Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vloek oor...
vloek oor... [boodskap #61846] Vr, 10 Mei 2002 08:46 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vloek oor 'n doodkis

Anthony Nolan Venter

Blinke skroewe, duursaam vatsels
ongepoetste buitekant.
Boepens deksel, loodreg kante
satynversierde binnewand.

Enkelvertrek okkupeerder,
onderaardse meubelstuk.
Jarelange doodsslaapkamer
vlees in lanfergeur gewik.

Onheilsskepping, hartebreker-
ongenaakte kinderdief.
Bewaarder van verkalkte beend're,
oorsaak van sielsongerief.

Ek haat, ek pes en ek vervloek jou
uit heel die diepte van my hart.
Aan jou gekoppel is die oorsprong
van my lyding, pyn en smart.
Re: vloek oor...Doodskiste [boodskap #61848 is 'n antwoord op boodskap #61846] Vr, 10 Mei 2002 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kan nie verstaan hoekom al daardie goeie hout begrawe moet word nie.:))
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0205100046.2a248cdb@posting.google.com...
> Vloek oor 'n doodkis
>
> Anthony Nolan Venter
>
> Blinke skroewe, duursaam vatsels
> ongepoetste buitekant.
> Boepens deksel, loodreg kante
> satynversierde binnewand.
>
> Enkelvertrek okkupeerder,
> onderaardse meubelstuk.
> Jarelange doodsslaapkamer
> vlees in lanfergeur gewik.
>
> Onheilsskepping, hartebreker-
> ongenaakte kinderdief.
> Bewaarder van verkalkte beend're,
> oorsaak van sielsongerief.
>
> Ek haat, ek pes en ek vervloek jou
> uit heel die diepte van my hart.
> Aan jou gekoppel is die oorsprong
> van my lyding, pyn en smart.
Re: vloek oor... [boodskap #61879 is 'n antwoord op boodskap #61846] Vr, 10 Mei 2002 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 10 May 2002 01:46:56 -0700, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Vloek oor 'n doodkis
>
> Anthony Nolan Venter
>
> Blinke skroewe, duursaam vatsels
> ongepoetste buitekant.
> Boepens deksel, loodreg kante
> satynversierde binnewand.

Ek vertel dit net na aanleiding van die gedig
wat Drom plaas..
Julle onthou van oom Dawie Viljoen van wie
ek julle vertel het wat sy kinders geroep het
omdat hy besig was om te sterf. Die omie wat
in die huis reg voor ons gewoon het (sy naam
het ek nooit genoem nie).
Ons het hom vanmôre begrawe. Kitty Storm
wat tydens sy siekte op die oog af baie gesond
die orrel in haar kerk gespeel en gesing het, is
Woensdag begrawe.
Charles Stockenstrom, wie se vrou die tuindiens
in ons straat doen, het homself geskiet is is gister
begrawe (kankerlyer gewees).
Terug na Oom Dawie Viljoen.
Sy kinders het gaan afskeid neem.
My vrou en ek het ook by sy siekbed gekuier. Wat sê
jy vir so een? Een met wie jy nie oor môre kan praat nie?
Een vir wie daar nie op hierdie aarde meer 'n môre is nie?
Waaroor praat jy met hom? Miskien sal ek by 'n later
geleentheid sê wat my woorde aan hom was.

Ns.
Ek wou nie iets so somber hier vertel nie
maar verkwalik Drom vir sy gedig:-)
Re: vloek oor... [boodskap #61888 is 'n antwoord op boodskap #61879] Vr, 10 Mei 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai tog Davie, ek onthou nog goed van die oom.
Miskien is dit ook maar goed dat hy nou van sy aardse lyding verlos is.
Dit is maar swaar as sulke drie goed mens in een week tref.:((

