Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is hier?
Wie is hier? [boodskap #62586] Do, 23 Mei 2002 06:31 na volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Is daar van die getroue bydraers tot hierdie nuusgroep wat 'n idee het
hoeveel mense nog deelneem aan besprekings, of dan minstens ook skelmpies
"lurk" om so nou en dan 'n klip in die bos te gooi? Is dit net 'n klein,
getroue groepie, is dit twintig, vyftig, honderd of wat?

Ook, hoeveel is Nederlanders, Australiërs, Kanadese ensovoort?

Geen bybedoelings nie, net nuuskierig.

Koot

Koot
Re: Wie is hier? [boodskap #62590 is 'n antwoord op boodskap #62586] Do, 23 Mei 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie die vaagste benul nie Koot. Daar is selfs mense wat deelneem, lurk,
weggaan, en dan weer terugkom na 'n maand of twee.

Annette

"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:aci2bq$7bd$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Is daar van die getroue bydraers tot hierdie nuusgroep wat 'n idee het
> hoeveel mense nog deelneem aan besprekings, of dan minstens ook skelmpies
> "lurk" om so nou en dan 'n klip in die bos te gooi? Is dit net 'n klein,
> getroue groepie, is dit twintig, vyftig, honderd of wat?
>
> Ook, hoeveel is Nederlanders, Australiërs, Kanadese ensovoort?
>
> Geen bybedoelings nie, net nuuskierig.
>
> Koot
>
> Koot
>
Re: Wie is hier? [boodskap #62615 is 'n antwoord op boodskap #62586] Do, 23 Mei 2002 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Is daar van die getroue bydraers tot hierdie nuusgroep wat 'n idee het
> hoeveel mense nog deelneem aan besprekings, of dan minstens ook skelmpies
> "lurk" om so nou en dan 'n klip in die bos te gooi? Is dit net 'n klein,
> getroue groepie, is dit twintig, vyftig, honderd of wat?
>
> Ook, hoeveel is Nederlanders, Australiërs, Kanadese ensovoort?

Men may come, and men may go,
but Tant Hessie goes on forever.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
Re: Wie is hier? [boodskap #62622 is 'n antwoord op boodskap #62615] Do, 23 Mei 2002 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ongelukkig blyk dit wel so te wees - of dit die res van die ng tot droefenis
strek of nie - "her soul goes marching on..."

skryf in boodskap news:3CECF047.7060207@rogers.com...
>
> Koot Pieterse wrote:
>
>> Is daar van die getroue bydraers tot hierdie nuusgroep wat 'n idee het
>> hoeveel mense nog deelneem aan besprekings, of dan minstens ook skelmpies
>> "lurk" om so nou en dan 'n klip in die bos te gooi? Is dit net 'n klein,
>> getroue groepie, is dit twintig, vyftig, honderd of wat?
>>
>> Ook, hoeveel is Nederlanders, Australiërs, Kanadese ensovoort?
>
> Men may come, and men may go,
> but Tant Hessie goes on forever.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62625 is 'n antwoord op boodskap #62622] Do, 23 Mei 2002 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
groete Patrick (nou van Nederland)
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62657 is 'n antwoord op boodskap #62625] Vr, 24 Mei 2002 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Patrick,
Ek vind dit wonderlik dat julle wel hier saamlees. My groot vrees is dat die
nuusgroep gaan doodloop, of homself verteer in onderlinge argumentasies -
iets waarmee ons tradisioneel baie goed is. Ek onthou hoe het ons in die
negentigerjare moes baklei om 'n Afrikaanse nuusgroep gevestig te kry en dit
sal vir my hartseer wees as hier slegs 'n kwynende lesersgroep oorbly.

Koot

"L&P" skryf in boodskap news:ant2319260b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>
>
>
>
>
>
>
> Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
> dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
> reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
> groete Patrick (nou van Nederland)
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62659 is 'n antwoord op boodskap #62657] Vr, 24 Mei 2002 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koot ja, sonder om nou enigsins snaaks te wees - daar is BAIE mense wat hier
weg is agv die aantie se optrede hier ter plaatse - dis net ons paar
hardvogtiges wat op die tande kners en vasbyt.:))
Nietemin - hulle het hulself gevestig op ander forums en geselsgroepe, en as
jy sou belangstel kan ek jou van hulle vertel.

Annette

"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:ackm90$5m7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Patrick,
> Ek vind dit wonderlik dat julle wel hier saamlees. My groot vrees is dat die
> nuusgroep gaan doodloop, of homself verteer in onderlinge argumentasies -
> iets waarmee ons tradisioneel baie goed is. Ek onthou hoe het ons in die
> negentigerjare moes baklei om 'n Afrikaanse nuusgroep gevestig te kry en dit
> sal vir my hartseer wees as hier slegs 'n kwynende lesersgroep oorbly.
>
> Koot
>
> "L&P" wrote in message
> news:ant2319260b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>> Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
>> dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
>> reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
>> groete Patrick (nou van Nederland)
>
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62671 is 'n antwoord op boodskap #62659] Vr, 24 Mei 2002 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Koot ja, sonder om nou enigsins snaaks te wees - daar is BAIE mense wat hier
> weg is agv die aantie se optrede hier ter plaatse - dis net ons paar
> hardvogtiges wat op die tande kners en vasbyt.:))
> Nietemin - hulle het hulself gevestig op ander forums en geselsgroepe, en as
> jy sou belangstel kan ek jou van hulle vertel.

Wel, suster Annette. Ek wil nou nie met jou
verskil nie, maar onse dierbare DD du Plessis
het eenkeer gesê dat ek die rede is hoekom hy
op hierdie nuusgroep is.( Dit was toe Danielle
wou hê dat hy my op sy kill file moes sit.)
En suster Annette, jy gee my darem baie mag
as jy sê dat "baie mense hier weg is" as gevolg
van die "aantie" se optrede. Dink jy werklik ek
is so belangrik op hierdie nuusgroep?
En suster Annette, ek wil jou nou nog 'n ding
vra. Jy is die een wat met die "aantie" storie
begin het. Nou ek weet dat hierdie "aantie" woord
in onlangse Afrikaans begin het as 'n benaming vir
'n swart vrou, toe julle nou nie meer vry gevoel het
om die woord "meid" te gebruik nie. Dit is egter
net so neerbuigend en tiperend as die woord "meid"
in die mond van 'n sekere soort Afrikaner. Hoekom
gebruik jy hierdie woord "aantie" vir my? Hoekom
wil jy jou wip vir my? In watter opsig is ek 'n
bedreiging vir jou?

