Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner
Afrikaner [boodskap #62679] |
Fri, 24 May 2002 19:04  |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vroeër het Gloudina geskryf dat sy "`n Afrikaner was". Wat is jul definisie
van `n Afrikaner?
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62685 is 'n antwoord op boodskap #62679] |
Fri, 24 May 2002 19:51   |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Aaaaah.
Die suiwer definisie of die definisie volgens bruin Afrikaners, Blanke
Afrikaners, FAK Afrikaners, AWB Afrikaners, Liberale Afrikaners, Verkrampte
Afrikaners, Konserwatiewe Afrikaners, verligte Afrikaners, die
Boetman-generasie Afrikaners, Afrikaner-emigrante, Afrikaner vlugtelinge,
Argentynse Afrikaners Dorsland-Afrikaners, Namibiese Afrikaners,
Alternatiewe Afrikaners, Jong Afrikaners, Ou Afrikaners of Verdwaasde
Afrikaners?
-Gideon-
"johanls" skryf in boodskap news:3cef0c8d_3@batman.vip-za.com...
> Vroeër het Gloudina geskryf dat sy "`n Afrikaner was". Wat is jul definisie
> van `n Afrikaner?
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62730 is 'n antwoord op boodskap #62707] |
Sat, 25 May 2002 11:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n Afrikaner
> wil wees.
Jy verpolitiseer die konsep Afrikaner. Ek
sien die konsep in 'n genetiese lig. Dit is
wetenskaplik belangrik dat my vier kinders,
almal Kanadese en twee wat in Kanada gebore
is, onthou dat hulle geneties volbloed
Afrikaners is, met die daarmeesaamgaande
genetiese swaktes en sterktes. Hulle dokters
behoort byvoorbeeld te weet wat hulle genetiese
agtergrond is. My oogdokter interpreteer my
oogkondisie gereeld in die lig van die feit dat
hy weet dat ek van SA kom, waar daar baie meer
direkte en skerp sonskyn is vir langer periodes
van die jaar.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62758 is 'n antwoord op boodskap #62754] |
Sat, 25 May 2002 20:58   |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
moontlike definisie:
`n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
voorouers in Europa gebly het.
c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n geboë houding
voor enige ander heer of mag ook nog nie.
"Katryn" skryf in boodskap news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
> "johanls" wrote:
>
> Johan vra:
> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>
> Jan:
> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>
> Annette:
> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
> 2)'n Beesras.
>
> Jonas:
> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
> Afrikaner wil wees.
>
> DD:
> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
> Afrikaanssprekend wees.
>
> Gloudina:
> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>
> Danielle:
> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>
> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
> bevind.
> En ja - ek gorrel nou. :-))
>
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62762 is 'n antwoord op boodskap #62737] |
Sat, 25 May 2002 21:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Die persoon se houding / ingesteldheid is net so belangrik - indien hy weier
> om as Afrikaner bekend te staan, dan is hy nie 'n Afrikaner nie.
Nou hoekom het jy so elke hawerklaps vir my
probeer verduidelik dat ek nie die term
"Afrikaner" mag gebruik nie, ten spyte van
die feit dat ek duidelik verklaar dat ek
etnies 'n Afrikaner is.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62766 is 'n antwoord op boodskap #62758] |
Sat, 25 May 2002 22:23   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
Ja-nee, hier kom dit. Die "beginsel-standpunte,"
die diktatuur van die "protestants-christelike"
standpunt wat die Afrikaner alleen as "nuttig in
Afrika" sien as hy in 'n klein boksie ingedruk
word. Ek het nuus vir jou. Baie van my voorsate
was Hugenote en nie Protestants nie. Dit is wel-
bekend dat daar Ierse perdediewe se bloed in die
Afrikaner se are is. Ek het heelwaarskynlik ook
Khoi bloed in my are, soos meeste Afrikaners. Skei
uit om vir my te vertel ek móét protestants en
"christelik" wees om Afrikaner te wees. Terloops,
wat bedoel jy met "christelik"? Die Christelikheid
van daardie protestantse predikante wat apartheid
in die bybel gevind het? Of die Christelikheid van
daardie Afrikaners wat teen apartheid geveg het,
soos Beyers Naude. Ek respekteer laasgenoemde, ek
verag eersgenoemdes.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62768 is 'n antwoord op boodskap #62758] |
Sun, 26 May 2002 05:03   |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat 'n vreeslike voorstelling van 'die Afrikaner' ! Gelukkig beantwoord my
vriende nie aan hierdie beskrywing nie. Soos jy dit stel lyk 'die Afrikaner'
wel 'n soort Westerse/Afrikaanse Taliban.
