Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Boks
Boks [boodskap #63312] So, 09 Junie 2002 05:59 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
toeskouersport bly.
Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
Annette
Re: Boks [boodskap #63316 is 'n antwoord op boodskap #63312] So, 09 Junie 2002 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dis nogal waar. Ek het aan dieselfde ding gelê en dink.
Is boks nog so 'n groot sport?
Is dit my verbeelding?

"Annette" skryf in boodskap news:adur03$2buvc$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
> toeskouersport bly.
> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
> tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
> kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
> Annette
>
Re: Boks [boodskap #63319 is 'n antwoord op boodskap #63316] So, 09 Junie 2002 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Boks is nog baie gewild, en in die laer gewigsgrense sien mens nog baie
goeie gevegte - dis net die swaargewigte wat blyk of hulle die groot
uitbuiters is.
Annette

in message news:adv0ov$hpr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Dis nogal waar. Ek het aan dieselfde ding gelê en dink.
> Is boks nog so 'n groot sport?
> Is dit my verbeelding?
>
> "Annette" wrote in message
> news:adur03$2buvc$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>> toeskouersport bly.
>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
>> tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
>> kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
>> Annette
>>
>
Re: Boks [boodskap #63324 is 'n antwoord op boodskap #63319] So, 09 Junie 2002 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vanoggend se geveg was, relatief tot ander huidige swaargewig-gevegte
redelik goed gewees. Dit was 'n ernstige/eerlike geveg. Maar, beide hierdie
boksers is oor die muur, en is daar bepaald baie ander beter swaargewigte in
wêreldboks.
Die beste professionele boks tans is bepaald in die ligtergewigafdelings.

"Annette" skryf in boodskap news:adv36t$2ggfk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Boks is nog baie gewild, en in die laer gewigsgrense sien mens nog baie
> goeie gevegte - dis net die swaargewigte wat blyk of hulle die groot
> uitbuiters is.
> Annette
>
>
> in message news:adv0ov$hpr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Dis nogal waar. Ek het aan dieselfde ding gelê en dink.
>> Is boks nog so 'n groot sport?
>> Is dit my verbeelding?
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:adur03$2buvc$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>>> toeskouersport bly.
>>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
>>> tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
>>> kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Boks [boodskap #63325 is 'n antwoord op boodskap #63324] So, 09 Junie 2002 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waar is hulle?
Hoekom word hulle nie teen Lewis en Tyson en Holyfield ingespan en wen
hulle nie?
Die enigste rede hoekom hierdie geveg redelik eerlik was is omdat Don King
glad nie by dit betrokke was nie.
Mike Tyson was al na die tweede rondte ( wat hy verloor het) klaar - nou
weet ons hoekom joernaliste wat ingevlieg het na sy oefenkamp hom net 10
minute sien oefen het.
Deesdae se rykste swaargevegte gaan om te sien watter beroemde gesigte daar
om die kryt sit .
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:adv5uo$ahd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vanoggend se geveg was, relatief tot ander huidige swaargewig-gevegte
> redelik goed gewees. Dit was 'n ernstige/eerlike geveg. Maar, beide hierdie
> boksers is oor die muur, en is daar bepaald baie ander beter swaargewigte in
> wêreldboks.
> Die beste professionele boks tans is bepaald in die ligtergewigafdelings.
> "Annette" wrote in message
> news:adv36t$2ggfk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Boks is nog baie gewild, en in die laer gewigsgrense sien mens nog baie
>> goeie gevegte - dis net die swaargewigte wat blyk of hulle die groot
>> uitbuiters is.
>> Annette
>>
>>
>> in message news:adv0ov$hpr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Dis nogal waar. Ek het aan dieselfde ding gelê en dink.
>>> Is boks nog so 'n groot sport?
>>> Is dit my verbeelding?
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:adur03$2buvc$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>>>> toeskouersport bly.
>>>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>>>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
>>>> tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
>>>> kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Boks [boodskap #63329 is 'n antwoord op boodskap #63312] So, 09 Junie 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
> toeskouersport bly.
> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant

Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
kon sien op julle televisie, ek neem aan op
'n publieke kanaal? Hier in Ottawa sou mens
'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
sodat mens "pay per view" kan hê, en dan sou
jy taamlik duur moes betaal vir net diè uitsaai
van die spesifieke bokswedstryd. Hoekom kry julle
dit so lekker?

