Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moedersdag
Moedersdag [boodskap #62082] Di, 14 Mei 2002 17:33 na volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen,

Soos ek dit al verstaan het bestaan in Suid-Afrika ook soiets as
Moedersdag...
Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
daarmee baie tevrede.
Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
vir hulle moeder of vir hulle vrou.
Kom nou, moenie so verleë wees nie! Praat maar eens honderdvoudig oor
wat julle gedoen het om vir die vrouens wat vir julle sorg en kommer
het julle respek, agting en dankbaarheid te betuig.

Met die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Moedersdag [boodskap #62089 is 'n antwoord op boodskap #62082] Di, 14 Mei 2002 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"*Sterrenkijker*" schreef...
> Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
> Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
> deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
> vir hulle moeder of vir hulle vrou.

Ons doen niks vir moederdag (en vaderdag) nie. My ma verjaar omtrend
moederdag (11 mei) en my pa omtrend vaderdag (14 juni). Daar was dus nooit
'n rede om daardie dae spesiale aandag te gee nie; beide het al genoeg
aandag gekry op hulle verjaardag :)

Dit jaar is dit sowieso moeilik. Hulle het in April na Spanje gevlug :)

Sondag gaan ek ook na Spanje en dan sal ek voor my ma ook bonbons meeneem en
vir my pa 'n Glenfiddich uit die tax-free shop (of is dit nie moontlik nie
binnen Schengen nie?). Ons sal eers na my pa se verjaardag weer terugkom,
dus sal ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)

My ouma het ek ook niks gegee nie, selfs nie vir haar verjaardag nie. Ek
voel my wel 'n bietjie skuldig daaroor, maar sy het rerig nie geweet wat om
te vra nie. Maar vrydag, as die andere blomme wat sy met haar verjaardag
gekry het verwelk is, sal ek 'n boeketjie vir haar meebring.

Groete,
Arthur
Re: Moedersdag [boodskap #62090 is 'n antwoord op boodskap #62089] Di, 14 Mei 2002 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis mooi van jou, Arthur, rêrig mooi!

Norbert (uit Vlaanderen)

"Arthur" schreef:

> "*Sterrenkijker*" schreef...
>> Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
>> Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
>> deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
>> vir hulle moeder of vir hulle vrou.
>
> Ons doen niks vir moederdag (en vaderdag) nie. My ma verjaar omtrend
> moederdag (11 mei) en my pa omtrend vaderdag (14 juni). Daar was dus nooit
> 'n rede om daardie dae spesiale aandag te gee nie; beide het al genoeg
> aandag gekry op hulle verjaardag :)
>
> Dit jaar is dit sowieso moeilik. Hulle het in April na Spanje gevlug :)
>
> Sondag gaan ek ook na Spanje en dan sal ek voor my ma ook bonbons meeneem en
> vir my pa 'n Glenfiddich uit die tax-free shop (of is dit nie moontlik nie
> binnen Schengen nie?). Ons sal eers na my pa se verjaardag weer terugkom,
> dus sal ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)
>
> My ouma het ek ook niks gege� nie, selfs nie vir haar verjaardag nie. Ek
> voel my wel 'n bietjie skuldig daaroor, maar sy het rerig nie geweet wat om
> te vra nie. Maar vrydag, as die andere blomme wat sy met haar verjaardag
> gekry het verwelk is, sal ek 'n boeketjie vir haar meebring.
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Moedersdag [boodskap #62093 is 'n antwoord op boodskap #62090] Di, 14 Mei 2002 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert (uit Vlaanderen) schreef...
> Dis mooi van jou, Arthur, rêrig mooi!

Proef ek daar sarkasme? :)

Groete,
Arthur
Re: Moedersdag [boodskap #62094 is 'n antwoord op boodskap #62089] Di, 14 Mei 2002 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 May 2002 20:38:55 +0200, "Arthur" wrote:

> Sondag gaan ek ook na Spanje
> Ons sal eers na my pa se verjaardag weer terugkom,
> dus sal ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)
>
> Groete,
> Arthur
>

Jy beter begin oefen Rico:-)

DD
Re: Moedersdag [boodskap #62095 is 'n antwoord op boodskap #62093] Di, 14 Mei 2002 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sarkasme? Neen, hoor! Heeltemal nie!!

Waar bly die res?

