Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Stouterds in die Parlement
Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61572] Ma, 06 Mei 2002 07:09 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit was toe 'n skoonmaker en een van Die Prez se motorbestuurders wat so
stout was om al die drinkware en silwer te gaps, en aan 'n pandjieswinkel te
verkoop.
Die goue stel is wel opgebreek en verkoop, maar die ander goed het die
pandjieswinkeleienaar sommer vir hom self geneem.

Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?

Annette
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61576 is 'n antwoord op boodskap #61572] Ma, 06 Mei 2002 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>
> Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
> gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>
> Annette
>

Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.

Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61579 is 'n antwoord op boodskap #61576] Ma, 06 Mei 2002 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wou maar net seker maak voordat ek voor die magistraat met 'n plakaat
gaan loop in 'n kringetjie, om te vra hoekom die pandjiesman nie ook
aangekla is nie;))

Ek sê natuurlik al lankal dat die polisie baie geld en tyd sal spaar om
skelms vas te trek deur net die panjieswinkels 24/7 dop te hou:))

Annette

"Sakkie" skryf in boodskap news:3cd64706$0$18845@hades.is.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>
>> Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
>> gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>>
>> Annette
>>
>
> Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
> en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
> oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.
>
> Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
>
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61582 is 'n antwoord op boodskap #61579] Ma, 06 Mei 2002 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie al nie. Ons sou ook baie minder kragonderbrekings, stukkende
telefoonlyne en gesteelde handreelings op brûe ens. gehad het as die
skrootwerwe onder oog gehou word. In Toti het iemand agtergekom dat die
pale waaraan die verkeerstekens vas is, is van aluminium gemaak. Nodeloos
om te sê die stadsraad het nou 'n probleem om dit te vervang.

"Annette" skryf in boodskap news:ab5ip3$fh54v$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek wou maar net seker maak voordat ek voor die magistraat met 'n plakaat
> gaan loop in 'n kringetjie, om te vra hoekom die pandjiesman nie ook
> aangekla is nie;))
>
> Ek sê natuurlik al lankal dat die polisie baie geld en tyd sal spaar om
> skelms vas te trek deur net die panjieswinkels 24/7 dop te hou:))
>
> Annette
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3cd64706$0$18845@hades.is.co.za...
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>
>>> Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
>>> gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>> Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
>> en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
>> oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.
>>
>> Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
>>
>
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61586 is 'n antwoord op boodskap #61582] Ma, 06 Mei 2002 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ry Saterdagoggend vroeg op De Waal uit na Wynberg. Sien aan die oorkant op
die pad in 'n wit kar staan - mag nie - dog daar is fout of iets - toe sien
ek dit is 4 swartes wat besig is om die inligtingsbord af te haal - het
natuurlik die weerberig gehoor, en maak vroegtydig genoeg voorraad bymekaar
vir die mense wat oor die naweek beter beskutting nodig het.
Ongelukkig is daar nie 'n afdraai nie, en nadat ek by Woodstock afgedraai en
omgery het, was die wit kar en die bord weg.

Dit is tye soos dan wat ek wonder waar is die verkeerspolisie wat
veronderstel is om die paaie te patroleer.

Dis vandag koud innie Kaap - blykbaar amper sneeuerig in Ceres - so julle
daar onder op die hoëveld moet maar die kole regkry vir die kaggels;))

Annette

"Sakkie" skryf in boodskap news:3cd662b1$0$18850@hades.is.co.za...
> Dis nie al nie. Ons sou ook baie minder kragonderbrekings, stukkende
> telefoonlyne en gesteelde handreelings op brûe ens. gehad het as die
> skrootwerwe onder oog gehou word. In Toti het iemand agtergekom dat die
> pale waaraan die verkeerstekens vas is, is van aluminium gemaak. Nodeloos
> om te sê die stadsraad het nou 'n probleem om dit te vervang.
>
> "Annette" wrote in message
> news:ab5ip3$fh54v$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek wou maar net seker maak voordat ek voor die magistraat met 'n plakaat
>> gaan loop in 'n kringetjie, om te vra hoekom die pandjiesman nie ook
>> aangekla is nie;))
>>
>> Ek sê natuurlik al lankal dat die polisie baie geld en tyd sal spaar om
>> skelms vas te trek deur net die panjieswinkels 24/7 dop te hou:))
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Sakkie" wrote in message
>> news:3cd64706$0$18845@hades.is.co.za...
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>>
>>>> Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
>>>> gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>> Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
>>> en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
>>> oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.
>>>
>>> Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
>>>
>>
>
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61588 is 'n antwoord op boodskap #61586] Ma, 06 Mei 2002 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wil jy nie bietjie van daai koue Durban toe stuur nie. Dit wil nie winter
raak hier nie.