Gloudina
Re: Boks [boodskap #63331 is 'n antwoord op boodskap #63329] So, 09 Junie 2002 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit was op M-met Gloudina - die betaalkanaal.
Annette

skryf in boodskap news:3D034DD9.5090001@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>> toeskouersport bly.
>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant
>
>
> Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
> kon sien op julle televisie, ek neem aan op
> 'n publieke kanaal? Hier in Ottawa sou mens
> 'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
> sodat mens "pay per view" kan hê, en dan sou
> jy taamlik duur moes betaal vir net dié uitsaai
> van die spesifieke bokswedstryd. Hoekom kry julle
> dit so lekker?
>
> Gloudina
>
Re: Boks [boodskap #63337 is 'n antwoord op boodskap #63331] So, 09 Junie 2002 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

M-met

die betaalkanaal.

Is M-net "pay per view" vir
individuele programme? En
indien wel, hoe bestel julle
so 'n program?
(Ek neem aan dat julle nog nie
kabel het nie.)

Gloudina
Re: Boks [boodskap #63343 is 'n antwoord op boodskap #63329] So, 09 Junie 2002 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
> Hier in Ottawa sou mens
> 'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
> sodat mens "pay per view" kan hê,

Mens het darem nie slegs 'n digitale kabel-konneksie nodig vir die PPV
kanale nie. Die ou analoog kabelbokse het dit ook daardie kanale. En
hier in Amerika, veral op die platteland, en in ons armer state,
gebruik mense satelliet konneksies, want digitale kabel is nie oral
beskikbaar nie.
Om die waarheid te sê is die satelliet pakette besig om houvas te kry
in die mark, want dit is goedkoper as digitale kabel, en is oral
beskikbaar. Daar is ook ander voordele aan satelliet soos dat die
musiek uitsendings werklik digitaal en "surround sound" is - ek vind
dat ons digitale kabel-uitsendings nie dieselfde klank gehalte het as
die ou satelliet konneksie wat ons gehad het nie.
TV-uitsendings [boodskap #63348 is 'n antwoord op boodskap #63343] So, 09 Junie 2002 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Katryn
Om die waarheid te sê is die satelliet pakette besig om houvas te kry
in die mark, want dit is goedkoper as digitale kabel, en is oral
beskikbaar. Daar is ook ander voordele aan satelliet soos dat die
musiek uitsendings werklik digitaal en "surround sound" is - ek vind
dat ons digitale kabel-uitsendings nie dieselfde klank gehalte het as
die ou satelliet konneksie wat ons gehad het nie.

Wouter
In SA het ons M-Net op 'n ouerige analoogstelsel. Maar ons het ook
DSTV, wat digitale satelliet is. 'n Digitale weergawe van M-Net is
ook op DSTV. Met moderne toerusting kry jy 'n klankgehalte op
sommige uitsendings wat werklik uitstekend is, so goed soos enige
DVD. Digitaal en "surround sound"

Maar ons het nie pay per view nie, ons betaal per maand. En ek
twyfel sterk of ons ooit residensiële kabel sal kry, ek dink nie dit
sal kan kompeteer met die satellietuitsendings nie.
Re: TV-uitsendings [boodskap #63351 is 'n antwoord op boodskap #63348] So, 09 Junie 2002 16:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Maar ons het nie pay per view nie, ons betaal per maand. En ek
> twyfel sterk of ons ooit residensiële kabel sal kry, ek dink nie dit
> sal kan kompeteer met die satellietuitsendings nie.

