Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is hier?
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62795 is 'n antwoord op boodskap #62671] So, 26 Mei 2002 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Moet net nie dink dat jy `n fluitjie het nie want jy het niks....

Dis net al die stront wat jy hier kwytraak wat mens gatvol maak dat jy
en jou soort bestaan.
Begin die verlede vergeet, miskien klink jy dan beter..
ApartheidsVark
Frikkie

On Fri, 24 May 2002 15:37:04 GMT, "@rogers.com" wrote:

> En suster Annette, jy gee my darem baie mag
> as jy sê dat "baie mense hier weg is" as gevolg
> van die "aantie" se optrede. Dink jy werklik ek
> is so belangrik op hierdie nuusgroep?

>
> Tant Hessie van Swellendam.
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62798 is 'n antwoord op boodskap #62788] So, 26 Mei 2002 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mmmmmm!!!:))) Ek weet hulle sê as jong manne in sulke ou dames belangstel,
is dit omdat hulle van ou gevestigde besighede hou:))))
Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3cf15987$1_1@batman.vip-za.com...
> Wel ek moet erken dat nog voor my eerste plasing op die groep het ek al
> agtergekom dat mense moeg raak vir haar. Ek het dit selfs al oorweeg om
> haar te laat block, want dit is altyd dieselfde ou afgeremde
> anti-apartheidsargumente oor-en-oor. Tog het ek daarteen besluit, want ek
> het nog altyd belangstelling in paleontologie gehad en waar kry jy nou `n
> beter "specimen" as juis hier.
>
> "Annette" wrote in message
> news:acn7v8$r4v7a$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Leendert, soos die meeste ander, het net nie meer lus vir die aantie en
> haar
>> nonsens gehad nie, dis al.
>> Dus liewe JohanIs, laat ons sien hoe goed jou selfbeheersing en
>> uithoudingsvermoë is:))
>> Annette
>
Re: aantie [boodskap #63038 is 'n antwoord op boodskap #62694] Ma, 03 Junie 2002 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
En ek stel voor dat jy al weer bollie praat - soos jy sê jy maak dit
op. Wat ander s sou hy mos al laaaankal hieroor grprotesteer het -
siende dat jy altyd na diskriminerende terme in ander se woorde soek.

En wat vir 'n woord is derogatief? En erger nog on-derogatief? Afbrekend
is tog 'n erkende woord. Van on-derogatief sou ek nou nie weet nie :)

"@rogers.com" wrote:
>
> Wouter Plaasvark wrote:

>> Anties is wit. Soms common, maar beslis wit.
>
> Wel, Wouter, laas toe ek in SA was, het ek
> menige mense hoor praat van die "aanties,"
> kompleet met die lang -a- en al. En daar
> was geen twyfel dat hulle na swart vroue
> verwys nie. Dit was gewoonlik nie derogatief
> gebruik nie. Maar waar die persoon vantevore
> die woord ook in 'n on-derogatiewe manier
> gebruik het, het hulle nou aantie gesê. Ek
> maak hierdie ding nie op nie. Ek het dit met
> my eie ore gehoor. Miskien het hulle dit nie
> in die Boland nie. Maar ek het dit in Gauteng
> gehoor en ek het dit in Nstal gehoor.
>
> Gloudina
Re: aantie [boodskap #63046 is 'n antwoord op boodskap #63038] Ma, 03 Junie 2002 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Lou, vir die geleentheid wat jy vir my skep om te br�g met 'n woord
wat ek in St 9 geleer het en te min geleentheid kry om te gebruik - wat
Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
"aantie" klou.

Nice, né.

