Tuis » Lekker » Reis & vakansie » 'n Naweek Uitstappie
'n Naweek Uitstappie [boodskap #60789] |
Mon, 22 April 2002 04:35  |
Doringrosie
Boodskappe: 19 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek wil julle sommer iets vertel, sonder dat dit nou weer n rasse storie
word.
Saterdag toets ons die "nuwe" Audi op die langpad. Ons ry deur die mooie KZN
se Noordelike dele al kronkelend vanaf Dundee na Greytown. Ons stop by
Rorke's Drift om daar by die Museum meer te wete te kom van die Zoeloe
oorloë. En dit is hier wat die kriewels in my hart begin roer. Die museum
toon alle tekens van erge verval. Op die terrein is n paar pragtige ou
huise maar hulle staan verwaarloos in hulle vervloë glorie. Oral is die
gras te lank en mens sukkel om op die terrein te beweeg. Die
aanwysingsbordjies is vaal en amper nie sigbaar nie. Op die terrein staan
ook n "wat-een-was" pragtige ou sendingkerkie. Dit is nou verwaarloos en
aan verval blootgestel. Vensters word met groterige klippe toegehou maar
binne in die kerk staan n pragtige hout preekstoel. Vanaf die dak hang
kandelare van hout waarop kerse gemonteer kan word. Van kerse is daar
natuurlik nie sprake nie.
Rorke's Drift is n Zoeloe gemeenskappie. Oral lê die zoeloes rond en bak in
die son. Eet slaptjips en drink Coke en gooi daai papiere en bottels oral
neer. Kou kougom uit n plaaslike winkeltjie en smyt die papiere neer.
Met die ongemak in my binneste, ry ons verder.
By die Tugela Faerie word ons begroet met die ongelooflikste gesig! Nie een
wat jou asem in wonder wegslaan nie maar een wat die kriewel in jou hart
losruk! Oral staan mense en verkoop hulle ware op straat. Tussendeur veg
die bokke en honde vir stukkies afval. Een verkoopman verkoop vars vleis op
die binnekante van n kartonboks wat hy platgedruk het. Effens laer af vreet
n hond die laaste vleis van so n winkelrak. Bokke 'steel' die koolkoppe van
n ander winkeleienaar en dié jaag hom agterna. Maar as hy sy rug draai
beweeg die res van die trop in.
Dit is n miernes van bedrywighede en almal skree en praat tegelyk. Bokke,
honde en mense beweeg oor die pad en mens besef dat karre hier geen voorrang
op n pad geniet nie. En skielik onthou ek en manlief hoe ons n paar jaar
gelede hier verbygery het en hoe trots dieselfde mense hul ware verkoop het.
Hoe netjies hul ware verpak en uitgestal was. Dat hulle in tradisionele
drag gesit en hulself met handwerk besig gehou het. En ek besef dat die
lewe ook vir hulle verander het. Dat hul lot ook n hartseer lot geword het.
Maar my hart pyn oor die mooi omgewing wat oral tekens van erosie toon.
Erosie wat veroorsaak word deur oorbeweiding. Oorbeweiding wat deur
hongersnood veroorsaak word en hongersnood wat deur oorbevolking veroorsaak
is.
Ek maak nie verskoning vir hierdie verslag nie. Hierdie is die realiteite.
Maar hierdie is ook my land. Ek het nie deel gehad in die politieke foute
van die verlede nie en ek het nêrens om heen te gaan nie. Maar dit beteken
nie dat ek goedsmoeds wil toekyk hoe alles om my aan die verval is nie . . .
Greytown is n pragtige ou dorpie en herinner my aan soortgelyke dorpies wat
ek n jaar gelede met my Kaapse vakansie saam met my vriendin besoek het.
Dit lê knus tussen die berge en is stil. Daar sien ons n pragtige kerk met
n ou wêreldse weerhaan op die koepel! Maar wat hierdie dorpie anders maak
as die Kaapse dorpies, is die aanwesigheid van zoeloemense wat ook hier oral
hul ware op straat verkoop en die indruk van slordigheid skep.
Ons ry terug Newcastle toe maar kies die binnepaaie. Van ons land se
mooiste natuurtonele is op hierdie binnepaaie te sien. Die berge van Natal
begroet ons met n herfsgroet in die laatmiddagson. En ek voel so heerlik en
gemaklik in my menswees en weet vir seker dat ons bevoorreg is om in hierdie
mooie land te mag woon.