Ja, Gloudina se boodskap aan Annette het dit half laat klink asof sy
dink julle is agter die klip om nog nie kabel te hê nie - en dit is
natuurlik gladnie so nie.
Ek stem saam met jou, en dink verder ook dat kabel gladnie eens 'n
opsie behoort te wees of ooit word, daar by julle nie.
Re: TV-uitsendings [boodskap #63352 is 'n antwoord op boodskap #63348] So, 09 Junie 2002 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> In SA het ons M-Net op 'n ouerige analoogstelsel. Maar ons het ook
> DSTV, wat digitale satelliet is. 'n Digitale weergawe van M-Net is
> ook op DSTV.

Katryn:
Ek wonder hoe M-Net dit kan oorleef? Hoe verskil hulle programering
met dit was julle op DSTV kan kry? Ek onthou destyds mag hulle nie
nuus uitgesaai het nie. Is dit nogsteeds so?

> Met moderne toerusting kry jy 'n klankgehalte op
> sommige uitsendings wat werklik uitstekend is, so goed soos enige
> DVD. Digitaal en "surround sound"

Katryn:
Absoluut! Solank as jy die regte toerusting het. :-)
Juis oor hierdie toerusting - deesdae word die van die nuwer flieke en
goeters ook slegs uitgesaai in digitale formaat - en alhoewel my
sisteem die klankbaan kan hanteer, is my televisie nog nie digitaal
nie, en dan pas die beeld nie op die skerm nie. Is dit by julle ook
so? Ek meen dat DVD's ens. nie op die skerm inpas nie. ?
Mens sal seker maar moet swig op een of ander stadium en 'n digitale
TV gaan koop, want hierdie "widescreen" effek doen dit nie juis vir my
nie.
Re: Boks [boodskap #63357 is 'n antwoord op boodskap #63337] So, 09 Junie 2002 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Gloudina - dis 'n betaalkanaal met 'n gewone programrooster - baie
flieks wat ONONDERBROKE vertoon word - wat die betalery al klaar die moeite
werd maak- en 'n tweede kanaal wat 'n sportkanaal is - mens kyk maar wat
hulle aanbied, maar ek het regtig nie rede om enigsins te kla nie.
Annette

skryf in boodskap news:3D036118.4080308@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
> M-met
>
> die betaalkanaal.
>
> Is M-net "pay per view" vir
> individuele programme? En
> indien wel, hoe bestel julle
> so 'n program?
> (Ek neem aan dat julle nog nie
> kabel het nie.)
>
> Gloudina
>
Re: TV-uitsendings [boodskap #63359 is 'n antwoord op boodskap #63351] So, 09 Junie 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Ja, Gloudina se boodskap aan Annette het dit half laat klink asof sy
> dink julle is agter die klip om nog nie kabel te hê nie

En wat laat jou nou so dink? Ek
wou net probeer verstaan hoe mens
'n program kon bekom wat ons hier
op digitale kabel alleen kan bekom.
(Ek verstaan nou nog nie.)

Gloudina
Re: Boks [boodskap #63360 is 'n antwoord op boodskap #63329] So, 09 Junie 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 09 Jun 2002 12:43:06 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
> kon sien op julle televisie, ek neem aan op
> 'n publieke kanaal?
> Hoekom kry julle dit so lekker?
>
> Gloudina

Omdat ons nie meer deur die apartheidsvarke regeer word nie antie;-)
(hallo)

DD
Re: Boks [boodskap #63361 is 'n antwoord op boodskap #63357] So, 09 Junie 2002 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Nee Gloudina - dis 'n betaalkanaal met 'n gewone programrooster - baie
> flieks wat ONONDERBROKE vertoon word - wat die betalery al klaar die moeite
> werd maak- en 'n tweede kanaal wat 'n sportkanaal is - mens kyk maar wat
> hulle aanbied, maar ek het regtig nie rede om enigsins te kla nie.

Dit klink oulik. Veral as mens dan sport-
items kan kry terwyl dit aan die gang is.
Ek neem aan Mnet sou baie vir die voorreg
moes betaal. Hier in Ottawa moet mense wat
nie digitale "pay per view" vermoë het nie,
na sportbars gaan om so 'n event te sien.
(Ons het ook oorspronklik die black box en
die pay per view vermoë gehad en kan dit
weer aanskaf as ons wil. Ons gebou het vir
die afgelope twee jaar 'n bulk kontrak met
Rogers se kabelmaatskappy, en dis soveel
goedkoper, en ons het nie genoeg van die
pay per view gebruik gemaak om die koste te
regverdig nie. Kabel is seker net prakties
in digbewoonde dele. Mense in die kleiner
dorpies en platteland hier rond moet almal
hulself van skottels bedien.

