Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat ons lees
Wat ons lees [boodskap #63663] Vr, 14 Junie 2002 03:43 na volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Herman vra:
1. Ek sal graag wil weet hoeveel van julle gereeld Afrikaanse
letterkunde koop en lees.
2. Koop julle gereeld 'n Afrikaanse boek?
3. Of neem julle dit uit?
4. Of lees julle glad nie meer Afrikaans nie?
5. Indien julle wel lees: watter soort boeke hou julle van? Gedigte,
kortverhale,
romans?
6. En deur watter skrywers en oor watter onderwerpe?
Herman

KinkY: Ek antwoord graag in volgorde van jou vrae:
1. Ek doen.
2. In my huishouding word daar minstens een Afrikaanse boek per maand
gekoop.
3. Ek koop die meeste van my Afrikaanse boeke.
4. Nee, ek lees baiae Afrikaans.
5. Fiksie, Nie-fiksie. Ek hou baie baie van gedigte. Nie so baie
van kortverhale nie. Sal wel n roman ook lees. En hou vreeslik baie
van outobiografië.
6. So wyd as moontlik. Maar ek lees ook graag in Engels - nie so
gereed nie maar probeer om minstens een Engelse tydskrif per maand te
koop en van hoek tot kant deur te lees.
Re: Wat ons lees [boodskap #63738 is 'n antwoord op boodskap #63663] Sa, 15 Junie 2002 05:53 Na vorige boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek koop heelwat boeke, Afrikaans ingesluit. Romans in Afrikaans, Engels,
Duits.

Skrywers: André P Brink, Ettienne Van Heerden, Abraham De Vries, Annelie
Botes, Koos Kombuis, Dalene Matthee, Maritha vd Vyver, Marelise Joubert.
Daar is so baie. Maar hierdie is my gunstelinge.

Vakkundige boeke is oorwegend Engels.

Gedigte - nee.
Musiek - ja in Afrikaans - maar uitgesoek.

Herman:
1. Ek sal graag wil weet hoeveel van julle gereeld Afrikaanse
letterkunde koop en lees.
2. Koop julle gereeld 'n Afrikaanse boek?
3. Of neem julle dit uit?
4. Of lees julle glad nie meer Afrikaans nie?
5. Indien julle wel lees: watter soort boeke hou julle van? Gedigte,
kortverhale,
romans?
6. En deur watter skrywers en oor watter onderwerpe?
Herman
Vorige onderwerp: Ek dink ek het die antwoord...
Volgende onderwerp: Nuwe Misdaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 18:39:42 MGT 2024