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Naweek Uitstappie [boodskap #60812 is 'n antwoord op boodskap #60789] |
Mon, 22 April 2002 12:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Doringrosie wrote:
> Saterdag toets ons die "nuwe" Audi op die langpad.
> Rorke's Drift Oral lê die zoeloes rond en bak in
> die son. Eet slaptjips en drink Coke en gooi daai papiere en bottels oral
> neer. Kou kougom uit n plaaslike winkeltjie en smyt die papiere neer.
> By die Tugela Faerie word ons begroet
> Maar hierdie is ook my land. Ek het nie deel gehad in die politieke foute
> van die verlede nie en ek het nêrens om heen te gaan nie.
Ai, gereeld soos klokslag kom die "cues"
in so 'n stukkie : die tekens van melk en
heuning:die wit tannie in haar Audi, wat deur die
land van die Zoeloes ry en niks daarvan dink
om hulle te beledig nie. Sy ken die kernwoorde
wat hierdie effek sal bereik. "Lê rond." "Bak
in die son." "Papiere en bottels." "Erosie."
En die volgende verwagte kernfrase: "Ek
het nie deel gehad aan die politieke foute van
die verlede nie."
En dan die heel onverwagte nuwe een. "Ek
het nêrens om heen te gaan nie." Dis 'n nuwe
een, Antie Doringrosie. Hoekom gaan jy nie terug
na waar jou voorvaders gekom het nie. As hulle
uit Nederland gekom het, gaan kyk maar hoe lyk
sommige van die strate van Amsterdam van die
hondepoo. As jy uit Frankryk kom, gaan kyk maar in
sommige van Parys se buurtes hoe vol verval en
misdaad daar is. As jy van Engeland af kom, gaan
kyk maar daar in Londense East End. Moet tog net
nie na Kanada emigreer nie. Hier het ons nie tyd
vir mense soos julle nie.
En sê, Tannie Donringrosie in jou nuwe Audi:
Laaskeer toe ek daar was, was dit nog Tugela Ferry
genoem. Of verwys jy na 'n swenkie bed and breakfast
wat daar naby Tugela Ferry is?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Naweek Uitstappie [boodskap #60856 is 'n antwoord op boodskap #60844] |
Mon, 22 April 2002 23:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Doringrosie wrote:
> DR: Reg, Ouvrou! Sy ken van! Want toe jy nog dink wat om te skryf
> het die berig reeds die rondte gedoen! Berekend!
Dierbaarheid. Behalwe dat ek 'n skaats het
aan vroumense wat praat van "manlief," gee
net jou geradbraakte Afrikaans my ook die
koue rillings. Wat bedoel jy met "sy ken
van." Net soos in Engels, wat jy heelwaarskynlik
maar ook nie baie goed kan praat nie, behoort
jy nie 'n sin met 'n voorsetsel te eindig nie.
En sit tog 'n komma tussen twee sinne, een waarvan
op 'n werkwoord eindig, en die ander wat met 'n
werkwoord begin. Dus : "toe jy nog dink wat om
te skryf, het die berig reeds die rondte gedoen."
Vader weet wat jy met die laaste sin bedoel.
Oor my skaats in vroumense wat knaend van
"manlief" praat. ( Net soos mans wat van "vroulief"
praat.) Ek het altyd die gevoel dat hierdie soort
mense nie die wederhelf van die teenoorgestelde geslag
ernstig en vir hulle eie waarde respekteer nie.
Kan jy nou dink dat die Voortrekkervroue wat
gedreig het om die kakebeen-waens uitmekaar te haal
en daar oor die Drakensberge te dra, vir hulle mans
"manlief" genoem het? Kan jy dink dat Paul Kruger sy
vrou "vroulief" genoem het? Dit gee my altyd die gevoel
die mense wat hierdie woorde gebruik, wil voorgee om
Waterkloof-tipes te wees, en die klok gehoor het maar
hulle weet nie waar die bel hang nie.
Tant Hessie van Van Reenenspas (wat al vir Mont-aux-Sources
en Giant's Castle en Cathedral Peak uitgeklim het, en vir
Champagne Castle tot net onder die laaste piek.
|
|
|
|
|
|
Re: Ken van [boodskap #60893 is 'n antwoord op boodskap #60875] |
Tue, 23 April 2002 15:46   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
outer Plaasvark wrote:
> Gloudina : Wat bedoel jy met "sy ken van."
