| Boks [boodskap #63312] |
So., 09 Junie 2002 05:59  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
toeskouersport bly.
Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63319 is 'n antwoord op boodskap #63316] |
So., 09 Junie 2002 08:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Boks is nog baie gewild, en in die laer gewigsgrense sien mens nog baie
goeie gevegte - dis net die swaargewigte wat blyk of hulle die groot
uitbuiters is.
Annette
in message news:adv0ov$hpr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Dis nogal waar. Ek het aan dieselfde ding gelê en dink.
> Is boks nog so 'n groot sport?
> Is dit my verbeelding?
>
> "Annette" wrote in message
> news:adur03$2buvc$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>> toeskouersport bly.
>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
>> tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
>> kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63325 is 'n antwoord op boodskap #63324] |
So., 09 Junie 2002 09:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Waar is hulle?
Hoekom word hulle nie teen Lewis en Tyson en Holyfield ingespan en wen
hulle nie?
Die enigste rede hoekom hierdie geveg redelik eerlik was is omdat Don King
glad nie by dit betrokke was nie.
Mike Tyson was al na die tweede rondte ( wat hy verloor het) klaar - nou
weet ons hoekom joernaliste wat ingevlieg het na sy oefenkamp hom net 10
minute sien oefen het.
Deesdae se rykste swaargevegte gaan om te sien watter beroemde gesigte daar
om die kryt sit .
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:adv5uo$ahd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vanoggend se geveg was, relatief tot ander huidige swaargewig-gevegte
> redelik goed gewees. Dit was 'n ernstige/eerlike geveg. Maar, beide hierdie
> boksers is oor die muur, en is daar bepaald baie ander beter swaargewigte in
> wêreldboks.
> Die beste professionele boks tans is bepaald in die ligtergewigafdelings.
> "Annette" wrote in message
> news:adv36t$2ggfk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Boks is nog baie gewild, en in die laer gewigsgrense sien mens nog baie
>> goeie gevegte - dis net die swaargewigte wat blyk of hulle die groot
>> uitbuiters is.
>> Annette
>>
>>
>> in message news:adv0ov$hpr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Dis nogal waar. Ek het aan dieselfde ding gelê en dink.
>>> Is boks nog so 'n groot sport?
>>> Is dit my verbeelding?
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:adur03$2buvc$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>>>> toeskouersport bly.
>>>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>>>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
>>>> tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
>>>> kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63329 is 'n antwoord op boodskap #63312] |
So., 09 Junie 2002 12:43   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
> toeskouersport bly.
> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant
Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
kon sien op julle televisie, ek neem aan op
'n publieke kanaal? Hier in Ottawa sou mens
'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
sodat mens "pay per view" kan hê, en dan sou
jy taamlik duur moes betaal vir net diè uitsaai
van die spesifieke bokswedstryd. Hoekom kry julle
dit so lekker?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63331 is 'n antwoord op boodskap #63329] |
So., 09 Junie 2002 13:26   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit was op M-met Gloudina - die betaalkanaal.
Annette
skryf in boodskap news:3D034DD9.5090001@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>> toeskouersport bly.
>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant
>
>
> Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
> kon sien op julle televisie, ek neem aan op
> 'n publieke kanaal? Hier in Ottawa sou mens
> 'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
> sodat mens "pay per view" kan hê, en dan sou
> jy taamlik duur moes betaal vir net dié uitsaai
> van die spesifieke bokswedstryd. Hoekom kry julle
> dit so lekker?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63337 is 'n antwoord op boodskap #63331] |
So., 09 Junie 2002 14:05   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
M-met
die betaalkanaal.
Is M-net "pay per view" vir
individuele programme? En
indien wel, hoe bestel julle
so 'n program?
(Ek neem aan dat julle nog nie
kabel het nie.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63357 is 'n antwoord op boodskap #63337] |
So., 09 Junie 2002 17:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee Gloudina - dis 'n betaalkanaal met 'n gewone programrooster - baie
flieks wat ONONDERBROKE vertoon word - wat die betalery al klaar die moeite
werd maak- en 'n tweede kanaal wat 'n sportkanaal is - mens kyk maar wat
hulle aanbied, maar ek het regtig nie rede om enigsins te kla nie.
Annette
skryf in boodskap news:3D036118.4080308@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
> M-met
>
> die betaalkanaal.
>
> Is M-net "pay per view" vir
> individuele programme? En
> indien wel, hoe bestel julle
> so 'n program?
> (Ek neem aan dat julle nog nie
> kabel het nie.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: TV-uitsendings [boodskap #63359 is 'n antwoord op boodskap #63351] |
So., 09 Junie 2002 17:43   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Katryn wrote:
> Ja, Gloudina se boodskap aan Annette het dit half laat klink asof sy
> dink julle is agter die klip om nog nie kabel te hê nie
En wat laat jou nou so dink? Ek
wou net probeer verstaan hoe mens
'n program kon bekom wat ons hier
op digitale kabel alleen kan bekom.