Norbert

"Arthur" schreef:

> Norbert (uit Vlaanderen) schreef...
>> Dis mooi van jou, Arthur, rêrig mooi!
>
> Proef ek daar sarkasme? :)
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Moedersdag [boodskap #62097 is 'n antwoord op boodskap #62094] Di, 14 Mei 2002 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
jy bedoel seker jou lepel waarmee jy "stir" :-)
--
"Arthur"
ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)
Re: Moedersdag [boodskap #62098 is 'n antwoord op boodskap #62082] Di, 14 Mei 2002 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wel ek kom uit `n familie wat nie sulke tradisies of gebruike handhaaf nie.
Ons gee glad nie vir mekaar geskenke op verjaarsdae, spesiale dae soos
Vaders- en moedersdag of selfs Kersfees nie. Een rede was nog altyd `n
tekort aan geld gewees, maar ons is ook van kleins af geleer dat
dankbaarheid en liefdebetoning nie `n spesiale dag daarvoor nodig het nie en
dat dit jou normale lewenswyse moet wees. Om ons opregte waardering te
betoon gee ons dus gedurende die hele jaar vir mekaar `n geskenkie uit ons
spaargeldjies, maar glad nie tydens sulke "kommersiële" geleenthede nie.

> Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
> Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
> deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
> vir hulle moeder of vir hulle vrou.
> Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Moedersdag [boodskap #62100 is 'n antwoord op boodskap #62094] Di, 14 Mei 2002 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:dvn2euos192g6ol7ou7va7icn01enh1quj@4ax.com...
> On Tue, 14 May 2002 20:38:55 +0200, "Arthur"
> wrote:
>
>
>> Sondag gaan ek ook na Spanje
>> Ons sal eers na my pa se verjaardag weer terugkom,
>> dus sal ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)
>>
>> Groete,
>> Arthur
>>
>
> Jy beter begin oefen Rico:-)
>
> DD

Wil ek dit wel oefen??????

Met wie moet ek gaan faait Arthur?? en waaroor????

Ek sal teen Annette gaan se nie net die Hollanders gaan stem nie, maar al
die Nederlanders :-)))

Gr.Rico
Re: Moedersdag [boodskap #62101 is 'n antwoord op boodskap #62100] Di, 14 Mei 2002 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rico wrote:

> Met wie moet ek gaan faait Arthur?? en waaroor????
>
> Ek sal teen Annette gaan se nie net die Hollanders gaan stem nie, maar al
> die Nederlanders :-)))

Wel, wel, wel. Hier het ons nou die
begin van die Eerste Boere-Bataafse
Oorlog. Dis hoog tyd. Laaste keer wat
die Nederlanders oor die suidafrikaners
geheers het, was in 1806.

Tant Hessie van Helsdingen.
Re: Moedersdag [boodskap #62102 is 'n antwoord op boodskap #62098] Di, 14 Mei 2002 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

ons is ook van kleins af geleer dat
> dankbaarheid en liefdebetoning nie `n spesiale dag daarvoor nodig het nie en
> dat dit jou normale lewenswyse moet wees

Mens kan ook besluit om dinge te gee wat nie
met geld gekoop kan word nie. Ek het van vroeg
af aan my kinders verduidelik dat dit maklik is
om iets te koop, en dat ek dit meer sal waardeer
as hulle iets vir my maak, al is dit dan net 'n
kaart. Op hierdie manier het ek dinge gekry wat
mens regtig vir altyd wil hou: bv. 'n gedig van 'n
veertienjarige seun wat die tyd gemaak het, nie
net om die gedig te skryf nie, maar ook om met
'n kers gate in die papier te brand sodat dit lyk
asof dit op baie ou papier geskryf is.

Gloudina
Re: Moedersdag [boodskap #62107 is 'n antwoord op boodskap #62082] Wo, 15 Mei 2002 00:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:

> Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
> daarmee baie tevrede.

Ja, ek sou ook baie tevrede daarmee gewees het. Is daar dan
beter sjokolade in die wereld as Belgiese praline? :-)
'n Vriend van my het onlangs (vanaf Duitsland nogal) vir my 'n "six-
pack" belgiese sjokolade gebring. Die verpakking lyk presies soos
bierblikkies, en die sjokolade word onder druk verpak en verseel, so
dit bly VARS. Die maak is "Ovidias". Ken jy dit?
Hy het vir my man 'n bottel amarula likeur gebring. Jy kan dit gerus
ook probeer. Amarula is 'n Suid-Afrikaanse likeur.
Re: Moedersdag [boodskap #62112 is 'n antwoord op boodskap #62082] Wo, 15 Mei 2002 03:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert

Ek staan verbaas. 'n Moeder - jy ???
Hier onder die manne van die nuusgroep loop die storie dik dat jy opgegrawe
is ...

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3ce14669.2219671@news.skynet.be...
> Hallo, elkeen,
>
> Soos ek dit al verstaan het bestaan in Suid-Afrika ook soiets as
> Moedersdag...
> Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
> daarmee baie tevrede.
> Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
> Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
> deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
> vir hulle moeder of vir hulle vrou.
> Kom nou, moenie so verleë wees nie! Praat maar eens honderdvoudig oor
> wat julle gedoen het om vir die vrouens wat vir julle sorg en kommer
> het julle respek, agting en dankbaarheid te betuig.
>
> Met die beste groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Moedersdag [boodskap #62117 is 'n antwoord op boodskap #62098] Wo, 15 Mei 2002 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, Johan,

Wel, eintlik is dit 'n sienswyse soos 'n ander een maar alles tesaam
geneem kom dit op dieselfde neer. Baie mooi!!!!

