"Taalkunde" in Engels? [boodskap #62210] |
Fri, 17 May 2002 13:43  |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: June 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" - iemand wat krediete na
ons toe wil oordra van 'n Suid-Afrikaanse universiteit af. Het iemand 'n
voorstel vir 'n Engelse vertaling? Ek sit nou in my kantoor en het natuurlik
nie me tweetalige woordeboek by my nie.
Dankie!
Henry
|
|
|
|
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62446 is 'n antwoord op boodskap #62210] |
Tue, 21 May 2002 11:17   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Kwarantyn wrote:
> Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" - iemand wat krediete na
> ons toe wil oordra van 'n Suid-Afrikaanse universiteit af. Het iemand 'n
> voorstel vir 'n Engelse vertaling? Ek sit nou in my kantoor en het natuurlik
> nie me tweetalige woordeboek by my nie.
Kwarantyn, ek was weg en is seker nou mosterd na
die maal. Die woordeboek sê "Philology" en
"Linguistics." Die tweede is seker meer van sprake
hier. Maar hulle is albei bietjie te gespesialiseerde
woorde vir my. As hy van "Afrikaanse Taalkunde" praat,
sou ek dit vertaal met "Afrikaans Language Studies."
Gloudina
|
|
|
|
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62481 is 'n antwoord op boodskap #62476] |
Tue, 21 May 2002 21:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Kobus Pietersen wrote:
> En as sy van tale in die algemeen praat, soos wat die begrip bedoel?
Hier in Noord-Amerika dink ek dit sal
oor die algemeen vertaal word as
"Language Studies." Linguistics en
Philology het meer gespesialiseerde
betekenisse vir my as wat die Afrikaanse
woord "Taalkunde" weergee.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62556 is 'n antwoord op boodskap #62542] |
Wed, 22 May 2002 21:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> "Linguistics" = "the science of language" - Hoe is dit te eng as dit oor
> taalkunde gaan ?
Hilda, ek dink die keuse van die vertaling het
te doen met hoe "Taalkunde" in die Afrikaanse
akademiese scène verstaan word, en ook hoe die
soortgelyke konsep hier in Noord-Amerika bekend
staan. As iemand vir my in Suid-Afrika vertel
dat hy "Afrikaanse Taalkunde" bestudeer, sal
ek nie kan aanneem dat hy "Linguistics" bestudeer
nie. Linguistiek sal vir my 'n baie meer indringende
studie wees van die wetenskap van die taal. Taalkunde
is 'n baie wyer begrip, net soos Language Studies
hier in Noord-Amerika. Dit mag verskil in België. As
iemand English Language Studies in die eerste jaar
van universiteit in België doen, sal hy dan sê dat hy
Engelse Linguistiek doen?
Gloudina
|
|
|
|
Re: "Taalkunde" in Engels? [boodskap #62623 is 'n antwoord op boodskap #62539] |
Thu, 23 May 2002 17:55  |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Language studies beteken mos taalleer, en is daar 'n verskil tussen taalleer
en taalkunde?
Taalleer klink so of mens tale in die algemeen bestudeer en taalkunde klink
of jy meer spesialiseer in een of meer gekose tale sodat jy dan 'n ekspert
daarin word.
Soos die verskil tussen somme en wiskunde.
Kwarantyn skryf in boodskap news:wCSG8.155$V74.4440329@newssvr15.news.prodigy.com...
> Ek het besluit op "Language Studies" en dit so ingestuur -
> skryf in boodskap news:3CEAC062.6080604@rogers.com...
>> Kobus Pietersen wrote:
>>> En as sy van tale in die algemeen praat, soos wat die begrip bedoel?
>> Hier in Noord-Amerika dink ek dit sal
>> oor die algemeen vertaal word as
>> "Language Studies."
|
|
|