Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hansie se Begrafnis
Hansie se Begrafnis [boodskap #63234] Vr, 07 Junie 2002 14:23 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is eergister gebeeldsend - ek kon nie na alles kyk nie - mens moet werk
ook - maar die bietjie wat ek gesien het, het my elke keer in snot en trane
gehad.
Die diens was in Grey Kollege ( Bloemfontein) se saal.
Die kis was silwer met blou en groen blokkies op die hoeke?- Nietemin, Toe
Shaun Pollock na die verhoog geroep is vir sy huldeblyk, het daar 'n klomp
springbokkrieketspelers saam met hom op die verhoog verskyn, asook Bob
Woolmer. Meestal spelers wat saam met hom in sy laaste paar wedstryde
gespeel het.
Ek sien toe in gisteraand se koerant dat Ali Bacher wel by die begrafnis
was.
Annette
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63239 is 'n antwoord op boodskap #63234] Vr, 07 Junie 2002 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, spyt kom mos altyd te laat? Dit gaan net my verstand te bowe dat SA so
'n groot kriekettalent kon kelder oor 'n indiskressie wat eintlik niemand
skade aangedoen het nie. Wie moet ons bedank? Die media.........en huil
hulle nie nou ook hard saam net om koerante verkoop te kry nie? Het jy al
ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
presteer het?

"Annette" skryf in boodskap news:adqflb$1gknk$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit is eergister gebeeldsend - ek kon nie na alles kyk nie - mens moet werk
> ook - maar die bietjie wat ek gesien het, het my elke keer in snot en trane
> gehad.
> Die diens was in Grey Kollege ( Bloemfontein) se saal.
> Die kis was silwer met blou en groen blokkies op die hoeke?- Nietemin, Toe
> Shaun Pollock na die verhoog geroep is vir sy huldeblyk, het daar 'n klomp
> springbokkrieketspelers saam met hom op die verhoog verskyn, asook Bob
> Woolmer. Meestal spelers wat saam met hom in sy laaste paar wedstryde
> gespeel het.
> Ek sien toe in gisteraand se koerant dat Ali Bacher wel by die begrafnis
> was.
> Annette
>
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63264 is 'n antwoord op boodskap #63239] Sa, 08 Junie 2002 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Fri, 7 Jun 2002 08:38:14 -0700, "Suidwester"
wrote:

> Het jy al
> ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
> presteer het?

Ja ek het. Maar jou punt is?

Ek dink jy moet 'n bietjie fyner kyk na daardie groot mediamonster wat
jy sien. Is dit werklik een monster of is daar verskeie, elk met 'n
eie karakter?

Het die media hom gekelder of het hulle verslag gegee oor hoe hy
homself/die UCB hom kelder?