Tant Hessie van Swellendam.
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62675 is 'n antwoord op boodskap #62657] Vr, 24 Mei 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie, Koot. As ek goed onthou het ek al
in 1994 hierdie groep gelees, en nik shet verander nie - net die name wie
pos. Baie van die ander wyk uit bna ander lyste en hou hulself eerder daar
besig dan om in sinlose rondtes te redeneer met mense oor dinge waaroor
mense tog nie gaan saamstem nie. Wat ek betreur is die manier wat mense wat
waardevolle, intelligente bydraes gelewer het deur die jare in ondeurdagte
en persoonlike aanvalle verjaag is van hierdie lys. Hierdie lys is 'n
weerspieëling van die opinie van Afrikaners van alle instellings en
gedagtegange. Dit weerspieël egter ook die manier waarop die Afrikaner
oorgaan na persoonlike aanvalle as hulle nie meer weet hoe om te redeneer
nie.
Laat ek sien wie ek mis op hierdie groep...
Johan Potgieter
Henri Burger (Somtyds pos "Hennerietjie" nog vir Gloudien, so hy is nie
heeltemal weg nie - net afwesig)
Leendert van Oostrum
Ferdie Greyling
Griet
... en baie ander.

Gloudina is nie wat mense wegjaag nie. Dit is die frustrasie wat mense het
daarmee om dieselfde dinge oor en oor uit te lê aan mense wat geen behoefte
het om te probeer verstaan wat iemand met 'n andere siening het nie. Elkeen
kan van die ander leer as ons net bereid is om te luister. Miskien is dit
een van die redes waarom ek probeer om nie meer baie te pos soos in die
Negentigs nie. Ek het baie geleer oor dinge waaroor ek andersins miskien nie
eens 'n opinie sou hê nie.
Ek het by byna almal op hierdie groep wat pos iets geleer.
Ek leer wat kwets en wat gesond maak.
Ek leer hoe die waarheid as 'n leuen verkoop word en hoe die leuen as die
waarheid.
Ek leer hoeveel meer waarde intelligente argumentasie onderbou met feite het
dan emosionele uitbarstings.
Ek leer om simpatie te hê met die gebrek aan visie wat slaafse navolging van
opinies het.
Ek het geleer om begrip te hê vir die wat ander mense vervolg het in die tyd
wat rassisme weggesteek was 'n 'n pastei van "volk", "Afrikaner", "Swart
gevaar" en "rooi gevaar".
Ek het geleer om begrip te hê vir die wat maar net nie vrede daarmee kan
maak dat hulle nou die land op gelyke voet moet deel met die 90% van die
land wat vantevore nie gelyk was met hulle nie.
Ek het geleer om begrip te hê vir mense wat nie die stryd teen Apartheid kan
laat vaar nie.
Ek het geleer om respek te hê vir mense wat hul standpunte verdedig sonder
om te beledig
Ek het geleer om respek te hê vir mense wat bereid is om hul standpunte te
wysig in die lig van nuwe feite en debatte.

Dit sal maak dat hierdie groep bly voortbestaan.

-Gideon-

"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:ackm90$5m7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Patrick,
> Ek vind dit wonderlik dat julle wel hier saamlees. My groot vrees is dat die
> nuusgroep gaan doodloop, of homself verteer in onderlinge argumentasies -
> iets waarmee ons tradisioneel baie goed is. Ek onthou hoe het ons in die
> negentigerjare moes baklei om 'n Afrikaanse nuusgroep gevestig te kry en dit
> sal vir my hartseer wees as hier slegs 'n kwynende lesersgroep oorbly.
>
> Koot
>
> "L&P" wrote in message
> news:ant2319260b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>> Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
>> dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
>> reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
>> groete Patrick (nou van Nederland)
>
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62676 is 'n antwoord op boodskap #62659] Vr, 24 Mei 2002 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Vertel my ook seblief Annette.
Net it nuuskierigheid.

"Annette"
> Koot ja, sonder om nou enigsins snaaks te wees - daar is BAIE mense wat hier
> weg is agv die aantie se optrede hier ter plaatse - dis net ons paar
> hardvogtiges wat op die tande kners en vasbyt.:))
> Nietemin - hulle het hulself gevestig op ander forums en geselsgroepe, en as
> jy sou belangstel kan ek jou van hulle vertel.
>
> Annette
>
>
> "Koot Pieterse" wrote in message
> news:ackm90$5m7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Patrick,
>> Ek vind dit wonderlik dat julle wel hier saamlees. My groot vrees is dat
> die
>> nuusgroep gaan doodloop, of homself verteer in onderlinge argumentasies -
>> iets waarmee ons tradisioneel baie goed is. Ek onthou hoe het ons in die
>> negentigerjare moes baklei om 'n Afrikaanse nuusgroep gevestig te kry en
> dit
>> sal vir my hartseer wees as hier slegs 'n kwynende lesersgroep oorbly.
>>
>> Koot
>>
>> "L&P" wrote in message
>> news:ant2319260b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
>>> dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
>>> reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
>>> groete Patrick (nou van Nederland)
>>
>
aantie [boodskap #62677 is 'n antwoord op boodskap #62671] Vr, 24 Mei 2002 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Nou ek weet dat hierdie "aantie" woord
in onlangse Afrikaans begin het as 'n benaming vir
'n swart vrou, toe julle nou nie meer vry gevoel het
om die woord "meid" te gebruik nie. Dit is egter
net so neerbuigend en tiperend as die woord "meid"
in die mond van 'n sekere soort Afrikaner.

Wouter
Nee, Gloudina, dis 'n fabel. Antie en aantie is die plat
ekwivalente van tannie. Dit het 'n common klankie, maar
beslis nie 'n swart kleur nie. Ek het al mense neerhalend
hoor praat van swart tannies, maar nie anties nie.
Anties is wit. Soms common, maar beslis wit.