Norbert

"johanls" schreef:

Om ons opregte waardering te
> betoon gee ons dus gedurende die hele jaar vir mekaar `n geskenkie uit ons
> spaargeldjies, maar glad nie tydens sulke "kommersiële" geleenthede nie.
>
Re: Moedersdag [boodskap #62118 is 'n antwoord op boodskap #62102] Wo, 15 Mei 2002 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit hang natuurlik daarvan af hoe 'n mens sy moeder is, niewaar
nie? In me eie geval sou ek tog sê dat my moeder baie liewer
pralientjies eet dan dat sy gedigte (her)lees...

Norbert (uit Vlaanderen)

"@rogers.com" schreef:

> Mens kan ook besluit om dinge te gee wat nie
> met geld gekoop kan word nie. Ek het van vroeg
> af aan my kinders verduidelik dat dit maklik is
> om iets te koop, en dat ek dit meer sal waardeer
> as hulle iets vir my maak, al is dit dan net 'n
> kaart. Op hierdie manier het ek dinge gekry wat
> mens regtig vir altyd wil hou: bv. 'n gedig van 'n
> veertienjarige seun wat die tyd gemaak het, nie
> net om die gedig te skryf nie, maar ook om met
> 'n kers gate in die papier te brand sodat dit lyk
> asof dit op baie ou papier geskryf is.
>
> Gloudina
>
Re: Moedersdag [boodskap #62119 is 'n antwoord op boodskap #62107] Wo, 15 Mei 2002 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, Streepmuis!

Ek glo ek het die pralines van "Ovidias" ook al eens gesien. Ek vra my
af of daardie pralines eintlik nie slegs suiwere "Leonidas" pralines
is nie. Die name lyk tog 'n bietjie op mekaar. Ek het "Ovidias"
pralines gevind op die internet (http://www.cibusintl.com/cibusn.html)
en ook Leonidas is wêreldwyd (http://www.leonidas.be). Maar ek sien
hulle nie in Suid-Afrika nie.
Ek het al Amarula gedrink. My vriendin se ouers het 'n bottel vir my
meegebring laaste somer. Fantastiese likeur! Sou dit ook kan vind in
Antwerpen het iemand vir my gesê. Ek gaan daarvan vas en seker nog
'n bottel van koop.

Norbert

Katryn schreef:

> sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:
>
>> Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
>> daarmee baie tevrede.
>
> Ja, ek sou ook baie tevrede daarmee gewees het. Is daar dan
> beter sjokolade in die wereld as Belgiese praline? :-)
> 'n Vriend van my het onlangs (vanaf Duitsland nogal) vir my 'n "six-
> pack" belgiese sjokolade gebring. Die verpakking lyk presies soos
> bierblikkies, en die sjokolade word onder druk verpak en verseel, so
> dit bly VARS. Die maak is "Ovidias". Ken jy dit?
> Hy het vir my man 'n bottel amarula likeur gebring. Jy kan dit gerus
> ook probeer. Amarula is 'n Suid-Afrikaanse likeur.
>
Re: Moedersdag [boodskap #62120 is 'n antwoord op boodskap #62112] Wo, 15 Mei 2002 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Jonas,

Die manne van die nuusgroep sal hulle mening moet hersien. Ek het
inderdaad 'n moeder en sy is 'n baie liewe en vriendelike dame. Sy
staan tesaam met me pa op me (eenvoudige) tuisblad
(http://users.skynet.be/strandkruier/index.html). Hulle foto staan op
http://users.skynet.be/strandkruier/familie.html.
Selfs fossiele het 'n moeder.

Norbert

"Jonas" schreef:

> Norbert
>
> Ek staan verbaas. 'n Moeder - jy ???
> Hier onder die manne van die nuusgroep loop die storie dik dat jy opgegrawe
> is ...
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3ce14669.2219671@news.skynet.be...
>> Hallo, elkeen,

>> Soos ek dit al verstaan het bestaan in Suid-Afrika ook soiets as
>> Moedersdag...
>> Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
>> daarmee baie tevrede.
>> Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
>> Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
>> deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
>> vir hulle moeder of vir hulle vrou.
>> Kom nou, moenie so verleë wees nie! Praat maar eens honderdvoudig oor
>> wat julle gedoen het om vir die vrouens wat vir julle sorg en kommer
>> het julle respek, agting en dankbaarheid te betuig.

