| Selfbeeld [boodskap #61291] |
Di., 30 April 2002 06:13  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor nou op RSG onderhoude met dogtertjies oor hulle Barbie-poppe. ( nie
een het net een nie)
Ek sien ook dat daar alweer 'n artikel oor Advokaat Barbie in Huisgenoot
is.
Nou is daar een of ander sielkundige wat beweer dat die pop 'n simbool van
bemagtiging van die vrou is.
Ek stem nie saam nie - maar die vraag kom wel op hoekom sekere mense aan
hulle uiterlike beeld drastiese veranderinge laat aanbring en dan verklaar
dat hulle nou uiteindelik hulleself is.
Vir my het Self tog niks uit te waai hoe ek lyk nie - maar miskien kan
iemand hier vir my verduidelik hoekom daar mense is wat wel so dink, en wat
die rede tot so 'n denkrigting is.
Dis net vir my moeilik om te verstaan dat 'n besadigde persoon met 'n
introverte persoonlikheid eensklaps kan verander in 'n uitgesproke
ekstrovert met die kleur van die hare na blond en plastiese verandering aan
sigbare bates, en dan te verklaar dat hulle nou uiteindelik hulself is.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
|
|
|
|
|
|
| Re: popspeel en selfbeeld [boodskap #61335 is 'n antwoord op boodskap #61323] |
Wo., 01 Mei 2002 05:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Golliwogs wat ek van weet was altyd van sulke harde plastiek, nie een
het wimpers gehad wat verleidelik oor die oë kon val nie, en nie een het 'n
kuis pruilmondjie gehad nie.
Annette
Tobie skryf in boodskap news:aamm1v$23v$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoekom kry mens nie meer golliwog poppe nie?
> Vroulief het so tydjie gelede een gemaak van die pragtigste blink
> materiaal en alle dogtertjies wat hier by ons huis saam met hulle
> mammas kom kuier kan hulle oë nie van dié pop afhou nie, ook nie
> hul hande nie. Die ander poppe trek nie hulle aandag soos die
> golliwog nie. Daar is selfs 'n groot nar wat ook die mooiste
> blink klere aan het met die mooiste opgemaakte wit gesig met rooi
> wange. 'n 90cm lange, ou dae se winkelpop, kry nie eers so baie
> aftrek nie, met haar klere uit die vroeë '50.
> Almal wil die gollywog hê. Ma sê dan maar net sy verkoop of gee
> nie haar 'kinders' weg nie. :-)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Selfbeeld [boodskap #61686 is 'n antwoord op boodskap #61684] |
Di., 07 Mei 2002 20:35  |
Rosie
Boodskappe: 94 Geregistreer: Maart 2000
|
Volle Lid |
|
|
Maar Advokaat Barbie het dit oordoen. Ek het vergeet om dit by te voeg. lol.
"Rosie" skryf in boodskap news:ab9dd0$oof$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Adv. Barbie reken dan self in Huisgenoot dat die mense wat haar so
> beoordeel/veroordeel net 'n geleentheid soek vir hulle 15 minute van roem!!
> :))
>
> Maar tog vergeet sy dat sy aan Idols deelgeneem het vir presies dieselfde
> rede.
>
> Mense wat voel om veranderinge aan te bring kan dit maar doen - na my
> mening. Ons leef net eenkeer. Waarom ongelukkig voel dan?
|
|
|
|