Dankie vir die waarskuwing, ek is die res van die week op die hoëveld. Sal
maar warmgoed saamneem.

Om terug te kom na die verlore padtekens, ek dink die arme polisie en
verkeersmanne keer net ouens voor wat nie eers skiet en dan praat nie :-((((

"Annette" skryf in boodskap news:ab5ouk$fdnjj$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ry Saterdagoggend vroeg op De Waal uit na Wynberg. Sien aan die oorkant op
> die pad in 'n wit kar staan - mag nie - dog daar is fout of iets - toe sien
> ek dit is 4 swartes wat besig is om die inligtingsbord af te haal - het
> natuurlik die weerberig gehoor, en maak vroegtydig genoeg voorraad bymekaar
> vir die mense wat oor die naweek beter beskutting nodig het.
> Ongelukkig is daar nie 'n afdraai nie, en nadat ek by Woodstock afgedraai en
> omgery het, was die wit kar en die bord weg.
>
> Dit is tye soos dan wat ek wonder waar is die verkeerspolisie wat
> veronderstel is om die paaie te patroleer.
>
> Dis vandag koud innie Kaap - blykbaar amper sneeuerig in Ceres - so julle
> daar onder op die hoëveld moet maar die kole regkry vir die kaggels;))
>
> Annette
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3cd662b1$0$18850@hades.is.co.za...
>> Dis nie al nie. Ons sou ook baie minder kragonderbrekings, stukkende
>> telefoonlyne en gesteelde handreelings op brûe ens. gehad het as die
>> skrootwerwe onder oog gehou word. In Toti het iemand agtergekom dat die
>> pale waaraan die verkeerstekens vas is, is van aluminium gemaak. Nodeloos
>> om te sê die stadsraad het nou 'n probleem om dit te vervang.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:ab5ip3$fh54v$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ek wou maar net seker maak voordat ek voor die magistraat met 'n plakaat
>>> gaan loop in 'n kringetjie, om te vra hoekom die pandjiesman nie ook
>>> aangekla is nie;))
>>>
>>> Ek sê natuurlik al lankal dat die polisie baie geld en tyd sal spaar om
>>> skelms vas te trek deur net die panjieswinkels 24/7 dop te hou:))
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Sakkie" wrote in message
>>> news:3cd64706$0$18845@hades.is.co.za...
>>>>
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> >
>>>> > Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
>>>> > gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>>>> >
>>>> > Annette
>>>> >
>>>>
>>>> Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
>>>> en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
>>>> oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.
>>>>
>>>> Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
>>>>
>>>
>>
>
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61590 is 'n antwoord op boodskap #61579] Ma, 06 Mei 2002 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nie slegs pandjieswinkels nie maar ook, en veral, die manne wat skrootmetaal
opkoop. Alle gesteelde koperkabels word daar opgekoop - en die
skrootwerfhandelaars weet waar die metaal vandaan kom, maar maak 'n paar
sente, willens en wetens, ten koste van hierdie land se ekonomie.

Daar is wetgewing wat pandjiewinkels reguleer - maar tov die skrootwerfmanne
dink ek geld die oerwoudswette ...

"Annette" skryf in boodskap news:ab5ip3$fh54v$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek wou maar net seker maak voordat ek voor die magistraat met 'n plakaat
> gaan loop in 'n kringetjie, om te vra hoekom die pandjiesman nie ook
> aangekla is nie;))
>
> Ek sê natuurlik al lankal dat die polisie baie geld en tyd sal spaar om
> skelms vas te trek deur net die panjieswinkels 24/7 dop te hou:))
>
> Annette
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3cd64706$0$18845@hades.is.co.za...
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>
>>> Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
>>> gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>> Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
>> en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
>> oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.
>>
>> Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
>>
>
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61592 is 'n antwoord op boodskap #61590] Ma, 06 Mei 2002 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Verlede week hoeka hier 'n helse treinoponthoud agv gesteelde kabels.
Gelukkig steek ons mense hier in die Kaap dan nie die treinwaens aan die
brand nie;))

So, hoekom kan daar nie mense van die polisie voor die skrootwerf sit en kyk
wie kom met wat daar aan nie?

