Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner
Afrikaner [boodskap #62679] Vr, 24 Mei 2002 19:04 na volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Vroeër het Gloudina geskryf dat sy "`n Afrikaner was". Wat is jul definisie
van `n Afrikaner?
Re: Afrikaner [boodskap #62685 is 'n antwoord op boodskap #62679] Vr, 24 Mei 2002 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Aaaaah.

Die suiwer definisie of die definisie volgens bruin Afrikaners, Blanke
Afrikaners, FAK Afrikaners, AWB Afrikaners, Liberale Afrikaners, Verkrampte
Afrikaners, Konserwatiewe Afrikaners, verligte Afrikaners, die
Boetman-generasie Afrikaners, Afrikaner-emigrante, Afrikaner vlugtelinge,
Argentynse Afrikaners Dorsland-Afrikaners, Namibiese Afrikaners,
Alternatiewe Afrikaners, Jong Afrikaners, Ou Afrikaners of Verdwaasde
Afrikaners?

-Gideon-

"johanls" skryf in boodskap news:3cef0c8d_3@batman.vip-za.com...
> Vroeër het Gloudina geskryf dat sy "`n Afrikaner was". Wat is jul definisie
> van `n Afrikaner?
>
Re: Afrikaner [boodskap #62687 is 'n antwoord op boodskap #62679] Vr, 24 Mei 2002 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.

"johanls" skryf in boodskap news:3cef0c8d_3@batman.vip-za.com...
> Vroeër het Gloudina geskryf dat sy "`n Afrikaner was". Wat is jul definisie
> van `n Afrikaner?
>
Re: Afrikaner [boodskap #62702 is 'n antwoord op boodskap #62679] Sa, 25 Mei 2002 04:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
2)'n Beesras.

Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3cef0c8d_3@batman.vip-za.com...
> Vroeër het Gloudina geskryf dat sy "`n Afrikaner was". Wat is jul definisie
> van `n Afrikaner?
>
Re: Afrikaner [boodskap #62707 is 'n antwoord op boodskap #62687] Sa, 25 Mei 2002 04:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
So, 'n Engelsman is iemand wat in Engeland woon en Engels praat.

Ek is bevrees dit gaan nie so maklik wees nie.

Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let wel,
ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie ...

Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n Afrikaner
wil wees.

"Jan" skryf in boodskap news:I2xH8.11670$O82.340895@news.webusenet.com...
> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>
> "johanls" wrote in message
> news:3cef0c8d_3@batman.vip-za.com...
>> Vroeër het Gloudina geskryf dat sy "`n Afrikaner was". Wat is jul
> definisie
>> van `n Afrikaner?
>>
>
Re: Afrikaner [boodskap #62724 is 'n antwoord op boodskap #62707] Sa, 25 Mei 2002 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 May 2002 06:51:15 +0200, "Jonas" wrote:

> So, 'n Engelsman is iemand wat in Engeland woon en Engels praat.
>
> Ek is bevrees dit gaan nie so maklik wees nie.
>
> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let wel,
> ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie ...
>
> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n Afrikaner
> wil wees.
>
> "Jan" wrote in message

Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' want soos jy sê, gaan dit
nie so maklik wees nie. Afrikaner sluit Keniaan en Egiptenaar ook
in. Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang (en die NG kerk
en Nasonale Party is nie noodwendig kulturieel nie) sowel as
Afrikaanssprekend wees.

DD
Re: Afrikaner [boodskap #62730 is 'n antwoord op boodskap #62707] Sa, 25 Mei 2002 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n Afrikaner
> wil wees.

Jy verpolitiseer die konsep Afrikaner. Ek
sien die konsep in 'n genetiese lig. Dit is
wetenskaplik belangrik dat my vier kinders,
almal Kanadese en twee wat in Kanada gebore
is, onthou dat hulle geneties volbloed
Afrikaners is, met die daarmeesaamgaande
genetiese swaktes en sterktes. Hulle dokters
behoort byvoorbeeld te weet wat hulle genetiese
agtergrond is. My oogdokter interpreteer my
oogkondisie gereeld in die lig van die feit dat
hy weet dat ek van SA kom, waar daar baie meer
direkte en skerp sonskyn is vir langer periodes
van die jaar.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62737 is 'n antwoord op boodskap #62730] Sa, 25 Mei 2002 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die begrip Afrikaner het baie beslis 'n politieke kleur - en nie vanweë my
toedoen nie.

Jou genetiese benadering is interessant - maar dit is slegs 'n deel daarvan.
Die persoon se houding / ingesteldheid is net so belangrik - indien hy weier
om as Afrikaner bekend te staan, dan is hy nie 'n Afrikaner nie.
skryf in boodskap news:3CEF7BB7.9010108@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n Afrikaner
>> wil wees.
>
> Jy verpolitiseer die konsep Afrikaner. Ek
> sien die konsep in 'n genetiese lig. Dit is
> wetenskaplik belangrik dat my vier kinders,
> almal Kanadese en twee wat in Kanada gebore
> is, onthou dat hulle geneties volbloed
> Afrikaners is, met die daarmeesaamgaande
> genetiese swaktes en sterktes. Hulle dokters
> behoort byvoorbeeld te weet wat hulle genetiese
> agtergrond is. My oogdokter interpreteer my
> oogkondisie gereeld in die lig van die feit dat
> hy weet dat ek van SA kom, waar daar baie meer
> direkte en skerp sonskyn is vir langer periodes
> van die jaar.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #62741 is 'n antwoord op boodskap #62707] Sa, 25 Mei 2002 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:acn58b$75d$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> So, 'n Engelsman is iemand wat in Engeland woon en Engels praat.
>
Nee, 'n Engelsman is in Engeland gebore en praat Engels. Waar hy woon is
irrelevant.
Re: Afrikaner [boodskap #62754 is 'n antwoord op boodskap #62679] Sa, 25 Mei 2002 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" wrote:

Johan vra:
Wat is jul definisie van `n Afrikaner?

