Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onaangename Rokers
Onaangename Rokers [boodskap #62919] Do, 30 Mei 2002 16:26 na volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
nie.
Of dat jy op die vliegtuig kan klim en jy weet jy gaan nie vergas word deur
'n roker nie. Ek sal nooit in my lewe weer met Air France vlieg nie want
hulle laat mos rokers toe om te rook alhoewel die vlug aangegee word as
"non-smoking". Ons het skaars opgestyg toe ruik ek rook. Vind toe uit
hulle prop al die rokers tussen die bulkheads in by die toilette in en
verwag die gordyntjies moet die rook van dosyne inhou. (As die res van die
wêreld - veral die Engelsprekende wêreld - mos saamstem oor iets is dit
genoeg rede vir die Franse om dit anders te doen). Daar is niks wat my so
ontstig as wanneer ek probeer slaap en rook deur my neus inasem nie. Dit
is heerlik om na enige plek te kan gaan sonder dat daar gerook word.

Ek kan nie die roker begryp nie. Hulle kom kuier by jou huis en na die tyd
moet ek die sigaretstompies in die tuin optel. Sien - jou tuin is mos een
groot asbak. Hulle is te slap om eers 'n leë bierbottel te gebruik. Nou
die dag bring 'n vriendin van my vrou haar suster wat van SA kom kuier het
saam. Toe ek weer sien toe druk sy sigaretstompies uit op my hout deck
tussen die planke. Ek het my bloediglik vererg. Sy kyk my net so verdwaas
aan en sê; ek rook mos nie in jou huis nie? Hoekom is jy upset? Want jy
beskadig my eiendom jou moroon...

Dan is daar ook die pseudo-intellektuele roker wat vir my wil oortuig dat
daar geen oorsaak-en-effek is tussen rook, longkanker en allerhande ander
siektes is nie. Daar is slegs 'n korrelasie sien. Alhoewel die korrelasie
fator hier by die 1.0 rond is, is daar kwansuis nog geen bewys dat rook
longkanker veroorsaak nie. Hel, hoeveel evidence wil jy nou hê? As jy jou
lewe wil verkort en sorg dat die lewenskwaliteit van jou laaste nag gaan
wees, gaan voort. Maar moenie my daarby betrek nie. En moenie by my kom
simpatie soek nie. Dit sal jy net iewers in die woordeboek kry...
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62930 is 'n antwoord op boodskap #62919] Vr, 31 Mei 2002 04:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jan, ek neem aan jy hou nie van rokers nie?:)))

Moet sê, ek stem met jou saam. My mees aangename reis nog was met KLM - die
vlug self PLUS Schiphol lughawe was rookvry - en in so 'n rookvrye omgewing
lyk alles ook baie skoner.

Annette

"Jan" skryf in boodskap news:5ssJ8.28665$pB6.802380@news.webusenet.com...
> Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
> daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
> feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
> plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
> restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
> nie.
> Of dat jy op die vliegtuig kan klim en jy weet jy gaan nie vergas word deur
> 'n roker nie. Ek sal nooit in my lewe weer met Air France vlieg nie want
> hulle laat mos rokers toe om te rook alhoewel die vlug aangegee word as
> "non-smoking". Ons het skaars opgestyg toe ruik ek rook. Vind toe uit
> hulle prop al die rokers tussen die bulkheads in by die toilette in en
> verwag die gordyntjies moet die rook van dosyne inhou. (As die res van die
> wêreld - veral die Engelsprekende wêreld - mos saamstem oor iets is dit
> genoeg rede vir die Franse om dit anders te doen). Daar is niks wat my so
> ontstig as wanneer ek probeer slaap en rook deur my neus inasem nie. Dit
> is heerlik om na enige plek te kan gaan sonder dat daar gerook word.
>
> Ek kan nie die roker begryp nie. Hulle kom kuier by jou huis en na die tyd
> moet ek die sigaretstompies in die tuin optel. Sien - jou tuin is mos een
> groot asbak. Hulle is te slap om eers 'n leë bierbottel te gebruik. Nou
> die dag bring 'n vriendin van my vrou haar suster wat van SA kom kuier het
> saam. Toe ek weer sien toe druk sy sigaretstompies uit op my hout deck
> tussen die planke. Ek het my bloediglik vererg. Sy kyk my net so verdwaas
> aan en sê; ek rook mos nie in jou huis nie? Hoekom is jy upset? Want jy
> beskadig my eiendom jou moroon...
>
> Dan is daar ook die pseudo-intellektuele roker wat vir my wil oortuig dat
> daar geen oorsaak-en-effek is tussen rook, longkanker en allerhande ander
> siektes is nie. Daar is slegs 'n korrelasie sien. Alhoewel die korrelasie
> fator hier by die 1.0 rond is, is daar kwansuis nog geen bewys dat rook
> longkanker veroorsaak nie. Hel, hoeveel evidence wil jy nou hê? As jy jou
> lewe wil verkort en sorg dat die lewenskwaliteit van jou laaste nag gaan
> wees, gaan voort. Maar moenie my daarby betrek nie. En moenie by my kom
> simpatie soek nie. Dit sal jy net iewers in die woordeboek kry...
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62932 is 'n antwoord op boodskap #62919] Vr, 31 Mei 2002 04:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mooi so Jan - die stryd teen die sigaretrokers is gewen!
Fokus voortaan op daardie mense wat in dieselvoertuie op ons paaie meer
besoedeling versoorsaak as wat sigaretrook ooit kon doen. Let wel, veral die
4X4-garde ...
Ek moes al die heelpad tussen Pta en Jhb agter so 'n voertuig ry.

