1222-1282 nc)
> Gesaghebbende geskrifte: Die Lotus Sutra (Saddharma-Pundarika) en
> Gosho (Nichiren Daishonin se geskrifte oor die Pali kanon) asook
> Daisku Ikeda
> Ons verklaring van benamings wat ook deur ander "godsdienste" gebruik
> word en meestal deur hulle skeef getrek is:
> "god" - `n onpersoonlike lewenswese (Amper soos The Force van Star
> Wars) wat vergestalt is in die Lotus Sutra en Gohonzon.
> Jesus - `n Slim wysgeer (heel moontlik `n verligte gewees) wie se
> leringe deur die christendom verdraai is tot allerlei mites. Kan
> vergelyk word met `n Bodhisattva.
> Verlossing - `n proses van meditasie en rituele waardeur verligting
> bereik word, dit is `n ware verstaan van en beheer oor die realiteit.
> Mens - in sy ware wese en verligting, een met die Boeddha.
> Sonde - onkunde
> Satan - `n Onpersoonlike mag in die Natuur, en die vergestalting van
> boosheid.
> Bybel - oor die algemeen `n geskrif wat beide waar en valse
> leerstellings bevat.
> Dood - reënkarnasie tot nirvana.
>
> Ons verteenwoordig ware Boeddhisme soos deur die Boeddha geleer en
> bied aan die wêreld `n wetenskaplik-verligte manier van geestelikheid.
> Deur die "Nam-myoho-renge-kyo" te sing (chanting) voor die Gohonzon,
> `n heilige mandala, of deur aanbidding van die Gohonzon word `n mens
> se lewe in harmonie gebring met die hoogste werklikheid. Die hoogste
> werklikheid is die Boeddha inbors wat deur die "chanting" bereik word,
> die gevolg is `n nuwe geestelikheid, selfvernuwing, groter wysheid,
> meer lewenskrag en materiële rykdom. Die "Nam-myoho-renge-kyo" word
> elke oggend en aand gesing terwyl mens op jou knieë staan voor die
> Gohonzon - dit is iets soos `n soort altaar wat `n Boeddhistiese
> mandala bevat. Hierdie mandala is `n stukkie heilige papier en bevat
> die "chant" wat vertikaal in die middel geskryf is, asook Nichiren se
> naam en rondom dit is die name van al die gode wat in die Lotus Sutra
> genoem word geskryf. Vir ons is gode nie persoonagtige geeste of
> sulke dinge nie, maar positiewe en negatiewe lewensfunksies.
> Ons glo dat alle ongelukkigheid op aarde hulle oorsprong ten diepste
> het in die handhawing van bose of onsuiwere godsdienste.
> Soos tante Dina gemeld het het ons begin as `n Japanese vertakking van
> Boeddisme (Nichiren Shoshu is steeds aktief in Japan en het die derde
> grootste party, die Komeito) maar in 1930 is `n beweging (Soka Gakkai
> International) gestig om Boeddhisme wêreldwyd te bevorder. Belange
> van Boeddhiste oral op aarde staan vir ons voorop met Kosen-rufu (die
> hele wêreld verenig onder een Boeddhistiese geloof) as doel. Om dit te
> bereik maak ons gebruik van Shakubuku en shoju. Soos wat Josei Toda
> gesê het: "Kosen-rufu of today can be attained only when all of you
> take on evil religions and convert everyone in the country en let him
> accept a Gohonzon."
> Die christendom is volgens ons een van die bose godsdienste wat mense
> net ongelukkig maak. Hulle is eenvoudig bygelowig en leef in vrees vir
> hul god wat volgens hulle op die dag van oordeel gaan kom. Dit is
> verder uit die geskiedenis duidelik dat die christendom en christelike
> lewe elke soort wreedheid (atrocity) wat daar ooit bestaan het,
> klakkeloos herhaal het, maar met so `n wrede god wat sy eie seun laat
> sterf het - wat kan mens anders verwag. Hulle glo in `n monotheisties
> persoonlike god en dit maak hulle kragtelose mense wat ongelukkig sal
> bly tensy hulle deel word van die Kosen-rufu. Om op Jesus Christus te
> vertrou vir verlossing sal uiteindelik lei tot net nog verdere
> verwarring. Die christelike leerstellings is die grootste vernietiger
> van mense se geluk. Die christene sê hulle god het alles geskep, maar
> - net soos Nyingma - sê ons dat lewe nie `n begin het nie en daarom
> kon daar nie `n skepping gewees het nie. Gaan kyk maar net na
> navorsing oor evolusie. Ons word ondersteun deur byvoorbeeld Freud en
> Darwin. Ek moet bysê dat baie christene huidiglik besig is om te
> breuk met hulle tradisionele bybelse sienings van geestelikheid.
> Onder hulle tel baie teoloë en kerkleiers in SA byvoorbeeld: K�nig,
> Spangenberg, Du Toit, Nicol, Tutu, Gaum, Boesak, Burgers, De Villiers,
> Landman, Eloff, Van Aarde, Burden, Potgieter, Loader, Müller,
> Prinsloo, Van der Watt, Van Rensburg, Vosloo en baie ander. Ek hoop
> hulle raak deur hulle kritiek op die bybel so verlig dat hulle verder
> sal gaan as die huidige a) ontkenning van die bybel as gesaghebbend;
> en b) erkenning daarvan dat god maar net die gevolg is van menslike
> denkprosesse; sodat hulle sal kom by die kern van die saak naamlik:
> Dat hulle god niks anders is as die mens wat hom uitgedink het nie
> d.w.s. mense met slegte karma produseer `n slegte idee van god. Mense
> sal oral moet begin besef dat christene net slegte karma met hulle
> saambring. Gelukkig verander alles volgens die reëls van jo-ju-e-ku
> en sal ook die bybelse idees van die christene en hulle god met tyd
> verdwyn. Kom ons werk almal saam daaraan.
> Ons toekoms is in ons eie hande en dit is goed, want die Boeddha
> inbors is in elkeen van ons aanwesig. Wanneer mens ander godsdienste
> soos byvoorbeeld die christendom met Boeddhisme vergelyk sien mens hoe
> veeleisend en vol voorwaardes die ander is. Boeddhisme het egter net
> 1 voorwaarde: jy moet glo. Waar wil jy `n duideliker voorbeeld hê dat
> die christelike leerstellings oppervlakkig is en moeilik om te
> onderhou - al hoe dit vir mens iets kan beteken is as jy dit met `n
> Boeddhistiese bril lees.
> As Boeddhis beleef ons die ewige lewe in sy ware betekenis, sonder
> vrees vir `n komende oordeel. Ons hoef nie van `n oordeel verlos te
> word nie, maar van ons armoede en ongelukkigheid. En daarvoor bied
> Nichiren Shoshu die antwoord. Sokoto Ikeda het gesê: "We must seek
> the source of the meaning in life within man himself, instead of
> finding it in another transcendental being, God." Dit sou `n
> verbeeldingsvlug wees want hy bestaan nie.
> Dit is `n kort en baie oppervlakkige uiteensetting van Nichiren Shoshu
> wat ek hoop almal verstaan het.
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64164 is 'n antwoord op boodskap #64144] So, 23 Junie 2002 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 23 Jun 2002 07:46:50 +0200, "Jonas" wrote:

