Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ditjies en datjies
Ditjies en datjies [boodskap #63091] |
Tue, 04 June 2002 22:54  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kaapstad se eie sterrekonstellasie
Daar is 88 erkende - ag nee wag - laat ek sommer die Engelse ding
hier insit:
There are 88 constellations in the sky. Most were identified and
named in antiquity and of these very few were sited and named in the
southern hemisphere.
In 1751 Louis Abbe de Caix stayed in Cape Town for a few months. He
set up his telescope in a Strand Street house and sited 14 new
constellations. To honor his location he called one Mons Mensa, Table
Mountain. This became the only constellation in the sky to be named
after a geographical feature.
http://users.iafrica.com/r/ro/robair/Tours_Fascinating_Stuff .htm#Cape%20Town's%20own%20constellation
(Mensa beteken "tafel" in Latyn. Dis 'n baie dowwe konstellasie naby
die Suidpool. Mons Mensa word gewoonlik sommer afgekort as "Mensa" of
selfs "Mesa")
(Dis nou wat gebeur as ek goeters soek op die Internet oor Jan Smuts)
:-)
|
|
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63113 is 'n antwoord op boodskap #63101] |
Wed, 05 June 2002 12:15   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> 'mafuta' - dit is toe dieselfde woord wat ons in Kinshasa vir 'vet' gebruik
> het. Dit was vir my baie interessant om te sien dat daar woorde ooreenstem
> in die swart tale alhoewel die lande taamlik ver van mekaar af lê.
Maar hoe seker is jy dat in beide gevalle
die woord nie van "vet" af kom nie?
In die oorspronklike Afrika-tale kon die
konsep vir "fat" nie bestaan het nie.(Net
soos in Inuit daar oorspronklik geen
woord was vir die abstrakte woord "wit"
nie, maar woorde vir omtrent vyftig
of meer skakerings van wit.)
Gloudina
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63120 is 'n antwoord op boodskap #63111] |
Wed, 05 June 2002 12:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Net so is daar 'n paar Afrikaanse woorde wat die Dene praat.
Deens en Afrikaans is natuurlik van dieselfde
familie en alleen die spelling en die uitspraak
verhoed mens dat jy nie Deens amper vlot kan
verstaan nie. Ek het eenkeer die ondervinding
in Denemarke gehad dat 'n Deen ( wat nie Engels
geken het nie, maar wel Duits vlot geken het)
met my in Duits gepraat het en dan stadig, sonder
dat ek dit agtergekom het, in Deens oorgeslaan
het. Ek het hom perfek in die Deens in gevolg,
totdat ek agterkom dat hy nie meer Duits praat
nie, en dan het ek opgehou "verstaan." Dit het
hom oneindig geamuseer.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63132 is 'n antwoord op boodskap #63126] |
Wed, 05 June 2002 13:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> Hoekom kon die konsep vir 'vet' nie bestaan nie ?
Omdat ons konsep "vet" eintlik 'n baie
abstrakte begrip is. Wat bedoel jy wanneer
jy in Nederlands "vet" sê?
So wanneer woorde in ander tale oorgeneem
word, dan kry jy somtyds 'n baie spesifieke
betekenis vir die woord. So is die woord
"mes" in Japanees die woord vir 'n scalpel.
Dis oorgeneem uit die Nederlands van die
eerste Europese besoekers aan Japan.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63138 is 'n antwoord op boodskap #63126] |
Wed, 05 June 2002 14:46   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> Hoekom kon die konsep vir 'vet' nie bestaan nie ?
> Dit is ook nie die enige woord wat ooreenstem nie
Hier is die vertalings van "fat" uit
ons English-Zulu Dictionary (Doke,
Malcolm & Sikakana):
fat: amafutha, ukukhuluphala, inoni.