Jan:
Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.

Annette:
1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
2)'n Beesras.

Jonas:
Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
Afrikaner wil wees.

DD:
Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
Afrikaanssprekend wees.

Gloudina:
Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.

Danielle:
Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.

Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
bevind.
En ja - ek gorrel nou. :-))
Re: Afrikaner [boodskap #62758 is 'n antwoord op boodskap #62754] Sa, 25 Mei 2002 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
moontlike definisie:

`n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
voorouers in Europa gebly het.
c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n geboë houding
voor enige ander heer of mag ook nog nie.

"Katryn" skryf in boodskap news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
> "johanls" wrote:
>
> Johan vra:
> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>
> Jan:
> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>
> Annette:
> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
> 2)'n Beesras.
>
> Jonas:
> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
> Afrikaner wil wees.
>
> DD:
> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
> Afrikaanssprekend wees.
>
> Gloudina:
> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>
> Danielle:
> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>
> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
> bevind.
> En ja - ek gorrel nou. :-))
>
Re: Afrikaner [boodskap #62762 is 'n antwoord op boodskap #62737] Sa, 25 Mei 2002 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Die persoon se houding / ingesteldheid is net so belangrik - indien hy weier
> om as Afrikaner bekend te staan, dan is hy nie 'n Afrikaner nie.

Nou hoekom het jy so elke hawerklaps vir my
probeer verduidelik dat ek nie die term
"Afrikaner" mag gebruik nie, ten spyte van
die feit dat ek duidelik verklaar dat ek
etnies 'n Afrikaner is.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62766 is 'n antwoord op boodskap #62758] Sa, 25 Mei 2002 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;

Ja-nee, hier kom dit. Die "beginsel-standpunte,"
die diktatuur van die "protestants-christelike"
standpunt wat die Afrikaner alleen as "nuttig in
Afrika" sien as hy in 'n klein boksie ingedruk
word. Ek het nuus vir jou. Baie van my voorsate
was Hugenote en nie Protestants nie. Dit is wel-
bekend dat daar Ierse perdediewe se bloed in die
Afrikaner se are is. Ek het heelwaarskynlik ook
Khoi bloed in my are, soos meeste Afrikaners. Skei
uit om vir my te vertel ek móét protestants en
"christelik" wees om Afrikaner te wees. Terloops,
wat bedoel jy met "christelik"? Die Christelikheid
van daardie protestantse predikante wat apartheid
in die bybel gevind het? Of die Christelikheid van
daardie Afrikaners wat teen apartheid geveg het,
soos Beyers Naude. Ek respekteer laasgenoemde, ek
verag eersgenoemdes.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62768 is 'n antwoord op boodskap #62758] So, 26 Mei 2002 05:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat 'n vreeslike voorstelling van 'die Afrikaner' ! Gelukkig beantwoord my
vriende nie aan hierdie beskrywing nie. Soos jy dit stel lyk 'die Afrikaner'
wel 'n soort Westerse/Afrikaanse Taliban.
Ek's nie 'n Afrikaner nie, maar sou seker nie vriende geword het met een as
hy/sy soos jou beskrywing sou gelyk het nie.
Hilda.
"johanls" skryf in boodskap news:3cf078bf_2@batman.vip-za.com...
> Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
> so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
> moontlike definisie:
>
> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
> b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
> Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
> Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
> ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
> Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
> voorouers in Europa gebly het.
> c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n geboë houding
> voor enige ander heer of mag ook nog nie.
>
> "Katryn" wrote in message
> news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
>> "johanls" wrote:
>>
>> Johan vra:
>> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>>
>> Jan:
>> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>>
>> Annette:
>> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
>> 2)'n Beesras.
>>
>> Jonas:
>> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
>> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
>> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
>> Afrikaner wil wees.
>>
>> DD:
>> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
>> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
>> Afrikaanssprekend wees.
>>
>> Gloudina:
>> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>>
>> Danielle:
>> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
>> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
>> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
>> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
>> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
>> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
>> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>>
>> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
>> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
>> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
>> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
>> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
>> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
>> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
>> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
>> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
>> bevind.
>> En ja - ek gorrel nou. :-))
>>
>
Re: Afrikaner [boodskap #62771 is 'n antwoord op boodskap #62758] So, 26 Mei 2002 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die definisie van Afrikaner in terme van 'n godsdiens fantasie (deur "die
God wat hom geroep het") is verstrengelend en asmaties nougegset. Dit sluit
die oorgrote meerderheid uit. Gaan jy die nie-"protestant-christelike" na
die gaskamer van nie-Afrikaner wees nie verdoem? Ek het laas jaar 'n
Afrikaanse Jood ontmoet. Gaan jy nou vir my sê dat 'n Boer met 'n okkerneut
in sy onderbroek is nie 'n Afrikaner nie? Jy sal nie die verskil weet tensy
hy vir jou sê dat hy 'n Jood is nie. Hy kon saam met jou op Afrikaans Hoër
gewees het en in dieselfde rugbyspan gespeel het. Ek dink nie "ras" of
godsdiens is of kan deel wees van so 'n definisie nie.