"Jan" skryf in boodskap news:5ssJ8.28665$pB6.802380@news.webusenet.com...
> Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
> daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
> feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
> plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
> restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
> nie.
> Of dat jy op die vliegtuig kan klim en jy weet jy gaan nie vergas word deur
> 'n roker nie. Ek sal nooit in my lewe weer met Air France vlieg nie want
> hulle laat mos rokers toe om te rook alhoewel die vlug aangegee word as
> "non-smoking". Ons het skaars opgestyg toe ruik ek rook. Vind toe uit
> hulle prop al die rokers tussen die bulkheads in by die toilette in en
> verwag die gordyntjies moet die rook van dosyne inhou. (As die res van die
> wêreld - veral die Engelsprekende wêreld - mos saamstem oor iets is dit
> genoeg rede vir die Franse om dit anders te doen). Daar is niks wat my so
> ontstig as wanneer ek probeer slaap en rook deur my neus inasem nie. Dit
> is heerlik om na enige plek te kan gaan sonder dat daar gerook word.
>
> Ek kan nie die roker begryp nie. Hulle kom kuier by jou huis en na die tyd
> moet ek die sigaretstompies in die tuin optel. Sien - jou tuin is mos een
> groot asbak. Hulle is te slap om eers 'n leë bierbottel te gebruik. Nou
> die dag bring 'n vriendin van my vrou haar suster wat van SA kom kuier het
> saam. Toe ek weer sien toe druk sy sigaretstompies uit op my hout deck
> tussen die planke. Ek het my bloediglik vererg. Sy kyk my net so verdwaas
> aan en sê; ek rook mos nie in jou huis nie? Hoekom is jy upset? Want jy
> beskadig my eiendom jou moroon...
>
> Dan is daar ook die pseudo-intellektuele roker wat vir my wil oortuig dat
> daar geen oorsaak-en-effek is tussen rook, longkanker en allerhande ander
> siektes is nie. Daar is slegs 'n korrelasie sien. Alhoewel die korrelasie
> fator hier by die 1.0 rond is, is daar kwansuis nog geen bewys dat rook
> longkanker veroorsaak nie. Hel, hoeveel evidence wil jy nou hê? As jy jou
> lewe wil verkort en sorg dat die lewenskwaliteit van jou laaste nag gaan
> wees, gaan voort. Maar moenie my daarby betrek nie. En moenie by my kom
> simpatie soek nie. Dit sal jy net iewers in die woordeboek kry...
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62935 is 'n antwoord op boodskap #62932] Vr, 31 Mei 2002 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie net met die diesel wat die 4x4 garde nonsens aanvang nie.
Wat van die strande waarop hulle rondjaag en skade aanrig.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:ad6vao$7rd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mooi so Jan - die stryd teen die sigaretrokers is gewen!
> Fokus voortaan op daardie mense wat in dieselvoertuie op ons paaie meer
> besoedeling versoorsaak as wat sigaretrook ooit kon doen. Let wel, veral die
> 4X4-garde ...
> Ek moes al die heelpad tussen Pta en Jhb agter so 'n voertuig ry.
> "Jan" wrote in message
> news:5ssJ8.28665$pB6.802380@news.webusenet.com...
>> Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
>> daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
>> feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
>> plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
>> restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
>> nie.
>> Of dat jy op die vliegtuig kan klim en jy weet jy gaan nie vergas word deur
>> 'n roker nie. Ek sal nooit in my lewe weer met Air France vlieg nie want
>> hulle laat mos rokers toe om te rook alhoewel die vlug aangegee word as
>> "non-smoking". Ons het skaars opgestyg toe ruik ek rook. Vind toe uit
>> hulle prop al die rokers tussen die bulkheads in by die toilette in en
>> verwag die gordyntjies moet die rook van dosyne inhou. (As die res van die
>> wêreld - veral die Engelsprekende wêreld - mos saamstem oor iets is dit
>> genoeg rede vir die Franse om dit anders te doen). Daar is niks wat my so
>> ontstig as wanneer ek probeer slaap en rook deur my neus inasem nie. Dit
>> is heerlik om na enige plek te kan gaan sonder dat daar gerook word.
>>
>> Ek kan nie die roker begryp nie. Hulle kom kuier by jou huis en na die tyd
>> moet ek die sigaretstompies in die tuin optel. Sien - jou tuin is mos een
>> groot asbak. Hulle is te slap om eers 'n leë bierbottel te gebruik. Nou
>> die dag bring 'n vriendin van my vrou haar suster wat van SA kom kuier het
>> saam. Toe ek weer sien toe druk sy sigaretstompies uit op my hout deck
>> tussen die planke. Ek het my bloediglik vererg. Sy kyk my net so verdwaas
>> aan en sê; ek rook mos nie in jou huis nie? Hoekom is jy upset? Want jy
>> beskadig my eiendom jou moroon...
>>
>> Dan is daar ook die pseudo-intellektuele roker wat vir my wil oortuig dat
>> daar geen oorsaak-en-effek is tussen rook, longkanker en allerhande ander
>> siektes is nie. Daar is slegs 'n korrelasie sien. Alhoewel die korrelasie
>> fator hier by die 1.0 rond is, is daar kwansuis nog geen bewys dat rook
>> longkanker veroorsaak nie. Hel, hoeveel evidence wil jy nou hê? As jy jou
>> lewe wil verkort en sorg dat die lewenskwaliteit van jou laaste nag gaan
>> wees, gaan voort. Maar moenie my daarby betrek nie. En moenie by my kom
>> simpatie soek nie. Dit sal jy net iewers in die woordeboek kry...
>>
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62946 is 'n antwoord op boodskap #62919] Vr, 31 Mei 2002 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jan" wrote:

> Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
> daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
> feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
> plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
> restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
> nie.

Jan, jy moet miskien so bietjie kom kuier hier in die Suide. Maar
moenie vergeet om jou tydmasjien te stel vir 100 jaar terug nie! :-))
Hier rook hulle nog oral - selfs in restaurante! :-(
Die grootste kulturele "skok" vir my was toe ons hier na die Suide
verhuis het. Georgia is darem so bietjie meer "modern" as Alabama en
Mississppi, en ek begin nou (na 4+ jaar) lief raak vir hierdie staat.
Maar dit was 'n helse aanpassing...:-)
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62947 is 'n antwoord op boodskap #62946] Vr, 31 Mei 2002 16:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"> Jan, jy moet miskien so bietjie kom kuier hier in die Suide. Maar
> moenie vergeet om jou tydmasjien te stel vir 100 jaar terug nie! :-))
> Hier rook hulle nog oral - selfs in restaurante! :-(

Jy is reg. Die wetgewing wissel van staat tot staat. Kalifornië is
gewoonlik voor in die koor met sulke goed en die res volg later. Ek het so
maand of wat gelede Huntsville, Alibama besoek vir werk. Op die lughawe het
hulle sulke glaskamers (of is dit nou gaskamers) vir die rokers. Dit is
half komies half tragies om die rokers so te sien sit soos skilpaaie in 'n
akwarium. Dit is egter 'n baie meer effektiewe benadering tot rook en
nie-rook areas. Die areas moet fisies geskei word. Daar is geen punt
daarin om te sê helfte van die restuarant is rookvry as die tafel langs jou
rook nie...