Johan Bornman
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63310 is 'n antwoord op boodskap #63264] So, 09 Junie 2002 05:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan julle dit glo. Leon Schuster en Tommy Dell het nou al beide liedtjies op
die mark om Hansie te herdenk. Ek dink dis onsensitief en getuig van baie
swak smaak.
wrote in message
news:3d01f0bd.4706777@news.icon.co.za...
> On Fri, 7 Jun 2002 08:38:14 -0700, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Het jy al
>> ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
>> presteer het?
>
> Ja ek het. Maar jou punt is?
>
> Ek dink jy moet 'n bietjie fyner kyk na daardie groot mediamonster wat
> jy sien. Is dit werklik een monster of is daar verskeie, elk met 'n
> eie karakter?
>
> Het die media hom gekelder of het hulle verslag gegee oor hoe hy
> homself/die UCB hom kelder?
>
> Johan Bornman
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63320 is 'n antwoord op boodskap #63264] So, 09 Junie 2002 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
O my punt is eenvoudig. Gaan loop maar die hiper-kritici in die media na
en jy sal min of geen vind wat self in sport presteer het en die rede is
eenvoudig: Mense wat self in die situasie was, het groter begrip en insig
as bloot 'n joernalis met die mag van 'n koerant agter hom wat eintlik kan
skryf wat hy wil. Vriend, ek het maar nog min joernaliste gesien wat 'n
onbesproke karakter het en tog oordeel hulle die hardste!
Wat jy nou van Hanise sien, is dat die PUBLIEK vir Hansie hoeka vergewe
het en ek ken nie een mens in my omgewing wat sou omgegee het as hy weer tot
krieket sou toetree nie......selfs op nasionale vlak. Wat het sy
'indiskressie' te doen sy vermoë om krieket te speel? Maar die media?
Nee die MEDIA fel die oordeel en het Hansie nooit toegelaat om te vergeet
nie. Dit was ook nie so erg omdat hulleself morele beswaar teen sy
'glipsie' gehad het nie [lees weer dat daar min van hulle is wat self
onbesproke van karakter is], nee, dit was om meer koerante te verkoop!
Hansie se naam op die voorblad laat verhoog die omset drasties.
Nou vra ek vir jou, is DIT eties? Om op 'n ander se sorge te teer om
geld te maak? Is dit goeie karakter wat maak dat mens sulke dinge doen?
Dit is vir half so dat die ou wat oortree het en die brakke wat agterna kef
eintlik maar van dieselle soort is?
wrote in message
news:3d01f0bd.4706777@news.icon.co.za...
> On Fri, 7 Jun 2002 08:38:14 -0700, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Het jy al
>> ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
>> presteer het?
>
> Ja ek het. Maar jou punt is?
>
> Ek dink jy moet 'n bietjie fyner kyk na daardie groot mediamonster wat
> jy sien. Is dit werklik een monster of is daar verskeie, elk met 'n
> eie karakter?
>
> Het die media hom gekelder of het hulle verslag gegee oor hoe hy
> homself/die UCB hom kelder?
>
> Johan Bornman
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63321 is 'n antwoord op boodskap #63320] So, 09 Junie 2002 08:48 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Selfs die spotptrenttekenaars kan dit te ver voer - die afgelope week in
Argus etlike briewe wat Argus beskuldig van uiters swak smaak oor die
spotprent van Hansie wat Maandag verskyn het.
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:adv3lg$30hf$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> O my punt is eenvoudig. Gaan loop maar die hiper-kritici in die media na
> en jy sal min of geen vind wat self in sport presteer het en die rede is
> eenvoudig: Mense wat self in die situasie was, het groter begrip en insig
> as bloot 'n joernalis met die mag van 'n koerant agter hom wat eintlik kan
> skryf wat hy wil. Vriend, ek het maar nog min joernaliste gesien wat 'n
> onbesproke karakter het en tog oordeel hulle die hardste!
> Wat jy nou van Hanise sien, is dat die PUBLIEK vir Hansie hoeka vergewe
> het en ek ken nie een mens in my omgewing wat sou omgegee het as hy weer tot
> krieket sou toetree nie......selfs op nasionale vlak. Wat het sy
> 'indiskressie' te doen sy vermoë om krieket te speel? Maar die media?
> Nee die MEDIA fel die oordeel en het Hansie nooit toegelaat om te vergeet
> nie. Dit was ook nie so erg omdat hulleself morele beswaar teen sy
> 'glipsie' gehad het nie [lees weer dat daar min van hulle is wat self
> onbesproke van karakter is], nee, dit was om meer koerante te verkoop!
> Hansie se naam op die voorblad laat verhoog die omset drasties.
> Nou vra ek vir jou, is DIT eties? Om op 'n ander se sorge te teer om
> geld te maak? Is dit goeie karakter wat maak dat mens sulke dinge doen?
> Dit is vir half so dat die ou wat oortree het en die brakke wat agterna kef
> eintlik maar van dieselle soort is?
> wrote in message
> news:3d01f0bd.4706777@news.icon.co.za...
>> On Fri, 7 Jun 2002 08:38:14 -0700, "Suidwester"
>> wrote:
>>
>>> Het jy al
>>> ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
>>> presteer het?
>>
>> Ja ek het. Maar jou punt is?
>>
>> Ek dink jy moet 'n bietjie fyner kyk na daardie groot mediamonster wat
>> jy sien. Is dit werklik een monster of is daar verskeie, elk met 'n
>> eie karakter?
>>
>> Het die media hom gekelder of het hulle verslag gegee oor hoe hy
>> homself/die UCB hom kelder?
>>
>> Johan Bornman
>
Vorige onderwerp: Sonbrand
Volgende onderwerp: Walgwors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 18:53:59 MGT 2024