Tuis » Lekker » Humor & grappe » In Moedersdag Argus:
In Moedersdag Argus: [boodskap #61963] |
So., 12 Mei 2002 08:18 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Persoon was op reis van Kaapstad na die Noorde, en het soos almal maar by
3 susters gestop vir petrol, 'n koeldrank en verligting.
Terwyl hy hom gemaklik maak op die gemakkie agter 'n toe deur, vra iemand
vanaf die hokkie langsaan:
"Haai, hoe gaan dit?"
Ons man was bietjie verbaas, en nie gewoond om met onsiende vreemdelinge
praatjies te maak nie, maar besluit toe vriendelikheid kos niks: Hy antwoord
toe:
"Goed Dankie."
Langsaan vra toe:" En wat is jy besig om te doen?"
Vriend: " Net soos jy, is ek op reis tussen die Kaap en die Noorde.:"
Toe hoor ons vriend Langsaan ewe verontwaardig sê:
"Kyk, ek bel jou weer later. Hier is 'n idioot in die hokkie langsaan wat al
die vrae beantwoord wat ek jou vra.:"
Annette
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 19:23:43 UTC 2025
|