Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Diemersfontein
Diemersfontein [boodskap #62061] |
Tue, 14 May 2002 06:15  |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette, waar is Diemersfontien wynlandgoed. Ek het laasweek in
Johannesburg op 'n heerlike Merlot van hulle afgekom.
Johannesburg was verdomp koud in die oggend. Winter in Durban vat die koek.
|
|
|
|
|
|
Re: Diemersfontein [boodskap #62072 is 'n antwoord op boodskap #62061] |
Tue, 14 May 2002 11:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
> Winter in Durban vat die koek.
Maar jy weet, die koudste wat ek nog ooit
in my lewe gekry het, is net mooi daar naby
Durban, op Adams Mission, sewe myl van
Amanzimtoti, dertig myl van Durban af. Ek
sien my nog in 'n bad warm water klim met
'n koppie sop in my hand om warm te probeer
word. Dis wanneer die wind direk van die
Drakensberge se sneeu, nie meer as 'n paar
honderd kilometers ver, op jou waai. En
ons het 'n Kanadese vriend gehad wat in
Durban en erens in Australië twee
sabbaticals deurgebring het, en hy het gesê
dis die twee plekke waar hy die koudste in
sy lewe gekry het. Was jy al ooit in die
hoofgebou van die Universiteit van Natal in
die winter?
Gloudina
|
|
|
Re: Diemersfontein [boodskap #62078 is 'n antwoord op boodskap #62072] |
Tue, 14 May 2002 14:32   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3CE0F959.90006@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>> Winter in Durban vat die koek.
>
> Maar jy weet, die koudste wat ek nog ooit
> in my lewe gekry het, is net mooi daar naby
> Durban, op Adams Mission, sewe myl van
> Amanzimtoti, dertig myl van Durban af. Ek
> sien my nog in 'n bad warm water klim met
> 'n koppie sop in my hand om warm te probeer
> word. Dis wanneer die wind direk van die
> Drakensberge se sneeu, nie meer as 'n paar
> honderd kilometers ver, op jou waai. En
> ons het 'n Kanadese vriend gehad wat in
> Durban en erens in Australië twee
> sabbaticals deurgebring het, en hy het gesê
> dis die twee plekke waar hy die koudste in
> sy lewe gekry het. Was jy al ooit in die
> hoofgebou van die Universiteit van Natal in
> die winter?
>
> Gloudina
Nee, nog nie, maar ek het darem al 'n warm baadjie aangetrek wanneer die
kinders in die winter rugby speel by Kearsney Kollege anderkant Pinetown.
Dit is so 40 km land in. As die son daar wegsak raak dit baie vinnig baie
koud. Hier reg langs die see is daar nie so 'n probleem nie. Hier het ek
in drie jaar nog nie 'n trui gedra nie, behalwe op Kingspark. In die
stadion word dit verdomp koud as die son weg is, en dit is net 500m van die
strand af.
|
|
|
|
|
|
Re: Diemersfontein [boodskap #62284 is 'n antwoord op boodskap #62278] |
Sat, 18 May 2002 16:36  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) As jy van vandag praat - so lekker hier, mens sou sondig as jy nie see
toe gegaan het nie:))))
Annette
"Davie Davis" skryf in boodskap news:cjtceuoqe0o1smp8aobtl7bdkg92kou1c6@4ax.com...
> On Tue, 14 May 2002 09:15:50 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>>
>> Hier in die Kaap kan ons nou nie juis kla van koud nie.
>> Winderig en reenerig wel - maar die son en blou lug slaan tog plek-plek
>> deur.
>> Annette
>>
>>
> Dan moet ek jou vertel van Gauteng s'n 25 grade
> en oopgetrekte lug:-)
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:56:13 UTC 2025
|