Die enigste moderne woordeboekinskrywing wat ek kry
stem ek nie al die pad mee saam nie, ek ken nie 'n antietjie
as endearing nie:
an´tie, (-s), (geselst.), aunt(ie), aunty; ~tjie, little aunt (endearing).
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62678 is 'n antwoord op boodskap #62675] Vr, 24 Mei 2002 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Ek is nogal jammer ek het na Leendert op die groep gekom. Het hom ander dag
op kampus ontmoet toe hy gepraat het oor Min Kader Asmal se nuwe
onderwyswet. Waarom het hy geloop? Die Johan Potgieter, van waar was hy?

> Gideon:
> Laat ek sien wie ek mis op hierdie groep...
> Johan Potgieter
> Henri Burger (Somtyds pos "Hennerietjie" nog vir Gloudien, so hy is nie
> heeltemal weg nie - net afwesig)
> Leendert van Oostrum
> Ferdie Greyling
> Griet
> ... en baie ander.
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62683 is 'n antwoord op boodskap #62678] Vr, 24 Mei 2002 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan woon in Minnesota in Amerika. Hy was 'n trainer in Cobol in SA en doen
dit bnog steeds so ver ek weet.
Hy is vol entoesiasme , en het so 'n bietjie as karaktereienskap dat die
enigste rede waarom hy ooit sy mond oopmaak is om sy voete om te ruil :)

Ek weet nie waarom Leendert nie so baie hier kom nie - seker te besig om te
raas met almal oor onderwys om nog hier te kan inloer.

-Gideon-

"johanls" skryf in boodskap news:3cef0756_2@batman.vip-za.com...
> Johan:
> Ek is nogal jammer ek het na Leendert op die groep gekom. Het hom ander dag
> op kampus ontmoet toe hy gepraat het oor Min Kader Asmal se nuwe
> onderwyswet. Waarom het hy geloop? Die Johan Potgieter, van waar was hy?
>
>> Gideon:
>> Laat ek sien wie ek mis op hierdie groep...
>> Johan Potgieter
>> Henri Burger (Somtyds pos "Hennerietjie" nog vir Gloudien, so hy is nie
>> heeltemal weg nie - net afwesig)
>> Leendert van Oostrum
>> Ferdie Greyling
>> Griet
>> ... en baie ander.
>
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62684 is 'n antwoord op boodskap #62675] Vr, 24 Mei 2002 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dis 'n baie mooi uiteensetting, Gids.
Sak hulle nie weer aansluit nie?

"Gids" skryf in boodskap news:k7vH8.8214$3g4.396137@zwoll1.home.nl...

> Laat ek sien wie ek mis op hierdie groep...
> Johan Potgieter
> Henri Burger (Somtyds pos "Hennerietjie" nog vir Gloudien, so hy is nie
> heeltemal weg nie - net afwesig)
> Leendert van Oostrum
> Ferdie Greyling
> Griet
> ... en baie ander.
>
> Gloudina is nie wat mense wegjaag nie. Dit is die frustrasie wat mense het
> daarmee om dieselfde dinge oor en oor uit te lê aan mense wat geen behoefte
> het om te probeer verstaan wat iemand met 'n andere siening het nie. Elkeen
> kan van die ander leer as ons net bereid is om te luister. Miskien is dit
> een van die redes waarom ek probeer om nie meer baie te pos soos in die
> Negentigs nie. Ek het baie geleer oor dinge waaroor ek andersins miskien nie
> eens 'n opinie sou hê nie.
> Ek het by byna almal op hierdie groep wat pos iets geleer.
> Ek leer wat kwets en wat gesond maak.
> Ek leer hoe die waarheid as 'n leuen verkoop word en hoe die leuen as die
> waarheid.
> Ek leer hoeveel meer waarde intelligente argumentasie onderbou met feite het
> dan emosionele uitbarstings.
> Ek leer om simpatie te hê met die gebrek aan visie wat slaafse navolging van
> opinies het.
> Ek het geleer om begrip te hê vir die wat ander mense vervolg het in die tyd
> wat rassisme weggesteek was 'n 'n pastei van "volk", "Afrikaner", "Swart
> gevaar" en "rooi gevaar".
> Ek het geleer om begrip te hê vir die wat maar net nie vrede daarmee kan
> maak dat hulle nou die land op gelyke voet moet deel met die 90% van die
> land wat vantevore nie gelyk was met hulle nie.
> Ek het geleer om begrip te hê vir mense wat nie die stryd teen Apartheid kan
> laat vaar nie.
> Ek het geleer om respek te hê vir mense wat hul standpunte verdedig sonder
> om te beledig
> Ek het geleer om respek te hê vir mense wat bereid is om hul standpunte te
> wysig in die lig van nuwe feite en debatte.
>
> Dit sal maak dat hierdie groep bly voortbestaan.
>
> -Gideon-
>
>
> "Koot Pieterse" schreef in bericht
> news:ackm90$5m7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Patrick,
>> Ek vind dit wonderlik dat julle wel hier saamlees. My groot vrees is dat die
>> nuusgroep gaan doodloop, of homself verteer in onderlinge argumentasies -
>> iets waarmee ons tradisioneel baie goed is. Ek onthou hoe het ons in die
>> negentigerjare moes baklei om 'n Afrikaanse nuusgroep gevestig te kry en dit
>> sal vir my hartseer wees as hier slegs 'n kwynende lesersgroep oorbly.
>>
>> Koot
>>
>> "L&P" wrote in message
>> news:ant2319260b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
>>> dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
>>> reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
>>> groete Patrick (nou van Nederland)
>>
>
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62686 is 'n antwoord op boodskap #62684] Vr, 24 Mei 2002 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Weet ek nie Rosie

Ek dink mense kry ander dinge om hulself besig te hou. Ek dink baie van
hulle loer in so af en toe, maar is nie lus om weer in die ou diskussies
betrokke te raak nie.