>> Met die beste groete van

>> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Moedersdag [boodskap #62123 is 'n antwoord op boodskap #62120] Wo, 15 Mei 2002 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar laat ons nou eens by die saak bly, Jonas.
Wat het jy gedoen vir jou moeder of vir jou vrou op Moedersdag?

Norbert

sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) schreef:

> Geagte Jonas,
>
> Die manne van die nuusgroep sal hulle mening moet hersien. Ek het
> inderdaad 'n moeder en sy is 'n baie liewe en vriendelike dame. Sy
> staan tesaam met me pa op me (eenvoudige) tuisblad
> (http://users.skynet.be/strandkruier/index.html). Hulle foto staan op
> http://users.skynet.be/strandkruier/familie.html.
> Selfs fossiele het 'n moeder.
>
> Norbert
>
>
>
> "Jonas" schreef:
>
>> Norbert

>> Ek staan verbaas. 'n Moeder - jy ???
>> Hier onder die manne van die nuusgroep loop die storie dik dat jy opgegrawe
>> is ...

>> "*Sterrenkijker*" wrote in message
>> news:3ce14669.2219671@news.skynet.be...
>>> Hallo, elkeen,
>
>>> Soos ek dit al verstaan het bestaan in Suid-Afrika ook soiets as
>>> Moedersdag...
>>> Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
>>> daarmee baie tevrede.
>>> Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
>>> Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
>>> deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
>>> vir hulle moeder of vir hulle vrou.
>>> Kom nou, moenie so verleë wees nie! Praat maar eens honderdvoudig oor
>>> wat julle gedoen het om vir die vrouens wat vir julle sorg en kommer
>>> het julle respek, agting en dankbaarheid te betuig.
>
>>> Met die beste groete van
>
>>> Norbert (uit Vlaanderen)


>
Re: Moedersdag [boodskap #62125 is 'n antwoord op boodskap #62107] Wo, 15 Mei 2002 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het altyd Amarula by die huis :). Ons het lankal Baileys daarmee vervang
want dit is baie lekkerder !
Hilda.
"Katryn" skryf in boodskap news:ft93eu4hd7hr9c6vvh76i610upbq2o21bo@4ax.com...
> sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:
>
>> Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
>> daarmee baie tevrede.
>
> Ja, ek sou ook baie tevrede daarmee gewees het. Is daar dan
> beter sjokolade in die wereld as Belgiese praline? :-)
> 'n Vriend van my het onlangs (vanaf Duitsland nogal) vir my 'n "six-
> pack" belgiese sjokolade gebring. Die verpakking lyk presies soos
> bierblikkies, en die sjokolade word onder druk verpak en verseel, so
> dit bly VARS. Die maak is "Ovidias". Ken jy dit?
> Hy het vir my man 'n bottel amarula likeur gebring. Jy kan dit gerus
> ook probeer. Amarula is 'n Suid-Afrikaanse likeur.
>
Amarula [boodskap #62129 is 'n antwoord op boodskap #62125] Wo, 15 Mei 2002 08:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda"
Ek het altyd Amarula by die huis :). Ons het lankal Baileys daarmee
vervang want dit is baie lekkerder !

Wouter
Jy kan maar weer Baileys ook probeer. Dis nou 'n SA produk,
baie naby aan Amarula. Hoekom? Die Amarula-mense besit dit
nou, as ek reg onthou.
Re: Amarula [boodskap #62130 is 'n antwoord op boodskap #62129] Wo, 15 Mei 2002 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit nie geweet nie. Ek hou eintlik meer van Amarula. Maar Baileys is
in België beter bekend.
Hilda.
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ce21d5f.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Hilda"
> Ek het altyd Amarula by die huis :). Ons het lankal Baileys daarmee
> vervang want dit is baie lekkerder !
>
> Wouter
> Jy kan maar weer Baileys ook probeer. Dis nou 'n SA produk,
> baie naby aan Amarula. Hoekom? Die Amarula-mense besit dit
> nou, as ek reg onthou.
>
Re: Amarula [boodskap #62133 is 'n antwoord op boodskap #62130] Wo, 15 Mei 2002 11:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hou by Amarula Hilda- dit bly lekkerder:))
Annette

"Hilda" skryf in boodskap news:kdpE8.78945$Ze.12460@afrodite.telenet-ops.be...
> Ek het dit nie geweet nie. Ek hou eintlik meer van Amarula. Maar Baileys is
> in België beter bekend.
> Hilda.
> "Wouter Plaasvark" schreef in bericht
> news:3ce21d5f.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> "Hilda"
>> Ek het altyd Amarula by die huis :). Ons het lankal Baileys daarmee
>> vervang want dit is baie lekkerder !
>>
>> Wouter
>> Jy kan maar weer Baileys ook probeer. Dis nou 'n SA produk,
>> baie naby aan Amarula. Hoekom? Die Amarula-mense besit dit
>> nou, as ek reg onthou.
>>
>
Likeurs [boodskap #62144 is 'n antwoord op boodskap #62125] Wo, 15 Mei 2002 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Ek het altyd Amarula by die huis :). Ons het lankal Baileys daarmee vervang
> want dit is baie lekkerder !