Ek's nie 'n Afrikaner nie, maar sou seker nie vriende geword het met een as
hy/sy soos jou beskrywing sou gelyk het nie.
Hilda.
"johanls" skryf in boodskap news:3cf078bf_2@batman.vip-za.com...
> Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
> so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
> moontlike definisie:
>
> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
> b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
> Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
> Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
> ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
> Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
> voorouers in Europa gebly het.
> c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n geboë houding
> voor enige ander heer of mag ook nog nie.
>
> "Katryn" wrote in message
> news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
>> "johanls" wrote:
>>
>> Johan vra:
>> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>>
>> Jan:
>> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>>
>> Annette:
>> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
>> 2)'n Beesras.
>>
>> Jonas:
>> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
>> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
>> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
>> Afrikaner wil wees.
>>
>> DD:
>> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
>> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
>> Afrikaanssprekend wees.
>>
>> Gloudina:
>> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>>
>> Danielle:
>> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
>> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
>> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
>> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
>> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
>> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
>> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>>
>> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
>> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
>> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
>> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
>> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
>> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
>> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
>> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
>> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
>> bevind.
>> En ja - ek gorrel nou. :-))
>>
>
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62771 is 'n antwoord op boodskap #62758] |
Sun, 26 May 2002 05:48   |
Jan
Boodskappe: 166 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die definisie van Afrikaner in terme van 'n godsdiens fantasie (deur "die
God wat hom geroep het") is verstrengelend en asmaties nougegset. Dit sluit
die oorgrote meerderheid uit. Gaan jy die nie-"protestant-christelike" na
die gaskamer van nie-Afrikaner wees nie verdoem? Ek het laas jaar 'n
Afrikaanse Jood ontmoet. Gaan jy nou vir my sê dat 'n Boer met 'n okkerneut
in sy onderbroek is nie 'n Afrikaner nie? Jy sal nie die verskil weet tensy
hy vir jou sê dat hy 'n Jood is nie. Hy kon saam met jou op Afrikaans Hoër
gewees het en in dieselfde rugbyspan gespeel het. Ek dink nie "ras" of
godsdiens is of kan deel wees van so 'n definisie nie.
Aan die einde van die dag gaan jy vind dat mens dit nie eintlik kan
definieer nie - net soos jy nie ras kan definieer nie. Maar jy kan dit
erken as jy dit sien. 'n Afrikaner is iemand wat sê dat hy 'n Afrikaner
is....
"johanls" skryf in boodskap news:3cf078bf_2@batman.vip-za.com...
> Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
> so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
> moontlike definisie:
>
> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
> b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
> Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
> Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
> ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
> Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
> voorouers in Europa gebly het.
> c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n geboë houding
> voor enige ander heer of mag ook nog nie.
>
> "Katryn" wrote in message
> news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
>> "johanls" wrote:
>>
>> Johan vra:
>> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>>
>> Jan:
>> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>>
>> Annette:
>> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
>> 2)'n Beesras.
>>
>> Jonas:
>> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
>> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
>> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
>> Afrikaner wil wees.
>>
>> DD:
>> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
>> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
>> Afrikaanssprekend wees.
>>
>> Gloudina:
>> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>>
>> Danielle:
>> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
>> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
>> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
>> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
>> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
>> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
>> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>>
>> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
>> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
>> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
>> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
>> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
>> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
>> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
>> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
>> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
>> bevind.