>
> Wouter
> Dis 'n taamlik gewilde slêng-uitdrukking, Gloudina. Iemand binne SA
> sal nie 'n probleem hê om dit te verstaan nie. Dit word normaalweg as
> 'n kompliment gebruik, om aan te dui dat die persoon baie kundig
> is oor die betrokke onderwerp.
>
> Ek kry dit nie in 'n fraseboek nie, maar sal nie verbaas wees as dit
> later as Afrikaans erken sal word nie. Ons taal lewe, hoor.
Ag, asseblief tog. Dit klink vir my
vreeslik agteraf, "commom." Dis asof
dit gebore is in die mond van iemand
wat Afrikaans nie goed magtig is nie,
en dus uit sy taal - heelwaarskynlik
'n Nguni- of Khoi-taal, direk vertaal.
En in 'n Dietse taal is daar seker
parameters wat nie oorskry moet word
nie, anders word dit 'n brabbeltaal.
Ek hoop nie jy gebruik hierdie frases
nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Ken van [boodskap #60900 is 'n antwoord op boodskap #60895] |
Tue, 23 April 2002 17:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek gebruik dit, ja. Vir seker, ek ken van daardie frase.
> Ons taal lewe, commom of te not :-)
Aanvanklik het ek beswaar gemaak teen die
sin " Ek ken van" omdat dit op 'n voorsetsel
eindig. Laat ons onsself nou by hierdie
situasie hou, waar die sin op 'n voorsetsel
eindig ( 'n no-no in Engels en eintlik ook
in Afrikaans.)
Vantevore het jy verduidelik dat "ken van"
beteken dat mens "kundig is oor 'n onderwerp."
En dat jy dit gebruik gewoonlik om iemand anders
te komplimenteer of jouself op die skouer te
klop, soos Doringrosie gedoen het. Nou skielik
gebruik jy dit met die betekenis "ek ken daardie
frase goed." Iets klop nie. In alle geval, ek
neem altyd as maatstaf vir goeie Afrikaans dit
wat my pa gepraat het, en ek dink nie hierdie
uitdrukking sou ooit uit sy mond gekom het nie.
Hierdie uitdrukking klink slordig en agteraf,
en ek verwag dat, as ek hulle raadpleeg daaroor,
nie een van my twee susters hierdie uitdrukking
sou gebruik nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ken van [boodskap #60921 is 'n antwoord op boodskap #60912] |
Wed, 24 April 2002 00:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
> Wouter
> My aanvanklike verduideliking is die beter een. Soos in "Hy ken
> van rekenaars"
Jy is nog nie by die oorspronklike nie.
Doringrosie het gesê: "Ek ken van." Die
sin het op "van" ge-eindig. Nou kom jy
met "Hy ken van rekenaars." Laasgenoemde
is foutiewe Afrikaans. Jy sal dit kry in
baie Engelse sprekers se Afrikaans. Maar
wat Doringrosie gebruik het, was 'n
volledige uitdrukking. So miskien is sy
eintlik Engels-sprekend en weet nie van
beter nie, maar dan bevraagteken ek haar
Engels waaruit sy vertaal, want daar word
die voorsetsel ook nie aan die einde van
die sin toegelaat nie. In alle geval,
moenie dat ons oor hierdie geval argumenteer
nie. "Ek ken van" klink vir my ongeleerde
Afrikaans, kort en klaar, en ek hoop dat
daar nie baie jong Afrikaners rondloop en
sulke stupid uitdrukkinge gebruik nie.
Laat hulle dan liewers Engels praat.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Naweek Uitstappie [boodskap #61216 is 'n antwoord op boodskap #60812] |
Sun, 28 April 2002 12:01   |
dick whitesell
Boodskappe: 11 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Mon, 22 Apr 2002 12:35:04 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Doringrosie wrote:
>
>> Saterdag toets ons die "nuwe" Audi op die langpad.
>
>
>> Rorke's Drift Oral lê die zoeloes rond en bak in
>> die son. Eet slaptjips en drink Coke en gooi daai papiere en bottels oral
>> neer. Kou kougom uit n plaaslike winkeltjie en smyt die papiere neer.
>
>> By die Tugela Faerie word ons begroet
>
>
>> Maar hierdie is ook my land. Ek het nie deel gehad in die politieke foute
>> van die verlede nie en ek het nêrens om heen te gaan nie.