(Ek verstaan nou nog nie.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63361 is 'n antwoord op boodskap #63357] |
So., 09 Junie 2002 17:52   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Nee Gloudina - dis 'n betaalkanaal met 'n gewone programrooster - baie
> flieks wat ONONDERBROKE vertoon word - wat die betalery al klaar die moeite
> werd maak- en 'n tweede kanaal wat 'n sportkanaal is - mens kyk maar wat
> hulle aanbied, maar ek het regtig nie rede om enigsins te kla nie.
Dit klink oulik. Veral as mens dan sport-
items kan kry terwyl dit aan die gang is.
Ek neem aan Mnet sou baie vir die voorreg
moes betaal. Hier in Ottawa moet mense wat
nie digitale "pay per view" vermoë het nie,
na sportbars gaan om so 'n event te sien.
(Ons het ook oorspronklik die black box en
die pay per view vermoë gehad en kan dit
weer aanskaf as ons wil. Ons gebou het vir
die afgelope twee jaar 'n bulk kontrak met
Rogers se kabelmaatskappy, en dis soveel
goedkoper, en ons het nie genoeg van die
pay per view gebruik gemaak om die koste te
regverdig nie. Kabel is seker net prakties
in digbewoonde dele. Mense in die kleiner
dorpies en platteland hier rond moet almal
hulself van skottels bedien.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: TV-uitsendings [boodskap #63363 is 'n antwoord op boodskap #63352] |
So., 09 Junie 2002 18:04   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> In SA het ons M-Net op 'n ouerige analoogstelsel. Maar ons het ook
> DSTV, wat digitale satelliet is. 'n Digitale weergawe van M-Net is
> ook op DSTV.
Katryn:
Ek wonder hoe M-Net dit kan oorleef? Hoe verskil hulle programering
met dit was julle op DSTV kan kry? Ek onthou destyds mag hulle nie
nuus uitgesaai het nie. Is dit nogsteeds so?
Wouter
DSTV en M-Net is albei produkte van MultiChoice, 'n maatskappy
in die Nasionale Pers groep. M-Net is 'n absolute money-spinner,
omdat dit stabiel is en geen ontwikkeling vereis nie. Die hele
MultiChoice is baie winsgewend. M-Net mag nou nuus uitsaai,
hulle het daarmee gespeel maar dit gelos, daar is nie geld in nie.
Soos ek gesê het saai DSTV vir M-Net as een van hulle baie
kanale uit, daar is nie kompetisie tussen die twee nie. DSTV het,
behalwe M-Net 'n paar Movie Channels en ander kanale van
reg oor die wêreld. Ook die SABC se drie kanale en E-TV.
DSTV/M-Net dek die meeste groot sportgeleenthede, hulle
sterk finansiële posisie gee hulle 'n sterk onderhandselingsposisie.
Ons het byvoorbeeld 6 kanale gelyktydig oor die winterspele
in Kanada gehad. Daar is omtrent geen groot sportgeleentheid
in die wêreld wat hulle nie dek nie. So aaaf en toe klop die
SABC of E-TV hulle op iets, maar dit gebeur maar min.
Katryn:
- deesdae word die van die nuwer flieke en goeters
ook slegs uitgesaai in digitale formaat - en alhoewel my
sisteem die klankbaan kan hanteer, is my televisie nog
nie digitaal nie, en dan pas die beeld nie op die skerm nie.
Is dit by julle ook so? Ek meen dat DVD's ens.
nie op die skerm inpas nie. ?
Wouter
Nee, selfs my ou TV het nie daardie probleem nie.
Julle is seker maar 'n bietjie agter met die tegnologie
daar in die US of A? Julle gebruik mos nie PAL nie. :-)
|
|
|
|
|
|
| Re: TV-uitsendings [boodskap #63366 is 'n antwoord op boodskap #63363] |
So., 09 Junie 2002 19:40   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" wrote:
> Wouter
> DSTV en M-Net is albei produkte van MultiChoice, 'n maatskappy
> in die Nasionale Pers groep.
Katryn:
Aah - ja, die Naspers groep. Nou verstaan ek. :-)
> in Kanada gehad. Daar is omtrent geen groot sportgeleentheid
> in die wêreld wat hulle nie dek nie. So aaaf en toe klop die
> SABC of E-TV hulle op iets, maar dit gebeur maar min.
Katryn:
So, ek sal my geliefkoosde baseball span (die Braves natuurlik) elke
dag kan sien as ek daar by julle kuier? En ook voetbal?
Ons kyk juis nou na SA teen Wallis - rugby. Dit verveel my so
bietjie, so nou kom kyk ek wat hier aangaan. :-)
> Katryn:
> en dan pas die beeld nie op die skerm nie.
> Is dit by julle ook so? Ek meen dat DVD's ens.
> nie op die skerm inpas nie. ?
>
> Wouter
> Nee, selfs my ou TV het nie daardie probleem nie.
> Julle is seker maar 'n bietjie agter met die tegnologie
> daar in die US of A? Julle gebruik mos nie PAL nie. :-)
Katryn:
Ja ja ja 'kay!!! Maar ek dink jy is dalk reg dat dit iets te make het
met ons NTSC seine. How weird, nou dat ek daaraan dink.