Aan die einde van die dag gaan jy vind dat mens dit nie eintlik kan
definieer nie - net soos jy nie ras kan definieer nie. Maar jy kan dit
erken as jy dit sien. 'n Afrikaner is iemand wat sê dat hy 'n Afrikaner
is....

"johanls" skryf in boodskap news:3cf078bf_2@batman.vip-za.com...
> Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
> so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
> moontlike definisie:
>
> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
> b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
> Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
> Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
> ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
> Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
> voorouers in Europa gebly het.
> c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n geboë houding
> voor enige ander heer of mag ook nog nie.
>
> "Katryn" wrote in message
> news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
>> "johanls" wrote:
>>
>> Johan vra:
>> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>>
>> Jan:
>> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>>
>> Annette:
>> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
>> 2)'n Beesras.
>>
>> Jonas:
>> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
>> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
>> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
>> Afrikaner wil wees.
>>
>> DD:
>> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
>> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
>> Afrikaanssprekend wees.
>>
>> Gloudina:
>> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>>
>> Danielle:
>> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
>> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
>> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
>> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
>> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
>> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
>> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>>
>> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
>> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
>> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
>> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
>> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
>> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
>> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
>> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
>> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
>> bevind.
>> En ja - ek gorrel nou. :-))
>>
>
Re: Afrikaner [boodskap #62773 is 'n antwoord op boodskap #62766] So, 26 Mei 2002 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie.
Ek het 'n vraag aan jou, Beyers en vennote. Wat was die verskil tussen
apartheid en die kommunisme?
Terwyl dit Beyers en sy trawante gepas het het hulle met Sovjet-kommuniste
teen "apartheid" geveg. Dit geld ook vir Mandela en sy
ANC/SAKP/COSATU-trawante wat die verwydering van apartheid vir dekades
vertraag het.

skryf in boodskap news:3CF00F57.2050104@rogers.com...
>
> johanls wrote:
>
>> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
>> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
>> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
>> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle dinge
>> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
>> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
>
>
>
> Ja-nee, hier kom dit. Die "beginsel-standpunte,"
> die diktatuur van die "protestants-christelike"
> standpunt wat die Afrikaner alleen as "nuttig in
> Afrika" sien as hy in 'n klein boksie ingedruk
> word. Ek het nuus vir jou. Baie van my voorsate
> was Hugenote en nie Protestants nie. Dit is wel-
> bekend dat daar Ierse perdediewe se bloed in die
> Afrikaner se are is. Ek het heelwaarskynlik ook
> Khoi bloed in my are, soos meeste Afrikaners. Skei
> uit om vir my te vertel ek móét protestants en
> "christelik" wees om Afrikaner te wees. Terloops,
> wat bedoel jy met "christelik"? Die Christelikheid
> van daardie protestantse predikante wat apartheid
> in die bybel gevind het? Of die Christelikheid van
> daardie Afrikaners wat teen apartheid geveg het,
> soos Beyers Naude. Ek respekteer laasgenoemde, ek
> verag eersgenoemdes.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #62775 is 'n antwoord op boodskap #62762] So, 26 Mei 2002 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
VoetStoots  is tans af-lyn  VoetStoots
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
wrote in message
news:3CF008BE.9050803@rogers.com...

> Nou hoekom het jy so elke hawerklaps vir my
> probeer verduidelik dat ek nie die term
> "Afrikaner" mag gebruik nie, ten spyte van
> die feit dat ek duidelik verklaar dat ek
> etnies 'n Afrikaner is.

..mooi woord, die "hawerklaps", dit
lanklaas gesien

-adba
Re: Afrikaner [boodskap #62777 is 'n antwoord op boodskap #62766] So, 26 Mei 2002 11:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Jammer om jou bubble te bars, maar dan het jy nie Hugenoot-voorsate nie.
Hugenote was aanhangers van die Reformasie (di Protestante) wat sedert die
verongelukte sameswering te Ambiose in 1560 Hugenote as skelnaam gekry het;
van hulle het uit Frankryk gevlug vir hulle Protestantse geloof waarvan `n
deel hulle gedurende 1688 - 1690 in SA kom vestig het. Ek sal graag wil
weet wie hierdie "baie" antichristelike of katolieke (want dit is al ander
groepe wat op daardie oomblik bestaan het) "Hugenote" was. Gee bietjie vir
ons hulle name, mens kan dit vinnig kontroleer hier by die Staatsargief.
Gloudina:
> Ek het nuus vir jou. Baie van my voorsate
> was Hugenote en nie Protestants nie.

Johan:
Wel, as hulle dit in die Bybel gevind het soos wat jy sê, dan moet ek beslis
my standpunt oor die onchristelikheid van apartheid in heroorweging neem. As
hulle dit egter daar ingelees het waar dit nie staan nie, dan kan ek met
gerustheid by my standpunt bly. Ek het respek vir God en sy Woord en daarom
sal ek Bybel met `n hoofletter bly skryf, hoop dit was maar net `n glips van
jou vinger.
Gloudina
> Die Christelikheid
> van daardie protestantse predikante wat apartheid
> in die bybel gevind het?
Re: Afrikaner [boodskap #62780 is 'n antwoord op boodskap #62771] So, 26 Mei 2002 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
As Gloudina byvoorbeeld kleinkinders in Kanada het, is hulle Kanadese of
Afrikaners? Sy het gesê geneties bly hulle Afrikaners, dan bly jou
Afrikaanse Jood `n Jood. Of is daar dalk `n lyn van wanneer iemand ophou om
Jood te wees en nou Boer word? As daar is, wanneer het die Franse,
Hollanders, Duitsers, Khoi en Engelse se vermengde nageslag Afrikaners
geword?
Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
of afkeure.