Gloudina
Re: TV-uitsendings [boodskap #63363 is 'n antwoord op boodskap #63352] So, 09 Junie 2002 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> In SA het ons M-Net op 'n ouerige analoogstelsel. Maar ons het ook
> DSTV, wat digitale satelliet is. 'n Digitale weergawe van M-Net is
> ook op DSTV.

Katryn:
Ek wonder hoe M-Net dit kan oorleef? Hoe verskil hulle programering
met dit was julle op DSTV kan kry? Ek onthou destyds mag hulle nie
nuus uitgesaai het nie. Is dit nogsteeds so?

Wouter
DSTV en M-Net is albei produkte van MultiChoice, 'n maatskappy
in die Nasionale Pers groep. M-Net is 'n absolute money-spinner,
omdat dit stabiel is en geen ontwikkeling vereis nie. Die hele
MultiChoice is baie winsgewend. M-Net mag nou nuus uitsaai,
hulle het daarmee gespeel maar dit gelos, daar is nie geld in nie.
Soos ek gesê het saai DSTV vir M-Net as een van hulle baie
kanale uit, daar is nie kompetisie tussen die twee nie. DSTV het,
behalwe M-Net 'n paar Movie Channels en ander kanale van
reg oor die wêreld. Ook die SABC se drie kanale en E-TV.

DSTV/M-Net dek die meeste groot sportgeleenthede, hulle
sterk finansiële posisie gee hulle 'n sterk onderhandselingsposisie.
Ons het byvoorbeeld 6 kanale gelyktydig oor die winterspele
in Kanada gehad. Daar is omtrent geen groot sportgeleentheid
in die wêreld wat hulle nie dek nie. So aaaf en toe klop die
SABC of E-TV hulle op iets, maar dit gebeur maar min.

Katryn:
- deesdae word die van die nuwer flieke en goeters
ook slegs uitgesaai in digitale formaat - en alhoewel my
sisteem die klankbaan kan hanteer, is my televisie nog
nie digitaal nie, en dan pas die beeld nie op die skerm nie.
Is dit by julle ook so? Ek meen dat DVD's ens.
nie op die skerm inpas nie. ?

Wouter
Nee, selfs my ou TV het nie daardie probleem nie.
Julle is seker maar 'n bietjie agter met die tegnologie
daar in die US of A? Julle gebruik mos nie PAL nie. :-)
Re: TV-uitsendings [boodskap #63364 is 'n antwoord op boodskap #63359] So, 09 Junie 2002 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek wou net probeer verstaan hoe mens
'n program kon bekom wat ons hier
op digitale kabel alleen kan bekom.
(Ek verstaan nou nog nie.)

Wouter
Ons betaal per maand. Dit en die advertensies betaal vir alles. M-Net
en DSTV onderbreek egter nie hulle rolprente vir advertensies nie
Re: TV-uitsendings [boodskap #63366 is 'n antwoord op boodskap #63363] So, 09 Junie 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> DSTV en M-Net is albei produkte van MultiChoice, 'n maatskappy
> in die Nasionale Pers groep.

Katryn:
Aah - ja, die Naspers groep. Nou verstaan ek. :-)

> in Kanada gehad. Daar is omtrent geen groot sportgeleentheid
> in die wêreld wat hulle nie dek nie. So aaaf en toe klop die
> SABC of E-TV hulle op iets, maar dit gebeur maar min.