Dit het seker te make met die vertikale frekwensie verskil - NTSC is
mos 30fps en PAL net 25fps. Ek wonder of mens op een of ander manier
die sein na die TV vanaf die dekodeerder kan "hack". sodat mens 'n
volskerm prentjie op die TV kan kry.
(Ek weet van daardie frekwensie verskille, want ek moet gereeld
video's van NTSC standaard na die PAL standaard verander voor ek dit
vir my ma of vriende wat net PAL het, kan stuur.)
Maar ek het nogal nooit die kloutjie by die oor kon bring wat betref
hierdie "wide screen" effek as ek na DVD's kyk nie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63384 is 'n antwoord op boodskap #63361] |
Ma., 10 Junie 2002 08:11   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wel, teen R187? per maand ( Ek dink dit is nou R212?) kan mens nie kla
nie - nie solank ons die boks, rugby en krieket direk kan sien nie.
M-Net is nie net in SA beskikbaar nie - maar ek weet nie hoe hoog op in
Afrika nie.
Annette
skryf in boodskap news:3D03966E.1090402@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Nee Gloudina - dis 'n betaalkanaal met 'n gewone programrooster - baie
>> flieks wat ONONDERBROKE vertoon word - wat die betalery al klaar die moeite
>> werd maak- en 'n tweede kanaal wat 'n sportkanaal is - mens kyk maar wat
>> hulle aanbied, maar ek het regtig nie rede om enigsins te kla nie.
>
> Dit klink oulik. Veral as mens dan sport-
> items kan kry terwyl dit aan die gang is.
> Ek neem aan Mnet sou baie vir die voorreg
> moes betaal. Hier in Ottawa moet mense wat
> nie digitale "pay per view" vermoë het nie,
> na sportbars gaan om so 'n event te sien.
> (Ons het ook oorspronklik die black box en
> die pay per view vermoë gehad en kan dit
> weer aanskaf as ons wil. Ons gebou het vir
> die afgelope twee jaar 'n bulk kontrak met
> Rogers se kabelmaatskappy, en dis soveel
> goedkoper, en ons het nie genoeg van die
> pay per view gebruik gemaak om die koste te
> regverdig nie. Kabel is seker net prakties
> in digbewoonde dele. Mense in die kleiner
> dorpies en platteland hier rond moet almal
> hulself van skottels bedien.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Boks [boodskap #63402 is 'n antwoord op boodskap #63401] |
Ma., 10 Junie 2002 09:50   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Op die gewone Mnet Sportkanaal ook - ek het nie DSTV nie.
Annette
"Jonas" wrote in message
news:ae1s49$8up$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis om op te maak vir die ander strooi wat ons moet opvreet!
> Dit was op 'n betaalkanaal - DSTV gebeeldsaai...
> skryf in boodskap news:3D034DD9.5090001@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>>> toeskouersport bly.
>>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant
>>
>>
>> Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
>> kon sien op julle televisie, ek neem aan op
>> 'n publieke kanaal? Hier in Ottawa sou mens
>> 'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
>> sodat mens "pay per view" kan hê, en dan sou
>> jy taamlik duur moes betaal vir net dié uitsaai
>> van die spesifieke bokswedstryd. Hoekom kry julle
>> dit so lekker?
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: TV-uitsendings [boodskap #63417 is 'n antwoord op boodskap #63415] |
Ma., 10 Junie 2002 13:40   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jislaaik - watse soort prente sal dit nou wees? Ek kan vir die helfte van
daai prys lekker in 'n fliek gaan sit en popcorn en coke ook nog by geniet
( betaal ekstra vir die p&c) maar wie geniet nou elkgeval stoksielalleen p&c
by die huis?;))))
Annette
"Stone" skryf in boodskap news:ae28gn$657$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> Wouter Plaasvark wrote in message
>>
>> Maar ons het nie pay per view nie, ons betaal per maand. En ek
>> twyfel sterk of ons ooit residensiële kabel sal kry, ek dink nie dit
>> sal kan kompeteer met die satellietuitsendings nie.
>>
>
> Daar is 'n pay per view kanaal op DSTV. Hulle wys flieks en ek dink dit is
> so iets soos R20 per fliek.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: kabels en dinge [boodskap #63493 is 'n antwoord op boodskap #63486] |
Di., 11 Junie 2002 12:33  |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ons het dit al sedert September 1999, maar ons bly by die kus en het dit
twee jaar later gekry as in Mechelen/Antwerpen. Die televisiekabel moes
aangepas word (vra my nie hoe nie :-) )
Ons betaal ons telefoon, internetverbinding en televisie apart
Dis een kabel wat by die huis inkom, maar daarna is dit drie verskillende
kabeltjies wat na die televisie, telefoon en rekenaar loop. Die modem hang
by die hoofkabel en in die rekenaar het ons 'n netwerkkaart.
Hilda.
"Hantamkind" skryf in boodskap news:iFlN8.288083$o66.744875@news-server.bigpond.net.au...
> En vir die telefoon! dis nuut !
>
> "Hilda"
>> Ons televisiekabel word ook gebruik vir breedband internet 'n vir ons
>> telefoon.
>>
>> Hilda.
>
|
|
|
|