> Die grootste kulturele "skok" vir my was toe ons hier na die Suide
> verhuis het. Georgia is darem so bietjie meer "modern" as Alabama en
> Mississppi, en ek begin nou (na 4+ jaar) lief raak vir hierdie staat.
> Maar dit was 'n helse aanpassing...:-)

Julle moet terugkeer na Seattle. Terloops, jy het seker gehoor van die
bergklimmers wat dood is op Mt. Rainier asook in Oregon waar die
reddingshelikopter neergestort het?

.
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62951 is 'n antwoord op boodskap #62947] Vr, 31 Mei 2002 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jan" wrote:

> Jy is reg. Die wetgewing wissel van staat tot staat. Kalifornië is
> gewoonlik voor in die koor met sulke goed en die res volg later.

Ja, soms net baie *BAIE* later. :-)

> Ek het so
> maand of wat gelede Huntsville, Alibama besoek vir werk. Op die lughawe het
> hulle sulke glaskamers (of is dit nou gaskamers) vir die rokers. Dit is
> half komies half tragies om die rokers so te sien sit soos skilpaaie in 'n
> akwarium.

Ja, en dit STINK as mens daar verby loop. Dis nou as dit lyk soos die
hokke op (?in) Atlanta se lughawe. Ek was nog nie binne die
Huntsville lughawe nie.
Die snaakste was vir my die Saltlake City se lughawe - daar is die
rokers se glashokkies reg in die MIDDEL waar almal ook vir die apies
in hulle hokkies kan loer en lag. :-)

> Dit is egter 'n baie meer effektiewe benadering tot rook en
> nie-rook areas. Die areas moet fisies geskei word. Daar is geen punt
> daarin om te sê helfte van die restuarant is rookvry as die tafel langs jou
> rook nie...

Ek stem 100% saam!
Ek weet ook nie of dit dalk 'n ander tipe tabak (ek bedoel die
voorbereiding daarvan, of so iets) is wat hulle hier in Amerika
gebruik nie, maar ek dink die rook hier stink erger as op enige ander
plek in die wereld.

> Julle moet terugkeer na Seattle.

I wish... :-)
Probleem is dat my man so ruk gelede tenure gekry het hier by die
Universiteit, so die kanse dat ons weer sal verhuis, is maar min. Ek
dink ons gaan hier aftree. En as ek teveel sukkel, dan vra hy altyd
vir my of ek dan wil teruggaan Brussel toe. Dan bly ek gewoonlik
vinnig stil. :-))

> Terloops, jy het seker gehoor van die
> bergklimmers wat dood is op Mt. Rainier asook in Oregon waar die
> reddingshelikopter neergestort het?

Ja, ek het dit gister op CNN gesien terwyl dit gebeur het, en dit was
ook op ons lokale nuus gisteraand. Dit is so tragies...
Ek het die storie nie verder gevolg nie. Het hulle darem die ander
klimmers toe kon red? Wat het veroorsaak dat die helikopter
neergestort het? Dit het na so pragtige en helder dag gelyk?
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62953 is 'n antwoord op boodskap #62947] Vr, 31 Mei 2002 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jan wrote:

Die wetgewing wissel van staat tot staat. Kalifornië is
> gewoonlik voor in die koor met sulke goed en die res volg later.

Ja, ek dink mens mag nou glad nie meer in publieke
areas in Kalifornië rook nie. Dis wat ons hier in
Kanada nodig het. Mens moet elke keer as jy 'n publieke
plek binnegaan, selfs by hospitale, deur die kruit geur
van die rook stap waar die nikotienverslaafdes hulle
ding doen. En dan objekteer hulle so gou teen die
verbruik van "pot" en in meeste provinsies in Kanada
het die provinsiale regerings die alleenreg om alkohol
te verkoop.

Gloudina
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62966 is 'n antwoord op boodskap #62947] Sa, 01 Junie 2002 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jan ek is bereid om baie op die spel te sit en te voorspel dat daai
helikopter vasgevang was in 'n "rotor." Dis daai horisontale spiraal winde
waarvan ek vroeër geskryf het hier. Ek dink hy is doodeenvoudig teen die
berghang vasgesuig agv die afwaarste aksie van die rotor teen die berghang.
Is daar al 'n amptelike mening oor wat die ongeluk tot gevolg gehad het?

Hantam
"Jan" >
> Julle moet terugkeer na Seattle. Terloops, jy het seker gehoor van die
> bergklimmers wat dood is op Mt. Rainier asook in Oregon waar die
> reddingshelikopter neergestort het?
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62971 is 'n antwoord op boodskap #62932] Sa, 01 Junie 2002 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ons praat hier van loodvergiftiging par excellence. Voeg die fabrieksrook
by. Ag nee wat......

Kry vir jou ander vriende ook, Jan. Ek hou van rokers. Nice mense. Die
puriteinse koek-brigade met die suurpruimgesigte wat misnoegd sterf "is not
my cup of tea, thank you." Dan liewer die ontspanne sosiale rokers.

> Fokus voortaan op daardie mense wat in dieselvoertuie op ons paaie meer
> besoedeling versoorsaak as wat sigaretrook ooit kon doen. Let wel, veral die
> 4X4-garde ...
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62980 is 'n antwoord op boodskap #62971] Sa, 01 Junie 2002 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rosie wrote:

Die
> puriteinse koek-brigade met die suurpruimgesigte
Dan liewer die ontspanne sosiale rokers.

Kaf. Daardie "ontspanne sosiale rokers"
se bloeddruk is permanent hoér terwyl hulle
rook. En kyk maar net hoe angstig is hulle
as hulle nie gou genoeg by hulle volgende
een uitkom nie. En rook laat mens vroeg rimpels
kry.'n Teater-verpleegster het vir my toenter-
tyd in SA al gesê die eerste ding wat hulle
uitvind as hulle 'n ernstige geval het, is of
hy rook of nie. Die bepaal sy kanse vir herstel.