Ek moet eerlik met jou wees dat nie ek of my man juis baie lief is vir
"room" likeurs nie. Af en toe sal ons dit drink, of as 'n sous
gebruik oor roomys. Benedictine is my geliefkoosde likeur. :-)
Het jy al ooit Van der Hum gedrink? Nog 'n unieke Suid Afrikaanse
produk! Ek gebruik dit altyd in my "killer cassata" resep as die
"geheime ingredient". :-))
Re: Likeurs [boodskap #62146 is 'n antwoord op boodskap #62144] Wo, 15 Mei 2002 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, Van der Hum het ons ook al gedrink. Dit is ook lekker.
Ons het nou 'n likeur wat Kalahari heet en wat 'n kruielikeur is. Dit is
soet en kruidig.
Benedictine ken ek ook. Die likeur wat ek vroeër altyd na 'n lekker ete
gedrink het, is Grand Marnier.
Ek drink nou eintlik nog net rooi wyn en, af en toe, as dit warm is, 'n wit
wyntjie.
Dalk moet jy vir ons jou "killer cassata" resep stuur - dan kan ons dit ook
probeer :-).
Hilda.

"Katryn" skryf in boodskap news:4k85eu4rq4h1j6b9o8i4l63hco055t9pli@4ax.com...
> Ek moet eerlik met jou wees dat nie ek of my man juis baie lief is vir
> "room" likeurs nie. Af en toe sal ons dit drink, of as 'n sous
> gebruik oor roomys. Benedictine is my geliefkoosde likeur. :-)
> Het jy al ooit Van der Hum gedrink? Nog 'n unieke Suid Afrikaanse
> produk! Ek gebruik dit altyd in my "killer cassata" resep as die
> "geheime ingredient". :-))
>
Re: Likeurs [boodskap #62147 is 'n antwoord op boodskap #62144] Wo, 15 Mei 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van der Hum en al die ander is lekker - maar my lekkerste lekker is
Nachtmusiek
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:4k85eu4rq4h1j6b9o8i4l63hco055t9pli@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
>
>> Ek het altyd Amarula by die huis :). Ons het lankal Baileys daarmee vervang
>> want dit is baie lekkerder !
>
> Ek moet eerlik met jou wees dat nie ek of my man juis baie lief is vir
> "room" likeurs nie. Af en toe sal ons dit drink, of as 'n sous
> gebruik oor roomys. Benedictine is my geliefkoosde likeur. :-)
> Het jy al ooit Van der Hum gedrink? Nog 'n unieke Suid Afrikaanse
> produk! Ek gebruik dit altyd in my "killer cassata" resep as die
> "geheime ingredient". :-))
>
Re: Likeurs [boodskap #62149 is 'n antwoord op boodskap #62146] Wo, 15 Mei 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moenie vir jouself moeite maak nie Hilda, vat net 'n dubbele dop Van der
Hum:))))
Annette

"Hilda" skryf in boodskap news:q1yE8.80060$Ze.12604@afrodite.telenet-ops.be...
> Ja, Van der Hum het ons ook al gedrink. Dit is ook lekker.
> Ons het nou 'n likeur wat Kalahari heet en wat 'n kruielikeur is. Dit is
> soet en kruidig.
> Benedictine ken ek ook. Die likeur wat ek vroeër altyd na 'n lekker ete
> gedrink het, is Grand Marnier.
> Ek drink nou eintlik nog net rooi wyn en, af en toe, as dit warm is, 'n wit
> wyntjie.
> Dalk moet jy vir ons jou "killer cassata" resep stuur - dan kan ons dit ook
> probeer :-).
> Hilda.
>
> "Katryn" schreef in bericht
> news:4k85eu4rq4h1j6b9o8i4l63hco055t9pli@4ax.com...
>> Ek moet eerlik met jou wees dat nie ek of my man juis baie lief is vir
>> "room" likeurs nie. Af en toe sal ons dit drink, of as 'n sous
>> gebruik oor roomys. Benedictine is my geliefkoosde likeur. :-)
>> Het jy al ooit Van der Hum gedrink? Nog 'n unieke Suid Afrikaanse
>> produk! Ek gebruik dit altyd in my "killer cassata" resep as die
>> "geheime ingredient". :-))
>>
>
Re: Likeurs [boodskap #62150 is 'n antwoord op boodskap #62147] Wo, 15 Mei 2002 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Van der Hum en al die ander is lekker - maar my lekkerste lekker is
> Nachtmusiek

Oor roomys, ja. :-)
Re: Likeurs [boodskap #62151 is 'n antwoord op boodskap #62146] Wo, 15 Mei 2002 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Ons het nou 'n likeur wat Kalahari heet en wat 'n kruielikeur is. Dit is
> soet en kruidig.