Katryn:
So, ek sal my geliefkoosde baseball span (die Braves natuurlik) elke
dag kan sien as ek daar by julle kuier? En ook voetbal?
Ons kyk juis nou na SA teen Wallis - rugby. Dit verveel my so
bietjie, so nou kom kyk ek wat hier aangaan. :-)

> Katryn:
> en dan pas die beeld nie op die skerm nie.
> Is dit by julle ook so? Ek meen dat DVD's ens.
> nie op die skerm inpas nie. ?
>
> Wouter
> Nee, selfs my ou TV het nie daardie probleem nie.
> Julle is seker maar 'n bietjie agter met die tegnologie
> daar in die US of A? Julle gebruik mos nie PAL nie. :-)

Katryn:
Ja ja ja 'kay!!! Maar ek dink jy is dalk reg dat dit iets te make het
met ons NTSC seine. How weird, nou dat ek daaraan dink.
Dit het seker te make met die vertikale frekwensie verskil - NTSC is
mos 30fps en PAL net 25fps. Ek wonder of mens op een of ander manier
die sein na die TV vanaf die dekodeerder kan "hack". sodat mens 'n
volskerm prentjie op die TV kan kry.
(Ek weet van daardie frekwensie verskille, want ek moet gereeld
video's van NTSC standaard na die PAL standaard verander voor ek dit
vir my ma of vriende wat net PAL het, kan stuur.)
Maar ek het nogal nooit die kloutjie by die oor kon bring wat betref
hierdie "wide screen" effek as ek na DVD's kyk nie.
Re: TV-uitsendings [boodskap #63372 is 'n antwoord op boodskap #63366] So, 09 Junie 2002 23:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Daar is omtrent geen groot sportgeleentheid
> in die wêreld wat hulle nie dek nie. So aaaf en toe klop die
> SABC of E-TV hulle op iets, maar dit gebeur maar min.

Katryn:
So, ek sal my geliefkoosde baseball span (die Braves natuurlik)
elke dag kan sien as ek daar by julle kuier? En ook voetbal?

Wouter
Ek wens hulle wil meer daarvan wys. Maar daardie sporte is
ongelukkig beperk tot hoofsaaklik net een vasteland en
ons sien hulle maar min. Die Braves het ek nog nooit hier gesien
nie. Ons kry wel 'n weergawe van ESPN wat die uitslae gee.
Re: Boks [boodskap #63384 is 'n antwoord op boodskap #63361] Ma, 10 Junie 2002 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, teen R187? per maand ( Ek dink dit is nou R212?) kan mens nie kla
nie - nie solank ons die boks, rugby en krieket direk kan sien nie.
M-Net is nie net in SA beskikbaar nie - maar ek weet nie hoe hoog op in
Afrika nie.
Annette

skryf in boodskap news:3D03966E.1090402@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Nee Gloudina - dis 'n betaalkanaal met 'n gewone programrooster - baie
>> flieks wat ONONDERBROKE vertoon word - wat die betalery al klaar die moeite
>> werd maak- en 'n tweede kanaal wat 'n sportkanaal is - mens kyk maar wat
>> hulle aanbied, maar ek het regtig nie rede om enigsins te kla nie.
>
> Dit klink oulik. Veral as mens dan sport-
> items kan kry terwyl dit aan die gang is.
> Ek neem aan Mnet sou baie vir die voorreg
> moes betaal. Hier in Ottawa moet mense wat
> nie digitale "pay per view" vermoë het nie,
> na sportbars gaan om so 'n event te sien.
> (Ons het ook oorspronklik die black box en
> die pay per view vermoë gehad en kan dit
> weer aanskaf as ons wil. Ons gebou het vir
> die afgelope twee jaar 'n bulk kontrak met
> Rogers se kabelmaatskappy, en dis soveel
> goedkoper, en ons het nie genoeg van die
> pay per view gebruik gemaak om die koste te
> regverdig nie. Kabel is seker net prakties
> in digbewoonde dele. Mense in die kleiner
> dorpies en platteland hier rond moet almal
> hulself van skottels bedien.
>
> Gloudina
>
Re: Boks [boodskap #63401 is 'n antwoord op boodskap #63329] Ma, 10 Junie 2002 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis om op te maak vir die ander strooi wat ons moet opvreet!
Dit was op 'n betaalkanaal - DSTV gebeeldsaai...

