Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toi toi in Trenton
Toi toi in Trenton [boodskap #64045] Do, 20 Junie 2002 17:14
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Trenton is die hoofstad van New Jersey. New Jersey beleef die ergste
finansiële krisis in die geskiedenis van die staat. Die begrotingstekort
beloop so omtrent $6 biljoen (is dit miljard in Afrikaans?) en die
goewerneur sien nie 'n oplossing nie. Daar is weekliks betogings oorkant my
kantoor, op die sypaadjie oorkant die State House met sy koepel wat so twee
jaar gelede met 'n dun lagie suiwer goud oorgetrek is. Vandag s'n was teen
groot maatskappye wat hulle hoofkantoor na Delaware verskuif om die hoë
belasting in New Jersey te ontduik. Dan open die maatskappy 'n kantoor in
New Jersey, en "verkoop" 'n "franchise" aan die New Jerseykantoor om daar
voort te gaan. So bly al die bedrywighede van die maatskappy soos voorheen
in New Jersey, maar nominaal is die hoofkantoor in Delaware, waar daar baie
lae belastingkoerse is. Die slagspreuk by die betoging was "Ain't no power
but the power of the people and the power of the people don't stop! Say
what!" en dan word die hele ding ritmies herhaal terwyl die groepie betogers
met plakkate al in 'n sirkel stap.

Ek het oor middagete gaan stap en bietjie buite gaan staan om die spul te
aanskou. Toe verlang ek nogal na die toi-toi betogings wat ek in Pretoria so
dikwels gesien het. Trenton se betoginkie was maar mak, maar ai! wat sou
Pretoria se betogers nie alles kon gedoen het met dreunsang en dans nie.

Henry met sy tong so 'n bietjie in die kies.
Vorige onderwerp: Haai kyk wat kry ek! (in engels)
Volgende onderwerp: Nuwe Kroeks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 21:09:04 MGT 2024