>> En ja - ek gorrel nou. :-))
>>
>
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62773 is 'n antwoord op boodskap #62766] |
Sun, 26 May 2002 06:25   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie Tottie.
Ek het 'n vraag aan jou, Beyers en vennote. Wat was die verskil tussen
apartheid en die kommunisme?
Terwyl dit Beyers en sy trawante gepas het het hulle met Sovjet-kommuniste
teen "apartheid" geveg. Dit geld ook vir Mandela en sy
ANC/SAKP/COSATU-trawante wat die verwydering van apartheid vir dekades
vertraag het.
skryf in boodskap news:3CF00F57.2050104@rogers.com...
>
> johanls wrote:
>
>> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
>> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
>> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
>> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
>> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
>> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
>
>
>
> Ja-nee, hier kom dit. Die "beginsel-standpunte,"
> die diktatuur van die "protestants-christelike"
> standpunt wat die Afrikaner alleen as "nuttig in
> Afrika" sien as hy in 'n klein boksie ingedruk
> word. Ek het nuus vir jou. Baie van my voorsate
> was Hugenote en nie Protestants nie. Dit is wel-
> bekend dat daar Ierse perdediewe se bloed in die
> Afrikaner se are is. Ek het heelwaarskynlik ook
> Khoi bloed in my are, soos meeste Afrikaners. Skei
> uit om vir my te vertel ek móét protestants en
> "christelik" wees om Afrikaner te wees. Terloops,
> wat bedoel jy met "christelik"? Die Christelikheid
> van daardie protestantse predikante wat apartheid
> in die bybel gevind het? Of die Christelikheid van
> daardie Afrikaners wat teen apartheid geveg het,
> soos Beyers Naude. Ek respekteer laasgenoemde, ek
> verag eersgenoemdes.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62780 is 'n antwoord op boodskap #62771] |
Sun, 26 May 2002 11:43   |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan:
As Gloudina byvoorbeeld kleinkinders in Kanada het, is hulle Kanadese of
Afrikaners? Sy het gesê geneties bly hulle Afrikaners, dan bly jou
Afrikaanse Jood `n Jood. Of is daar dalk `n lyn van wanneer iemand ophou om
Jood te wees en nou Boer word? As daar is, wanneer het die Franse,
Hollanders, Duitsers, Khoi en Engelse se vermengde nageslag Afrikaners
geword?
Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
of afkeure.
"Jan" wrote
Ek het laas jaar 'n
> Afrikaanse Jood ontmoet. Gaan jy nou vir my sê dat 'n Boer met 'n okkerneut
> in sy onderbroek is nie 'n Afrikaner nie? Jy sal nie die verskil weet tensy
> hy vir jou sê dat hy 'n Jood is nie. Hy kon saam met jou op Afrikaans Hoër
> gewees het en in dieselfde rugbyspan gespeel het.
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62781 is 'n antwoord op boodskap #62773] |
Sun, 26 May 2002 11:44   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
Dit geld ook vir Mandela en sy
> ANC/SAKP/COSATU-trawante wat die verwydering van apartheid vir dekades
> vertraag het.
Dis 'n nuwe een, ha ha ha. Dat "Mandela en sy
trawante" die verwydering van apartheid "vir
dekades" vertraag het. Ha, ha, ha, ha. Dat
blindheid so kan toeslaan op 'n sekere tipe.
Afrikaner kan ek hom nie noem nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62782 is 'n antwoord op boodskap #62768] |
Sun, 26 May 2002 11:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
Soos jy dit stel lyk 'die Afrikaner'
> wel 'n soort Westerse/Afrikaanse Taliban.
> Ek's nie 'n Afrikaner nie, maar sou seker nie vriende geword het met een as
> hy/sy soos jou beskrywing sou gelyk het nie.
