Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is hier?
|
|
|
Re: aantie [boodskap #63046 is 'n antwoord op boodskap #63038] |
Ma., 03 Junie 2002 17:41   |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dankie, Lou, vir die geleentheid wat jy vir my skep om te br�g met 'n woord
wat ek in St 9 geleer het en te min geleentheid kry om te gebruik - wat
Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
"aantie" klou.
Nice, né.
Koot
"Lou" skryf in boodskap news:3CFB4E56.9866ABAE@lous.zzn.com...
> En ek stel voor dat jy al weer bollie praat - soos jy sê jy maak dit
> op. Wat ander s sou hy mos al laaaankal hieroor grprotesteer het -
> siende dat jy altyd na diskriminerende terme in ander se woorde soek.
>
> En wat vir 'n woord is derogatief? En erger nog on-derogatief? Afbrekend
> is tog 'n erkende woord. Van on-derogatief sou ek nou nie weet nie :)
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Wouter Plaasvark wrote:
>
>>> Anties is wit. Soms common, maar beslis wit.
>>
>> Wel, Wouter, laas toe ek in SA was, het ek
>> menige mense hoor praat van die "aanties,"
>> kompleet met die lang -a- en al. En daar
>> was geen twyfel dat hulle na swart vroue
>> verwys nie. Dit was gewoonlik nie derogatief
>> gebruik nie. Maar waar die persoon vantevore
>> die woord ook in 'n on-derogatiewe manier
>> gebruik het, het hulle nou aantie gesê. Ek
>> maak hierdie ding nie op nie. Ek het dit met
>> my eie ore gehoor. Miskien het hulle dit nie
>> in die Boland nie. Maar ek het dit in Gauteng
>> gehoor en ek het dit in Nstal gehoor.
>>
>> Gloudina
|
|
|
|
Re: aantie [boodskap #63050 is 'n antwoord op boodskap #63046] |
Ma., 03 Junie 2002 22:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot Pieterse wrote:
wat
> Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
> "aantie" klou.
Wat vir my altyd so snaaks is, is dat die woord
"tannie" beide pejoratiewe en amelioratiewe
gebruik het. Dit hang alles af wie dit gebruik en
aan wie dit gerig word. Ek kry die stuipe as
iemand my aanspreek as tannie. Dis gewoonlik
iemand uit die ou Transvaal of die Vrystaat wat
dit in alle eerlikheid gebruik omdat hy so groot-
geword het. Maar in die Noord-Kaap het ons altyd
van "antie" gepraat.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Aantie is nice [boodskap #63053 is 'n antwoord op boodskap #63052] |
Di., 04 Junie 2002 01:01   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Koot is natuurlik reg met sy pejoratief, maar geringskattend of kleinerend
> is ook heel beskrywend en meer verstaanbaar. Afbrekend het vir my 'n
> effens ander betekenis.
"Pejoratief" en "amelioratief" is spesifieke
modaliteite wat deur 'n taalondersoeker
wetenskaplik gebruik word. Dit kan dus nie
beskou word as 'n meer "geleerde" alternatief
vir "geringskattend" of "kleinerend" nie.
Byvoorbeeld, as iemand 'n taal ontleed en
wil aandui dat die woord 'n positiewe
betekenis dra, dan maak hy van "amelioratief"
gebruik. As hy wil aandui dat die woord 'n
negatiewe kleur het, dan maak hy gebruik van
die woord "pejoratief." As ek dus vir 'n
taalkundige wat nie Afrikaans ken nie, iets
wil verduidelik van die woord "sies" dan dui
ek aan dat dit pejoratief gebruik word. Maar
"siestog" is amelioratief.
Gloudina
|
|
|
|
Re: aantie [boodskap #63062 is 'n antwoord op boodskap #63059] |
Di., 04 Junie 2002 07:55   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy praat seker van antie, of tannie vir die meer opsterses:))
Aantie is my eie, spesiale, troetelnaampie vir Gloudina:)))
Daar is nie 'n aantie in enige Afrikaanse woordeboek nie - so enige gewaande
konnotasies tel nie.
Dis net plein 'n spesiale troetelnaampie:))
Oumatjie klink tog so neerhalend.
En die aantie wil ook nie oud ding of ou dier genoem word as mens gemeensaam
voel nie.
Annette
.petech.ac.za> skryf in boodskap news:adhnss$4fk$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek dink daar is heelwat woorde wat so 'n dubbele betekenis het aan beide
> uiterstes.
>
> Ek kon, met heelwat pynlike kopkrap, dink aan "ousie", selfs "kind". Dan
> moet ook nog hoor hoe my seun soms "Pa" kan sê dat dit soos 'n skelwoord
> klink, en ander tye weer ewe teer.