>
>
> Ai, gereeld soos klokslag kom die "cues"
> in so 'n stukkie : die tekens van melk en
> heuning:die wit tannie in haar Audi, wat deur die
> land van die Zoeloes ry en niks daarvan dink
> om hulle te beledig nie. Sy ken die kernwoorde
> wat hierdie effek sal bereik. "Lê rond." "Bak
> in die son." "Papiere en bottels." "Erosie."
> En die volgende verwagte kernfrase: "Ek
> het nie deel gehad aan die politieke foute van
> die verlede nie."
> En dan die heel onverwagte nuwe een. "Ek
> het nêrens om heen te gaan nie." Dis 'n nuwe
> een, Antie Doringrosie. Hoekom gaan jy nie terug
> na waar jou voorvaders gekom het nie. As hulle
> uit Nederland gekom het, gaan kyk maar hoe lyk
> sommige van die strate van Amsterdam van die
> hondepoo. As jy uit Frankryk kom, gaan kyk maar in
> sommige van Parys se buurtes hoe vol verval en
> misdaad daar is. As jy van Engeland af kom, gaan
> kyk maar daar in Londense East End. Moet tog net
Mnr Le Pen wou aan betering van Parys bekom deur n 'revolusie Fransman
Eers' beleid. Watter soort is die bevolking daar nou? Ek vra om dit te
wees juis.
> nie na Kanada emigreer nie. Hier het ons nie tyd
> vir mense soos julle nie. En daar nog?
> En sê, Tannie Donringrosie in jou nuwe Audi:
> Laaskeer toe ek daar was, was dit nog Tugela Ferry
> genoem. Of verwys jy na 'n swenkie bed and breakfast
> wat daar naby Tugela Ferry is?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: 'n Naweek Uitstappie [boodskap #61408 is 'n antwoord op boodskap #61361] |
Thu, 02 May 2002 15:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
>> Behalwe dat ek 'n skaats het
>> aan vroumense wat praat van "manlief,"
> Weereens beskuldig jy mense van iets terwyl jy self agter die deur staan
> ou Anti!!! 'Ek 'n skaats het'??? As dit goeie afrikaans is dan is 'ek
> ken van' seker ook??!!
Ek het nog altyd aangeneem dat hierdie 'n
goeie Afrikaanse uitdrukking is, maar is
bereid om van die teenoorgestelde oortuig
te word. Die alternatiewe uitdrukking is
"ek het 'n renons in," maar dit is 'n effens
argaïese uitdrukking. My man, altyd my finale
arbiter in Afrikaans, ken dit ook, maar dit mag
miskien 'n uitdrukking wees wat ons as Maties
in Stellenbosch opgetel het. Wie ken dit ook
nog?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Naweek Uitstappie [boodskap #61480 is 'n antwoord op boodskap #61448] |
Fri, 03 May 2002 11:27   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Maar ons praat nooit ooit van 'n skaats in iets het nie - vra maar vir jou
> manlief G.
Ek beledig nie my man deur hom "manlief" te
noem nie. Ek het 'n skaats daaraan. Maar hy
is baie seker dat hy ook die uitdrukking ken.
Dis vir my baie snaaks dat julle dit nie ken
nie. Ek sal wyer aan my korrespondente in SA
hieroor moet vra.
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Naweek Uitstappie [boodskap #61481 is 'n antwoord op boodskap #61458] |
Fri, 03 May 2002 11:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Ons sal eerder praat van "ek vang 'n gly", menende ek het 'n renons daarin.
Dis vir my baie snaaks, Thys, dat my man so
seker is dat hy die uitdrukking "ek het 'n
skaats daarin" ken. Ons kom van twee ver-
skillende streke af, so dit kan nie eintlik
'n geval wees dat ons dieselfde streektaal
ken nie. Ons albei sou ook nie eintlik die
uitdrukking in ons spreektaal teveel gebruik
het nie. Maar hy is baie seker dat dit in
Afrikaans bestaan. En hy skud net sy kop as
ek hom van "vang 'n gly" vertel. Hy sê hy
weet daarvan, maar dis sommer studentetaal,
soos "kys." Sal jy bietjie rondvra daar by
die taalmense?
Gloudina
|
|
|
|
My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61492 is 'n antwoord op boodskap #60856] |
Fri, 03 May 2002 14:32   |
Doringrosie
Boodskappe: 19 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Doringrosie wrote:
>
>
>> DR: Reg, Ouvrou! Sy ken van! Want toe jy nog dink wat om te skryf
>> het die berig reeds die rondte gedoen! Berekend!
