Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Re: Schepping: Genesis
Re: Schepping: Genesis [boodskap #6340] Vr, 26 April 1996 00:00
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 08:28 AM 4/26/96 SAT, you wrote:
>> Over schepping gesproken, nog nooit heeft iemand mij
>> kunnen verklaren, waarom er twee totaal verschillende
>> scheppings-verhalen in de bijbel staan. Genesis 1 vertelt
>> dat mens geschapen werd nadat eerst al het andere was
>> gecre-eerd:
>

Hendrik Skryf...

Die gedagtes rondom die skeppingsverhale in die Bybel herinner my aan iets
wat my as student opgeval het. In daardie jare het ek Latyn geswot, en om
ierdie ingewikkelde vak onder die knie te kry het ek gedeeltes uit die
Latynse Vulgaat in Afrikaans vertaal. My vertalings het ek met die
Afrikaanse Bybel (1933-weergawe) gekontroleer.

Twee goed het my opgeval:

1. Op sekere plekke in die 1933-Bybel (iewers in Genesis) het die Afrikaanse
teks tot by 'n kommapunt gekom (;), en daarna het net 'n paar kolletjies
gevolg (...). In die Latynse Vulgaat het die teks nog aangegaan. (Ek kan
ongelukkig nie nou na soveel jare spesifieke hoofstuk en vers gee nie, maar
diegene wat die Bybel gereeld lees sal weet waarvan ek praat.)

2. In sekere gevalle het my vertaling van die Latynse teks ernstig van die
1933-weergawe verskil. (Goed, ek weet ek is nie 'n kundige nie :-), maar die
Afrikaanse vertaling was soms duidelik gevorseerd in 'n sekere betekenis,
selfs al neem 'n mens al die verskillende sub-betekenisse van Latynse woorde
deur die eeue in ag. Ek het deurgaans dit in ag geneem dat die Vulgaatse
Latyn uit die middeleeue dateer, en dus die middeleeuse betekenisse van
woorde voorrang gegee.)

Wat punt 2 betref: my eie gevolgtrekking was dat die Afrikaanse teks
"gekook" is om die protestantse waardes te reflekteer. Dit kan ook andersom
wees, nl. dat die Vulgaat "gekook" is om die Roomse waardes te reflekteer.
Ek dink egter nie so nie, want die Vulgaat is vol dinge wat die Roomse Kerk
nie kon sluk nie, of nie aan die gewone mense wou bekend maar nie. Vandaar
die teenkanting teen Luther en calvyn (?) se standpunt dat die Bybel in
Duits of watookal vertaal behoort te word.

Ek het geen teorie"e oor punt 1 nie, behalwe dat die Afrikaanse teks
"gesensor" is, veral as 'n mens kyk wat die inhoud van die weggelate teks is.
(Jammer dat ek nie spesifiek kan wees nie, ek het lankal my vertalings en
ook die Vulgaat wat ek gehad het, weggemaak)

Enige idees?

**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************
Volgende onderwerp: Het Oude Testament
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:04:29 MGT 2024