Annette

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:724odu8502qgu1q77tsbvsi6e5na168ec1@4ax.com...
> On 10 May 2002 01:46:56 -0700, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>
>> Vloek oor 'n doodkis
>>
>> Anthony Nolan Venter
>>
>> Blinke skroewe, duursaam vatsels
>> ongepoetste buitekant.
>> Boepens deksel, loodreg kante
>> satynversierde binnewand.
>
>
> Ek vertel dit net na aanleiding van die gedig
> wat Drom plaas..
> Julle onthou van oom Dawie Viljoen van wie
> ek julle vertel het wat sy kinders geroep het
> omdat hy besig was om te sterf. Die omie wat
> in die huis reg voor ons gewoon het (sy naam
> het ek nooit genoem nie).
> Ons het hom vanmôre begrawe. Kitty Storm
> wat tydens sy siekte op die oog af baie gesond
> die orrel in haar kerk gespeel en gesing het, is
> Woensdag begrawe.
> Charles Stockenstrom, wie se vrou die tuindiens
> in ons straat doen, het homself geskiet is is gister
> begrawe (kankerlyer gewees).
> Terug na Oom Dawie Viljoen.
> Sy kinders het gaan afskeid neem.
> My vrou en ek het ook by sy siekbed gekuier. Wat sê
> jy vir so een? Een met wie jy nie oor môre kan praat nie?
> Een vir wie daar nie op hierdie aarde meer 'n môre is nie?
> Waaroor praat jy met hom? Miskien sal ek by 'n later
> geleentheid sê wat my woorde aan hom was.
>
> Ns.
> Ek wou nie iets so somber hier vertel nie
> maar verkwalik Drom vir sy gedig:-)
>
Re: vloek oor... [boodskap #61894 is 'n antwoord op boodskap #61879] Vr, 10 Mei 2002 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou sê dat wanneer mens by `n sterfbed staan jy jou woorde min moet hou.
Dit hang natuurlik af van die persoon se toestand op daardie oomblik. Mens
vermy maar alles wat nodelose vermoeiing vir die sterwende mag beteken.
Juis in sulke oomblikke word `n vertroostende en bemoedigende woord uit die
Bybel waardeer. Ek was eergister by een van my vriende wie se baba ernstig
siek was en ook vanmiddag 1uur dood is. Dit is nie nodig dat `n predikant
moet kom om mens te vertroos nie, vriende se woorde beteken baie keer meer.
Ons moet onthou: In dit alles, al kan dit nie verstaan word nie, staan God
aan die lydende gelowige se kant. Die groot bewys lê nie in die eerste plek
in allerlei tydellike seëninge nie, nee dit lê in die feit dat God selfs sy
eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het.
Ons moet juis by `n sterfbed daarteen waak om nie met goedkoop sinduiding te
kom en die persoon verbitterd te maak nie. Lees gerug die volgende gedig
wat juis hierteen waarsku.

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:724odu8502qgu1q77tsbvsi6e5na168ec1@4ax.com...
> On 10 May 2002 01:46:56 -0700, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>
>> Vloek oor 'n doodkis
>>
>> Anthony Nolan Venter
>>
>> Blinke skroewe, duursaam vatsels
>> ongepoetste buitekant.
>> Boepens deksel, loodreg kante
>> satynversierde binnewand.
>
>
> Ek vertel dit net na aanleiding van die gedig
> wat Drom plaas..
> Julle onthou van oom Dawie Viljoen van wie
> ek julle vertel het wat sy kinders geroep het
> omdat hy besig was om te sterf. Die omie wat
> in die huis reg voor ons gewoon het (sy naam
> het ek nooit genoem nie).
> Ons het hom vanmôre begrawe. Kitty Storm
> wat tydens sy siekte op die oog af baie gesond
> die orrel in haar kerk gespeel en gesing het, is
> Woensdag begrawe.
> Charles Stockenstrom, wie se vrou die tuindiens
> in ons straat doen, het homself geskiet is is gister
> begrawe (kankerlyer gewees).
> Terug na Oom Dawie Viljoen.
> Sy kinders het gaan afskeid neem.
> My vrou en ek het ook by sy siekbed gekuier. Wat sê
> jy vir so een? Een met wie jy nie oor môre kan praat nie?
> Een vir wie daar nie op hierdie aarde meer 'n môre is nie?
> Waaroor praat jy met hom? Miskien sal ek by 'n later
> geleentheid sê wat my woorde aan hom was.
>
> Ns.
> Ek wou nie iets so somber hier vertel nie
> maar verkwalik Drom vir sy gedig:-)
>
Re: vloek oor... [boodskap #61895 is 'n antwoord op boodskap #61879] Vr, 10 Mei 2002 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Kroonenberg.

"Je kunt wel gaan...je hoeft niet meer te komen!
Je praat altyd van zwijgende berusten.
Dat kan geen mens...dat doen alleen de bomen,
die naakte en weerloos in de stormwind staan.

Jij hebt een vrouw...je kunt wel in je lot berusten!
Mijn bed is leeg...ik ben ziek en alleen.
Je zegt dat`k gehoorzaam heb te volgen
maar ging je zelf die kant gewillig heen?

