Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Wie sal die blom pluk " deur BOERNEEF
" Wie sal die blom pluk " deur BOERNEEF [boodskap #61187] Sa, 27 April 2002 22:23
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

WIE SAL DIE BLOM PLUK
Boerneef

Skraal is die loper en lank is die lintpad
groot is die dors op Knersvlak se grou
dood brand die son op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?

Wie sal nou vinkel uitgraaf
wie sal die kombro gaan soek
wie sal die jakkalskos dop by die melkbos
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?

Wie sal die pad wys by Soebatsfontein
en sê waar die geel deur die Messelkloof stroom
dood brand die son op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?

Waar is die nartjie van Kamies se rante
waar is die rooi gloed van Grootvlei se land
te kwaai is die dors op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Naskam se kruin?
Vorige onderwerp: " Landskap " deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: " Beautiful iin Beaufort-Wes " deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 00:24:22 MGT 2024