Gloudina
Re: Onaangename Rokers [boodskap #62997 is 'n antwoord op boodskap #62953] Sa, 01 Junie 2002 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hier in Gauteng is dit deesdae `n wet wat nogal toegepas word (danksy die
vorige minister van gesondheid Zuma - al het hul gesê haar van staan vir
Zero Understanding of Medical Affairs - sy het steeds `n goeie job gedoen
met die rook). Meeste restaurante het van die glashokke vir die rokers en
rook is in alle openbare plekke onwettig. Dit is weer `n fees om by die
flieks en in die winkelsentrums te wees. Selfs tabakadvertensies is
onwettig. Van die ouer garde meen dat minder mense rook as wat 20 jaar
terug die geval was. Die getal vrouens wat rook het blykbaar toegeneem.
Sal nie weet nie, ek kan nie soveel van my eerste jaar op aarde onthou nie.
skryf in boodskap news:3CF7C6E8.1050909@rogers.com...
>
> Jan wrote:
>
>
> Die wetgewing wissel van staat tot staat. Kalifornië is
>> gewoonlik voor in die koor met sulke goed en die res volg later.
>
>
> Ja, ek dink mens mag nou glad nie meer in publieke
> areas in Kalifornië rook nie. Dis wat ons hier in
> Kanada nodig het. Mens moet elke keer as jy 'n publieke
> plek binnegaan, selfs by hospitale, deur die kruit geur
> van die rook stap waar die nikotienverslaafdes hulle
> ding doen. En dan objekteer hulle so gou teen die
> verbruik van "pot" en in meeste provinsies in Kanada
> het die provinsiale regerings die alleenreg om alkohol
> te verkoop.
>
> Gloudina
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63012 is 'n antwoord op boodskap #62980] So, 02 Junie 2002 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek oordeel nie ander mense vir hulle keuse van lewenstyl nie.
Ek kies net my vriende waarmee ek gemaklik voel en wens alle
andersdenkendes/doendes vrede toe. Die wereld kan 'n eenvoudige plek ook
wees - dis one eie keuse.

skryf in boodskap news:3CF8B004.8020209@rogers.com...
>
> Rosie wrote:
>
> Die
>> puriteinse koek-brigade met die suurpruimgesigte
> Dan liewer die ontspanne sosiale rokers.
>
>
> Kaf. Daardie "ontspanne sosiale rokers"
> se bloeddruk is permanent hoër terwyl hulle
> rook. En kyk maar net hoe angstig is hulle
> as hulle nie gou genoeg by hulle volgende
> een uitkom nie. En rook laat mens vroeg rimpels
> kry.'n Teater-verpleegster het vir my toenter-
> tyd in SA al gesê die eerste ding wat hulle
> uitvind as hulle 'n ernstige geval het, is of
> hy rook of nie. Die bepaal sy kanse vir herstel.
>
> Gloudina
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63013 is 'n antwoord op boodskap #63012] So, 02 Junie 2002 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rosie wrote:

> Ek oordeel nie ander mense vir hulle keuse van lewenstyl nie.

>> Rosie wrote:

>> Die >>>puriteinse koek-brigade met die suurpruimgesigte

So, ou Rosie, wie het die bostaande geskryf
oor die puriteinse koek-brigade en hulle
suurpruimgesigte? Dis so maklik om die kwyle
kwyt te raak en dan ewe te vertel hoe goed
jy is en hoe jy niemand oordeel nie. Dis tog
so maklik om vir jouself die rad voor die oë
te draai.

Tant Hessie, uitroeier van die tweegatjakkalse.
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63015 is 'n antwoord op boodskap #63013] So, 02 Junie 2002 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dis nie 'n oordeel nie - net 'n observasie. Wat hulle met die lewe aanvang
is maar hulle saak. Vriende sal hulle nie word nie. Die lewe is te kort om
dit met misnoegdheid te besmet. Ek mors nie tyd daarmee nie.

skryf in boodskap news:3CF9FEB3.6090805@rogers.com...
>
> Rosie wrote:
>
>> Ek oordeel nie ander mense vir hulle keuse van lewenstyl nie.
>
>>> Rosie wrote:
>
>>> Die >>>puriteinse koek-brigade met die suurpruimgesigte
>
>
> So, ou Rosie, wie het die bostaande geskryf
> oor die puriteinse koek-brigade en hulle
> suurpruimgesigte? Dis so maklik om die kwyle
> kwyt te raak en dan ewe te vertel hoe goed
> jy is en hoe jy niemand oordeel nie. Dis tog
> so maklik om vir jouself die rad voor die oë
> te draai.
>
> Tant Hessie, uitroeier van die tweegatjakkalse.
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63017 is 'n antwoord op boodskap #63015] So, 02 Junie 2002 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rosie wrote:

> Dis nie 'n oordeel nie - net 'n observasie. Wat hulle met die lewe aanvang
> is maar hulle saak. Vriende sal hulle nie word nie.

Niemand is so blind soos hulle wat nie
wil sien nie. Jou kuberpersoonlikheid
drup van venyn en bevooroordeeldheid.
Jy is vol "observasies," nie oordele
nie, nè? Maar al wat mens in jou poste
lees, is vooroordele en oordele. Selfs
jou eposadres drup daarvan - zero
tolerance en dies meer. So haal die balk
uit jou eie oë uit, ou suurpruim.

Tant Hessie van den Boord
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63022 is 'n antwoord op boodskap #63017] So, 02 Junie 2002 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
...
>
> Rosie wrote:
>
>> Dis nie 'n oordeel nie - net 'n observasie. Wat hulle met die lewe aanvang
>> is maar hulle saak. Vriende sal hulle nie word nie.

Gloudina:
> Niemand is so blind soos hulle wat nie
> wil sien nie.

Annette:
Inderdaad Gloudina.
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63030 is 'n antwoord op boodskap #63022] So, 02 Junie 2002 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

>> Niemand is so blind soos hulle wat nie
>> wil sien nie.

>
> Annette:
> Inderdaad Gloudina.

As ek jy is, sal ek my mond
styf toehou, Annette.

