Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afrikaner-stereotipes
afrikaner-stereotipes [boodskap #6319] |
Sun, 21 April 1996 00:00  |
Joan van Zyl
Boodskappe: 4 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ons (De Kat-tydskrif) het mense met nie-afrikaanse name lukraak uit die
telefoongids opgebel en gevra hoe sien hulle "die Afrikaner". Dit het nie by
een mens opgekom om te sê Afrikaners is modern, kreatief, ondernemend, stylvol
liberaal ens. nie... Verder is dit duidelik dat almal aan Afrikaners as
witmense gedink het. Hier is die resultate. Is ons almal regtig so?
"Afrikaners is baie konserwatief, selfs die wat sogenaamd liberaal is."
"Eerlik en spontaan."
"Rigied, onverdraagsaam, hardkoppig en bang vir verandering."
"Laat my dink aan Bloemfontein en rugby"
"Innerlike krag en oortuigings."
"Eers het ek gedink hulle is brutaal en wreed, nou dink ek hulle is plat-op-die-aarde."
"Straight en oop."
"Sterk vroue; eerlik oor hul politieke oortuigings."
"Normaal."
"Gasvry en trots; streng morele kode en Christelike waardes. Aardse sin vir humor."
"Plaasmense op klein dorpies. Crimplene-rokkies."
"Nie so sleg nie. Bedreig en bang. Trots."
"Die mans hou almal van dieselfde motor: Ford. En rugby en rooivleis. Die ouer tannies het pers gekrulde hare, die ooms baie kort hare. Die jong mense lyk maar soos enige volksgroep. Rigied, sin vir humor, godsdienstig en baie vriendelik."
"Mans hou 'n macho-beeld voor; maar is gaaf as jy hulle beter leer ken."
"Sin vir humor wat buitestaanders nie altyd verstaan nie."
"Opreg, konvensioneel, tradisioneel, gasvry, godsdienstig."
"Vroue verkies mans wat vir hulle voorsien bo loopbaan. Mans verkies tuisteskeppers."
"Mans drink baie; macho"
"Meisies in leersandale met green grimering en los gewade; en Boere wat gaaf, vriendelik en gemoedelik is."
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6374 is 'n antwoord op boodskap #6319] |
Tue, 30 April 1996 00:00   |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AntMan wrote:
> As Afrikaners nie wit (of blank) is nie, wat is hulle dan?
Ag.....
My neef en vriende was op skool een dag vasgevang in die argument
wat van tyd tot tyd soos griep onder Afrikaners uitslaan: Wat is 'n
Afrikaner.
Hulle het 'n goeie onderwyser gehad wat in hulle die gewoonte laat
neerslaan het dat 'n mens na 'n verklarende woordeboek toe moet gaan
in sulke argumente.
Hulle doen dit toe.
Daar sien hulle toe dat 'n Afrikaner 'n "bees met wegle^-horings" is.
Ou Antie, seker as 'n mens Afrikaans as huistaal praat, in
Suid-Afrika woon en 'n Afrikaners wil wees? Die goed in nogal vaag
hoewel dit baie werklik is.
Ek dink 'n Fransman wat Frans as huistaal het, in Frankryk woon en 'n
Fransman wil wees, is seker 'n Fransman....?
Die punt wat ek eintlik wil maak, is dat daar baie mense in Kaapland
en in Gauteng is wat onder apartheid "Kleurlinge" was wat
waarskynlik Afrikaners is (en was) - as hulle dit verkies - want 'n
mens het seggenskap daaroor, die reg om af te stig as't ware.
(Of kultuur nie meer tel nie: As jy Bles Bridges bedoel, dan, ja dit
tel nie meer nie.
Dit tel in elk geval nie in die samestelling van 'n goeie los gemaal
en 'n bevredigende dryfbeweging nie, so, what the hell...)
|
|
|
|
|
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6407 is 'n antwoord op boodskap #6319] |
Fri, 03 May 1996 00:00   |
AntMan
Boodskappe: 10 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Koos wrote:
>
> Ou Antie, seker as 'n mens Afrikaans as huistaal praat, in
> Suid-Afrika woon en 'n Afrikaners wil wees? Die goed in nogal vaag
> hoewel dit baie werklik is.
> Ek dink 'n Fransman wat Frans as huistaal het, in Frankryk woon en 'n
> Fransman wil wees, is seker 'n Fransman....?
My punt is dat die persoon wat in Nigeri"e woon en ook Frans as huistaal het nie 'n
Fransman is nie. Hy is 'n Nigeri"er. Dieselfde, die persoon wat in Oostenryk woon met
Duits as huistaal is 'n Oostenryker en nie 'n Duitser nie.
> Die punt wat ek eintlik wil maak, is dat daar baie mense in Kaapland
> en in Gauteng is wat onder apartheid "Kleurlinge" was wat
> waarskynlik Afrikaners is (en was) - as hulle dit verkies - want 'n
> mens het seggenskap daaroor, die reg om af te stig as't ware.
Jy is reg, 'n mens het seggenskap daaroor. Maar die volk het ook seggenskap of hy die
persoon, wat deel van die volk wil wees, wil toelaat al dan nie. Dit is hoogs
diskremenerend maar dit werk oor die hele wêreld so; nie net in SA nie.
Vriende van my bly nou al vir 5 jaar in Glasgow. Hulle sê dat die gemeenskap hulle
nog steeds nie wil aanvaar en dat die lewe daar bietjie eensaam is.
|
|
|
|
|
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6449 is 'n antwoord op boodskap #6319] |
Mon, 13 May 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AntMan wrote:
> Maar die volk het ook seggenskap of hy die persoon, wat deel van die volk wil wees, wil toelaat al dan nie.
Met die voorwaarde dat 'n mens deur geboorte en afkoms tot 'n sekere
vlak onvervreembare regte van die aard kry.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 05:00:41 UTC 2025
|