Ja, en dis hierdie Afrikaner-Taliban regime
wat SA vir vier dekades beset het. Met hulle
"Christelik-nasionale" geploeter, wat nóg
christelik nóg nasionaal was.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62785 is 'n antwoord op boodskap #62771] |
Sun, 26 May 2002 11:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
> Die definisie van Afrikaner in terme van 'n godsdiens fantasie (deur "die
> God wat hom geroep het") is verstrengelend en asmaties nougegset. Dit sluit
> die oorgrote meerderheid uit. Gaan jy die nie-"protestant-christelike" na
> die gaskamer van nie-Afrikaner wees nie verdoem?
Ja, en dis die soort mense wat die naam
"christelik" in SA deur die modder gesleep
het. Gelukkig het die Rooms Katolieke Kerk
en die Metodiste Kerk sterk gestaan teen
dié aanslag van mense wat gesê het hulle is
Christene maar wat eintlik 'n duiwelse leer
verkondig het. Maar mens moet in jou pasoppens
wees vir hulle geestelike nakomelinge.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62793 is 'n antwoord op boodskap #62780] |
Sun, 26 May 2002 15:01   |
Jan
Boodskappe: 166 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"johanls" skryf in boodskap news:3cf1482e_2@batman.vip-za.com...
> Johan:
> As Gloudina byvoorbeeld kleinkinders in Kanada het, is hulle Kanadese of
> Afrikaners? Sy het gesê geneties bly hulle Afrikaners, dan bly jou
Volgens my is hulle Kanadese.
> Afrikaanse Jood `n Jood. Of is daar dalk `n lyn van wanneer iemand ophou om
> Jood te wees en nou Boer word? As daar is, wanneer het die Franse,
> Hollanders, Duitsers, Khoi en Engelse se vermengde nageslag Afrikaners
> geword?
Dis mos maklik: die wat in SA gebore is en wat Afrikaans gepraat het in die
huis was Afrikaners.
> Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
> bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
> Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
> waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
> die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
> het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
> uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
> of afkeure.
Ek dink nie dis onhoudbaar nie. Die definisie moet insluitend wees ipv
uitsluitend. Dit word slegs "onhoudbaar as die definisie meer en meert
ekslusief raak totdat dit net 'n klein subset insluit.
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62796 is 'n antwoord op boodskap #62768] |
Sun, 26 May 2002 17:42   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Janee Hilda, nou sien jy wat in ons koshuise uitbroei:)))
Nee, genadiglik tog, dink ek jy moet kyk wat elkeen se siening was, en dan
sal jy weet met watter mense hier jy sal maklik maats maak:)
Ek is 'n Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner, en die Afrikaner bloed vloei
sterk in my are. Ek glo egter nie ek pas in een van die boksies wat Johan
hier onder beskryf nie, alhoewel die gedeelte van my Westersheid wat anders
is baie naby kom.
Annette
"Hilda" skryf in boodskap news:O0_H8.96362$Ze.14669@afrodite.telenet-ops.be...
> Wat 'n vreeslike voorstelling van 'die Afrikaner' ! Gelukkig beantwoord my
> vriende nie aan hierdie beskrywing nie. Soos jy dit stel lyk 'die Afrikaner'
> wel 'n soort Westerse/Afrikaanse Taliban.
> Ek's nie 'n Afrikaner nie, maar sou seker nie vriende geword het met een as
> hy/sy soos jou beskrywing sou gelyk het nie.
> Hilda.
> "johanls" schreef in bericht
> news:3cf078bf_2@batman.vip-za.com...
>> Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
>> so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
>> moontlike definisie:
>>
>> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
>> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
>> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
>> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle
> dinge
>> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
>> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
>> b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
>> Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
>> Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
>> ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
>> Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
>> voorouers in Europa gebly het.
>> c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n gebo�
> houding
>> voor enige ander heer of mag ook nog nie.
>>
>> "Katryn" wrote in message
>> news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
>>> "johanls" wrote:
>>>
>>> Johan vra:
>>> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>>>
>>> Jan:
>>> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>>>
>>> Annette:
>>> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
>>> 2)'n Beesras.
