Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Taalkunde" in Engels?
"Taalkunde" in Engels? [boodskap #62210] Vr, 17 Mei 2002 13:43 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" - iemand wat krediete na
ons toe wil oordra van 'n Suid-Afrikaanse universiteit af. Het iemand 'n
voorstel vir 'n Engelse vertaling? Ek sit nou in my kantoor en het natuurlik
nie me tweetalige woordeboek by my nie.

Dankie!

Henry
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62212 is 'n antwoord op boodskap #62210] Vr, 17 Mei 2002 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Linguistics.

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:FN7F8.6844$Pz5.198722602@newssvr17.news.prodigy.com...
> Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" - iemand wat krediete na
> ons toe wil oordra van 'n Suid-Afrikaanse universiteit af. Het iemand 'n
> voorstel vir 'n Engelse vertaling? Ek sit nou in my kantoor en het natuurlik
> nie me tweetalige woordeboek by my nie.
>
> Dankie!
>
> Henry
>
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62446 is 'n antwoord op boodskap #62210] Di, 21 Mei 2002 11:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" - iemand wat krediete na
> ons toe wil oordra van 'n Suid-Afrikaanse universiteit af. Het iemand 'n
> voorstel vir 'n Engelse vertaling? Ek sit nou in my kantoor en het natuurlik
> nie me tweetalige woordeboek by my nie.

Kwarantyn, ek was weg en is seker nou mosterd na
die maal. Die woordeboek sê "Philology" en
"Linguistics." Die tweede is seker meer van sprake
hier. Maar hulle is albei bietjie te gespesialiseerde
woorde vir my. As hy van "Afrikaanse Taalkunde" praat,
sou ek dit vertaal met "Afrikaans Language Studies."

Gloudina
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62476 is 'n antwoord op boodskap #62446] Di, 21 Mei 2002 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CEA2D46.5080203@rogers.com...
> Kwarantyn wrote:
>> Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" -

> As hy van "Afrikaanse Taalkunde" praat, sou ek dit vertaal met "Afrikaans
Language Studies."

En as sy van tale in die algemeen praat, soos wat die begrip bedoel?

Nee wat, Taalkunde = Languagematics en Wiskunde = Mathematics.
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62481 is 'n antwoord op boodskap #62476] Di, 21 Mei 2002 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> En as sy van tale in die algemeen praat, soos wat die begrip bedoel?

Hier in Noord-Amerika dink ek dit sal
oor die algemeen vertaal word as
"Language Studies." Linguistics en
Philology het meer gespesialiseerde
betekenisse vir my as wat die Afrikaanse
woord "Taalkunde" weergee.

Gloudina
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62539 is 'n antwoord op boodskap #62481] Wo, 22 Mei 2002 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek het besluit op "Language Studies" en dit so ingestuur - dit is
onmiddellik verstaan en verdere verduideliking was oorbodig. Hilda se
"Linguistics" het vir my te eng geklink. Dit was goed om Gloudina se
bevestiging te kry vir my keuse van terminologie.

Henry

skryf in boodskap news:3CEAC062.6080604@rogers.com...
>
> Kobus Pietersen wrote:
>
>
>> En as sy van tale in die algemeen praat, soos wat die begrip bedoel?
>
>
> Hier in Noord-Amerika dink ek dit sal
> oor die algemeen vertaal word as
> "Language Studies." Linguistics en
> Philology het meer gespesialiseerde
> betekenisse vir my as wat die Afrikaanse
> woord "Taalkunde" weergee.
>
> Gloudina
>
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62542 is 'n antwoord op boodskap #62539] Wo, 22 Mei 2002 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Linguistics" = "the science of language" - Hoe is dit te eng as dit oor
taalkunde gaan ?
Hilda.
"Kwarantyn" skryf in boodskap news:wCSG8.155$V74.4440329@newssvr15.news.prodigy.com...
> Ek het besluit op "Language Studies" en dit so ingestuur - dit is
> onmiddellik verstaan en verdere verduideliking was oorbodig. Hilda se
> "Linguistics" het vir my te eng geklink. Dit was goed om Gloudina se
> bevestiging te kry vir my keuse van terminologie.
>
> Henry
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62556 is 'n antwoord op boodskap #62542] Wo, 22 Mei 2002 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda wrote:

> "Linguistics" = "the science of language" - Hoe is dit te eng as dit oor
> taalkunde gaan ?

Hilda, ek dink die keuse van die vertaling het
te doen met hoe "Taalkunde" in die Afrikaanse
akademiese scène verstaan word, en ook hoe die
soortgelyke konsep hier in Noord-Amerika bekend
staan. As iemand vir my in Suid-Afrika vertel
dat hy "Afrikaanse Taalkunde" bestudeer, sal
ek nie kan aanneem dat hy "Linguistics" bestudeer
nie. Linguistiek sal vir my 'n baie meer indringende
studie wees van die wetenskap van die taal. Taalkunde
is 'n baie wyer begrip, net soos Language Studies
hier in Noord-Amerika. Dit mag verskil in België. As
iemand English Language Studies in die eerste jaar
van universiteit in België doen, sal hy dan sê dat hy
Engelse Linguistiek doen?

Gloudina
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62570 is 'n antwoord op boodskap #62556] Do, 23 Mei 2002 03:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3CEC0F61.6060904@rogers.com...
As
> iemand English Language Studies in die eerste jaar
> van universiteit in België doen, sal hy dan sê dat hy
> Engelse Linguistiek doen?
>
> Gloudina

Nee. Hier doen ons Germaanse Filologie met as onderdeel bv. Engels en
Nederlands.
Die Nederlandse 'taalkunde' beteken eerder 'leer van taalverschijnselen'.
Dit is seker hoekom ek dit deur 'linguistics' vertaal het. Misverstand :-).

Hilda.
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62623 is 'n antwoord op boodskap #62539] Do, 23 Mei 2002 17:55 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Language studies beteken mos taalleer, en is daar 'n verskil tussen taalleer
en taalkunde?
Taalleer klink so of mens tale in die algemeen bestudeer en taalkunde klink
of jy meer spesialiseer in een of meer gekose tale sodat jy dan 'n ekspert
daarin word.

Soos die verskil tussen somme en wiskunde.

Kwarantyn skryf in boodskap news:wCSG8.155$V74.4440329@newssvr15.news.prodigy.com...
> Ek het besluit op "Language Studies" en dit so ingestuur -

> skryf in boodskap news:3CEAC062.6080604@rogers.com...
>> Kobus Pietersen wrote:
>>> En as sy van tale in die algemeen praat, soos wat die begrip bedoel?

>> Hier in Noord-Amerika dink ek dit sal
>> oor die algemeen vertaal word as
>> "Language Studies."
Vorige onderwerp: Logiese voorstel
Volgende onderwerp: Vuurwapenwetgewing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 17:35:11 MGT 2024