Ek ken dit gladnie. Is dit ook vanaf SA?

> Benedictine ken ek ook. Die likeur wat ek vroeër altyd na 'n lekker ete
> gedrink het, is Grand Marnier.

O ja - dit is ook net so lekker. In SA het ons gereeld (soos in elke
aand) likeurs gedrink na ete, en natuurlik altyd wyn met etes. Hier
in Amerika doen ons dit gladnie meer nie. Ek weet nie waarom nie - of
dit miskien ons lewenswyse is wat so verander het, dat ons maar baie
min saam aan tafel sit, en of daar ander redes is nie.

> Ek drink nou eintlik nog net rooi wyn en, af en toe, as dit warm is, 'n wit
> wyntjie.

Ja, ek drink rerig deesdae self ook maar bitter min, en vind myself
soms totaal "blank" as ek iets wil koop of soek vir 'n spesiale
geleentheid. Nou die dag byvoorbeeld gaan ek drankwinkel toe want ek
wou 'n spesifieke Rosé koop - een wat ons altyd in SA ook gedrink het
- 'n Portugese ene. En daar kon ek GLADNIE die naam onthou nie.
Gelukkig was daar Nederburg Rosé wat die eienaar vir 'n ander SA-ner
hier in Athens ingevoer het. Dit het ek darem geken, en geweet dat ek
nie verkeerd sou gaan daarmee nie. Die aand was 'n reuse sukses, en
nou is Nederberg Rosé ook "bekend" hier in Athens. :-)

> Dalk moet jy vir ons jou "killer cassata" resep stuur - dan kan ons dit ook
> probeer :-).

O nee - dis my geheime resep (tot ek doodgaan). :-)))
Maar as jy eendag dalk wil kom kuier, sal ek dit vir jou maak. :-)
Re: Moedersdag [boodskap #62152 is 'n antwoord op boodskap #62097] Wo, 15 Mei 2002 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "Arthur"
> ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)
>

"Tobie" wrote:
> y bedoel seker jou lepel waarmee jy "stir" :-)

LOL! Waar is Thys met sy kuberlepel? Hy sou mos nog laas so lepel
uitdeel elke maand vir die beste/grootste roerder?
:-)
Re: Likeurs [boodskap #62153 is 'n antwoord op boodskap #62151] Wo, 15 Mei 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:d2c5eu8n9ghj8mtjlpvmi5af7r7fq6e3f5@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
>
>> Ons het nou 'n likeur wat Kalahari heet en wat 'n kruielikeur is. Dit is
>> soet en kruidig.
>
> Ek ken dit gladnie. Is dit ook vanaf SA?

Ja, en dit kom in 'n baie spesiale bottel - jy kan dit hier sien :
http://www.dispatch.co.za/1997/12/18/page%2015.htm

> Nou die dag byvoorbeeld gaan ek drankwinkel toe want ek
> wou 'n spesifieke Rosê koop - een wat ons altyd in SA ook gedrink het
> - 'n Portugese ene.

Is dit dalk Mateus ?
Ons het nog die Two Oceans rosé gedrink (óók op warm dae) - van die Cabernet
Sauvignon druif gemaak - baie lekker.

>> Dalk moet jy vir ons jou "killer cassata" resep stuur - dan kan ons dit ook
>> probeer :-).
>
> O nee - dis my geheime resep (tot ek doodgaan). :-)))
> Maar as jy eendag dalk wil kom kuier, sal ek dit vir jou maak. :-)

:-)) Wel, ek sal dit onthou :-). Wie weet trek ons dalk eendag weswaarts om
die VS te besoek. Ek was al 'n tiental dae in Florida in 1979, maar my man
was nog nooit in Amerika nie.
Hilda.
Re: Likeurs [boodskap #62157 is 'n antwoord op boodskap #62153] Wo, 15 Mei 2002 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hilda,

Moet daardie dames ook eens iets vertel oor onse eie "Elixir d'Anvers"
en oor "Heidebit" van Smeets en so van die sake..

Norbert

"Hilda" schreef:

>
> "Katryn" schreef in bericht
> news:d2c5eu8n9ghj8mtjlpvmi5af7r7fq6e3f5@4ax.com...
>> "Hilda" wrote:

>>> Ons het nou 'n likeur wat Kalahari heet en wat 'n kruielikeur is. Dit is
>>> soet en kruidig.