skryf in boodskap news:3D034DD9.5090001@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>> toeskouersport bly.
>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant
>
>
> Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
> kon sien op julle televisie, ek neem aan op
> 'n publieke kanaal? Hier in Ottawa sou mens
> 'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
> sodat mens "pay per view" kan hê, en dan sou
> jy taamlik duur moes betaal vir net dié uitsaai
> van die spesifieke bokswedstryd. Hoekom kry julle
> dit so lekker?
>
> Gloudina
>
Re: Boks [boodskap #63402 is 'n antwoord op boodskap #63401] Ma, 10 Junie 2002 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op die gewone Mnet Sportkanaal ook - ek het nie DSTV nie.
Annette

"Jonas" wrote in message
news:ae1s49$8up$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis om op te maak vir die ander strooi wat ons moet opvreet!
> Dit was op 'n betaalkanaal - DSTV gebeeldsaai...
> skryf in boodskap news:3D034DD9.5090001@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>>> Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
>>> toeskouersport bly.
>>> Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
>>> in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant
>>
>>
>> Ek is geinteresseerd dat julle die boksgeveg
>> kon sien op julle televisie, ek neem aan op
>> 'n publieke kanaal? Hier in Ottawa sou mens
>> 'n spesiale digitale kabel-konneksie moes hê
>> sodat mens "pay per view" kan hê, en dan sou
>> jy taamlik duur moes betaal vir net dié uitsaai
>> van die spesifieke bokswedstryd. Hoekom kry julle
>> dit so lekker?
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: TV-uitsendings [boodskap #63415 is 'n antwoord op boodskap #63348] Ma, 10 Junie 2002 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
Wouter Plaasvark wrote in message
>
> Maar ons het nie pay per view nie, ons betaal per maand. En ek
> twyfel sterk of ons ooit residensiële kabel sal kry, ek dink nie dit
> sal kan kompeteer met die satellietuitsendings nie.
>

Daar is 'n pay per view kanaal op DSTV. Hulle wys flieks en ek dink dit is
so iets soos R20 per fliek.
Re: TV-uitsendings [boodskap #63417 is 'n antwoord op boodskap #63415] Ma, 10 Junie 2002 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jislaaik - watse soort prente sal dit nou wees? Ek kan vir die helfte van
daai prys lekker in 'n fliek gaan sit en popcorn en coke ook nog by geniet
( betaal ekstra vir die p&c) maar wie geniet nou elkgeval stoksielalleen p&c
by die huis?;))))
Annette

"Stone" skryf in boodskap news:ae28gn$657$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> Wouter Plaasvark wrote in message
>>
>> Maar ons het nie pay per view nie, ons betaal per maand. En ek
>> twyfel sterk of ons ooit residensiële kabel sal kry, ek dink nie dit
>> sal kan kompeteer met die satellietuitsendings nie.
>>
>
> Daar is 'n pay per view kanaal op DSTV. Hulle wys flieks en ek dink dit is
> so iets soos R20 per fliek.
>
kabels en dinge [boodskap #63423 is 'n antwoord op boodskap #63384] Ma, 10 Junie 2002 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons het Foxtel hier in Aus wat kabel televisie lewer. Dieselfde kabel word
ook gebruik vir broadband internet koppeling. As jy dus Foxtel het kan jy
broadbrand ook kry. Weereens net beskikbaar in sekere gebiede. Die oer-oue
reel geld nogsteeds: die wat het sal kry en die wat nie het nie sal van
weggeneem word.

Hantam.

Dina seg:
Ons gebou het vir
>> die afgelope twee jaar 'n bulk kontrak met
>> Rogers se kabelmaatskappy, en dis soveel
>> goedkoper, en ons het nie genoeg van die
>> pay per view gebruik gemaak om die koste te
>> regverdig nie. Kabel is seker net prakties
>> in digbewoonde dele. Mense in die kleiner
>> dorpies en platteland hier rond moet almal
>> hulself van skottels bedien.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: kabels en dinge [boodskap #63426 is 'n antwoord op boodskap #63423] Ma, 10 Junie 2002 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons televisiekabel word ook gebruik vir breedband internet 'n vir ons
telefoon.

Hilda.