Hoe lyk die Henri? Jy lees nog hier?
Die ander ook. S^e maar net ja - dan weet die newbies hulle word nog
dopgehou ;)

"Rosie" skryf in boodskap news:acm560$2b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis 'n baie mooi uiteensetting, Gids.
> Sak hulle nie weer aansluit nie?
>
> "Gids" wrote in message
> news:k7vH8.8214$3g4.396137@zwoll1.home.nl...
>
>> Laat ek sien wie ek mis op hierdie groep...
>> Johan Potgieter
>> Henri Burger (Somtyds pos "Hennerietjie" nog vir Gloudien, so hy is nie
>> heeltemal weg nie - net afwesig)
>> Leendert van Oostrum
>> Ferdie Greyling
>> Griet
>> ... en baie ander.
>>
>> Gloudina is nie wat mense wegjaag nie. Dit is die frustrasie wat mense het
>> daarmee om dieselfde dinge oor en oor uit te lê aan mense wat geen behoefte
>> het om te probeer verstaan wat iemand met 'n andere siening het nie. Elkeen
>> kan van die ander leer as ons net bereid is om te luister. Miskien is dit
>> een van die redes waarom ek probeer om nie meer baie te pos soos in die
>> Negentigs nie. Ek het baie geleer oor dinge waaroor ek andersins miskien nie
>> eens 'n opinie sou hê nie.
>> Ek het by byna almal op hierdie groep wat pos iets geleer.
>> Ek leer wat kwets en wat gesond maak.
>> Ek leer hoe die waarheid as 'n leuen verkoop word en hoe die leuen as die
>> waarheid.
>> Ek leer hoeveel meer waarde intelligente argumentasie onderbou met feite het
>> dan emosionele uitbarstings.
>> Ek leer om simpatie te hê met die gebrek aan visie wat slaafse navolging van
>> opinies het.
>> Ek het geleer om begrip te hê vir die wat ander mense vervolg het in die tyd
>> wat rassisme weggesteek was 'n 'n pastei van "volk", "Afrikaner", "Swart
>> gevaar" en "rooi gevaar".
>> Ek het geleer om begrip te hê vir die wat maar net nie vrede daarmee kan
>> maak dat hulle nou die land op gelyke voet moet deel met die 90% van die
>> land wat vantevore nie gelyk was met hulle nie.
>> Ek het geleer om begrip te hê vir mense wat nie die stryd teen Apartheid kan
>> laat vaar nie.
>> Ek het geleer om respek te hê vir mense wat hul standpunte verdedig sonder
>> om te beledig
>> Ek het geleer om respek te hê vir mense wat bereid is om hul standpunte te
>> wysig in die lig van nuwe feite en debatte.
>>
>> Dit sal maak dat hierdie groep bly voortbestaan.
>>
>> -Gideon-
>>
>>
>> "Koot Pieterse" schreef in bericht
>> news:ackm90$5m7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Patrick,
>>> Ek vind dit wonderlik dat julle wel hier saamlees. My groot vrees is dat die
>>> nuusgroep gaan doodloop, of homself verteer in onderlinge argumentasies -
>>> iets waarmee ons tradisioneel baie goed is. Ek onthou hoe het ons in die
>>> negentigerjare moes baklei om 'n Afrikaanse nuusgroep gevestig te kry en dit
>>> sal vir my hartseer wees as hier slegs 'n kwynende lesersgroep oorbly.
>>>
>>> Koot
>>>
>>> "L&P" wrote in message
>>> news:ant2319260b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>> Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
>>>> dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
>>>> reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
>>>> groete Patrick (nou van Nederland)
>>>
>>
>
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62690 is 'n antwoord op boodskap #62678] Vr, 24 Mei 2002 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
The Minnesotian  is tans af-lyn  The Minnesotian
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 24 May 2002 20:42:03 +0200, "johanls"
wrote:

> Johan:
> Ek is nogal jammer ek het na Leendert op die groep gekom. Het hom ander dag
> op kampus ontmoet toe hy gepraat het oor Min Kader Asmal se nuwe
> onderwyswet. Waarom het hy geloop? Die Johan Potgieter, van waar was hy?
>

Iemand wat meer nuuskierig is oor Johan Potgieter
as jy, is ek Johan. Op 'n stadium is ek uitgeskel
vir kalkoenboerdery (asof dit van laer status sou
wees:-) en ek is selfs gedreig dat my predikant
in Minnesota van my doen en late sou hoor.
My vrou se naam het ek ook geken, want
ek was tot met haar gedreig, en op 'n
blatante manier vertel dat Johan
Potgieter en Tannie Wayless
nie op baie goeie voet met
mekaar is nie:-)))

Johan Potgieter
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62692 is 'n antwoord op boodskap #62686] Vr, 24 Mei 2002 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Hier is baie mense wat hier loer. Miskien is hulle tog hier van tyd tot tyd.

Leendert het ek ook per geleentheid telefonies ontmoet.
Baie belese en intelligent man.

"Gids" skryf in boodskap news:wWwH8.8541$3g4.437157@zwoll1.home.nl...
> Weet ek nie Rosie
>
> Ek dink mense kry ander dinge om hulself besig te hou. Ek dink baie van
> hulle loer in so af en toe, maar is nie lus om weer in die ou diskussies
> betrokke te raak nie.
>
Re: aantie [boodskap #62694 is 'n antwoord op boodskap #62677] Vr, 24 Mei 2002 21:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Nee, Gloudina, dis 'n fabel. Antie en aantie is die plat
> ekwivalente van tannie. Dit het 'n common klankie, maar
> beslis nie 'n swart kleur nie. Ek het al mense neerhalend
> hoor praat van swart tannies, maar nie anties nie.
> Anties is wit. Soms common, maar beslis wit.

Wel, Wouter, laas toe ek in SA was, het ek
menige mense hoor praat van die "aanties,"
kompleet met die lang -a- en al. En daar
was geen twyfel dat hulle na swart vroue
verwys nie. Dit was gewoonlik nie derogatief
gebruik nie. Maar waar die persoon vantevore
die woord ook in 'n on-derogatiewe manier
gebruik het, het hulle nou aantie gesê. Ek
maak hierdie ding nie op nie. Ek het dit met
my eie ore gehoor. Miskien het hulle dit nie
in die Boland nie. Maar ek het dit in Gauteng
gehoor en ek het dit in Nstal gehoor.

Gloudina
Die dierbare en nimlike DD... [boodskap #62696 is 'n antwoord op boodskap #62671] Vr, 24 Mei 2002 23:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Ek wil nou nie met jou
> verskil nie, maar onse dierbare DD du Plessis
> het eenkeer gesê dat ek die rede is hoekom hy
> op hierdie nuusgroep is.( Dit was toe Danielle
> wou hê dat hy my op sy kill file moes sit.)