>
> Ek moet sê, ek het nog nie die pejoratiewe gebruik van "aantie" gehoor nie.
> Vir my het die woord tradisioneel meer gesê oor die segger se herkoms - ons
> het dit dikwels gehoor daar in die streke van die Vaaldriehoek waar ek
> grootgeword het, waar die ouens miskien nie sulke entoesiastiese lesers van
> die Financial Mail is nie.
>
> Koot
>
>
> skryf in boodskap news:3CFBEBF8.8080402@rogers.com...
>>
>> Koot Pieterse wrote:
>>
>> wat
>>> Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
>>> "aantie" klou.
>>
>> Wat vir my altyd so snaaks is, is dat die woord
>> "tannie" beide pejoratiewe en amelioratiewe
>> gebruik het. Dit hang alles af wie dit gebruik en
>> aan wie dit gerig word. Ek kry die stuipe as
>> iemand my aanspreek as tannie. Dis gewoonlik
>> iemand uit die ou Transvaal of die Vrystaat wat
>> dit in alle eerlikheid gebruik omdat hy so groot-
>> geword het. Maar in die Noord-Kaap het ons altyd
>> van "antie" gepraat.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
Re: Aantie is nice [boodskap #63064 is 'n antwoord op boodskap #63053] |
Di., 04 Junie 2002 08:16   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter Plaasvark wrote:
> Koot is natuurlik reg met sy pejoratief, maar geringskattend of kleinerend
> is ook heel beskrywend en meer verstaanbaar. Afbrekend het vir my 'n
> effens ander betekenis.
Gloudina
"Pejoratief" en "amelioratief" is spesifieke
modaliteite wat deur 'n taalondersoeker
wetenskaplik gebruik word. Dit kan dus nie
beskou word as 'n meer "geleerde" alternatief
vir "geringskattend" of "kleinerend" nie.
Byvoorbeeld, as iemand 'n taal ontleed en
wil aandui dat die woord 'n positiewe
betekenis dra, dan maak hy van "amelioratief"
gebruik. As hy wil aandui dat die woord 'n
negatiewe kleur het, dan maak hy gebruik van
die woord "pejoratief." As ek dus vir 'n
taalkundige wat nie Afrikaans ken nie, iets
wil verduidelik van die woord "sies" dan dui
ek aan dat dit pejoratief gebruik word. Maar
"siestog" is amelioratief.
Wouter
Dankie vir die interessante uitleg, ek sal nou weet om van pejoratief
weg te bly :-) Maar in die betrokke konteks, oor die moontlik
derogatory betekenis wat aan aantie geheg mag word, is al drie
woorde klaarblyklik beskrywend?.
En terloops, ek ken ook nie die verkleinerende gebruik van aantie
nie, ten spyte daarvan dat ek 'n besigheid in Gauteng het en met
baie mense daar kommunikeer. As daardie betekenis bestaan, is
dit nie so algemeen as wat jy vermoed nie.
|
|
|
Re: Aantie is nice [boodskap #63069 is 'n antwoord op boodskap #63064] |
Di., 04 Junie 2002 12:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> En terloops, ek ken ook nie die verkleinerende gebruik van aantie
> nie, ten spyte daarvan dat ek 'n besigheid in Gauteng het en met
> baie mense daar kommunikeer. As daardie betekenis bestaan, is
> dit nie so algemeen as wat jy vermoed nie.
Wel, ek neem aan wat jy sê is waar. Ek het seker
dan maar net in 'n groep mense (meeste van hulle
my skoonfamilie) beland wat hierdie oplossing
gevind het om die woord "meid" te verplaas in
hulle woordeskat.) Daar is nou vir jou 'n woord
wat "pejoratief" en "amelioratief" gebruik kan
word. Wanneer jy iemand vir 'n meid uitskel,
gebruik jy dit natuurlik pejoratief. Maar vir baie
eeue het die witmense in SA die woord in sy
amelioratiewe vorm gebruik, doodgewoon om aan te
dui dat dit die vrou van 'n ander kleur was, met
geen verdere negatiewe bybedoelings nie. Net soos
die woord "outa" wat geen pejoratiewe konnotasies
het nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Aantie is nice [boodskap #63072 is 'n antwoord op boodskap #63052] |
Di., 04 Junie 2002 13:09  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" wrote:
> Wouter
> Jaaaa Katryn :-))
> Koot is natuurlik reg met sy pejoratief, maar geringskattend of kleinerend
> is ook heel beskrywend en meer verstaanbaar. Afbrekend het vir my 'n
> effens ander betekenis.
Maar baie dankie vir die lekker bespreking en verduideliking van die
hogere woorde en goeters. Ek geniet dit RERIG baie!!
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 21:21:01 UTC 2025
|