Dan is daar 'n hele klomp verskillende
woorde, anders as hierbo, om verskillende
gevalle te beskryf waar die Engels die
woord "fat" sal gebruik.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63154 is 'n antwoord op boodskap #63150] |
Wed, 05 June 2002 22:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
> So, wat wil jy weet van Jan Smuts:-) Het jy geweet hy het in WWI die
> lugverdediging van London gekoördineer? Het jy geweet dat hy die term
> "holisme" gedefiniëer het? Ek het destyds sy boek "Holism and Evolution" in
> die hande gekry. Was nogal verras dat ons 'n politieke leier gehad het met
> sulke insig. Het jy geweet hy het in die somer op die stoep geslaap by sy
> huis in Irené op 'n kampbedjie?
Iemand het eenkeer verbasing uitgespreek oor
die feit dat hulle Ouma Issie en Generaal Smuts
by hulle huis in Irene uit blikbekertjies sien
drink het. Dis nou die man van wie sy politieke
vyande gesê het dat hy 'n affair gehad het met
die Griekse koningin. (Die Griekse koningshuis
het gedurende WW2 na SA uitgewyk.)
Bedoel jy nie dat Smuts in WW2 die lugverdediging
van London gekoördineer het nie. Hy was lid van
Churchill se oorlogskabinet.
Kan jy vir ons verduidelik wat sy konsep van
Holisme beteken?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63180 is 'n antwoord op boodskap #63177] |
Thu, 06 June 2002 17:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
..he went to England for an imperial conference
> (March 1917). Prime Minister Llyod George at once recognized his abilities
> and made him minister of air..
Dis my fout. Hy was al blykbaar gedurende
die Eerste Wêreldoorlog deur Engeland
gebruik as raadgewer. Nie sleg vir 'n
generaal wat minder as twintig jare
vantevore teen die Engelse geveg het in
die Anglo-Boereoorlog nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63183 is 'n antwoord op boodskap #63176] |
Thu, 06 June 2002 17:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
Die holisitiese benadering sê dat hierdie
> analitiese resultaat geen insig lewer (debateerbaar) oor die hart
> (persoonlikheid), siel of verstand nie. Ek dink Jan Smuts se holisme was in
> hierdie area van biologiese filosofie van toepassing.
Totdat ek weer sy boek gelees het, behoort
ek nie te probeer saampraat nie. Maar ek
dink ons moet aanneem dat hy hom by 'n
groep filosowe wou skaar wat 'n sekere
opinie van die ewolusionare ontwikkeling
wou propageer: dat ewolusie nie gesien
moet word op 'n bloot fisiologiese vlak
as "the survival of the fittest" nie, maar
dat daar ander kragte in werking is wat
"ewolusie" bepaal, en dat van hierdie kragte
te doen het met die dinamiek van die geheel.
Ek sien daarna uit om weer die boek te lees.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Evolusie [boodskap #63194 is 'n antwoord op boodskap #63193] |
Fri, 07 June 2002 02:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
> Ek dink evolusie is die teorie dat party mense van die ape afstam :-)
Ek dink dat sommige ape eksepsie sal
neem teen so 'n standpunt.
Tant Hessie van die Groot Skeurvallei.
|
|
|
|
|
|
Holisme [boodskap #63240 is 'n antwoord op boodskap #63176] |
Fri, 07 June 2002 16:07   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jan" wrote:
> Vir my dui holisme op 'n wetenskaplike benadering wat die geheelbeeld beskou
> in plaas van of bo-en-behalwe die individuele dele. Omdat die geheelbeeld
> 'n sinergistiese funksie kan wees van die dele, kan dit nie geïdentifiseer
> word deur bloot die dele te bestudeer nie. Die holisitiese benadering is in
> teënstelling met die analitiese, reduktiewe benadering.
Daar was 'n baie oulike artikel in die Maart/April 2002 uitgawe van
die "Skeptical Inquirer". As jy belangstel, kan ek dit inskandeer en
vir jou stuur? Of anders kan jy miskien gaan loer by 'n boekwinkel -
dis op bladsy 46. Artikel deur John Ruscio getiteld: "The Emptiness
of Holism". Die abstrak (?abstract) lees so:
" An old psychological controversy concerning the relative merits of
clinical and statistical perdiction has direct implications for
modern-dat beliefs in "holism". The notion that one should not
consider individual factors, but rather a complex whole, is
frustratingly vague and incompatible with all that we have learned
about human cognitive limitations and judgemental biases. Despite its
seeming compassion, the mantra of holism may constitute empty rhetoric
that shields its proponents from the hard work of discovering,
assessing, and validly integrating meaningful information"
In konklusie sê hy o.a:
"Holism is an empty retreat from reality, a method by which
pseudoscientists muddy rational thought, avoid clear and concise
communication, and follow their own idiosyncratic beliefs to justify
doing whatever they please in the name of all that sounds nice and
feels good."