Ja, ek onthou dit nog. Ek glo steeds dis weens daardie Oedipus
kompleks van hom, wat hy sulke uitlatings maak.

Danielle - die boring ou wit omie met teveel tyd op my hande
en met 'n effeminate alter ego. Ook leeg, 'n swyn en drek, nuutjie
wat Americans probeer out-American, verkleurmannetjie, jaloers,
holografiese faset en jellievis en platanna - wat jou altyd laat koue
rillings kry.

Lekker naweek!
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62701 is 'n antwoord op boodskap #62678] Sa, 25 Mei 2002 04:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Leendert, soos die meeste ander, het net nie meer lus vir die aantie en haar
nonsens gehad nie, dis al.
Dus liewe JohanIs, laat ons sien hoe goed jou selfbeheersing en
uithoudingsvermoë is:))
Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3cef0756_2@batman.vip-za.com...
> Johan:
> Ek is nogal jammer ek het na Leendert op die groep gekom. Het hom ander dag
> op kampus ontmoet toe hy gepraat het oor Min Kader Asmal se nuwe
> onderwyswet. Waarom het hy geloop? Die Johan Potgieter, van waar was hy?
>
>> Gideon:
>> Laat ek sien wie ek mis op hierdie groep...
>> Johan Potgieter
>> Henri Burger (Somtyds pos "Hennerietjie" nog vir Gloudien, so hy is nie
>> heeltemal weg nie - net afwesig)
>> Leendert van Oostrum
>> Ferdie Greyling
>> Griet
>> ... en baie ander.
>
Skei uit! [boodskap #62712 is 'n antwoord op boodskap #62690] Sa, 25 Mei 2002 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Skei uit DD, Didi, Dave, Dawie, Veldmuis e.a., oftewel Dave du Plessis.

Dis kinderagtig en imbesiel om jou hier te kom uitgee vir Johan Potgieter.
Daar is in elk geval geen manier waarop jy in sy onderhoudende styl kan
skryf nie. En jy gee die ng 'n slegte naam met sulke onderduimsheid.

Net ingeval bostaande nie duidelik genoeg is nie: Voertsek, jou vark!

Wouter

"The Minnesotian" skryf in boodskap news:9n9teuolrbj0rkmaj1da73f88367ajm1p9@4ax.com...
On Fri, 24 May 2002 20:42:03 +0200, "johanls"
wrote:

> Johan:
> Ek is nogal jammer ek het na Leendert op die groep gekom. Het hom ander dag
> op kampus ontmoet toe hy gepraat het oor Min Kader Asmal se nuwe
> onderwyswet. Waarom het hy geloop? Die Johan Potgieter, van waar was hy?
>

Iemand wat meer nuuskierig is oor Johan Potgieter
as jy, is ek Johan. Op 'n stadium is ek uitgeskel
vir kalkoenboerdery (asof dit van laer status sou
wees:-) en ek is selfs gedreig dat my predikant
in Minnesota van my doen en late sou hoor.
My vrou se naam het ek ook geken, want
ek was tot met haar gedreig, en op 'n
blatante manier vertel dat Johan Potgieter en Tannie Wayless
nie op baie goeie voet met mekaar is nie:-)))

Johan Potgieter
Re: Die dierbare en nimlike DD... [boodskap #62715 is 'n antwoord op boodskap #62696] Sa, 25 Mei 2002 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
huh??????? is ek in 'n blonde oomblik?
>
> Danielle - die boring ou wit omie met teveel tyd op my hande en met 'n
effeminate alter ego. Ook leeg, 'n swyn en drek, nuutjie wat Americans
probeer out-American, verkleurmannetjie, jaloers, holografiese faset en
jellievis en platanna - wat jou altyd laat koue rillings kry.
Re: Die dierbare en nimlike DD... [boodskap #62718 is 'n antwoord op boodskap #62715] Sa, 25 Mei 2002 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ontspan Rosie, dit is maar net 'n paar van die meer gemoedelike goedjies wat
Gloudina vir Danielle al toegesnou het.
Annette

"Rosie" skryf in boodskap news:acnf5g$9bm$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> huh??????? is ek in 'n blonde oomblik?
>>
>> Danielle - die boring ou wit omie met teveel tyd op my hande en met 'n
> effeminate alter ego. Ook leeg, 'n swyn en drek, nuutjie wat Americans
> probeer out-American, verkleurmannetjie, jaloers, holografiese faset en
> jellievis en platanna - wat jou altyd laat koue rillings kry.
>
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62719 is 'n antwoord op boodskap #62675] Sa, 25 Mei 2002 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
...en ek het geleer dat 'n mens maar gerus na jou kan luister. Dankie vir 'n
weldeurdagte, insiggewende antwoord.

Ek geniet almal se bydraes en ek wens ook net mense wil mekaar nie so
ernstig opneem nie.

Ek het intussen ook getroos geraak - daar is genoeg "biodiversiteit" om die
groep aan die lewe te hou. As dit 'n enkele belang sou doen sou dit
doodbloei.