"Jan" wrote
Ek het laas jaar 'n
> Afrikaanse Jood ontmoet. Gaan jy nou vir my sê dat 'n Boer met 'n okkerneut
> in sy onderbroek is nie 'n Afrikaner nie? Jy sal nie die verskil weet tensy
> hy vir jou sê dat hy 'n Jood is nie. Hy kon saam met jou op Afrikaans Hoër
> gewees het en in dieselfde rugbyspan gespeel het.
Re: Afrikaner [boodskap #62781 is 'n antwoord op boodskap #62773] So, 26 Mei 2002 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

Dit geld ook vir Mandela en sy
> ANC/SAKP/COSATU-trawante wat die verwydering van apartheid vir dekades
> vertraag het.

Dis 'n nuwe een, ha ha ha. Dat "Mandela en sy
trawante" die verwydering van apartheid "vir
dekades" vertraag het. Ha, ha, ha, ha. Dat
blindheid so kan toeslaan op 'n sekere tipe.
Afrikaner kan ek hom nie noem nie.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62782 is 'n antwoord op boodskap #62768] So, 26 Mei 2002 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda wrote:

Soos jy dit stel lyk 'die Afrikaner'
> wel 'n soort Westerse/Afrikaanse Taliban.
> Ek's nie 'n Afrikaner nie, maar sou seker nie vriende geword het met een as
> hy/sy soos jou beskrywing sou gelyk het nie.

Ja, en dis hierdie Afrikaner-Taliban regime
wat SA vir vier dekades beset het. Met hulle
"Christelik-nasionale" geploeter, wat nóg
christelik nóg nasionaal was.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62783 is 'n antwoord op boodskap #62781] So, 26 Mei 2002 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, daar het jy dit nou. Gloudina sê jy kan nie meer `n Afrikaner genoem
word nie, al dink steeds aan jouself as `n Afrikaner.

> Dat blindheid so kan toeslaan op 'n sekere tipe.
> Afrikaner kan ek hom nie noem nie.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #62784 is 'n antwoord op boodskap #62781] So, 26 Mei 2002 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dit beteken dus `n Afrikaner mag nie blind wees nie?

skryf in boodskap news:3CF0CB20.9090603@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
> Dit geld ook vir Mandela en sy
>> ANC/SAKP/COSATU-trawante wat die verwydering van apartheid vir dekades
>> vertraag het.
>
> Dis 'n nuwe een, ha ha ha. Dat "Mandela en sy
> trawante" die verwydering van apartheid "vir
> dekades" vertraag het. Ha, ha, ha, ha. Dat
> blindheid so kan toeslaan op 'n sekere tipe.
> Afrikaner kan ek hom nie noem nie.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #62785 is 'n antwoord op boodskap #62771] So, 26 Mei 2002 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jan wrote:

> Die definisie van Afrikaner in terme van 'n godsdiens fantasie (deur "die
> God wat hom geroep het") is verstrengelend en asmaties nougegset. Dit sluit
> die oorgrote meerderheid uit. Gaan jy die nie-"protestant-christelike" na
> die gaskamer van nie-Afrikaner wees nie verdoem?

Ja, en dis die soort mense wat die naam
"christelik" in SA deur die modder gesleep
het. Gelukkig het die Rooms Katolieke Kerk
en die Metodiste Kerk sterk gestaan teen
dié aanslag van mense wat gesê het hulle is
Christene maar wat eintlik 'n duiwelse leer
verkondig het. Maar mens moet in jou pasoppens
wees vir hulle geestelike nakomelinge.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62786 is 'n antwoord op boodskap #62781] So, 26 Mei 2002 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie. As jy dit as "nuut" ervaar dan bevestig dit bloot dat jy met
oogklappe na dinge tot hede gekyk het.
Jy verduidelik in elk geval nie Beyers en Mandela se afsku in apartheid maar
hul voorliefde vir die kommunisme nie.
Hulle ondersteuning van die kommunisme het bepaald die veranderinge in die
land tot gevolg gehad.
Vergewis jou eers van die feitelikhede - en dan kan ons miskien verder
gesels. Jou simplistiese benadering tot die ou sakie verstom my
keer-op-keer.
skryf in boodskap news:3CF0CB20.9090603@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
> Dit geld ook vir Mandela en sy
>> ANC/SAKP/COSATU-trawante wat die verwydering van apartheid vir dekades
>> vertraag het.
>
> Dis 'n nuwe een, ha ha ha. Dat "Mandela en sy
> trawante" die verwydering van apartheid "vir
> dekades" vertraag het. Ha, ha, ha, ha. Dat
> blindheid so kan toeslaan op 'n sekere tipe.
> Afrikaner kan ek hom nie noem nie.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #62793 is 'n antwoord op boodskap #62780] So, 26 Mei 2002 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cf1482e_2@batman.vip-za.com...
> Johan:
> As Gloudina byvoorbeeld kleinkinders in Kanada het, is hulle Kanadese of
> Afrikaners? Sy het gesê geneties bly hulle Afrikaners, dan bly jou

Volgens my is hulle Kanadese.