Ek sê nog altyd die deler is net so skuldig soos die steler.

Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:ab5t00$4f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nie slegs pandjieswinkels nie maar ook, en veral, die manne wat skrootmetaal
> opkoop. Alle gesteelde koperkabels word daar opgekoop - en die
> skrootwerfhandelaars weet waar die metaal vandaan kom, maar maak 'n paar
> sente, willens en wetens, ten koste van hierdie land se ekonomie.
>
> Daar is wetgewing wat pandjiewinkels reguleer - maar tov die skrootwerfmanne
> dink ek geld die oerwoudswette ...
>
> "Annette" wrote in message
> news:ab5ip3$fh54v$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek wou maar net seker maak voordat ek voor die magistraat met 'n plakaat
>> gaan loop in 'n kringetjie, om te vra hoekom die pandjiesman nie ook
>> aangekla is nie;))
>>
>> Ek sê natuurlik al lankal dat die polisie baie geld en tyd sal spaar om
>> skelms vas te trek deur net die panjieswinkels 24/7 dop te hou:))
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Sakkie" wrote in message
>> news:3cd64706$0$18845@hades.is.co.za...
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>>
>>>> Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
>>>> gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>> Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
>>> en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
>>> oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.
>>>
>>> Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
>>>
>>
>
Re: Die Stouterds in die Parlement [boodskap #61620 is 'n antwoord op boodskap #61586] Ma, 06 Mei 2002 20:52 Na vorige boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die koue-waarskuwing dit is nou hier en môre-oggend gaan ons
bibber in Gauteng.

"Annette" skryf in boodskap news:ab5ouk$fdnjj$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ry Saterdagoggend vroeg op De Waal uit na Wynberg. Sien aan die oorkant op
> die pad in 'n wit kar staan - mag nie - dog daar is fout of iets - toe sien
> ek dit is 4 swartes wat besig is om die inligtingsbord af te haal - het
> natuurlik die weerberig gehoor, en maak vroegtydig genoeg voorraad bymekaar
> vir die mense wat oor die naweek beter beskutting nodig het.
> Ongelukkig is daar nie 'n afdraai nie, en nadat ek by Woodstock afgedraai en
> omgery het, was die wit kar en die bord weg.
>
> Dit is tye soos dan wat ek wonder waar is die verkeerspolisie wat
> veronderstel is om die paaie te patroleer.
>
> Dis vandag koud innie Kaap - blykbaar amper sneeuerig in Ceres - so julle
> daar onder op die hoëveld moet maar die kole regkry vir die kaggels;))
>
> Annette
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3cd662b1$0$18850@hades.is.co.za...
>> Dis nie al nie. Ons sou ook baie minder kragonderbrekings, stukkende
>> telefoonlyne en gesteelde handreelings op brûe ens. gehad het as die
>> skrootwerwe onder oog gehou word. In Toti het iemand agtergekom dat die
>> pale waaraan die verkeerstekens vas is, is van aluminium gemaak. Nodeloos
>> om te sê die stadsraad het nou 'n probleem om dit te vervang.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:ab5ip3$fh54v$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ek wou maar net seker maak voordat ek voor die magistraat met 'n plakaat
>>> gaan loop in 'n kringetjie, om te vra hoekom die pandjiesman nie ook
>>> aangekla is nie;))
>>>
>>> Ek sê natuurlik al lankal dat die polisie baie geld en tyd sal spaar om
>>> skelms vas te trek deur net die panjieswinkels 24/7 dop te hou:))
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Sakkie" wrote in message
>>> news:3cd64706$0$18845@hades.is.co.za...
>>>>
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:ab5cad$f6p6i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> >
>>>> > Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
>>>> > gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
>>>> >
>>>> > Annette
>>>> >
>>>>
>>>> Daar is 'n hele paar oortredings wat volgens ons wet moet gerapporteer word
>>>> en wanneer jy dit nie doen nie, is jy ook skuldig aan 'n kriminele
>>>> oortreding. Baie min doen dit wel, veral as hy kan geld maak in die proses.
>>>>
>>>> Hoekom vra jy 'n vraag waarop jy die antwoord ken :-))))
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Kapel by nuwe Lughawegebou.
Volgende onderwerp: " Jy sê vir My : " Ou boetie..." deur LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:38:18 MGT 2024