Koot

"Gids" skryf in boodskap news:k7vH8.8214$3g4.396137@zwoll1.home.nl...
> Jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie, Koot. As ek goed onthou het ek al
> in 1994 hierdie groep gelees, en nik shet verander nie - net die name wie
> pos. Baie van die ander wyk uit bna ander lyste en hou hulself eerder daar
> besig dan om in sinlose rondtes te redeneer met mense oor dinge waaroor
> mense tog nie gaan saamstem nie. Wat ek betreur is die manier wat mense wat
> waardevolle, intelligente bydraes gelewer het deur die jare in ondeurdagte
> en persoonlike aanvalle verjaag is van hierdie lys. Hierdie lys is 'n
> weerspieëling van die opinie van Afrikaners van alle instellings en
> gedagtegange. Dit weerspieël egter ook die manier waarop die Afrikaner
> oorgaan na persoonlike aanvalle as hulle nie meer weet hoe om te redeneer
> nie.
> Laat ek sien wie ek mis op hierdie groep...
> Johan Potgieter
> Henri Burger (Somtyds pos "Hennerietjie" nog vir Gloudien, so hy is nie
> heeltemal weg nie - net afwesig)
> Leendert van Oostrum
> Ferdie Greyling
> Griet
> ... en baie ander.
>
> Gloudina is nie wat mense wegjaag nie. Dit is die frustrasie wat mense het
> daarmee om dieselfde dinge oor en oor uit te lê aan mense wat geen behoefte
> het om te probeer verstaan wat iemand met 'n andere siening het nie. Elkeen
> kan van die ander leer as ons net bereid is om te luister. Miskien is dit
> een van die redes waarom ek probeer om nie meer baie te pos soos in die
> Negentigs nie. Ek het baie geleer oor dinge waaroor ek andersins miskien nie
> eens 'n opinie sou hê nie.
> Ek het by byna almal op hierdie groep wat pos iets geleer.
> Ek leer wat kwets en wat gesond maak.
> Ek leer hoe die waarheid as 'n leuen verkoop word en hoe die leuen as die
> waarheid.
> Ek leer hoeveel meer waarde intelligente argumentasie onderbou met feite het
> dan emosionele uitbarstings.
> Ek leer om simpatie te hê met die gebrek aan visie wat slaafse navolging van
> opinies het.
> Ek het geleer om begrip te hê vir die wat ander mense vervolg het in die tyd
> wat rassisme weggesteek was 'n 'n pastei van "volk", "Afrikaner", "Swart
> gevaar" en "rooi gevaar".
> Ek het geleer om begrip te hê vir die wat maar net nie vrede daarmee kan
> maak dat hulle nou die land op gelyke voet moet deel met die 90% van die
> land wat vantevore nie gelyk was met hulle nie.
> Ek het geleer om begrip te hê vir mense wat nie die stryd teen Apartheid kan
> laat vaar nie.
> Ek het geleer om respek te hê vir mense wat hul standpunte verdedig sonder
> om te beledig
> Ek het geleer om respek te hê vir mense wat bereid is om hul standpunte te
> wysig in die lig van nuwe feite en debatte.
>
> Dit sal maak dat hierdie groep bly voortbestaan.
>
> -Gideon-
>
>
> "Koot Pieterse" schreef in bericht
> news:ackm90$5m7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Patrick,
>> Ek vind dit wonderlik dat julle wel hier saamlees. My groot vrees is dat die
>> nuusgroep gaan doodloop, of homself verteer in onderlinge argumentasies -
>> iets waarmee ons tradisioneel baie goed is. Ek onthou hoe het ons in die
>> negentigerjare moes baklei om 'n Afrikaanse nuusgroep gevestig te kry en dit
>> sal vir my hartseer wees as hier slegs 'n kwynende lesersgroep oorbly.
>>
>> Koot
>>
>> "L&P" wrote in message
>> news:ant2319260b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> Ek is ook hier - ek lees julle beriggies
>>> dagliks - dis egter baie min dat ek 'n
>>> reaksie pos, maar ek geniet die diskussies.
>>> groete Patrick (nou van Nederland)
>>
>
Re: Die dierbare en nimlike DD... [boodskap #62725 is 'n antwoord op boodskap #62696] Sa, 25 Mei 2002 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 May 2002 19:22:24 -0400, Katryn wrote:

> "@rogers.com" wrote:
>
>> Ek wil nou nie met jou
>> verskil nie, maar onse dierbare DD du Plessis
>> het eenkeer gesê dat ek die rede is hoekom hy
>> op hierdie nuusgroep is.( Dit was toe Danielle
>> wou hê dat hy my op sy kill file moes sit.)
>
> Ja, ek onthou dit nog. Ek glo steeds dis weens daardie Oedipus
> kompleks van hom, wat hy sulke uitlatings maak.

Betreffende die Oedipus beskuldiging - heelwaarskynlik
sal jy dit baie interessant vind om te weet dat my skelm
20 jaar (19 jaar en enkele maande) jonger as ek is.

DD
Re: Die dierbare en nimlike DD... [boodskap #62728 is 'n antwoord op boodskap #62696] Sa, 25 Mei 2002 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Ja, ek onthou dit nog. Ek glo steeds dis weens daardie Oedipus
> kompleks van hom, wat hy sulke uitlatings maak.
>
> Danielle

Hoekom 'n Oedipus kompleks? Hoekom nie 'n
Elektra kompleks nie?

Gloudina
Re: Skei uit! [boodskap #62729 is 'n antwoord op boodskap #62712] Sa, 25 Mei 2002 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 May 2002 07:59:04 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Skei uit DD, Didi, Dave, Dawie, Veldmuis e.a., oftewel Dave du Plessis.
>
> Dis kinderagtig en imbesiel om jou hier te kom uitgee vir Johan Potgieter.
> Daar is in elk geval geen manier waarop jy in sy onderhoudende styl kan
> skryf nie. En jy gee die ng 'n slegte naam met sulke onderduimsheid.
>
> Net ingeval bostaande nie duidelik genoeg is nie: Voertsek, jou vark!
>
> Wouter
>

Jy's te onosel om te weet wat ek hier sê, modderige vark!
Mense wat lank genoeg op die groep is weet
presies wat ek hier gesê het. Gloudina
in detail. Ek hoop dat hulle jou nie
gaan reghelp nie, want dit gaan
jou nie aan nie, en menige glimlag
het jou brief hier gelees, want
jy is een van die nuwelinge hier.

Aan die res: Dit gaan die vark
geensins aan wat ek hier
opgehaal het nie,

DD

>
> Iemand wat meer nuuskierig is oor Johan Potgieter
> as jy, is ek Johan.
knip
knip
knip
>
> Johan Potgieter
>
Re: Skei uit! [boodskap #62740 is 'n antwoord op boodskap #62729] Sa, 25 Mei 2002 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 May 2002 13:49:02 +0200, Davie Davis wrote:

> . Ek hoop dat hulle jou nie
> gaan reghelp nie, want dit gaan
> jou nie aan nie, en menige glimlag
> het jou brief hier gelees, want
> jy is een van die nuwelinge hier.
>
> DD
>


Skielik dink ek weer aan die brief.
En wat ek van nuwelinge gepraat het.
En nou dink ek dat die enigste mense
hier wat weet waaroor dit gaan
die twee vriendinne is. Want selfs
Lou het dik geword vir die site.
So eintlik het net Gloudina en Danielle
die strekking hiervan begryp. Die
skrywe was eintlik vir Gloudina:-))-O

DD
Re: Die dierbare en nimlike DD... [boodskap #62745 is 'n antwoord op boodskap #62725] Sa, 25 Mei 2002 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Betreffende die Oedipus beskuldiging - heelwaarskynlik
> sal jy dit baie interessant vind om te weet dat my skelm
> 20 jaar (19 jaar en enkele maande) jonger as ek is.