> Afrikaanse Jood `n Jood. Of is daar dalk `n lyn van wanneer iemand ophou om
> Jood te wees en nou Boer word? As daar is, wanneer het die Franse,
> Hollanders, Duitsers, Khoi en Engelse se vermengde nageslag Afrikaners
> geword?

Dis mos maklik: die wat in SA gebore is en wat Afrikaans gepraat het in die
huis was Afrikaners.

> Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
> bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
> Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
> waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
> die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
> het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
> uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
> of afkeure.

Ek dink nie dis onhoudbaar nie. Die definisie moet insluitend wees ipv
uitsluitend. Dit word slegs "onhoudbaar as die definisie meer en meert
ekslusief raak totdat dit net 'n klein subset insluit.
Re: Afrikaner [boodskap #62796 is 'n antwoord op boodskap #62768] So, 26 Mei 2002 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee Hilda, nou sien jy wat in ons koshuise uitbroei:)))
Nee, genadiglik tog, dink ek jy moet kyk wat elkeen se siening was, en dan
sal jy weet met watter mense hier jy sal maklik maats maak:)
Ek is 'n Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner, en die Afrikaner bloed vloei
sterk in my are. Ek glo egter nie ek pas in een van die boksies wat Johan
hier onder beskryf nie, alhoewel die gedeelte van my Westersheid wat anders
is baie naby kom.
Annette

"Hilda" skryf in boodskap news:O0_H8.96362$Ze.14669@afrodite.telenet-ops.be...
> Wat 'n vreeslike voorstelling van 'die Afrikaner' ! Gelukkig beantwoord my
> vriende nie aan hierdie beskrywing nie. Soos jy dit stel lyk 'die Afrikaner'
> wel 'n soort Westerse/Afrikaanse Taliban.
> Ek's nie 'n Afrikaner nie, maar sou seker nie vriende geword het met een as
> hy/sy soos jou beskrywing sou gelyk het nie.
> Hilda.
> "johanls" schreef in bericht
> news:3cf078bf_2@batman.vip-za.com...
>> Skuus, nie geweet dit is al gevra nie. Ek het bloot gevra omdat daar juis
>> so baie verskillende menings is. Almal se reaksie het my laat dink aan `n
>> moontlike definisie:
>>
>> `n Afrikaner is iemand wat hom/haarself vereenselwig met die stryd om die
>> behoud van die volgende 3 beginselstandpunte:
>> a) sy Protestants-Christelike Westerse herkoms en erfenis op Afrikagrond;
>> daarsonder kan hy die eer van die Skepper-Here van alle mense en alle
> dinge
>> nie dien nie, vir niks en niemand in Afrika iets beteken nie, en is hy as
>> volk volkome oorbodig in Afrika en op die aarde;
>> b) die onderskeidende eiesoortigheid van sy ontstaan en voortbestaan op
>> Afrikagrond. Dit is sy Afrika(ans)heid, sy gerigtheid op `n toekoms in
>> Afrika. Die doel van sy volksbestaan lê in Afrika. Sy Westersheid is `n
>> ander Westersheid as die van die Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse en
>> Amerikaners! Verloor hy sy onderskeidende Afrika(ner)identiteit, kon sy
>> voorouers in Europa gebly het.
>> c) vryheid; die God wat hom geroep het, word nie gedien in `n gebo�
> houding
>> voor enige ander heer of mag ook nog nie.
>>
>> "Katryn" wrote in message
>> news:57mveus02pfketi5irv5uaun8do6dd9hur@4ax.com...
>>> "johanls" wrote:
>>>
>>> Johan vra:
>>> Wat is jul definisie van `n Afrikaner?
>>>
>>> Jan:
>>> Ek sou sê gebore in Afrika met huistaal Afrikaans.
>>>
>>> Annette:
>>> 1)Iemand wat op die kontinent van Afrika woon.
>>> 2)'n Beesras.
>>>
>>> Jonas:
>>> Ek is 'n Afrikaner maar verwys ook trots na myself as 'n Boer. En, let
>>> wel, ek het geen verbintenisse met die AWB of verregse-groeperinge nie
>>> Wat ek wel weet is dat een van die vereistes is dat die persoon 'n
>>> Afrikaner wil wees.
>>>
>>> DD:
>>> Ek verkeis weer die term: 'Suid Afrikaner' .
>>> Beslis moet hy die Afrikaanse kultuur aanhang sowel as
>>> Afrikaanssprekend wees.
>>>
>>> Gloudina:
>>> Ek sien die konsep in 'n genetiese lig.
>>>
>>> Danielle:
>>> Johan, as hier ooit dalk eendag 'n FAQ vir hierdie groep opgestel
>>> word, sal hierdie een van die eerste vrae wees wat genoem moet word.
>>> Dit word oor en oor en oor gevra - hier en op omtrent elke forum wat
>>> iets met Afrikaans te make het. (M.a.w dit wil voorkom asof die
>>> enigste gemene faktor wat keer op keer opduik, as iemand hierdie vraag
>>> probeer antwoord, is ons TAAL - Afrikaans. En miskien soos Jonas gesê
>>> het daarmeegepaardgaande die WIL om een ('n afrikaner) te wees.
>>>
>>> Persoonlik sou ek voorstel dat dit die woord "afrikaner" maar net 'n
>>> konsep/begrip is wat miskien vergelyk kan word met ander konseptuele
>>> vrae soos die vraag van wat 'n "christen" of 'n "boedis" of hey -
>>> selfs wat 'n "amerikaner", dan is. :-)
>>> Ek dink dat die woord "afrikaner" in die konteks van jou vraag is 'n
>>> begripswoord wat op 'n "proses" dui - iets wat altyd in wording is, en
>>> nie noodwendig 'n konstante nie. 'n Begrip wat altyd sal verander na
>>> gelang van die geskiedkundige (en daarmee gepaardgaande ook natuurlik
>>> politieke omgewing/periode) waarin die "afrikaner" hom/haarself
>>> bevind.
>>> En ja - ek gorrel nou. :-))
>>>
>>
>
Re: Afrikaner [boodskap #62799 is 'n antwoord op boodskap #62771] So, 26 Mei 2002 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
VoetStoots  is tans af-lyn  VoetStoots
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Jan" skryf in boodskap news:LI_H8.30175$O82.1161736@news.webusenet.com...