Tant Souf,
Tant Souf se man
en al die inwoners van Swellendam.
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63040 is 'n antwoord op boodskap #63030] Ma, 03 Junie 2002 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie. Ek sal graag met jou wil praat oor jou kinderjare. Moontlik lê
die probleem daar.
Kan ek vra - was jy die tweede of derde kind?
skryf in boodskap news:3CFA8EE2.4070805@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>
>>> Niemand is so blind soos hulle wat nie
>>> wil sien nie.
>
>>
>> Annette:
>> Inderdaad Gloudina.
>
>
> As ek jy is, sal ek my mond
> styf toehou, Annette.
>
> Tant Souf,
> Tant Souf se man
> en al die inwoners van Swellendam.
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63043 is 'n antwoord op boodskap #63040] Ma, 03 Junie 2002 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie Tottie. Ek sal graag met jou wil praat oor jou kinderjare. Moontlik lê
> die probleem daar.
> Kan ek vra - was jy die tweede of derde kind?

Ek was die tweede kind, Jonas. Die een
wat volgens pop sielkunde afgeskeep word,
tussen die oudste en die jongste. Maar
dinge werk nie so fasiel soos julle pop
sielkundiges wil hê nie. Ander dinge moet
ook in ag geneem word. Soos die spasie
tussen die kinders. My kinderdae is
heelwaarskynlik gedomineer deur die feit
dat my ouer suster (vyf jaar ouer) 'n
letterkundige "child prodigy" was en
baie slim in die algemeen. So ek was altyd
in haar skaduwee. Ek was maar altyd die een
wat die suster was van die een wat so slim
was, en ek het altyd gevoel ek stel hulle
teleur. My ouers het anders gevoel. My ma wou
net altyd hê ek moet nie so hard studeer nie.
Sy het altyd gesê: "My kind, dis alles 'n
gejaag na wind."
My jonger suster is ag jaar jonger as ek.
Vreeslik aantreklik en baie goed in sports.
Maak nou daarvan 'n analise.

Gloudina
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63045 is 'n antwoord op boodskap #63017] Ma, 03 Junie 2002 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Soos ek gesê het: ek kies my geselskap. Verskoon my dus asseblief.

wrote in message
> Niemand is so blind soos hulle wat nie
> wil sien nie. Jou kuberpersoonlikheid
> drup van venyn en bevooroordeeldheid.
> Jy is vol "observasies," nie oordele
> nie, nê? Maar al wat mens in jou poste
> lees, is vooroordele en oordele. Selfs
> jou eposadres drup daarvan - zero
> tolerance en dies meer. So haal die balk
> uit jou eie oë uit, ou suurpruim.
>
> Tant Hessie van den Boord
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63055 is 'n antwoord op boodskap #63043] Di, 04 Junie 2002 04:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie. Ek ken die gevoel. By tye kan jy nogal aangenaam wees - soos
toe jy vir my Koos se "Gebed" gepos het. Jy het soveel intellektuele
skietgoed om mense met wie jy wil verskil behoorlik in die gat te skiet.
Doen dit meer subtiel. (Veral met vrouens werk die angel in die stert
taktiek baie beter - hulle is 'n intelligente en sesitiewe groepie - m.i.
verwerk/verwerp hulle trompop konfrontasie baie makliker.)
Ook, Rosie is nog nuut hierso - moet haar nie nou-al vervreem nie.
skryf in boodskap news:3CFB74DE.3060709@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Antie Tottie. Ek sal graag met jou wil praat oor jou kinderjare. Moontlik lê
>> die probleem daar.
>> Kan ek vra - was jy die tweede of derde kind?
>
>
> Ek was die tweede kind, Jonas. Die een
> wat volgens pop sielkunde afgeskeep word,
> tussen die oudste en die jongste. Maar
> dinge werk nie so fasiel soos julle pop
> sielkundiges wil hê nie. Ander dinge moet
> ook in ag geneem word. Soos die spasie
> tussen die kinders. My kinderdae is
> heelwaarskynlik gedomineer deur die feit
> dat my ouer suster (vyf jaar ouer) 'n
> letterkundige "child prodigy" was en
> baie slim in die algemeen. So ek was altyd
> in haar skaduwee. Ek was maar altyd die een
> wat die suster was van die een wat so slim
> was, en ek het altyd gevoel ek stel hulle
> teleur. My ouers het anders gevoel. My ma wou
> net altyd hê ek moet nie so hard studeer nie.
> Sy het altyd gesê: "My kind, dis alles 'n
> gejaag na wind."
> My jonger suster is ag jaar jonger as ek.
> Vreeslik aantreklik en baie goed in sports.
> Maak nou daarvan 'n analise.
>
> Gloudina
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63067 is 'n antwoord op boodskap #63055] Di, 04 Junie 2002 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

By tye kan jy nogal aangenaam wees - soos
> toe jy vir my Koos se "Gebed" gepos het. Jy het soveel intellektuele
> skietgoed om mense met wie jy wil verskil behoorlik in die gat te skiet.
> Doen dit meer subtiel. (Veral met vrouens werk die angel in die stert
> taktiek baie beter - hulle is 'n intelligente en sesitiewe groepie - m.i.
> verwerk/verwerp hulle trompop konfrontasie baie makliker.)
> Ook, Rosie is nog nuut hierso - moet haar nie nou-al vervreem nie.

Dankie vir die advies, maar tannie is nie
onder 'n kalkoen uitgebroei nie. Tannie weet
presies wat sy doen.
Jy is ook 'n mooi een om vir tannie te
probeer onderrig. Jy is nou nie eintlik
bekend as die meester van subtiliteit op
hierdie nuusgroep nie. Beginnende met die
noual baie boring aanhef "Tant Tottie."
Hoe onsubtiel kan jy nou wees?
Ek merk op dat jy "vrouens" in 'n ander
kategorie plaas hierbo. Ek dink jy maak 'n
fout. Daar is vroumense en vroumense, net
soos daar mansmense en mansmense is.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se Skietkommando.
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63076 is 'n antwoord op boodskap #62966] Di, 04 Junie 2002 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:fl_J8.206701$o66.613877@news-server.bigpond.net.au...
> Jan ek is bereid om baie op die spel te sit en te voorspel dat daai
> helikopter vasgevang was in 'n "rotor." Dis daai horisontale spiraal winde
> waarvan ek vroeër geskryf het hier. Ek dink hy is doodeenvoudig teen die
> berghang vasgesuig agv die afwaarste aksie van die rotor teen die berghang.
> Is daar al 'n amptelike mening oor wat die ongeluk tot gevolg gehad het?