>>>
>>> Jonas:
>>> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
>>> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
>>> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
>>> Afrikaner wil wees.
>>>
>>> DD:
>>> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
>>> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
>>> Afrikaanssprekend wees.
>>>
>>> Gloudina:
>>> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>>>
>>> Danielle:
>>> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
>>> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
>>> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
>>> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
>>> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
>>> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
>>> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>>>
>>> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
>>> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
>>> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
>>> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
>>> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
>>> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
>>> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
>>> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
>>> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
>>> bevind.
>>> En ja - ek gorrel nou. :-))
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62806 is 'n antwoord op boodskap #62777] |
Mon, 27 May 2002 02:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> Jammer om jou bubble te bars, maar dan het jy nie Hugenoot-voorsate nie.
> Hugenote was aanhangers van die Reformasie (di Protestante) wat sedert die
> verongelukte sameswering te Ambiose in 1560 Hugenote as skelnaam gekry het;
> van hulle het uit Frankryk gevlug vir hulle Protestantse geloof waarvan `n
> deel hulle gedurende 1688 - 1690 in SA kom vestig het.
So nou en maak Tant Hessie 'n vreeslike fout.
Hierdie is een van hulle. Ek neem aan die
Fouchés en Rossouws in my familie was Hugenote.
en dus Protestante. Dankie dat jy my fout uitge-
wys het.
Tant Hessie de la Rey
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62807 is 'n antwoord op boodskap #62780] |
Mon, 27 May 2002 02:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
> bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
> Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
> waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
> die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
> het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
> uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
> of afkeure.
Weet jy wanneer die woord "Afrikaner" die
eerste gedokumenteerde keer gebruik is. Ek
kan nie die besonderhede te goed onthou nie,
maar ek kan onthou dat twee seuns van 'n
slavin en 'n nederlander gevang is op 'n plek
waar hulle glo nie toegelaat is nie, en toe
iemand dreig om hulle gevange te neem vir
hierdie oortreding, toe opper hulle beswaar
en verklaar dat hulle "Afrikaners" is en nie
onderhewig aan die nederlandse wette nie. Die
woord "Afrikaner" is dus histories die eerste
keer gebruik deur 'n "kleurling." Hoekom word
dit nou geskaak vir wittes?
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62839 is 'n antwoord op boodskap #62807] |
Tue, 28 May 2002 04:51   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie Tottie. Hier gaan ons weer. Laat die
Kleurlinge/Swartes/Pienkies/Rooietjies ens. hulle eie saak stel. Wil hulle
graag Afrikaners wees.
Dit laat my dink toe die eerste halsnoermoorde gepleeg is - die eerste ding
wat die wittes gedoen het was om 'n voorbeeld in hulle eie geskiedenis te
gaan soek toe hulle iets soortgelyk gedoen het. En ja daar was dit
heksejagtery ...
skryf in boodskap news:3CF199C7.7040906@rogers.com...
>
> johanls wrote:
>
>
>> Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
>> bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
>> Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
>> waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
>> die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
>> het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
>> uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
>> of afkeure.
>
> Weet jy wanneer die woord "Afrikaner" die
> eerste gedokumenteerde keer gebruik is. Ek
> kan nie die besonderhede te goed onthou nie,
> maar ek kan onthou dat twee seuns van 'n
> slavin en 'n nederlander gevang is op 'n plek
> waar hulle glo nie toegelaat is nie, en toe
> iemand dreig om hulle gevange te neem vir
> hierdie oortreding, toe opper hulle beswaar
> en verklaar dat hulle "Afrikaners" is en nie
> onderhewig aan die nederlandse wette nie. Die
> woord "Afrikaner" is dus histories die eerste
> keer gebruik deur 'n "kleurling." Hoekom word
> dit nou geskaak vir wittes?