"Hantamkind" skryf in boodskap news:2A3N8.283649$o66.734473@news-server.bigpond.net.au...
> Ons het Foxtel hier in Aus wat kabel televisie lewer. Dieselfde kabel word
> ook gebruik vir broadband internet koppeling. As jy dus Foxtel het kan jy
> broadbrand ook kry. Weereens net beskikbaar in sekere gebiede. Die oer-oue
> reel geld nogsteeds: die wat het sal kry en die wat nie het nie sal van
> weggeneem word.
>
> Hantam.
Re: Boks [boodskap #63467 is 'n antwoord op boodskap #63384] Di, 11 Junie 2002 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ook in Namibië kry ons M-net en ook DStv.......wat eintlik die ding is wat
enige sportetoesias behoort te hê. 50 kanale vir net so oor die
R300.........altyd 'n bargain! Perfekte beeld, perfekte klank. Vir nou,
kan dit nie beter nie!!

"Annette" skryf in boodskap news:ae1n3j$32ul4$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wel, teen R187? per maand ( Ek dink dit is nou R212?) kan mens nie kla
> nie - nie solank ons die boks, rugby en krieket direk kan sien nie.
> M-Net is nie net in SA beskikbaar nie - maar ek weet nie hoe hoog op in
> Afrika nie.
> Annette
>
>
> skryf in boodskap news:3D03966E.1090402@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>>> Nee Gloudina - dis 'n betaalkanaal met 'n gewone programrooster - baie
>>> flieks wat ONONDERBROKE vertoon word - wat die betalery al klaar die moeite
>>> werd maak- en 'n tweede kanaal wat 'n sportkanaal is - mens kyk maar wat
>>> hulle aanbied, maar ek het regtig nie rede om enigsins te kla nie.
>>
>> Dit klink oulik. Veral as mens dan sport-
>> items kan kry terwyl dit aan die gang is.
>> Ek neem aan Mnet sou baie vir die voorreg
>> moes betaal. Hier in Ottawa moet mense wat
>> nie digitale "pay per view" vermoë het nie,
>> na sportbars gaan om so 'n event te sien.
>> (Ons het ook oorspronklik die black box en
>> die pay per view vermoë gehad en kan dit
>> weer aanskaf as ons wil. Ons gebou het vir
>> die afgelope twee jaar 'n bulk kontrak met
>> Rogers se kabelmaatskappy, en dis soveel
>> goedkoper, en ons het nie genoeg van die
>> pay per view gebruik gemaak om die koste te
>> regverdig nie. Kabel is seker net prakties
>> in digbewoonde dele. Mense in die kleiner
>> dorpies en platteland hier rond moet almal
>> hulself van skottels bedien.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: kabels en dinge [boodskap #63486 is 'n antwoord op boodskap #63426] Di, 11 Junie 2002 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
En vir die telefoon! dis nuut !

"Hilda"
> Ons televisiekabel word ook gebruik vir breedband internet 'n vir ons
> telefoon.
>
> Hilda.
Re: kabels en dinge [boodskap #63493 is 'n antwoord op boodskap #63486] Di, 11 Junie 2002 12:33 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons het dit al sedert September 1999, maar ons bly by die kus en het dit
twee jaar later gekry as in Mechelen/Antwerpen. Die televisiekabel moes
aangepas word (vra my nie hoe nie :-) )
Ons betaal ons telefoon, internetverbinding en televisie apart
Dis een kabel wat by die huis inkom, maar daarna is dit drie verskillende
kabeltjies wat na die televisie, telefoon en rekenaar loop. Die modem hang
by die hoofkabel en in die rekenaar het ons 'n netwerkkaart.

Hilda.

"Hantamkind" skryf in boodskap news:iFlN8.288083$o66.744875@news-server.bigpond.net.au...
> En vir die telefoon! dis nuut !
>
> "Hilda"
>> Ons televisiekabel word ook gebruik vir breedband internet 'n vir ons
>> telefoon.
>>
>> Hilda.
>
Vorige onderwerp: Sokker
Volgende onderwerp: Sokker misrekening
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 19:42:33 MGT 2024