Ek dink nie daar is al 'n amptelike mening nie. Wat vir my sin maak is dat
weens die "altitude" is die lug baie dun en gevolglik is die "lift" minder
vir dieselfde enjin krag. Die normale "feedback and control" is blykbaar
ook meer traag. Ek dink daar is immers 'n maksimum hoogte bo seespieël
waar 'n gegewe vliegtuig kan opstyg of land. Met die helikopter wat so hoog
en naby die grond "hover", is die "margin" baie klein. Indien 'n bergwind
skielik opgekom het kon die vlieënier waarskynlik nie gou genoeg kompenseer
nie. Sal maar wag en kyk wat die amptelike bevinding gaan wees...
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63077 is 'n antwoord op boodskap #62932] Di, 04 Junie 2002 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman

'n Anomieme "Jonas" skryf sarkasties:

> Mooi so Jan - die stryd teen die sigaretrokers is gewen!
> Fokus voortaan op daardie mense wat in dieselvoertuie op ons paaie meer
> besoedeling versoorsaak as wat sigaretrook ooit kon doen. Let wel, veral die
> 4X4-garde ...
> Ek moes al die heelpad tussen Pta en Jhb agter so 'n voertuig ry.

Mense wat tabakrook met voertuig en fabrieksbesoedeling vergelyk is
laf. Jy het skynbaar nog nooit die moeite gedoen om die verskil uit te
vind nie, het jy?

Die swart gas in dieselrook is meestal onskadelilke koolstof en in die
verdunning wat jy op die pad ervaar is dit geensins so dodelik soos
tabakrook in 'n vertrek nie.

Eendag as ek tyd het sal ek jou leer, maar dan wil ek weet met wie ek
praat.

Johan Bornman
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63078 is 'n antwoord op boodskap #62947] Di, 04 Junie 2002 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Fri, 31 May 2002 09:51:01 -0700, "Jan" wrote:

> Die areas moet fisies geskei word. Daar is geen punt
> daarin om te sê helfte van die restuarant is rookvry as die tafel langs jou
> rook nie...

So 'n rookseksie is soos 'n pisseksie in 'n swembad.

Johan Bornman
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63079 is 'n antwoord op boodskap #62971] Di, 04 Junie 2002 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman

Anonieme " Rosie" skiet sarsies vanuit haar skuiling.

> .Dan liewer die ontspanne sosiale rokers.

Rook is beslis nie sosiaal nie. Dit is die mees onsosiale verslawing
waarvan ek weet. Julle stink die plek uit, het geet gewete ten opsigte
van ander mense se gesondheid nie, julle plaas druk op die
gesondheidstelsel en weier om die gevolge van julle verslawing te
erken.

Sosiaal my gat skat.

Johan Bornman
Re: Onaangename Mense [boodskap #63081 is 'n antwoord op boodskap #63077] Di, 04 Junie 2002 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman wrote:

> 'n Anomieme "Johan Bornman" skryf sarkasties:

>

Sjoe, Johan - jy's sommer kwaai nè? Maak nie saak nie, jy's nogsteeds
welkom hier - maar ai, is jy seker jou naam is nie dalk Ferdi nie?
(Of is jy sommer net lus vir baklei?)
Re: Onaangename Mense [boodskap #63085 is 'n antwoord op boodskap #63081] Di, 04 Junie 2002 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Sjoe, Johan - jy's sommer kwaai nè? Maak nie saak nie, jy's nogsteeds
> welkom hier - maar ai, is jy seker jou naam is nie dalk Ferdi nie?

Ek dink dit het tyd geword dat jy
"iemand sien" oor hierdie probleem
van jou. Wat het die Ferdi-trauma
veroorsaak? Die feit dat hy jou nie
sy telefoonnommer wou gee nie, of die
feit dat hy jou geignoreer het?

Tant Hessie Jung
Re: Onaangename Mense [boodskap #63086 is 'n antwoord op boodskap #63085] Di, 04 Junie 2002 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Wat het die Ferdi-trauma
> veroorsaak? Die feit dat hy jou nie
> sy telefoonnommer wou gee nie, of die
> feit dat hy jou geignoreer het?
>
> Tant Hessie Jung

Ag jung, klim van my rug af. Ek hou net nie van jansalies nie - dis
maar al.
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63088 is 'n antwoord op boodskap #63078] Di, 04 Junie 2002 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:3cf8c8dc.5045374@news.icon.co.za...

> So 'n rookseksie is soos 'n pisseksie in 'n swembad.
>
> Johan Bornman

Ditsem! Seg hulle, Johan - ek is al die pad met jou!
Re: Onaangename Mense [boodskap #63134 is 'n antwoord op boodskap #63081] Wo, 05 Junie 2002 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Tue, 04 Jun 2002 13:47:48 -0400, Katryn wrote:

> Johan Bornman wrote:
>
>> 'n Anomieme "Johan Bornman" skryf sarkasties:
>
>>
>
> Sjoe, Johan - jy's sommer kwaai nê? Maak nie saak nie, jy's nogsteeds
> welkom hier - maar ai, is jy seker jou naam is nie dalk Ferdi nie?
> (Of is jy sommer net lus vir baklei?)
>
Anoniem is ek beslis nie. Ek dink jy wat agter jou Hotmail adres skuil
is die skaam een. Ek is Johan, nie Ferdi nie. Wie is jy?

Jy is welkom om my onaangenaam en sarkasties te noem, maar wys jou
gesig. Wat is dit met julle Afrikaanses in hierdie groep dat julle
almal agter sulke oulike skuilname wegkruip?