> Waarom wil iemand sy religieuse sienings hier tentoonstel? Skep 'n
> afsonderlike ou nuusgroepie en doen dit dan daar. Ek is redelik g..vol vir
> mense wat hulle geloofsoortuiginge in my keelgat wil afdwing - so asof hulle
> nog besig is om hulself van die nuutgevonde oortuiginge te oortuig?
> "Chrisjolette" wrote in message

Miskien ietwat onregverdig Jonas. Niemand hier is op 'n killfile nie
maar ek lees nie alles nie. Ek gebruik die linkerknoppie op my muis
en somtyds die delete knoppie as 'n filter. Jy het tog ook lankal
agter gekom dat ons wel in dieselfde sitkamer kuier maar steeds
in groepies. Kom drink jou koffie hier by my - ek is orraait:-)

DD
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64165 is 'n antwoord op boodskap #64139] So, 23 Junie 2002 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 23 Jun 2002 00:19:46 GMT, "@rogers.com" wrote:

>

> Dis daarom dat ek eintlik bly is
> wanneer van my kinders deur hulle huwelik
> begin inskakel by die Katolieke Kerk. En
> ek sal nie omgee as hulle Moslems wil word
> nie.
>
> Gloudina
>

ANTIIIEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!! :-( ( ( ( ( ( ( x BAIE!
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64168 is 'n antwoord op boodskap #64165] So, 23 Junie 2002 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dave Du Plessis" schreef...
> wrote:
>
>> Dis daarom dat ek eintlik bly is
>> wanneer van my kinders deur hulle huwelik
>> begin inskakel by die Katolieke Kerk. En
>> ek sal nie omgee as hulle Moslems wil word
>> nie.
>
> ANTIIIEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!! :-( ( ( ( ( ( ( x BAIE!