:-))) Ek is sprakeloos!!
Re: Skei uit! [boodskap #62750 is 'n antwoord op boodskap #62740] Sa, 25 Mei 2002 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis"
> Ek hoop dat hulle jou nie gaan reghelp nie, want dit gaan
> jou nie aan nie, en menige glimlag het jou brief hier gelees, want
> jy is een van die nuwelinge hier. DD

Weer DD : En nou dink ek dat die enigste mense hier wat weet
waaroor dit gaan die twee vriendinne is. Want selfs Lou het dik
geword vir die site. So eintlik het net Gloudina en Danielle die
strekking hiervan begryp. Die skrywe was eintlik vir Gloudina:-))-O

Wouter:
Dit het niks te doen met hoe lank jy of ek hier is nie, du Plessis.
(Jy weet in elk geval nie hoe lank ek al hier is nie)
Ook nie vir wie dit bedoel was nie

Om mense te impersoneer is lafhartig en die heel die laagste
vorm van misleiding. Skei uit daarmee as jy wil hê beskaafde
mense moet hier oorbly. Want jy is kapabel om vir enige een
wat hier skryf woorde onder sy of haar naam in die mond te
probeer lê.

Hoekom vra jy nie die twee vriendinne om ons te vertel wat
hulle van jou "poging" hier onder dink nie?

----Oorspronklike Boodskap---------------------

Wouter.
Skei uit DD, Didi, Dave, Dawie, Veldmuis e.a., oftewel Dave du Plessis.

Dis kinderagtig en imbesiel om jou hier te kom uitgee vir Johan Potgieter.
Daar is in elk geval geen manier waarop jy in sy onderhoudende styl kan
skryf nie. En jy gee die ng 'n slegte naam met sulke onderduimsheid.

Net ingeval bostaande nie duidelik genoeg is nie: Voertsek, jou vark!

Wouter

"The Minnesotian"
pc53-01-p151.nt.saix.net
wrote in message news:9n9teuolrbj0rkmaj1da73f88367ajm1p9@4ax.com...
On Fri, 24 May 2002 20:42:03 +0200,

Iemand wat meer nuuskierig is oor Johan Potgieter
as jy, is ek Johan. Op 'n stadium is ek uitgeskel
vir kalkoenboerdery (asof dit van laer status sou
wees:-) en ek is selfs gedreig dat my predikant
in Minnesota van my doen en late sou hoor.
My vrou se naam het ek ook geken, want ek was tot met haar
gedreig, en op 'n blatante manier vertel dat Johan Potgieter
en Tannie Wayless nie op baie goeie voet met mekaar is nie:-)))

Johan Potgieter
Re: Skei uit! [boodskap #62752 is 'n antwoord op boodskap #62750] Sa, 25 Mei 2002 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 May 2002 21:02:13 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

Skei jy uit kleintjie
want soos reeds gesê
het die vir wie dit bedoel
was, geweet presies waaroor
dit gaan. Die heel eerste sin in
my skrywe het dit gesê. Jy was
te stadig om dit te kliek. In herhaling,
wie dit moes verstaan, het dit verstaan.
So om watter rede sal ek dit met jou bespreek?

DD
Re: Skei uit! [boodskap #62753 is 'n antwoord op boodskap #62750] Sa, 25 Mei 2002 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Weer DD : En nou dink ek dat die enigste mense hier wat weet
> waaroor dit gaan die twee vriendinne is. Want selfs Lou het dik
> geword vir die site. So eintlik het net Gloudina en Danielle die
> strekking hiervan begryp. Die skrywe was eintlik vir Gloudina:-))-O
>
> Wouter:
> Om mense te impersoneer is lafhartig en die heel die laagste
> vorm van misleiding. Skei uit daarmee as jy wil hê beskaafde
> mense moet hier oorbly. Want jy is kapabel om vir enige een
> wat hier skryf woorde onder sy of haar naam in die mond te
> probeer lê.
>
> Hoekom vra jy nie die twee vriendinne om ons te vertel wat
> hulle van jou "poging" hier onder dink nie?

Danielle:
Ek het vroeër vandag 'n poging aangewend om my persoonlike gevoelens
oor hierdie saak aan DD te probeer uitwys, maar het alles uitgevee
voor ek die stuur knoppie gedruk het. Ek probeer weer...
DD, ek weet en sien dat jy 'n groot rol speel om ons klein groepie
uiteenlopende persoonlikhede wat hier deelneem, bymekaar te probeer
hou, en hierdie groepie te laat werk. Ons het al ons verskille gehad,
en elke keer kon ons vergewe en vergeet en in vriendskap aangaan.
Dankie daarvoor.

Maar hierdie ding van jou om ander mense/persoonlikhede te probeer
naboots, steek my ook elke keer dwars in die krop. Dit is werklik
swak netiket en ek moet heelhartig met Wouter saamstem.
Dis nie jou WOORDE of selfs wat jy geskryf het nie (ek het dit met 'n
glimlag gelees - soos gewoonlik). Dit is die feit dat jy J0p0
doelbewus probeer namaak het. Jy het selfs sy naam "geteken". Ons
het al 'n hele paar keer met jou daaroor probeer praat. Impersonasie
is laakbare gedrag - in alle fasette van die lewe - maar veral op
nuusgroepe.
Ek dink ek verstaan waarom jy dit hierdie keer gedoen het, maar dit
bly nogsteeds verkeerd. Jy kon eerder dieselfde woorde gebruik het,
maar onder een van jou eie skuilname geskryf het - en dit DUIDELIK
gemaak het dat jy *NIE* J0p0 is nie. Daar is 'n verskil...