>> Ek ken dit gladnie. Is dit ook vanaf SA?
>
> Ja, en dit kom in 'n baie spesiale bottel - jy kan dit hier sien :
> http://www.dispatch.co.za/1997/12/18/page%2015.htm
>
>> Nou die dag byvoorbeeld gaan ek drankwinkel toe want ek
>> wou 'n spesifieke Rosê koop - een wat ons altyd in SA ook gedrink het
>> - 'n Portugese ene.
>
> Is dit dalk Mateus ?
> Ons het nog die Two Oceans rosé gedrink (óók op warm dae) - van die Cabernet
> Sauvignon druif gemaak - baie lekker.
>
>>> Dalk moet jy vir ons jou "killer cassata" resep stuur - dan kan ons dit ook
>>> probeer :-).

>> O nee - dis my geheime resep (tot ek doodgaan). :-)))
>> Maar as jy eendag dalk wil kom kuier, sal ek dit vir jou maak. :-)
>
> :-)) Wel, ek sal dit onthou :-). Wie weet trek ons dalk eendag weswaarts om
> die VS te besoek. Ek was al 'n tiental dae in Florida in 1979, maar my man
> was nog nooit in Amerika nie.
> Hilda.
>
Re: Likeurs [boodskap #62158 is 'n antwoord op boodskap #62150] Wo, 15 Mei 2002 23:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Net so skoon, uit die glas, is baie lekkerder!
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:g1c5euouklbikuqmgpt6jsc420mg470ubt@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Van der Hum en al die ander is lekker - maar my lekkerste lekker is
>> Nachtmusiek
>
> Oor roomys, ja. :-)
>
Re: Likeurs [boodskap #62161 is 'n antwoord op boodskap #62153] Do, 16 Mei 2002 02:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Ja, en dit kom in 'n baie spesiale bottel - jy kan dit hier sien :
> http://www.dispatch.co.za/1997/12/18/page%2015.htm

Dankie! Ek sal bietjie probeer uitkyk daarvoor. Die Internet is
darem wonderlik, nè? Dit is darem so maklik om inligting te deel
deesdae. Nou weet ek presies hoe die bottel lyk en alles. :-)

>> Nou die dag byvoorbeeld gaan ek drankwinkel toe want ek
>> wou 'n spesifieke Rosé koop - een wat ons altyd in SA ook gedrink het
>> - 'n Portugese ene.
>
> Is dit dalk Mateus ?

Einste!! :-) Ek het 'n rosé nodig gehad, maar die goed wat hulle
hier in Amerika verkoop as "blush" wyne is ongelooflik yukkie.

> Ons het nog die Two Oceans rosé gedrink (óók op warm dae) - van die Cabernet
> Sauvignon druif gemaak - baie lekker.

Ek kan sien dat jy myle om my kan hardloop met jou kennis van
Suid-Afrikaanse wyne. Ek is beindruk - weereens ene wat ek gladnie
ken nie.
Dis al klaar ongelooflik warm en bedompig by ons - net die laaste paar
dae was dit bietjie koeler. Nog iets wat ek op sulke warm dae geniet
is Campari en soda met so bietjie grenadine stroop in. My vriende
spot my altyd dat dit 'n "outydse" drankie is. :-))

>> O nee - dis my geheime resep (tot ek doodgaan). :-)))
>> Maar as jy eendag dalk wil kom kuier, sal ek dit vir jou maak. :-)
>
> :-)) Wel, ek sal dit onthou :-). Wie weet trek ons dalk eendag weswaarts om
> die VS te besoek. Ek was al 'n tiental dae in Florida in 1979, maar my man
> was nog nooit in Amerika nie.

Julle is meer as welkom. Rerig! :-)
Re: Moedersdag [boodskap #62169 is 'n antwoord op boodskap #62152] Do, 16 Mei 2002 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat, ek was so 'n bietjie tydsaam om my lepels uit te deel. My vrou hou
nie daarvan dat ek al haar apostel lepeltjies uitdeel nie... :-))
Thys op 'ie Bos

