Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hansie se Begrafnis
Hansie se Begrafnis [boodskap #63234] |
Vr., 07 Junie 2002 14:23  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit is eergister gebeeldsend - ek kon nie na alles kyk nie - mens moet werk
ook - maar die bietjie wat ek gesien het, het my elke keer in snot en trane
gehad.
Die diens was in Grey Kollege ( Bloemfontein) se saal.
Die kis was silwer met blou en groen blokkies op die hoeke?- Nietemin, Toe
Shaun Pollock na die verhoog geroep is vir sy huldeblyk, het daar 'n klomp
springbokkrieketspelers saam met hom op die verhoog verskyn, asook Bob
Woolmer. Meestal spelers wat saam met hom in sy laaste paar wedstryde
gespeel het.
Ek sien toe in gisteraand se koerant dat Ali Bacher wel by die begrafnis
was.
Annette
|
|
|
|
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63264 is 'n antwoord op boodskap #63239] |
Sa., 08 Junie 2002 11:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Fri, 7 Jun 2002 08:38:14 -0700, "Suidwester"
wrote:
> Het jy al
> ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
> presteer het?
Ja ek het. Maar jou punt is?
Ek dink jy moet 'n bietjie fyner kyk na daardie groot mediamonster wat
jy sien. Is dit werklik een monster of is daar verskeie, elk met 'n
eie karakter?
Het die media hom gekelder of het hulle verslag gegee oor hoe hy
homself/die UCB hom kelder?
Johan Bornman
|
|
|
|
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63320 is 'n antwoord op boodskap #63264] |
So., 09 Junie 2002 08:29   |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
O my punt is eenvoudig. Gaan loop maar die hiper-kritici in die media na
en jy sal min of geen vind wat self in sport presteer het en die rede is
eenvoudig: Mense wat self in die situasie was, het groter begrip en insig
as bloot 'n joernalis met die mag van 'n koerant agter hom wat eintlik kan
skryf wat hy wil. Vriend, ek het maar nog min joernaliste gesien wat 'n
onbesproke karakter het en tog oordeel hulle die hardste!
Wat jy nou van Hanise sien, is dat die PUBLIEK vir Hansie hoeka vergewe
het en ek ken nie een mens in my omgewing wat sou omgegee het as hy weer tot
krieket sou toetree nie......selfs op nasionale vlak. Wat het sy
'indiskressie' te doen sy vermoë om krieket te speel? Maar die media?
Nee die MEDIA fel die oordeel en het Hansie nooit toegelaat om te vergeet
nie. Dit was ook nie so erg omdat hulleself morele beswaar teen sy
'glipsie' gehad het nie [lees weer dat daar min van hulle is wat self
onbesproke van karakter is], nee, dit was om meer koerante te verkoop!
Hansie se naam op die voorblad laat verhoog die omset drasties.
Nou vra ek vir jou, is DIT eties? Om op 'n ander se sorge te teer om
geld te maak? Is dit goeie karakter wat maak dat mens sulke dinge doen?
Dit is vir half so dat die ou wat oortree het en die brakke wat agterna kef
eintlik maar van dieselle soort is?
wrote in message
news:3d01f0bd.4706777@news.icon.co.za...
> On Fri, 7 Jun 2002 08:38:14 -0700, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Het jy al
>> ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
>> presteer het?
>
> Ja ek het. Maar jou punt is?
>
> Ek dink jy moet 'n bietjie fyner kyk na daardie groot mediamonster wat
> jy sien. Is dit werklik een monster of is daar verskeie, elk met 'n
> eie karakter?
>
> Het die media hom gekelder of het hulle verslag gegee oor hoe hy
> homself/die UCB hom kelder?
>
> Johan Bornman
|
|
|
Re: Hansie se Begrafnis [boodskap #63321 is 'n antwoord op boodskap #63320] |
So., 09 Junie 2002 08:48  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Selfs die spotptrenttekenaars kan dit te ver voer - die afgelope week in
Argus etlike briewe wat Argus beskuldig van uiters swak smaak oor die
spotprent van Hansie wat Maandag verskyn het.
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:adv3lg$30hf$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> O my punt is eenvoudig. Gaan loop maar die hiper-kritici in die media na
> en jy sal min of geen vind wat self in sport presteer het en die rede is
> eenvoudig: Mense wat self in die situasie was, het groter begrip en insig
> as bloot 'n joernalis met die mag van 'n koerant agter hom wat eintlik kan
> skryf wat hy wil. Vriend, ek het maar nog min joernaliste gesien wat 'n
> onbesproke karakter het en tog oordeel hulle die hardste!
> Wat jy nou van Hanise sien, is dat die PUBLIEK vir Hansie hoeka vergewe
> het en ek ken nie een mens in my omgewing wat sou omgegee het as hy weer tot
> krieket sou toetree nie......selfs op nasionale vlak. Wat het sy
> 'indiskressie' te doen sy vermoë om krieket te speel? Maar die media?
> Nee die MEDIA fel die oordeel en het Hansie nooit toegelaat om te vergeet
> nie. Dit was ook nie so erg omdat hulleself morele beswaar teen sy
> 'glipsie' gehad het nie [lees weer dat daar min van hulle is wat self
> onbesproke van karakter is], nee, dit was om meer koerante te verkoop!
> Hansie se naam op die voorblad laat verhoog die omset drasties.
> Nou vra ek vir jou, is DIT eties? Om op 'n ander se sorge te teer om
> geld te maak? Is dit goeie karakter wat maak dat mens sulke dinge doen?
> Dit is vir half so dat die ou wat oortree het en die brakke wat agterna kef
> eintlik maar van dieselle soort is?
> wrote in message
> news:3d01f0bd.4706777@news.icon.co.za...
>> On Fri, 7 Jun 2002 08:38:14 -0700, "Suidwester"
>> wrote:
>>
>>> Het jy al
>>> ooit 'n joernalis gesien wat self werklik in sport of op enige gebied
>>> presteer het?
>>
>> Ja ek het. Maar jou punt is?
>>
>> Ek dink jy moet 'n bietjie fyner kyk na daardie groot mediamonster wat
>> jy sien. Is dit werklik een monster of is daar verskeie, elk met 'n
>> eie karakter?
>>
>> Het die media hom gekelder of het hulle verslag gegee oor hoe hy
>> homself/die UCB hom kelder?
>>
>> Johan Bornman
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 09 11:48:18 UTC 2025
|