Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Siestog " deur INA ROUSSEAU
" Siestog " deur INA ROUSSEAU [boodskap #63454] Di, 11 Junie 2002 01:57 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Siestog
Ina Rousseau

Hoe lank al
tjank en tjank die bure se hond ?
Of juister gesê, sing hy sy lied
van ellende, en word ek gedwing
om swyend daarna te luister ?
Sy mense het preie en sprietuie
gaan haal by die Portugees
se kleinhoewe, maar hy glo vas
hulle het finaal verkas
na Coimbra, en hom onteien.
Nou dring hy sy droewige mare,
wat erger is as 'n geblaf,
op aan die stad se strate.
Soos akrobate klouter sy stemklanke
bo die toonleer op en af:
Van die donker gesteun en gedreun
van 'n basso profundo
tot by die Hoë C van 'n sopraan,
van die langste snaar van 'n altviool
tot by die ylste tinkelklank
van 'n piccolo -
En uur nà uur hou dit aan
Hond, hond, kry tog nou end.
Jou gesanik is ongesond. Jy skuur
jou strottehoof rou, jou stembande
is besig om te verrafel.
Dit klink al klaar of daar visgrate
vassteek in jou farinks. Hond,
hoor hierso, jou ongemak is hoeka
nie uniek nie: Ons voel almal,
hoe ook al, op die een
of ander manier soms verlate
Re: " Siestog " deur INA ROUSSEAU [boodskap #63456 is 'n antwoord op boodskap #63454] Di, 11 Junie 2002 03:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek is pas deur 'n Desember waartydens die bure se hond, in hul afwesigheid,
my tot raserny gedryf het.
Juis hoe die meisie daarin slaag om oor die onderwerp te dig moet positief
op haar CV vermeld word - my CV lyk egter ietwat anders op die onderwerp.
skryf in boodskap news:3D055981.9060105@rogers.com...
>
> Siestog
> Ina Rousseau
>
> Hoe lank al
> tjank en tjank die bure se hond ?
> Of juister gesê, sing hy sy lied
> van ellende, en word ek gedwing
> om swyend daarna te luister ?
> Sy mense het preie en sprietuie
> gaan haal by die Portugees
> se kleinhoewe, maar hy glo vas
> hulle het finaal verkas
> na Coimbra, en hom onteien.
> Nou dring hy sy droewige mare,
> wat erger is as 'n geblaf,
> op aan die stad se strate.
> Soos akrobate klouter sy stemklanke
> bo die toonleer op en af:
> Van die donker gesteun en gedreun
> van 'n basso profundo
> tot by die Hoë C van 'n sopraan,
> van die langste snaar van 'n altviool
> tot by die ylste tinkelklank
> van 'n piccolo -
> En uur ná uur hou dit aan
> Hond, hond, kry tog nou end.
> Jou gesanik is ongesond. Jy skuur
> jou strottehoof rou, jou stembande
> is besig om te verrafel.
> Dit klink al klaar of daar visgrate
> vassteek in jou farinks. Hond,
> hoor hierso, jou ongemak is hoeka
> nie uniek nie: Ons voel almal,
> hoe ook al, op die een
> of ander manier soms verlate
>
Re: " Siestog " deur INA ROUSSEAU [boodskap #63582 is 'n antwoord op boodskap #63454] Wo, 12 Junie 2002 20:18 Na vorige boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Jun 2002 01:57:22 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Siestog
> Ina Rousseau
>
> Hoe lank al
> tjank en tjank die bure se hond ?
> Of juister gesê, sing hy sy lied
> van ellende, en word ek gedwing
> om swyend daarna te luister ?

Laat ons nie puntenerig en nousiende wees nie.
Rys die digter se gees en die skerpioen se angel
nie van dieselfde aarde op nie?
Vorige onderwerp: "Almanak " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Gabloematiem " deur RONNIE BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 13:12:32 MGT 2024