Jou rerige skuilname soos Speedy Gonzales, aan die ander kant is rerig
oulik.! Terloops, groete aan Speedy! :-))

Manuel - "Speedy Gonzales? Who's he?"
José - "Speedy Gonzales, he's the fastest mouse in all Méjico. You
don't catch heem with the feets, you got to catch heem with ze
brains."
Re: Skei uit! [boodskap #62756 is 'n antwoord op boodskap #62753] Sa, 25 Mei 2002 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 May 2002 15:53:49 -0400, Katryn wrote:

Danielle, oor vier ure vertrek ek na Durban. Tasse staan en wag
op die sitkamermat. Môreoggend tienuur sal ek weet hoe lank
ek daar sal wees. Dit kan wissel tussen 'n week tot drie. Ek
het 'n Notebook by my maar gebruik dit basies vir
Intranet. Wanneer ek terug is sal ek antwoord
op die brief.

Dawie
Re: Skei uit! [boodskap #62757 is 'n antwoord op boodskap #62756] Sa, 25 Mei 2002 20:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Danielle, oor vier ure vertrek ek na Durban. Tasse staan en wag
> op die sitkamermat. Môreoggend tienuur sal ek weet hoe lank
> ek daar sal wees. Dit kan wissel tussen 'n week tot drie. Ek
> het 'n Notebook by my maar gebruik dit basies vir
> Intranet. Wanneer ek terug is sal ek antwoord
> op die brief.

Jy en Sakkie moet dalk bymekaar probeer kom en 'n paar biere namens
ons almal drink op die nuusgroep? :-)
Maar - op 'n meer ernstige noot. Geniet jou reis, wees versigtig en
kom veilig terug. Gahoor?
:-)
Re: Skei uit! [boodskap #62759 is 'n antwoord op boodskap #62757] Sa, 25 Mei 2002 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 May 2002 16:39:47 -0400, Katryn wrote:

> Jy en Sakkie moet dalk bymekaar probeer kom en 'n paar biere namens
> ons almal drink op die nuusgroep? :-)
> Maar - op 'n meer ernstige noot. Geniet jou reis, wees versigtig en
> kom veilig terug. Gahoor?
> :-)
>

Dankie vir jou mooi wense. Die bier drinkery
sal op 'n hewige skindersessie dui. 'n Paar biere drink
namens almal op die nuusgroep? Namens sommiges sal
ek 'n lekker Kasteel of Hansa drink en sommiges sal ek selfs
gedenk met 'n peppermint likeur maar ander sal moet verstaan as ek
voel dat hulle 'n bitter Milk Stout regverdig.
Re: Skei uit! [boodskap #62760 is 'n antwoord op boodskap #62759] Sa, 25 Mei 2002 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Dankie vir jou mooi wense. Die bier drinkery
> sal op 'n hewige skindersessie dui.

Ek dog dis net vrouens wat so lief is vir skinder?
Buitendien glo ek nie jy of Sakkie is die skindertipe nie - so...:-)

> 'n Paar biere drink
> namens almal op die nuusgroep?

Ja - definitief! :-)

> Namens sommiges sal
> ek 'n lekker Kasteel of Hansa drink en sommiges sal ek selfs
> gedenk met 'n peppermint likeur maar ander sal moet verstaan as ek
> voel dat hulle 'n bitter Milk Stout regverdig.

Jy weet natuurlik dat "milk stout" ook na verwys word as "sweet
stout"? So, selfs die ou Whitbread's Mackeson sal dalk nie te sleg
wees nie? Dis ten minste baie gesond! :-)
Die bittersoet van menswees... :-))
Re: Skei uit! [boodskap #62765 is 'n antwoord op boodskap #62753] Sa, 25 Mei 2002 22:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Danielle:
Maar hierdie ding van jou om ander mense/persoonlikhede te probeer
naboots, steek my ook elke keer dwars in die krop. Dit is werklik
swak netiket en ek moet heelhartig met Wouter saamstem. Dit is die
feit dat jy J0p0 doelbewus probeer namaak het. Jy het selfs sy
naam "geteken".

Wouter
Ek stem met al jou sentimente saam, Danielle. Maar jy gebruik
eufemismes. Hierdie is baie ver by swak netiket verby, netiket
dek nie bedrog soos wat DD hier gepleeg het nie.
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62776 is 'n antwoord op boodskap #62625] So, 26 Mei 2002 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoor hoor.

"Frikkie Potgieter"

Begin die verlede vergeet, miskien klink jy dan beter..

Hantamkind
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62779 is 'n antwoord op boodskap #62625] So, 26 Mei 2002 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Frikkie Potgieter wrote:

> Moet net nie dink dat jy `n fluitjie het nie want jy het niks....
>
> Dis net al die stront wat jy hier kwytraak wat mens gatvol maak dat jy
> en jou soort bestaan.

> ApartheidsVark
> Frikkie

Sien, die klokkie klink nog helder, elke
keer as tant hessie die toutjie trek. Tant
Hessie is 'n integrale deel van Frikkie se
psige.
Tant Hessie het vantevore mos al die storie
vertel. Sy het die nommer van 'n publieke
telefoon gehad in Compiegne, Frankry (net
naas die koshuis waar een van haar seuns vir
'n ruk gebly het.) So nou en dan, nadat haar
seun al terug was in Kanada, het sy die tele-
foonnommer geskakel, net om 'n bietjie geraas
te maak in Frankryk. Tannie voel dieselfde
oor Frikkie. Ek lui sy belletjie, reg in die
siel van die AWB.

Tant Hessie
Re: Wie is hier? Ek is! [boodskap #62788 is 'n antwoord op boodskap #62701] So, 26 Mei 2002 12:57 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wel ek moet erken dat nog voor my eerste plasing op die groep het ek al
agtergekom dat mense moeg raak vir haar. Ek het dit selfs al oorweeg om
haar te laat block, want dit is altyd dieselfde ou afgeremde
anti-apartheidsargumente oor-en-oor. Tog het ek daarteen besluit, want ek
het nog altyd belangstelling in paleontologie gehad en waar kry jy nou `n
beter "specimen" as juis hier.

"Annette" skryf in boodskap news:acn7v8$r4v7a$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Leendert, soos die meeste ander, het net nie meer lus vir die aantie en haar
> nonsens gehad nie, dis al.
> Dus liewe JohanIs, laat ons sien hoe goed jou selfbeheersing en
> uithoudingsvermoë is:))
> Annette
Vorige onderwerp: Sonsverduistering oor Suid Afrika
Volgende onderwerp: Ons Lekker Goed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 14:03:00 MGT 2024