>> 'n Afrikaner is iemand wat sê dat hy 'n
Afrikaner is....
Re: Afrikaner [boodskap #62801 is 'n antwoord op boodskap #62777] So, 26 Mei 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cf141f9_2@batman.vip-za.com...

> gerustheid by my standpunt bly. Ek het respek vir God en sy Woord en daarom
> sal ek Bybel met `n hoofletter bly skryf, hoop dit was maar net `n glips van
> jou vinger.

Jy moet tog maar versigtig wees met jou eie vingertjie ook, hoor. Maak tog
maar seker dat jy self ook al die woordjies wat met 'n hooflettertjie
geskryf behoort te word met 'n hooflettertjie skryf. Anders vrot daai
goddelose vingertjie van jou dalk eendag ewe skielik af.

Swart Simon
Re: Afrikaner [boodskap #62802 is 'n antwoord op boodskap #62799] So, 26 Mei 2002 22:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"VoetStoots" skryf in boodskap news:3cf12d1b$0$18850@hades.is.co.za...
> "Jan" wrote in message
> news:LI_H8.30175$O82.1161736@news.webusenet.com...
>
>>> 'n Afrikaner is iemand wat sê dat hy 'n
> Afrikaner is.... 10/10
>
> -VoetStoots
>
>

Laat dit so wees...

Q
Re: Afrikaner [boodskap #62803 is 'n antwoord op boodskap #62802] So, 26 Mei 2002 23:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Q" wrote:

> "VoetStoots" wrote in message
> news:3cf12d1b$0$18850@hades.is.co.za...
>> "Jan" wrote in message
>> news:LI_H8.30175$O82.1161736@news.webusenet.com...

>>>> 'n Afrikaner is iemand wat sê dat hy 'n
>> Afrikaner is.... 10/10

>> -VoetStoots


>
> Laat dit so wees...

Amen
:-)
Re: Afrikaner [boodskap #62806 is 'n antwoord op boodskap #62777] Ma, 27 Mei 2002 02:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Jammer om jou bubble te bars, maar dan het jy nie Hugenoot-voorsate nie.
> Hugenote was aanhangers van die Reformasie (di Protestante) wat sedert die
> verongelukte sameswering te Ambiose in 1560 Hugenote as skelnaam gekry het;
> van hulle het uit Frankryk gevlug vir hulle Protestantse geloof waarvan `n
> deel hulle gedurende 1688 - 1690 in SA kom vestig het.

So nou en maak Tant Hessie 'n vreeslike fout.
Hierdie is een van hulle. Ek neem aan die
Fouchés en Rossouws in my familie was Hugenote.
en dus Protestante. Dankie dat jy my fout uitge-
wys het.

Tant Hessie de la Rey
Re: Afrikaner [boodskap #62807 is 'n antwoord op boodskap #62780] Ma, 27 Mei 2002 02:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
> bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
> Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
> waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
> die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
> het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
> uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
> of afkeure.

Weet jy wanneer die woord "Afrikaner" die
eerste gedokumenteerde keer gebruik is. Ek
kan nie die besonderhede te goed onthou nie,
maar ek kan onthou dat twee seuns van 'n
slavin en 'n nederlander gevang is op 'n plek
waar hulle glo nie toegelaat is nie, en toe
iemand dreig om hulle gevange te neem vir
hierdie oortreding, toe opper hulle beswaar
en verklaar dat hulle "Afrikaners" is en nie
onderhewig aan die nederlandse wette nie. Die
woord "Afrikaner" is dus histories die eerste
keer gebruik deur 'n "kleurling." Hoekom word
dit nou geskaak vir wittes?

