Polio Week [boodskap #61571] |
Mon, 06 May 2002 06:48 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Alle babas van 0 - 59 maande moet weer hierdie week die druppeltjies gaan kry.
Ek het as baba 'n ent gekry, en toe op laerskool is ons weer geënt een jaar,
en twee jaar daarna die vierkantige wit lekkertjie gekry met die 2 pienk
druppeltjies op.
Mens hoor deesdae nie meer van kinders met polio nie - terwyl ek op
laerskool was, was daar 3 kinders in my klas wat dit gekry het.
Hoekom sou daar nou weer so 'n week wees?
Annette
|
|
|