Persoonlik dink ek dat mens ook moet gaan kyk na wat ons ou vriend,
Aristotle oorspronklik gesê het - hy is eintlik die ou agter die hele
ding! Dit is natuurlik ook interessant om te sien hoe digters soos
Ralph Waldo Emerson and William Blake, veral hierdie "holisme"
verduidelik en gebruik het in hulle digkuns. Ek dink ek kan myself
eerder daarmee vereenselwig. Elkgeval - ek dink dit is een van
daardie Oosterse dinge wat net eenvoudig nie ooit lekker gemaklik sal
pas in ons westerse samelewing en denke nie.
Maar laat ek wag vir jou boek om te arriveer, sodat ek self kan sien
wat Smuts se siening was. Ek sien baie uit daarna!!
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63243 is 'n antwoord op boodskap #63229] |
Fri, 07 June 2002 18:43   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hantamkind" wrote:
> OK Jan, nadat jy ons almal nou beiindruk het met die geleerde woorde kan jy
> dit vir die dommes soos ek in plein Afrikaans verduidelik?
Katryn:
Yikes, ek het netnou gekla oor die gebruik van groot woorde en
goeters, en sou sien ek eers hierdie boodskap van jou.
Jan, ek het darem nie van jou taalgebruik gepraat nie, hoor!
HK - hoe meer duidelik kan mens dit dan nou stel? :-)
> "Jan" wrote:
> Vir my dui holisme op 'n wetenskaplike benadering wat die geheelbeeld
> beskou in plaas van of bo-en-behalwe die individuele dele.
Katryn weer:
Of anders gestel - die geheel is groter as die som van die dele.
In die praktyk (volgens "moderne" en westerse holisme) werk dit dan so
iets:
Jy breek jou been - jou keuses is:
a) Die dokter set jou been in gips en gee vir jou krukke om mee oor
die weg te kom tot die beenstruktuur weer heel is.
of
b) Die "holistiese" geneser gaan jou "whole person" behandel, i.p.v
jou stukkende been. Hy gaan akupunktuur, kruie, homeopatie, magnete,
vitamine en ander supplemente, refleksologie, terapeutiese "touch" en
allerande ander goeters gebruik.
Klink goed nè? :-))
|
|
|
Re: Holisme [boodskap #63245 is 'n antwoord op boodskap #63240] |
Fri, 07 June 2002 23:45   |
Jan
Boodskappe: 166 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Daar was 'n baie oulike artikel in die Maart/April 2002 uitgawe van
> die "Skeptical Inquirer". As jy belangstel, kan ek dit inskandeer en
> vir jou stuur? Of anders kan jy miskien gaan loer by 'n boekwinkel -
> dis op bladsy 46. Artikel deur John Ruscio getiteld: "The Emptiness
> of Holism". Die abstrak (?abstract) lees so:
Ek dog dis net ek wat die "Skeptical Inquirer" lees :) Laaste een wat ek
gekoop het egter was die "Science and Religion" issue van Sept/Okt 2001.
Lees dit deesdae sommer in die biblioteek oorkant die pad of by
Barnes&Noble. Is jy bekend met Michael Shermer (director van Skeptics
Society en editor van "Skeptic")? Het jy geweet hy het o.a. deelgeneem aan
die non-stop fietsreisies van kus tot kus en 3de gekom? Hulle ry 7 dae lank
en slaap net 'n uur per nag - insane! Hy het nou ook 'n rubriek in
"Scientific American". Het onlangs sy boek "Why people believe weird
things" gelees...