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62839 is 'n antwoord op boodskap #62807] Di, 28 Mei 2002 04:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie. Hier gaan ons weer. Laat die
Kleurlinge/Swartes/Pienkies/Rooietjies ens. hulle eie saak stel. Wil hulle
graag Afrikaners wees.
Dit laat my dink toe die eerste halsnoermoorde gepleeg is - die eerste ding
wat die wittes gedoen het was om 'n voorbeeld in hulle eie geskiedenis te
gaan soek toe hulle iets soortgelyk gedoen het. En ja daar was dit
heksejagtery ...

skryf in boodskap news:3CF199C7.7040906@rogers.com...
>
> johanls wrote:
>
>
>> Om uit die warboel van opinies `n definisie te vorm is dus as onhoudbaar
>> bewys. Die volgende stap is om vanuit die Sosiologie, Antropologie en
>> Kultuurgeskiedenis te gaan kyk na die persone, tyd, plek en omstandighede
>> waarbinne die benaming, in hierdie geval Afrikaner, eerste gebruik is. Deur
>> die ontstaansgeskiedenis na te vors, word al die latere gebeure wat gelei
>> het tot die vorming van die magdom (verwarrende)opinies oor die benaming,
>> uitgeskakel en kry mens `n beter vertrekpunt as die van mense se eie voor-
>> of afkeure.
>
> Weet jy wanneer die woord "Afrikaner" die
> eerste gedokumenteerde keer gebruik is. Ek
> kan nie die besonderhede te goed onthou nie,
> maar ek kan onthou dat twee seuns van 'n
> slavin en 'n nederlander gevang is op 'n plek
> waar hulle glo nie toegelaat is nie, en toe
> iemand dreig om hulle gevange te neem vir
> hierdie oortreding, toe opper hulle beswaar
> en verklaar dat hulle "Afrikaners" is en nie
> onderhewig aan die nederlandse wette nie. Die
> woord "Afrikaner" is dus histories die eerste
> keer gebruik deur 'n "kleurling." Hoekom word
> dit nou geskaak vir wittes?
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #62846 is 'n antwoord op boodskap #62807] Di, 28 Mei 2002 09:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan: Probeer asseblief dink waar jy hierdie inligting bekom het, want jou
bron kan vir my baie beteken. Ek weet nie of prof Le Roux hierdie ng volg
nie, indien wel middag prof, maar hy het vanoggend vir ons `n opdrag gegee
oor die herkoms van die begrippe Afrikaner, Afrikaan, Suid-Afrikaner,
Afrikaanse en Boer. So ek sal soveel as moontlik bronne hieroor waardeer.
Die oudste aanhaling van die woord "Afrikaner" wat ek so vinnig in die
Argief kon opspoor was 1618 gedurende die verset van die Vryburgers teen
goewerneur WA van der Stel waarin hul hulself "Africaanders" genoem het.
Ons moet dit waarskynlik sien as die eerste onbetwisbare aanduiding van `n
nasiegroep in wording. As jou bron die teendeel kan bewys sal ek dit
waardeer. Wie die benaming eerste gebruik het, sal beslissend wees vir die
daarstelling van `n moontlike 21ste eeuse definisie vir Afrikaners.

Gloudina:
> Weet jy wanneer die woord "Afrikaner" die
> eerste gedokumenteerde keer gebruik is. Ek
> kan nie die besonderhede te goed onthou nie,
> maar ek kan onthou dat twee seuns van 'n
> slavin en 'n nederlander gevang is op 'n plek
> waar hulle glo nie toegelaat is nie, en toe
> iemand dreig om hulle gevange te neem vir
> hierdie oortreding, toe opper hulle beswaar
> en verklaar dat hulle "Afrikaners" is en nie
> onderhewig aan die nederlandse wette nie. Die
> woord "Afrikaner" is dus histories die eerste
> keer gebruik deur 'n "kleurling." Hoekom word
> dit nou geskaak vir wittes?
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #62851 is 'n antwoord op boodskap #62846] Di, 28 Mei 2002 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Johan: Probeer asseblief dink waar jy hierdie inligting bekom het, want jou
> bron kan vir my baie beteken.

Wel, ek dink dis op hierdie nuusgroep aangehaal.
Ek wens ek kan dit beter onthou. Maar die ma was
een van daardie vroumense in die Kaapse geskiedenis
wat hulle Xxxx Van Xxxx noem, om te verduidelik van
watter oord sy kom, meestal in die Verre Ooste maar
ek dink daar was een van Mosambiek. En haar twee
seuns is vasgekeer in 'n meule nadat hulle een of
ander onskuldige ding gedoen het wat teen die reëls
van die H.O.I.C was. En dis toe dat een van hulle
protesteer en sê "Ik ben een Africaander" of soiets.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62858 is 'n antwoord op boodskap #62846] Di, 28 Mei 2002 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Gloudina,

My respek. Jy is rêrig die eerste persoon van hierdie nuusgroep
waarvan ek altyd min of meer geweet het dat sy 'n egte "Afrikaanse"
was. Ek het al meer verstaan oor Suid-Afrika deur jou kommentare as
deur baie andere ofskoon ek hulle daarom ook nie sal minag nie.

Norbert (uit Vlaanderen)
>
> Gloudina:
>> Weet jy wanneer die woord "Afrikaner" die
>> eerste gedokumenteerde keer gebruik is. Ek
>> kan nie die besonderhede te goed onthou nie,
>> maar ek kan onthou dat twee seuns van 'n
>> slavin en 'n nederlander gevang is op 'n plek
>> waar hulle glo nie toegelaat is nie, en toe
>> iemand dreig om hulle gevange te neem vir
>> hierdie oortreding, toe opper hulle beswaar
>> en verklaar dat hulle "Afrikaners" is en nie
>> onderhewig aan die nederlandse wette nie. Die
>> woord "Afrikaner" is dus histories die eerste
>> keer gebruik deur 'n "kleurling." Hoekom word
>> dit nou geskaak vir wittes?

