Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Libië, die ANC en Zimbabwe ?
Libië, die ANC en Zimbabwe ? [boodskap #63248] Sa, 08 Junie 2002 03:55 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tony Leon (DA) meld gisteraand dat Libië, volgens hom, mildelik bygedra het
tot die ANC se koffers. Die bedrag oortref klaarblyklik die van
Morkel/Harksen volledig.
Woods (DA) het in die week ook verwys na buitelandse skenkings aan politieke
partye, en die moontlike anpassing van buitelandse beleid in ruil vir
hierdie skenkings.
Indien Libië wel mildelik bygedra het tot die ANC-koffers, is die volgende
vraag seker of hulle (Libië) 'n invloed gehad het op die RSA se beleid jeen
Zimbabwe. (Ons almal ken tog Libië se houding jeens Zimbabwe.)
Re: =?ISO-8859-1?Q?Libi=EB?=, die ANC en Zimbabwe ? [boodskap #63265 is 'n antwoord op boodskap #63248] Sa, 08 Junie 2002 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Indien Libië wel mildelik bygedra het tot die ANC-koffers, is die volgende
> vraag seker of hulle (Libië) 'n invloed gehad het op die RSA se beleid jeen
> Zimbabwe. (Ons almal ken tog Libië se houding jeens Zimbabwe.)

Van Zimbabwe gepraat. Nog nie vreeslik lank
gelede nie, toe was almal berserk oor wat in
Zimbabwe se toekoms lê. En in SA se toekoms
omdat Mbeki nie aggressief vir Mugabe wys waar
Dawid die wortels gegrawe het nie. Hoekom is
alles nou so stil? Waar is die duisende en
duisende vlugtelinge wat SA se grense sou oor-
steek? Of is dit nog steeds veiliger in Harare
as in Pretoria, soos my vriendin in Pretoria
gerapporteer het dat haar seun sê wat daar vir
Absa werk?

Gloudina
Zimbabwe ? [boodskap #63268 is 'n antwoord op boodskap #63265] Sa, 08 Junie 2002 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee Dina, hulle is besig om hul aansoekvorms in te vul om (hoofsaaklik) na
Australië te emigreer. En ek praat nie net van wittes nie - hulle vorm
ongeveer 1 % van die bevolking wat die land wil verlaat. Hulle besef maar
altegoed dat SA volgende is en dat hul heil nie daar lê nie. En ek suig dit
nie uit my duim nie. Ek praat daagliks met Zimbabwiers - wit en swart. Daar
is duisende swart Zimbabwiers wat desperaat is om die land te verlaat.

HK

Dina
> Van Zimbabwe gepraat. Nog nie vreeslik lank
> gelede nie, toe was almal berserk oor wat in
> Zimbabwe se toekoms lê. En in SA se toekoms
> omdat Mbeki nie aggressief vir Mugabe wys waar
> Dawid die wortels gegrawe het nie. Hoekom is
> alles nou so stil? Waar is die duisende en
> duisende vlugtelinge wat SA se grense sou oor-
> steek? Of is dit nog steeds veiliger in Harare
> as in Pretoria, soos my vriendin in Pretoria
> gerapporteer het dat haar seun sê wat daar vir
> Absa werk?
>
> Gloudina
>
Re: Zimbabwe ? [boodskap #63300 is 'n antwoord op boodskap #63268] Sa, 08 Junie 2002 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
> Van Zimbabwe gepraat. Nog nie vreeslik lank
> gelede nie, toe was almal berserk oor wat in
> Zimbabwe se toekoms lê. En in SA se toekoms
> omdat Mbeki nie aggressief vir Mugabe wys waar
> Dawid die wortels gegrawe het nie. Hoekom is
> alles nou so stil? Waar is die duisende en
> duisende vlugtelinge wat SA se grense sou oor-
> steek?

Hantamkind.
Nee Dina, hulle is besig om hul aansoekvorms in te vul om (hoofsaaklik)
na Australië te emigreer. En ek praat nie net van wittes nie - hulle vorm
ongeveer 1 % van die bevolking wat die land wil verlaat. Hulle besef maar
altegoed dat SA volgende is en dat hul heil nie daar lê nie. En ek suig dit
nie uit my duim nie. Ek praat daagliks met Zimbabwiers - wit en swart. Daar
is duisende swart Zimbabwiers wat desperaat is om die land te verlaat.

Wouter
Die wit deel van Zimbabwe se bevolking is reeds minder as 0,5%
(ongeveer 40 000 uit 12 mljoen), so daar kan nie meer te veel
van hulle emigreer nie.

Ons firma het vroeër vanjaar geadverteer vir hooggekwalifiseerde
personeel. Drie uit die agt beste aansoeke, wat ons ernstig oorweeg
het, was van Zimbabwiërs. En ons het nie in Zimbabwe geadverteer nie.

Dit sommer net vir die interessantheid daarvan. Dit wys
waarskynlik niks meer as dat die meeste Zimbabwiërs met
breinkrag (en daar is heelwat van hulle, hulle het goeie skole
en 'n goeie universiteit) die land aan die verlaat is.

O ja, al drie was swart. En ons het nie een aangestel nie,
dis vrek moeilik om 'n werkpermit vir 'n gebore buitelander
te kry, dis half onmoontlik as jy ander goeie aansoeke het.
Re: Libië, die ANC en Zimbabwe ? [boodskap #63309 is 'n antwoord op boodskap #63265] So, 09 Junie 2002 05:24 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daardie Zimbabwe-burgers is reeds hier. Dit is verstommend om die aantal
vreemde swartes te sien - jy kan hulle gewoonlik herken al synde swart te
wees - die plaaslike bevolking is bruin.
Ek het al skattings van tot 7M onwettige immigrante gehoor.
Die Zimbabwese manne en vroue word hoofsaaklik herken aan die seepsteen
beeldtjies en gehekelde produkte.
Dis eintlik tragies om goeie hekelwerk te sien wat met minderwaardige
garings gemaak is.
Nee - ek is bevrees dat die toestroming van Zimbabwese burgers na die RSA
wat Thabo voorgehou het nie sy werklike oorweegrede was nie. Wanneer Thabo
en Robert saam op TV verskyn is dit opmerklik hoe Thabo as ondergeskikte
optree - waarom weet ek nie....
skryf in boodskap news:3D01F2A1.6070705@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Indien Libië wel mildelik bygedra het tot die ANC-koffers, is die volgende
>> vraag seker of hulle (Libië) 'n invloed gehad het op die RSA se beleid jeen
>> Zimbabwe. (Ons almal ken tog Libië se houding jeens Zimbabwe.)
>
> Van Zimbabwe gepraat. Nog nie vreeslik lank
> gelede nie, toe was almal berserk oor wat in
> Zimbabwe se toekoms lê. En in SA se toekoms
> omdat Mbeki nie aggressief vir Mugabe wys waar
> Dawid die wortels gegrawe het nie. Hoekom is
> alles nou so stil? Waar is die duisende en
> duisende vlugtelinge wat SA se grense sou oor-
> steek? Of is dit nog steeds veiliger in Harare
> as in Pretoria, soos my vriendin in Pretoria
> gerapporteer het dat haar seun sê wat daar vir
> Absa werk?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Nuwe manier
Volgende onderwerp: Sonbrand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 14:14:12 MGT 2024