Dawie, ou ketter, wat is jou probleem :)

Groete,
Arthur
Re: Boeddhisme op NG. [boodskap #64169 is 'n antwoord op boodskap #64164] So, 23 Junie 2002 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - ek lees jou 5/5 - maar as lid van die bruinarm-vereniging kan ek my
sonne nie ontsien nie ...

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:aalbhukems8fb379e2fuvmmandvf7i0ehh@4ax.com...
> On Sun, 23 Jun 2002 07:46:50 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Waarom wil iemand sy religieuse sienings hier tentoonstel? Skep 'n
>> afsonderlike ou nuusgroepie en doen dit dan daar. Ek is redelik g..vol vir
>> mense wat hulle geloofsoortuiginge in my keelgat wil afdwing - so asof hulle
>> nog besig is om hulself van die nuutgevonde oortuiginge te oortuig?
>> "Chrisjolette" wrote in message
>
>
> Miskien ietwat onregverdig Jonas. Niemand hier is op 'n killfile nie
> maar ek lees nie alles nie. Ek gebruik die linkerknoppie op my muis
> en somtyds die delete knoppie as 'n filter. Jy het tog ook lankal
> agter gekom dat ons wel in dieselfde sitkamer kuier maar steeds
> in groepies. Kom drink jou koffie hier by my - ek is orraait:-)
>
> DD
>
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64177 is 'n antwoord op boodskap #64168] So, 23 Junie 2002 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 23 Jun 2002 16:56:26 +0200, "Arthur" wrote:

> Dawie, ou ketter, wat is jou probleem :)
>
> Groete,
> Arthur
>

Is mooi weer ga jij nou maar gauw lekker
buitenspelen. Arthur:-)

Dawie
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64178 is 'n antwoord op boodskap #64177] So, 23 Junie 2002 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dave Du Plessis"
| >Dawie, ou ketter, wat is jou probleem :)
| >
| >Groete,
| >Arthur
| >
|
| Is mooi weer ga jij nou maar gauw lekker
| buitenspelen. Arthur:-)
|
| Dawie
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

hello DD,
Alles wel ou pal?
daai 'Ollander soek al weer probleme wat kon
gebly het, sê vir hom hy moet op die dun ys gaan
skaats met sy fiets :-)
groete
ekke
---
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64180 is 'n antwoord op boodskap #64177] So, 23 Junie 2002 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dave Du Plessis" schreef...
> "Arthur" wrote:
>> Dawie, ou ketter, wat is jou probleem :)
>>
> Is mooi weer ga jij nou maar gauw lekker
> buitenspelen. Arthur:-)

Jy is reg, dit was mooi weer vandag. Bietjie winderig, maar die son het tot
22:00u aan die hemel gestaan.

Ek het net nie kan nalaat om op jou pos te reageer nie. Seker nie na julle
rou vis diskussie nie :)

Groete,
Arthur
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64181 is 'n antwoord op boodskap #64178] So, 23 Junie 2002 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" schreef...
> "Dave Du Plessis"
> | >Dawie, ou ketter, wat is jou probleem :)
> | >
> | >Groete,
> | >Arthur
> |
> | Is mooi weer ga jij nou maar gauw lekker
> | buitenspelen. Arthur:-)
>
> hello DD,
> Alles wel ou pal?
> daai 'Ollander soek al weer probleme wat kon
> gebly het, sê vir hom hy moet op die dun ys gaan
> skaats met sy fiets :-)

Ek hou daarvan om gevaarlik te leef. Soos jy weet het ek al eerder op ys
gefiets en op dun ys geskaats. Die gevolge van beides is hier bespreek.
Wanneer komende winter ys bring sal ek beide aktiwiteite kombineer en my
ervarings op hierdie nuusgroep deel :)