Johan Bornman
Re: Onaangename Mense [boodskap #63136 is 'n antwoord op boodskap #63134] Wo, 05 Junie 2002 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy moenie veralgemeen nie Johan - hier is wel 'n paar van ons wat wel ons
eie name gebruik en Afrikaans praat:))

Annette

wrote in message
news:3cfe09eb.3876724@news.icon.co.za...
> On Tue, 04 Jun 2002 13:47:48 -0400, Katryn
> wrote:
>
>> Johan Bornman wrote:
>>
>>> 'n Anomieme "Johan Bornman" skryf sarkasties:
>>
>>>
>>
>> Sjoe, Johan - jy's sommer kwaai nê? Maak nie saak nie, jy's nogsteeds
>> welkom hier - maar ai, is jy seker jou naam is nie dalk Ferdi nie?
>> (Of is jy sommer net lus vir baklei?)
>>
> Anoniem is ek beslis nie. Ek dink jy wat agter jou Hotmail adres skuil
> is die skaam een. Ek is Johan, nie Ferdi nie. Wie is jy?
>
> Jy is welkom om my onaangenaam en sarkasties te noem, maar wys jou
> gesig. Wat is dit met julle Afrikaanses in hierdie groep dat julle
> almal agter sulke oulike skuilname wegkruip?
>
> Johan Bornman
>
Re: Onaangename Mense [boodskap #63143 is 'n antwoord op boodskap #63134] Wo, 05 Junie 2002 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman (johanaticondotcodotza) wrote:

> Anoniem is ek beslis nie. Ek dink jy wat agter jou Hotmail adres skuil
> is die skaam een. Ek is Johan, nie Ferdi nie. Wie is jy?

Skies Johan, ek was baie onbeskof teenoor jou gister. Jammer. Kom
ons probeer weer...:-)
Hallo Johan. My naam is Danielle en ek is 'n alkoholis...oops,
ekskuus - dis die verkeerde meeting.

> Jy is welkom om my onaangenaam en sarkasties te noem, maar wys jou
> gesig.

Jaaa 'kay - ek het 'n blapsie gemaak. Hoe doen ek dit - wys my gesig,
bedoel ek? So?

( __ )
(oo)
/ ------- \/
/ | ||
* || ---- ||
~~ ~~

(Ek voel soos 'n koei omdat ek so lelik met jou was, as jy dalk
wonner!) :-))

> Wat is dit met julle Afrikaanses in hierdie groep dat julle
> almal agter sulke oulike skuilname wegkruip?

Ons is almal skaam vir ons regte name? :-)))

Madame de Pompadour
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63181 is 'n antwoord op boodskap #63079] Do, 06 Junie 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Maar Johan, liefling, ons meng mos nou nie met jou nie. As jy rokerpelle
het, is jy 'n baie dom man! So het ook nie te veel anti-rook pruimbekgenote
nie. Die verskil is net, ek maak nie wette teen mense wat my laat gril nie
;-)

Terloops, ek rook nie.

Vertel my wat julle doen teen mense wat die samelewing met lood en fluoried
vergiftig? Of is julle nog te bang vir standpunt inneem. Nog te min groot
kanonne wat die voorsprakers is sodat die klein mensies kan nablaf en grom?
Die effek op die samelewing is moers.......veral wat mediese versekering
aanbetref. Hipocracy rules, darling.

> Johan Bornman
> Sosiaal my gat skat.
>
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63262 is 'n antwoord op boodskap #63181] Sa, 08 Junie 2002 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Thu, 6 Jun 2002 19:36:39 +0200, "Rosie" wrote:

> Maar Johan, liefling, ons meng mos nou nie met jou nie. As jy rokerpelle
> het, is jy 'n baie dom man! So het ook nie te veel anti-rook pruimbekgenote
> nie. Die verskil is net, ek maak nie wette teen mense wat my laat gril nie

Rosie darling, ek verstaan jou nie. Waarom sou ek dom wees omdat ek
vriende het wat rook.? Rokers/nie-rokers, ek maak vriende om ander
redes - dinge in gemeen ens. Wat ek my roker vriende nie toelaat nie
is om my te vergiftig en uit te stink. Hulle verstaan, respekteer my
wense en die lewe gaan aan. Ek klim nie in hulle kele af oor hulle
gesondheid en keuses nie.

Pruimbek? Jy ken my nie, so moenie te gou oordeel nie.

Wette maak teen dinge wat my gril? So eenvoudig is die nie. Die
tabakwet is daar om nie-rokers te beskerm teen sigaretrook. Net soos
remligte mense beskerm wat agter ander mense ry. Dit gaan nie om
diskriminasie teen rokers nie, maar oor skoon lug vir mense wat dit
wil he. As jy rerig dit in diepte bespreek, stel ek voor jy swot gou
seksie 22 van ons grondwet op. Dan sal jy beter verstaan.

>
> Terloops, ek rook nie.

En, wat daarvan? Hoekom vertel jy dit vir my? Ek weier byvoorbeeld om
die Sonja Herold live at Sun City CD te koop, maar wat het dit met jou
te doen?

> Vertel my wat julle doen teen mense wat die samelewing met lood en fluoried
> vergiftig? Of is julle nog te bang vir standpunt inneem.

Duidelik was jy nog nooit in jou lewe 'n suksesvolle aktivis vir
enigeiets nie. Die standaard aanval is altyd tipies soos joune. As ek
vir dierebeskerming baklei dan wil Rosie weet wat doen ek oor
kindermishandeling. As ek teen plastieksakke redeneer, dan wil Rosie
weet wat ek doen omtrent honde wat in die straat kak. As ek vir skoon
binnehuise lug in publieke plekke werk, dan wil Rosie weet wat ek doen
i.v.m. floried in die water.

My antwoord op sulke vrae is standaard: "Staan op, kry vir jou 'n saak
en veg daarvoor." As jy Engels was, sou ek se: "Get off your arse and
do something about lead and fluoride" maar dit vertaal nie te lekker
nie.

Ek kan nie se ek het al ooit 'n brief van "Rosie" in 'n koerant gesien
wat die minister van gesondheid aanspreek oor floried nie. Maar dan
weer, Rosie skuil agter 'n skuilnaam en koerante publiseer nie
anonieme briewe nie.

Wat verwag jy van my? Moet ek eers al die sake wat bestaan waarvoor 'n
mens kan ywer op 'n lys skryk, hulle prioritiseer en dan konsensus van
al die hipokritiese Rosies in die wereld kry dat ek by nommer een moet
begin en dan begin werk todat Saak 1 opgelos is? "OK, wereldvrede is
nou afgehandel, kom ons gaan oor na punt twee op die Sake Agenda. Dit
is.....universieele gesondheid. Oops, nee ons kannie so werk nie, ons
moet eers weer stem."