Koot

"Lou" skryf in boodskap news:3CFB4E56.9866ABAE@lous.zzn.com...
> En ek stel voor dat jy al weer bollie praat - soos jy sê jy maak dit
> op. Wat ander s sou hy mos al laaaankal hieroor grprotesteer het -
> siende dat jy altyd na diskriminerende terme in ander se woorde soek.
>
> En wat vir 'n woord is derogatief? En erger nog on-derogatief? Afbrekend
> is tog 'n erkende woord. Van on-derogatief sou ek nou nie weet nie :)
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Wouter Plaasvark wrote:
>
>>> Anties is wit. Soms common, maar beslis wit.
>>
>> Wel, Wouter, laas toe ek in SA was, het ek
>> menige mense hoor praat van die "aanties,"
>> kompleet met die lang -a- en al. En daar
>> was geen twyfel dat hulle na swart vroue
>> verwys nie. Dit was gewoonlik nie derogatief
>> gebruik nie. Maar waar die persoon vantevore
>> die woord ook in 'n on-derogatiewe manier
>> gebruik het, het hulle nou aantie gesê. Ek
>> maak hierdie ding nie op nie. Ek het dit met
>> my eie ore gehoor. Miskien het hulle dit nie
>> in die Boland nie. Maar ek het dit in Gauteng
>> gehoor en ek het dit in Nstal gehoor.
>>
>> Gloudina
Re: aantie [boodskap #63048 is 'n antwoord op boodskap #63046] Ma, 03 Junie 2002 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot Pieterse" wrote:

> Dankie, Lou, vir die geleentheid wat jy vir my skep om te brêg met 'n woord
> wat ek in St 9 geleer het en te min geleentheid kry om te gebruik - wat
> Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
> "aantie" klou.
>
> Nice, né.

Agge nee, Koot. Nou gaan staan en pejoreer jy die hele ou sakie. En
nou klink die aantie se pejorasie amper soos 'n purgasie!!
:-)
Re: aantie [boodskap #63050 is 'n antwoord op boodskap #63046] Ma, 03 Junie 2002 22:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

wat
> Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
> "aantie" klou.

Wat vir my altyd so snaaks is, is dat die woord
"tannie" beide pejoratiewe en amelioratiewe
gebruik het. Dit hang alles af wie dit gebruik en
aan wie dit gerig word. Ek kry die stuipe as
iemand my aanspreek as tannie. Dis gewoonlik
iemand uit die ou Transvaal of die Vrystaat wat
dit in alle eerlikheid gebruik omdat hy so groot-
geword het. Maar in die Noord-Kaap het ons altyd
van "antie" gepraat.

Gloudina
Aantie is nice [boodskap #63052 is 'n antwoord op boodskap #63048] Ma, 03 Junie 2002 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Lou
En wat vir 'n woord is derogatief? En erger nog on-derogatief?
Afbrekend is tog 'n erkende woord.

Koot
> Dankie, Lou, vir die geleentheid wat jy vir my skep om te brêg met 'n woord
> wat ek in St 9 geleer het en te min geleentheid kry om te gebruik - wat
> Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
> "aantie" klou. Nice, né.

Katryntjie
Agge nee, Koot. Nou gaan staan en pejoreer jy die hele ou sakie. ]
En nou klink die aantie se pejorasie amper soos 'n purgasie!! :-)

Wouter
Jaaaa Katryn :-))
Koot is natuurlik reg met sy pejoratief, maar geringskattend of kleinerend
is ook heel beskrywend en meer verstaanbaar. Afbrekend het vir my 'n
effens ander betekenis.
Re: Aantie is nice [boodskap #63053 is 'n antwoord op boodskap #63052] Di, 04 Junie 2002 01:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Koot is natuurlik reg met sy pejoratief, maar geringskattend of kleinerend
> is ook heel beskrywend en meer verstaanbaar. Afbrekend het vir my 'n
> effens ander betekenis.

"Pejoratief" en "amelioratief" is spesifieke
modaliteite wat deur 'n taalondersoeker
wetenskaplik gebruik word. Dit kan dus nie
beskou word as 'n meer "geleerde" alternatief
vir "geringskattend" of "kleinerend" nie.
Byvoorbeeld, as iemand 'n taal ontleed en
wil aandui dat die woord 'n positiewe
betekenis dra, dan maak hy van "amelioratief"
gebruik. As hy wil aandui dat die woord 'n
negatiewe kleur het, dan maak hy gebruik van
die woord "pejoratief." As ek dus vir 'n
taalkundige wat nie Afrikaans ken nie, iets
wil verduidelik van die woord "sies" dan dui
ek aan dat dit pejoratief gebruik word. Maar
"siestog" is amelioratief.