"Katryn" skryf in boodskap news:l2d5eug2qqinaoqin7v4aatvgutf734fe3@4ax.com...
>> "Arthur"
>> ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)
>>
>
> "Tobie" wrote:
>> y bedoel seker jou lepel waarmee jy "stir" :-)
>
> LOL! Waar is Thys met sy kuberlepel? Hy sou mos nog laas so lepel
> uitdeel elke maand vir die beste/grootste roerder?
> :-)
>
Re: Moedersdag [boodskap #62171 is 'n antwoord op boodskap #62169] Do, 16 Mei 2002 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy kan maar vir my oorslaan Thys - het self 6 silwer lepeltjies en vurkies
van daai soort:))
Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:abvrv7$v5o$1@news.adamastor.ac.za...
> Nee wat, ek was so 'n bietjie tydsaam om my lepels uit te deel. My vrou hou
> nie daarvan dat ek al haar apostel lepeltjies uitdeel nie... :-))
> Thys op 'ie Bos
> "Katryn" wrote in message
> news:l2d5eug2qqinaoqin7v4aatvgutf734fe3@4ax.com...
>>> "Arthur"
>>> ek Rico moet vra om die komende maand my strydbyl oor te neem ;-)
>>>
>>
>> "Tobie" wrote:
>>> y bedoel seker jou lepel waarmee jy "stir" :-)
>>
>> LOL! Waar is Thys met sy kuberlepel? Hy sou mos nog laas so lepel
>> uitdeel elke maand vir die beste/grootste roerder?
>> :-)
>>
>
Re: Amarula [boodskap #62172 is 'n antwoord op boodskap #62129] Do, 16 Mei 2002 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier is 'n Baileys advertensie op TV hier in Aus. Die kerel stap in die
nagklub in en oppad kroeg toonbank toe sien hy sy girl daar oorkant. Die
musiek is baie hard en hy beduie vir haar of sy 'n dop wil he. Sy beduie ja,
'n Baileys is goed. Maar hy verstaan nou nie wat sy se nie en hou sy hand
bak teen sy oor. Sy beduie wag, ek kom jou persoonlik verduidelik. Sy stap
nader en kyk hom koketterig op en af, vly haarself teen hom en soen hom op
sy mond. O seg hy, 'n Baileys!

Hy wink die kroegman nader en bestel 'n Baileys. Maar die musiek is te hard
en die kroegman gooi sy hand bak teen sy oor.... (nee, hy het hom nie
persoonlik gaan verduidelik nie maar praat van 'n kat op 'n warm sinkplaat!)

Hantamkind

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ce21d5f.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Hilda"
> Ek het altyd Amarula by die huis :). Ons het lankal Baileys daarmee
> vervang want dit is baie lekkerder !
>
> Wouter
> Jy kan maar weer Baileys ook probeer. Dis nou 'n SA produk,
> baie naby aan Amarula. Hoekom? Die Amarula-mense besit dit
> nou, as ek reg onthou.
>
Re: Likeurs [boodskap #62183 is 'n antwoord op boodskap #62161] Do, 16 Mei 2002 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:7046euk2favoqj2f2vd6ujkn9qcc558820@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
> Dis al klaar ongelooflik warm en bedompig by ons - net die laaste paar
> dae was dit bietjie koeler. Nog iets wat ek op sulke warm dae geniet
> is Campari en soda met so bietjie grenadine stroop in. My vriende
> spot my altyd dat dit 'n "outydse" drankie is. :-))

Ek hou ook nogal van Sangría met baie koud, met baie stukkies fruit daarin.

> Julle is meer as welkom. Rerig! :-)

Baie dankie. As julle ooit die oseaan oorsteek rigting Europa is julle ook
welkom. Verlede jaar hierdie tyd het ons internetvriende uit Suid-Afrika
ontvang - uit Heidelberg by Johannesburg. Hulle was tien dae hier en daarna
nog 10 dae in Holland.
Hilda.
Re: Moedersdag [boodskap #62189 is 'n antwoord op boodskap #62169] Do, 16 Mei 2002 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
hoeveel Thomas lepeltjies Thys se vrou het.
---
"Thys de Wet"
My vrou hou
> nie daarvan dat ek al haar apostel lepeltjies uitdeel nie...
Kuiergaste :-) [boodskap #62190 is 'n antwoord op boodskap #62183] Do, 16 Mei 2002 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Verlede jaar hierdie tyd het ons internetvriende uit Suid-Afrika
> ontvang - uit Heidelberg by Johannesburg. Hulle was tien dae hier en daarna
> nog 10 dae in Holland.
> Hilda.

T-t-ttttien dae?? Ek wonder of ek my aanbod
kan terugtrek? Of sal ek vertel dat ons skielik na Groenland
verplaas is? :-)))))))
Sjoe, 10 dae is nogal lank om by mense te kuier. Ons het 'n gesegde
hier wat sê dat na 3 dae begin vis en familie stink. :-)))
Re: Kuiergaste :-) [boodskap #62194 is 'n antwoord op boodskap #62190] Do, 16 Mei 2002 20:33 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:ip28euglrbai2jj1sfh4flfm41p0r8rbr0@4ax.com...
> T-t-ttttien dae?? Ek wonder of ek my aanbod
> kan terugtrek? Of sal ek vertel dat ons skielik na Groenland
> verplaas is? :-)))))))
> Sjoe, 10 dae is nogal lank om by mense te kuier. Ons het 'n gesegde
> hier wat sê dat na 3 dae begin vis en familie stink. :-)))

:-))) Moenie worrie nie. Ons sal net kom om die "killer cassata" te proe
:-).
Hilda.
Vorige onderwerp: Die F-woord
Volgende onderwerp: internetkoppeling deur die satelliet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 05:54:47 MGT 2024