> Die effek op die samelewing is moers.......veral wat mediese versekering
> aanbetref. Hipocracy rules, darling.

Ek weet nie watter effek of watter sameleweling jy as moers bestempel
nie. Maar soos ek sê as iets jou pla, doen iets daaromtrent en hou op
kritiseer as iemand anders iets opvat wat nie noodwendig Nommer een op
jou ou agendatjie is nie.

Johan Bornman
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63280 is 'n antwoord op boodskap #63262] Sa, 08 Junie 2002 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Johan, skat, dan dink ek ons verstaan en misverstaan mekaar. Sommer heelwat.

Ek is op my agterpote oor fluoried en lood, byvoorbeeld. Al verskeie jare.
Wanneer die skade in geldwaarde omgereken word, gaan ek vir die faktore wat
die meeste verwyg word maar die grootste skade aanrig. Weens politieke
oorweginge (soos byvoorbeeld die vul van staatskoffers) word baie groot
sondes verswyg en kleiner issues aangevat. Vandaar my gevolgtrekking dat
"hypocrisy rules" - wereldwyd.

Dan stem ons saam oor die uitoefening van keuses, as dit by vriende kom.

Dis goed as wetgewing jou kan waarborg van skoon lug ( anti-rook wette) Dink
nou net hoe lekker gaan ons sosiaal-onkorrektes kuier as wetgewing ons nou
kan beskerm teen pruimbekke wat ons aanstaar en misnoegd snork. Dit verlaag
my lewenskwaliteit om hulle naby my te hê. Miskien moet ek 'n veldtog teen
diegene begin. Die Holier-than-thow brigades. Oewie.

Somtyds is anonimiteit 'n veilige hawe vir hoë bome. ;-)

Ek het nie juis agendas in nuusgroepe nie. Dis 'n vorm van ontspanning. En
ek sê weer, ek hou rerig nie van veroordeling nie. Dis so boring.

Miskien moet ek die dop-en-dam-klub begin. Mmmmm....dit klink nou na na 'n
gawe agenda.

Ek het jou nie ingesluit by daardie liga nie. Jammer as jy dit so ervaar
het, liefie. Jy kan aansluit by die klub hoor. You're most welcome, sir.

Rosie darling, ek verstaan jou nie. Waarom sou ek dom wees omdat ek[/color]
vriende het wat rook.? Rokers/nie-rokers, ek maak vriende om ander redes -
dinge in gemeen ens. Wat ek my roker vriende nie toelaat nie is om my te
vergiftig en uit te stink. Hulle verstaan, respekteer my wense en die lewe
gaan aan. Ek klim nie in hulle kele af oor hulle gesondheid en keuses nie.
[knip]
Re: Onaangename Rokers [boodskap #63488 is 'n antwoord op boodskap #62919] Di, 11 Junie 2002 12:09 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit ook teen die ouens wat so in die ry hulle stompies uitskiet
by die venster.

Paar redes:
Ek ry elke dag met die N1 in spitstyd en as jy langs die pad kyk l^e
die w^erled besaai met stompies - ek dink dat die N1 kan aansoek doen om
as die grootste asbak in die wereld verklaar te word - ek sal tog vir
die Guiness Book of records skryf..
Die idiote besef nie dat teen 'n spoed van ho"er as 60 km/u waai die
stompie reg op die kar agter jou - eendag is eendag..
Ook is hulle kinders saam met hulel in die kar en die lugversorging op
recycle - lekker manier om seker te maak jou passasiers kry 'n volle
lading nikotien.
Dan is daar natuurlik ook die klomp rokers wat elke uur of twee buite
die gebou staan en rook - lekker produktief!

Jan wrote:
>
> Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
> daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
> feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
> plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
> restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
> nie.
> Of dat jy op die vliegtuig kan klim en jy weet jy gaan nie vergas word deur
> 'n roker nie. Ek sal nooit in my lewe weer met Air France vlieg nie want
> hulle laat mos rokers toe om te rook alhoewel die vlug aangegee word as
> "non-smoking". Ons het skaars opgestyg toe ruik ek rook. Vind toe uit
> hulle prop al die rokers tussen die bulkheads in by die toilette in en
> verwag die gordyntjies moet die rook van dosyne inhou. (As die res van die
> wêreld - veral die Engelsprekende wêreld - mos saamstem oor iets is dit
> genoeg rede vir die Franse om dit anders te doen). Daar is niks wat my so
> ontstig as wanneer ek probeer slaap en rook deur my neus inasem nie. Dit
> is heerlik om na enige plek te kan gaan sonder dat daar gerook word.
>
> Ek kan nie die roker begryp nie. Hulle kom kuier by jou huis en na die tyd
> moet ek die sigaretstompies in die tuin optel. Sien - jou tuin is mos een
> groot asbak. Hulle is te slap om eers 'n leë bierbottel te gebruik. Nou
> die dag bring 'n vriendin van my vrou haar suster wat van SA kom kuier het
> saam. Toe ek weer sien toe druk sy sigaretstompies uit op my hout deck
> tussen die planke. Ek het my bloediglik vererg. Sy kyk my net so verdwaas
> aan en sê; ek rook mos nie in jou huis nie? Hoekom is jy upset? Want jy
> beskadig my eiendom jou moroon...
>
> Dan is daar ook die pseudo-intellektuele roker wat vir my wil oortuig dat
> daar geen oorsaak-en-effek is tussen rook, longkanker en allerhande ander
> siektes is nie. Daar is slegs 'n korrelasie sien. Alhoewel die korrelasie
> fator hier by die 1.0 rond is, is daar kwansuis nog geen bewys dat rook
> longkanker veroorsaak nie. Hel, hoeveel evidence wil jy nou hê? As jy jou
> lewe wil verkort en sorg dat die lewenskwaliteit van jou laaste nag gaan
> wees, gaan voort. Maar moenie my daarby betrek nie. En moenie by my kom
> simpatie soek nie. Dit sal jy net iewers in die woordeboek kry...
Vorige onderwerp: Kaapstad se Optog
Volgende onderwerp: Die Nuwe Franse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:21:05 MGT 2024