Je moet niet zo over Gods daden praten!
Denk wat het is, ze ztil te ondergaan.
En voel je eens je hart van God verlaten
Kom dan nog even bij mij aan.

Misschien dat we elkaar dan beter kunnen vinden,
dat je mijn schreien beter kunt verstaan.
Misschien...gaan we dan samen zachtjes zingen:
Wat God doet is toch welgedaan"
Re: vloek oor... [boodskap #61897 is 'n antwoord op boodskap #61894] Vr, 10 Mei 2002 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie, ons sal graag wil hoor wat jy gesê het.
Ek persoonlik voel altyd dat die persoon al genoeg gehoor het wat almal wou
sê, en het basies net fisiese aanraking en nabyheid van vriende nodig
Woorde is gewoonlik nie nodig nie.
Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3cdca312_2@batman.vip-za.com...
> Ek sou sê dat wanneer mens by `n sterfbed staan jy jou woorde min moet hou.
> Dit hang natuurlik af van die persoon se toestand op daardie oomblik. Mens
> vermy maar alles wat nodelose vermoeiing vir die sterwende mag beteken.
> Juis in sulke oomblikke word `n vertroostende en bemoedigende woord uit die
> Bybel waardeer. Ek was eergister by een van my vriende wie se baba ernstig
> siek was en ook vanmiddag 1uur dood is. Dit is nie nodig dat `n predikant
> moet kom om mens te vertroos nie, vriende se woorde beteken baie keer meer.
> Ons moet onthou: In dit alles, al kan dit nie verstaan word nie, staan God
> aan die lydende gelowige se kant. Die groot bewys lê nie in die eerste plek
> in allerlei tydellike seëninge nie, nee dit lê in die feit dat God selfs sy
> eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het.
> Ons moet juis by `n sterfbed daarteen waak om nie met goedkoop sinduiding te
> kom en die persoon verbitterd te maak nie. Lees gerug die volgende gedig
> wat juis hierteen waarsku.
> "Dave Du Plessis" wrote in message
> news:724odu8502qgu1q77tsbvsi6e5na168ec1@4ax.com...
>> On 10 May 2002 01:46:56 -0700, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>>
>>> Vloek oor 'n doodkis
>>>
>>> Anthony Nolan Venter
>>>
>>> Blinke skroewe, duursaam vatsels
>>> ongepoetste buitekant.
>>> Boepens deksel, loodreg kante
>>> satynversierde binnewand.
>>
>>
>> Ek vertel dit net na aanleiding van die gedig
>> wat Drom plaas..
>> Julle onthou van oom Dawie Viljoen van wie
>> ek julle vertel het wat sy kinders geroep het
>> omdat hy besig was om te sterf. Die omie wat
>> in die huis reg voor ons gewoon het (sy naam
>> het ek nooit genoem nie).
>> Ons het hom vanmôre begrawe. Kitty Storm
>> wat tydens sy siekte op die oog af baie gesond
>> die orrel in haar kerk gespeel en gesing het, is
>> Woensdag begrawe.
>> Charles Stockenstrom, wie se vrou die tuindiens
>> in ons straat doen, het homself geskiet is is gister
>> begrawe (kankerlyer gewees).
>> Terug na Oom Dawie Viljoen.
>> Sy kinders het gaan afskeid neem.
>> My vrou en ek het ook by sy siekbed gekuier. Wat sê
>> jy vir so een? Een met wie jy nie oor môre kan praat nie?
>> Een vir wie daar nie op hierdie aarde meer 'n môre is nie?
>> Waaroor praat jy met hom? Miskien sal ek by 'n later
>> geleentheid sê wat my woorde aan hom was.
>>
>> Ns.
>> Ek wou nie iets so somber hier vertel nie
>> maar verkwalik Drom vir sy gedig:-)
>>
>
Re: vloek oor... [boodskap #61922 is 'n antwoord op boodskap #61879] Sa, 11 Mei 2002 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Joe Dave,

Wat sê jy aan jouself met die doodsengel losgelaat in jou straat? [grin]

> Ek vertel dit net na aanleiding van die gedig
> wat Drom plaas..
> Julle onthou van oom Dawie Viljoen van wie
> ek julle vertel het wat sy kinders geroep het
> omdat hy besig was om te sterf. Die omie wat
> in die huis reg voor ons gewoon het (sy naam
> het ek nooit genoem nie).[knip]
Re: vloek oor... [boodskap #61988 is 'n antwoord op boodskap #61894] So, 12 Mei 2002 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" sê:

> Ek sou sê dat wanneer mens by `n sterfbed staan jy jou woorde min moet hou.
> Dit hang natuurlik af van die persoon se toestand op daardie oomblik.