Gloudina
Re: aantie [boodskap #63059 is 'n antwoord op boodskap #63050] Di, 04 Junie 2002 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink daar is heelwat woorde wat so 'n dubbele betekenis het aan beide
uiterstes.

Ek kon, met heelwat pynlike kopkrap, dink aan "ousie", selfs "kind". Dan
moet ook nog hoor hoe my seun soms "Pa" kan sê dat dit soos 'n skelwoord
klink, en ander tye weer ewe teer.

Ek moet sê, ek het nog nie die pejoratiewe gebruik van "aantie" gehoor nie.
Vir my het die woord tradisioneel meer gesê oor die segger se herkoms - ons
het dit dikwels gehoor daar in die streke van die Vaaldriehoek waar ek
grootgeword het, waar die ouens miskien nie sulke entoesiastiese lesers van
die Financial Mail is nie.

Koot

skryf in boodskap news:3CFBEBF8.8080402@rogers.com...
>
> Koot Pieterse wrote:
>
> wat
>> Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
>> "aantie" klou.
>
> Wat vir my altyd so snaaks is, is dat die woord
> "tannie" beide pejoratiewe en amelioratiewe
> gebruik het. Dit hang alles af wie dit gebruik en
> aan wie dit gerig word. Ek kry die stuipe as
> iemand my aanspreek as tannie. Dis gewoonlik
> iemand uit die ou Transvaal of die Vrystaat wat
> dit in alle eerlikheid gebruik omdat hy so groot-
> geword het. Maar in die Noord-Kaap het ons altyd
> van "antie" gepraat.
>
> Gloudina
>
Re: aantie [boodskap #63062 is 'n antwoord op boodskap #63059] Di, 04 Junie 2002 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy praat seker van antie, of tannie vir die meer opsterses:))
Aantie is my eie, spesiale, troetelnaampie vir Gloudina:)))
Daar is nie 'n aantie in enige Afrikaanse woordeboek nie - so enige gewaande
konnotasies tel nie.
Dis net plein 'n spesiale troetelnaampie:))
Oumatjie klink tog so neerhalend.
En die aantie wil ook nie oud ding of ou dier genoem word as mens gemeensaam
voel nie.

Annette

.petech.ac.za> skryf in boodskap news:adhnss$4fk$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek dink daar is heelwat woorde wat so 'n dubbele betekenis het aan beide
> uiterstes.
>
> Ek kon, met heelwat pynlike kopkrap, dink aan "ousie", selfs "kind". Dan
> moet ook nog hoor hoe my seun soms "Pa" kan sê dat dit soos 'n skelwoord
> klink, en ander tye weer ewe teer.
>
> Ek moet sê, ek het nog nie die pejoratiewe gebruik van "aantie" gehoor nie.
> Vir my het die woord tradisioneel meer gesê oor die segger se herkoms - ons
> het dit dikwels gehoor daar in die streke van die Vaaldriehoek waar ek
> grootgeword het, waar die ouens miskien nie sulke entoesiastiese lesers van
> die Financial Mail is nie.
>
> Koot
>
>
> skryf in boodskap news:3CFBEBF8.8080402@rogers.com...
>>
>> Koot Pieterse wrote:
>>
>> wat
>>> Gloudina bedoel, is dat daar 'n PEJORATIEWE KONNOTASIE aan die woord
>>> "aantie" klou.
>>
>> Wat vir my altyd so snaaks is, is dat die woord
>> "tannie" beide pejoratiewe en amelioratiewe
>> gebruik het. Dit hang alles af wie dit gebruik en
>> aan wie dit gerig word. Ek kry die stuipe as
>> iemand my aanspreek as tannie. Dis gewoonlik
>> iemand uit die ou Transvaal of die Vrystaat wat
>> dit in alle eerlikheid gebruik omdat hy so groot-
>> geword het. Maar in die Noord-Kaap het ons altyd
>> van "antie" gepraat.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Aantie is nice [boodskap #63064 is 'n antwoord op boodskap #63053] Di, 04 Junie 2002 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Koot is natuurlik reg met sy pejoratief, maar geringskattend of kleinerend
> is ook heel beskrywend en meer verstaanbaar. Afbrekend het vir my 'n
> effens ander betekenis.