> " An old psychological controversy concerning the relative merits of
> clinical and statistical perdiction has direct implications for
> modern-dat beliefs in "holism". The notion that one should not
> consider individual factors, but rather a complex whole, is
> frustratingly vague and incompatible with all that we have learned
> about human cognitive limitations and judgemental biases. Despite its
> seeming compassion, the mantra of holism may constitute empty rhetoric
> that shields its proponents from the hard work of discovering,
> assessing, and validly integrating meaningful information"
Ek stem. Dit beaam soort van wat ek bo bygevoeg het nl. "... die holisme is
te filosofies en onprakties van aard. Bv: waar gaan jy die lyne trek - jy
kan argumenteer dat jy die hele heelal in sy geheelbeeld moet beskou...".
Ek dink die meeste vooruitgang in die wetenskap het nog gekom van
traditionele analise en harde werk ..
> In konklusie sê hy o.a:
> "Holism is an empty retreat from reality, a method by which
> pseudoscientists muddy rational thought, avoid clear and concise
> communication, and follow their own idiosyncratic beliefs to justify
> doing whatever they please in the name of all that sounds nice and
> feels good."
>
> Persoonlik dink ek dat mens ook moet gaan kyk na wat ons ou vriend,
> Aristotle oorspronklik gesê het - hy is eintlik die ou agter die hele
> ding! Dit is natuurlik ook interessant om te sien hoe digters soos
> Ralph Waldo Emerson and William Blake, veral hierdie "holisme"
> verduidelik en gebruik het in hulle digkuns. Ek dink ek kan myself
> eerder daarmee vereenselwig. Elkgeval - ek dink dit is een van
> daardie Oosterse dinge wat net eenvoudig nie ooit lekker gemaklik sal
> pas in ons westerse samelewing en denke nie.
> Maar laat ek wag vir jou boek om te arriveer, sodat ek self kan sien
> wat Smuts se siening was. Ek sien baie uit daarna!!
>
Ja, jy kan dit dan vir ons ontleed. Ek het net die deel gelees oor
relatiewiteit en die opsommings van die ander hoofstukke. Ek het dit
aanvanklik mos gekoop want ek was absoluut verstom toe ek toevallig in die
boekwinkel uitvind dat Jan Smuts uitgemaak het van hierdie dinge - in
te�nstelling met die politieke leiers wat na hom gekom het sover ek weet...
|
|
|
|
Re: Holisme [boodskap #63266 is 'n antwoord op boodskap #63245] |
Sat, 08 June 2002 12:15   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
> Ek stem. Dit beaam soort van wat ek bo bygevoeg het nl. "... die holisme is
> te filosofies en onprakties van aard. Bv: waar gaan jy die lyne trek - jy
> kan argumenteer dat jy die hele heelal in sy geheelbeeld moet beskou...".
> Ek dink die meeste vooruitgang in die wetenskap het nog gekom van
> traditionele analise en harde werk ..
Vireers, Jan. Ek is geinteresseerd in jou
verklaring dat jy stem. Stem jy in die VSA.
Of stem jy nog in SA? Of stem jy klaviere?
Verder stem ek nie saam met die manier
waarop jy praat van die spesieke onderwerp
onder bespreking nie - Smuts se "Holism and
Evolution." Smuts (en sy filosofiese gees-
genote) het niks te doen met wat jy deesdae
onder "holisme" verstaan nie. Hulle propageer 'n
nuwe visie vir hoe om die ewolusionere
ontwikkeling te interpreteer. Iets wat die
tradisionele analitiese crowd nie baie goed
doen nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ditjies en datjies [boodskap #63287 is 'n antwoord op boodskap #63250] |
Sat, 08 June 2002 17:22  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hantamkind" wrote:
> Dankie Katryn. Ek wonder wie het hierdie groot woord uitgedink vir die
> eenvoudige term "bullshit baffles brains..."
Ek dink dit was dalk Brigitte Bardot. :-)
Maar aangesien jy mos nou 'n lekker vinnige skakel het, gaan loer by:
http://www.ecotao.com/holism/std-1.htm
Jan Smuts het gesê: "All great truths are in their essence simple; and
the absence of simplicity of statement only shows that the ultimate
form has not yet been reached."
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:47:07 UTC 2025
|