Groete,
Arthur
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64182 is 'n antwoord op boodskap #64178] So, 23 Junie 2002 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
> | Is mooi weer ga jij nou maar gauw lekker
> | buitenspelen. Arthur:-)
> |
> | Dawie
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> hello DD,
> Alles wel ou pal?
> daai 'Ollander soek al weer probleme wat kon
> gebly het, sê vir hom hy moet op die dun ys gaan
> skaats met sy fiets :-)
> groete
> ekke
> ---

Haai Toobs
hoezit daai kant eksê!
Daai Ollanner is moerig vir Rico
oorlat hy hom gedrop het met sy
verlof. Rico was veronnerstel om
ons 'n Gloudina te speel en hy het nie.
Nou wil die swerkater dit op my uithaal, ek sê.

DD
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64183 is 'n antwoord op boodskap #64180] So, 23 Junie 2002 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Ek het net nie kan nalaat om op jou pos te reageer nie. Seker nie na julle
> rou vis diskussie nie :)
>
> Groete,
> Arthur
>

Net op my pos Arthur? Waarom het ons geen opini van jòu gehoor nie?
Dit is tog 'n aspek waar ek nie kan sien hoe enig iemand kan koud
staan daarteenoor nie; hetsy jou geloof watter kant toe neig.

DD
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64184 is 'n antwoord op boodskap #64136] So, 23 Junie 2002 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Jun 2002 23:15:23 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> johanls wrote:

>
>
> Johan, ek het jou stuk gelees en jou geloofs-
> getuienis en die baie aanhalings uit die Bybel
> met vrug gelees.
>
> miskien selfs uit
> onnutsigheid. Ek sou byvoorbeeld so iets van Davie
> Davis verwag het, behalwe dat ek dink dat hy te lui
> is om so 'n lang ingewikkelde ding te skryf.)
>
> Gloudina
>

Dis nie my luiheid wat my verhoed om so iets te doen nie Gloudina
maar slegs my respek vir God.

DD
Re: Christelike antwoord aan Chrisjolette [boodskap #64197 is 'n antwoord op boodskap #64183] Ma, 24 Junie 2002 15:51 Na vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dave Du Plessis" schreef...
>> Ek het net nie kan nalaat om op jou pos te reageer nie. Seker nie na julle
>> rou vis diskussie nie :)
>
> Net op my pos Arthur? Waarom het ons geen opini van j�u gehoor nie?
> Dit is tog 'n aspek waar ek nie kan sien hoe enig iemand kan koud
> staan daarteenoor nie; hetsy jou geloof watter kant toe neig.

Ek moet beken ek is nogal huiwerig om my geloof hier op die nuusgroep te
bespreek.

Ek sien myself as 'n tolerant persoon wat nie graag ander mense se gevoelens
wil kwets nie, ook al is daar 'n boek of watter religieuse autoriteit dan
ook wat sê dis OK.

Dis daarom dat ek jou met 'ou ketter' genoem het. Om jou 'ketter' te noem is
miskien OK volgens my geloof, maar ook al het ek my opleiding by Jesuiete
geniet, ek dink tog dis baie beledigend en ek het dit net durf skryf omdat
ek daarop vertrou dat jy begryp het in watter gees ek dit skryf. Sien dit
maar als skokterapie :)

Ek stem dus saam met die nuusgroepdeelnemers wat die gebruik van die term
'spotters' beledigend vind, wat die bybel daar ook van sê. Bowendien is om
te spot iets wat mens aktief doen. Solank jou 'spotters' jou nie hinder in
jou geloof nie is hulle glad geen 'spotters' nie ... hoewel, ons het hier
ook trein-, vliegtuig- en voëlspotters ;)

Ek is geen goed katoliek nie. In my opinie is die belangrikste leefreël wat
'n mens moet nastreef die volgende: "wat gij niet wilt dat u geschiedt, doe
dat ook een ander niet". Of eintlik sou ek dit nog sterker wil stel:
"behandel andere mense soos jy in hulle situasie ook graag behandel sou wil
word". Die meeste andere woorde wat religies spui is oorbodig en selfs
kontraproduktief.

Groete,
Arthur
Vorige onderwerp: Grasbesems en windlawaai
Volgende onderwerp: Beeld, Burger en Van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:05:46 MGT 2024