Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onse Prez is onbeskof.:))
Onse Prez is onbeskof.:)) [boodskap #61231] So, 28 April 2002 14:53
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister, met die Imbizo op Vreheidsdag - was Onse Prez in Frankfort
Vrystaat) , waar hy toe besluit het om die Madala Koshuis op die ingewing
van die oomblik te besoek.
Een koshuisbewoner het Mbeki gevra om asseblief sy kamer te verlaat toe hy
onaangekondig die persoon se vertrek betree het.
Die mense wou by Onse Prez ernstig kla oor toestande, maar hy het net
vrolik gewuif, gesmaail en hier en daar 'n hand geskud, om weer verder mense
en plekke te besoek.
Hy was besig jong!
Hy het darem gesê hy het al die klagtes neergeskryf ( daar is nie 'n pen of
'n stukkie papier naby hom op die kiekie in die koetant nie), en hy sal
Vrystaatse Premier Winkie Direko elke week skakel om te hoor of daar aan die
klagtes aandag gegee word:))))

Volgende week ( seker Donderdag) :
Onse Prez: More Winkie, hoes dinge nou daar in die Vrystaat.?
Winkie: Comrade , ons gee aandag aan alles soos nog altyd.

Annette
Vorige onderwerp: Kleurassosiasies.
Volgende onderwerp: Kasetaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 13:08:50 MGT 2024