Na aanleiding van:
> Wat sê jy vir so een? Een met wie jy nie oor môre kan praat nie?
>> Een vir wie daar nie op hierdie aarde meer 'n môre is nie?
>> Waaroor praat jy met hom? Miskien sal ek by 'n later
>> geleentheid sê wat my woorde aan hom was.


Hy was helder en het geweet dat hy sterf Johanis.
Op 'n stadium het hy sy vrou getroos.
Hy het geweet dat hy op sy allerlaaste was.
Al wat ek vir hom gesê het was:
Oom Dawie, wanneer jy voor die
Troon van die Koning dans
en Hom lof bring, noem my naam ook
en loof Hom namens my ook.
So het hy beloof.

Dave
Re: vloek oor... [boodskap #61989 is 'n antwoord op boodskap #61922] So, 12 Mei 2002 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 11 May 2002 08:06:13 +0200, "Rosie" wrote:

> Joe Dave,
>
> Wat sê jy aan jouself met die doodsengel losgelaat in jou straat? [grin]
>

Kom ek vertel jou iets (snaaks?) Rosie.
'n Dag (of twee?) voor sy dood het hy
sy vrou en kinders in sy kamer geroep
en gesê dat daar ''n kaffer in die huis is
wat hulle kwaad wil aandoen." Hy het
gesê dat hulle die kamerdeur moet sluit
en by hom in die kamer bly want 'die
kaffer' is daar buite.
Dit is Vrydag by 'n ete na die begarfnis
seremonie aan my vertel deur sy een seun.
My reaksie was dat hy net miskien
die doodsengel gesien het.
Die doodsengel kan mos swart wees.
Reaksie op wat ek gesê het was iets soos
"nee, hy was deurmekaar." Nou goed dan,
hy was deurmekaar.
Re: vloek oor... [boodskap #62099 is 'n antwoord op boodskap #61988] Di, 14 Mei 2002 20:36 Na vorige boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vanmiddag weer begrafnis gehad en dit bly maar `n moeilike ding om
iemand te troos of selfs net iets te sê. Dit was vriende van my se eerste
swangerskap. Groot was die verrassing toe dit `n tweeling is, groter die
skok toe hulle op ses maande gebore is. Elkeen het minder as 500g geweeg.
Drie dae later kry die kleinste geelsug. Tog lyk dit asof hy herstel. `n
Week later gaan hy skielik in `n koma. Die Vrydag-middag 15:00 word hy
breindood verklaar en die masjiene word afgesit. Dieselfde aand word my
vriende, die ouers, om 19:00 geskakel om te sê hul kindjie het op een of
ander onverklaarbare manier weer begin leef en asemhaal sonder enige
ondersteuning. Terug in die ICU. `n Week later, die volgende Vrydag, sterf
hy weer.
Hartseer is nie die woord nie.

"Dave" skryf in boodskap news:ecftduof7ji8b4lnsjbdo9u774k3mkslmc@4ax.com...
> "johanls" sê:
>
>> Ek sou sê dat wanneer mens by `n sterfbed staan jy jou woorde min moet hou.
>> Dit hang natuurlik af van die persoon se toestand op daardie oomblik.
>
> Na aanleiding van:
>> Wat sê jy vir so een? Een met wie jy nie oor môre kan praat nie?
>>> Een vir wie daar nie op hierdie aarde meer 'n môre is nie?
>>> Waaroor praat jy met hom? Miskien sal ek by 'n later
>>> geleentheid sê wat my woorde aan hom was.
>
>
>
> Hy was helder en het geweet dat hy sterf Johanis.
> Op 'n stadium het hy sy vrou getroos.
> Hy het geweet dat hy op sy allerlaaste was.
> Al wat ek vir hom gesê het was:
> Oom Dawie, wanneer jy voor die
> Troon van die Koning dans
> en Hom lof bring, noem my naam ook
> en loof Hom namens my ook.
> So het hy beloof.
>
> Dave
>
Vorige onderwerp: Kontrakteur benodig om 1000 huise te bou!
Volgende onderwerp: grafte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:46:47 MGT 2024