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62846 is 'n antwoord op boodskap #62807] |
Tue, 28 May 2002 09:48   |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan: Probeer asseblief dink waar jy hierdie inligting bekom het, want jou
bron kan vir my baie beteken. Ek weet nie of prof Le Roux hierdie ng volg
nie, indien wel middag prof, maar hy het vanoggend vir ons `n opdrag gegee
oor die herkoms van die begrippe Afrikaner, Afrikaan, Suid-Afrikaner,
Afrikaanse en Boer. So ek sal soveel as moontlik bronne hieroor waardeer.
Die oudste aanhaling van die woord "Afrikaner" wat ek so vinnig in die
Argief kon opspoor was 1618 gedurende die verset van die Vryburgers teen
goewerneur WA van der Stel waarin hul hulself "Africaanders" genoem het.
Ons moet dit waarskynlik sien as die eerste onbetwisbare aanduiding van `n
nasiegroep in wording. As jou bron die teendeel kan bewys sal ek dit
waardeer. Wie die benaming eerste gebruik het, sal beslissend wees vir die
daarstelling van `n moontlike 21ste eeuse definisie vir Afrikaners.
Gloudina:
> Weet jy wanneer die woord "Afrikaner" die
> eerste gedokumenteerde keer gebruik is. Ek
> kan nie die besonderhede te goed onthou nie,
> maar ek kan onthou dat twee seuns van 'n
> slavin en 'n nederlander gevang is op 'n plek
> waar hulle glo nie toegelaat is nie, en toe
> iemand dreig om hulle gevange te neem vir
> hierdie oortreding, toe opper hulle beswaar
> en verklaar dat hulle "Afrikaners" is en nie
> onderhewig aan die nederlandse wette nie. Die
> woord "Afrikaner" is dus histories die eerste
> keer gebruik deur 'n "kleurling." Hoekom word
> dit nou geskaak vir wittes?
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62851 is 'n antwoord op boodskap #62846] |
Tue, 28 May 2002 11:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> Johan: Probeer asseblief dink waar jy hierdie inligting bekom het, want jou
> bron kan vir my baie beteken.
Wel, ek dink dis op hierdie nuusgroep aangehaal.
Ek wens ek kan dit beter onthou. Maar die ma was
een van daardie vroumense in die Kaapse geskiedenis
wat hulle Xxxx Van Xxxx noem, om te verduidelik van
watter oord sy kom, meestal in die Verre Ooste maar
ek dink daar was een van Mosambiek. En haar twee
seuns is vasgekeer in 'n meule nadat hulle een of
ander onskuldige ding gedoen het wat teen die reëls
van die H.O.I.C was. En dis toe dat een van hulle
protesteer en sê "Ik ben een Africaander" of soiets.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner [boodskap #62865 is 'n antwoord op boodskap #62864] |
Tue, 28 May 2002 16:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Katryn wrote:
Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
> gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.
> Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
> skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
> probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
> waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel
Wel, my liewe "Katryn," jy ontleen jou skuilnaam
aan, as ek reg onthou, die Startrek sitcom.
( As daar nou een ding op TV is wat my net eenvoudig
koudlaat, dan is dit Startrek.)Dit wys al klaar dat
jou psige nie gesetel is in jou Afrikaansheid nie.
Het jy al ooit daaraan gedink dat die "kwaliteit"
van Afrikanerwees ook iets is wat in ag geneem moet
word. Daar is "sogenaamde" Afrikaners wat daar in
SA sit, maar hulle sit in 'n kultuursop wat nóg
Engels nóg Afrikaans nóg enige van die ander inheemse
kulture is. Hulle Afrikaans is beroerd, hulle ken baie
min van hulle taal of hulle Afrikaner-agtergrond. Hulle
is baiekeer baie "regs" en anti-swart of -bruin, iets
wat 'n Afrikaner van goeie inbors nie is nie.
So, miskien is Tant Hessie na oor die dertig jaar nog
meer van 'n "Afrikaner," en is dit dit wat Norbert opmerk.
Tant Hessie
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:47:06 UTC 2025
|