>> Gloudina

>
Re: Afrikaner [boodskap #62864 is 'n antwoord op boodskap #62858] Di, 28 Mei 2002 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:

> Geagte Gloudina,
>
> My respek. Jy is rêrig die eerste persoon van hierdie nuusgroep
> waarvan ek altyd min of meer geweet het dat sy 'n egte "Afrikaanse"
> was. Ek het al meer verstaan oor Suid-Afrika deur jou kommentare as
> deur baie andere ofskoon ek hulle daarom ook nie sal minag nie.

RODVEL!!!! Dit is uiters amusant!! :-)))))))))))))
Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.
Afrikanerskap is soos wyn jong - dit verander met tyd, en baie faktore
speel 'n rol wat die eindproduk beinvloed. (Soms raak 'n heerlike wyn
selfs asyn as dit nie reg verouder word nie)
Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel, word - nie hier in Amerika
of Kanada of selfs Europa, Australië of waarokal nie.
Re: Afrikaner [boodskap #62865 is 'n antwoord op boodskap #62864] Di, 28 Mei 2002 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
> gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.

> Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
> skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
> probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
> waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel

Wel, my liewe "Katryn," jy ontleen jou skuilnaam
aan, as ek reg onthou, die Startrek sitcom.
( As daar nou een ding op TV is wat my net eenvoudig
koudlaat, dan is dit Startrek.)Dit wys al klaar dat
jou psige nie gesetel is in jou Afrikaansheid nie.
Het jy al ooit daaraan gedink dat die "kwaliteit"
van Afrikanerwees ook iets is wat in ag geneem moet
word. Daar is "sogenaamde" Afrikaners wat daar in
SA sit, maar hulle sit in 'n kultuursop wat nóg
Engels nóg Afrikaans nóg enige van die ander inheemse
kulture is. Hulle Afrikaans is beroerd, hulle ken baie
min van hulle taal of hulle Afrikaner-agtergrond. Hulle
is baiekeer baie "regs" en anti-swart of -bruin, iets
wat 'n Afrikaner van goeie inbors nie is nie.
So, miskien is Tant Hessie na oor die dertig jaar nog
meer van 'n "Afrikaner," en is dit dit wat Norbert opmerk.

Tant Hessie
Re: Afrikaner [boodskap #62869 is 'n antwoord op boodskap #62864] Di, 28 Mei 2002 19:12 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Laaste sondag het ek op die Vlaamse televisie 'n uitsending gesien oor
Suid-Afrika. Toevallig het hulle daarin gepraat oor daardie
wynproduksie van daardie land. Dit het my baie geïnteresseer veral
omdat ek self ook 'n (Vlaamse) amateur-wynmaker is. Daar was 'n Franse
vrou wat in die omgewing van Stellenbosch 'n wingerd aangekoop had 'n
paar jare nadat die swartmense in Suid-Afrika an die mag gekom het.
Toe was die prys van daardie wingerds baie goedkoop omdat die blanke
eienaars van die wingerds toe geen vertroue in die toekoms van hulle
eie bedryf meer gehad het nie. Nou bloei die wingerd na die finansiele
krisis van daardie dae soos voorheen en die Franse eienares het vir
ons in die uitsending gesê:"Ons moet verstaan dat in Suid-Afrika
verskillende gemeenskappe deur mekaar lewe en elke gemeenskap het sy
eie voor- en nadele. Maar ons moet saam vooruit en dis 'n eintlik 'n
saak om mekaar daarin te help en te ondersteun want anders gaan dit
nie." En die kameramense het ons toe getoon hoe in die wingerds daar
swartmense besig was om die druiwe te pluk en hoe die wyn in die vate
lei om daar te ryp. Daardie vrou het sy woorde nie in die Afrikaans
gesê nie maar wel in die Franse taal. Dit was nogal logies want elke
Vlaamse verslaggewer verstaan en praat ook Frans. Maar dit maak die
saak eintlik nie. Ofskoon daardie vrou nie in Suid-Afrika gebore is
nie het ek, soos by Gloudina, insgelyks die gevoel gehad dat sy die
siel van die egte Afrikaners heeltemal verstaan het. 'n Mens moet leer
om met elkeen saam te lewe en dit maak die saak nie of die andere
mense nou swart of blou of rood is. Ek sou daarom daaraan twyfel of
die egte siel van die Afrikaners slegs in Suid-Afrika kan teruggevind
word. Volgens my kom mense met 'n werklike Afrikaanse siel ooral op
die wêreld voor. Maar hulle praat daar nie oor nie. Hulle doen gewoon
hulle werk.

Die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Katryn schreef:

> sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:
>
>> Geagte Gloudina,

>> My respek. Jy is rêrig die eerste persoon van hierdie nuusgroep
>> waarvan ek altyd min of meer geweet het dat sy 'n egte "Afrikaanse"
>> was. Ek het al meer verstaan oor Suid-Afrika deur jou kommentare as
>> deur baie andere ofskoon ek hulle daarom ook nie sal minag nie.
>
> RODVEL!!!! Dit is uiters amusant!! :-)))))))))))))
> Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
> gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.
> Afrikanerskap is soos wyn jong - dit verander met tyd, en baie faktore
> speel 'n rol wat die eindproduk beinvloed. (Soms raak 'n heerlike wyn
> selfs asyn as dit nie reg verouder word nie)
> Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
> skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
> probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
> waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel, word - nie hier in Amerika
> of Kanada of selfs Europa, Australië of waarokal nie.
>
Vorige onderwerp: Blyplek innie Kaap
Volgende onderwerp: Helga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:00:18 MGT 2024