>
>
> Dierbaarheid. Behalwe dat ek 'n skaats het
> aan vroumense wat praat van "manlief," gee
> net jou geradbraakte Afrikaans my ook die
> koue rillings. Wat bedoel jy met "sy ken
> van."
DR: Ek bedoel maar net dat ek "ken van" om die tannie kwaad te maak!
Weet vooraf wat om te skryf en weet vooraf presies hoé sy gaan
reageer. Dit is rerig maar al, tannie.
Net soos in Engels, wat jy heelwaarskynlik
> maar ook nie baie goed kan praat nie, behoort
> jy nie 'n sin met 'n voorsetsel te eindig nie.
DR: Dit is so. Maar wat het dit met tannie te doen hoe goed ek in
tale is? Ek het mos ander kwaliteite ook! Vra my bietjie daarna as
tannie graag daarvan wil hoor.
> En sit tog 'n komma tussen twee sinne, een waarvan
> op 'n werkwoord eindig, en die ander wat met 'n
> werkwoord begin. Dus : "toe jy nog dink wat om
> te skryf, het die berig reeds die rondte gedoen."
> Vader weet wat jy met die laaste sin bedoel.
DR: Ek wou nou dankie sê vir die les, maar toe sien ek tannie praat
met n vader?
Vader wie, tannie?
> Oor my skaats in vroumense wat knaend van
> "manlief" praat. ( Net soos mans wat van "vroulief"
> praat.) Ek het altyd die gevoel dat hierdie soort
> mense nie die wederhelf van die teenoorgestelde geslag
> ernstig en vir hulle eie waarde respekteer nie.
DR: Maar tannie, tannie verstaan nie mooi nie. Manlief Ãs tog soveel
beter as skat? Of verkies tannie skat?
> Kan jy nou dink dat die Voortrekkervroue wat
> gedreig het om die kakebeen-waens uitmekaar te haal
> en daar oor die Drakensberge te dra, vir hulle mans
> "manlief" genoem het? Kan jy dink dat Paul Kruger sy
> vrou "vroulief" genoem het? Dit gee my altyd die gevoel
> die mense wat hierdie woorde gebruik, wil voorgee om
> Waterkloof-tipes te wees, en die klok gehoor het maar
> hulle weet nie waar die bel hang nie.
DR: Haai ek weet nou nie eintlik nie, tannie. Ek het mos nie saam
oor die Drakensberge gestap nie. En miskien het Paul Kruger se vrou
vir sy oorbel gegril en besluit dat lief nie vir hom gepas sal wees
nie.
> Tant Hessie van Van Reenenspas (wat al vir Mont-aux-Sources
> en Giant's Castle en Cathedral Peak uitgeklim het, en vir
> Champagne Castle tot net onder die laaste piek.
DR: Haai, tannie dan het ons tóg iets in gemeen! Al beteken dit nou
net dat ons albei n liefde vir stap en berge het! Dan kan tannie mos
nie so erg mislik wees soos ek soms hier lees nie!
Lekker dag vir tannie ook!
|
|
|
Re: My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61498 is 'n antwoord op boodskap #61492] |
Fri, 03 May 2002 14:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Doringrosie wrote:
>> Tant Hessie van Van Reenenspas (wat al vir Mont-aux-Sources
>> en Giant's Castle en Cathedral Peak uitgeklim het, en vir
>> Champagne Castle tot net onder die laaste piek.
>
> DR: Haai, tannie dan het ons tóg iets in gemeen! Al beteken dit nou
> net dat ons albei n liefde vir stap en berge het! Dan kan tannie mos
> nie so erg mislik wees soos ek soms hier lees nie!
Ek moet byvoeg, ek het meeste van hierdie
pieke bereik deur die baie langer maar makliker
toeriste-paaie na die piek. Niks het ons egter
voorberei vir die kettingleer net onder die
plato bo op Mont-aux-Sources nie (waar ons die
nag wou slaap nie.) Ons, drie mans en drie meisies,
het sterk daaraan gedink om om te draai, maar is
tog toe maar op. Ek het hardop begin sing van die
banggeid. My vriendin Rita sê toe later vir my sy
wou doodgaan van vrees, maar toe sy my hoor sing,
toe dink sy, as Gloudina sing-sing die ding kan
uitklim, moet sy maar ook haar moed bymekaarskraap.
Gloudina
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:59:36 UTC 2025
|