Gloudina
"Pejoratief" en "amelioratief" is spesifieke
modaliteite wat deur 'n taalondersoeker
wetenskaplik gebruik word. Dit kan dus nie
beskou word as 'n meer "geleerde" alternatief
vir "geringskattend" of "kleinerend" nie.
Byvoorbeeld, as iemand 'n taal ontleed en
wil aandui dat die woord 'n positiewe
betekenis dra, dan maak hy van "amelioratief"
gebruik. As hy wil aandui dat die woord 'n
negatiewe kleur het, dan maak hy gebruik van
die woord "pejoratief." As ek dus vir 'n
taalkundige wat nie Afrikaans ken nie, iets
wil verduidelik van die woord "sies" dan dui
ek aan dat dit pejoratief gebruik word. Maar
"siestog" is amelioratief.

Wouter
Dankie vir die interessante uitleg, ek sal nou weet om van pejoratief
weg te bly :-) Maar in die betrokke konteks, oor die moontlik
derogatory betekenis wat aan aantie geheg mag word, is al drie
woorde klaarblyklik beskrywend?.

En terloops, ek ken ook nie die verkleinerende gebruik van aantie
nie, ten spyte daarvan dat ek 'n besigheid in Gauteng het en met
baie mense daar kommunikeer. As daardie betekenis bestaan, is
dit nie so algemeen as wat jy vermoed nie.
Re: Aantie is nice [boodskap #63069 is 'n antwoord op boodskap #63064] Di, 04 Junie 2002 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> En terloops, ek ken ook nie die verkleinerende gebruik van aantie
> nie, ten spyte daarvan dat ek 'n besigheid in Gauteng het en met
> baie mense daar kommunikeer. As daardie betekenis bestaan, is
> dit nie so algemeen as wat jy vermoed nie.

Wel, ek neem aan wat jy sê is waar. Ek het seker
dan maar net in 'n groep mense (meeste van hulle
my skoonfamilie) beland wat hierdie oplossing
gevind het om die woord "meid" te verplaas in
hulle woordeskat.) Daar is nou vir jou 'n woord
wat "pejoratief" en "amelioratief" gebruik kan
word. Wanneer jy iemand vir 'n meid uitskel,
gebruik jy dit natuurlik pejoratief. Maar vir baie
eeue het die witmense in SA die woord in sy
amelioratiewe vorm gebruik, doodgewoon om aan te
dui dat dit die vrou van 'n ander kleur was, met
geen verdere negatiewe bybedoelings nie. Net soos
die woord "outa" wat geen pejoratiewe konnotasies
het nie.

Gloudina
Re: Aantie is nice [boodskap #63072 is 'n antwoord op boodskap #63052] Di, 04 Junie 2002 13:09 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Jaaaa Katryn :-))
> Koot is natuurlik reg met sy pejoratief, maar geringskattend of kleinerend
> is ook heel beskrywend en meer verstaanbaar. Afbrekend het vir my 'n
> effens ander betekenis.


Maar baie dankie vir die lekker bespreking en verduideliking van die
hogere woorde en goeters. Ek geniet dit RERIG baie!!
Vorige onderwerp: Sonsverduistering oor Suid Afrika
Volgende onderwerp: Ons Lekker Goed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:57:12 MGT 2024