Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Taal-herkenner Opvolg
Taal-herkenner Opvolg [boodskap #6092] Do, 28 Maart 1996 00:00
Dana Murray  is tans af-lyn  Dana Murray
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
'n Tyd gelede het ek hier genoem dat daar by
http://www.cs.cmu.edu/~dougb/ident.html
'n taal-herkenner is en dat die baas daarvan (Doug Beeferman) gewillig is om
Afrikaans by te voeg op sy lys van kandidaat tale. Hy benodig egter 100 k
skoon teks om sy stelsel te leer.

Hiermee my dank aan die poslyslede vir hul voorstelle van Afrikaanse teks op
die internet. Daar was verskeie weergawes van voorstelle oor die gebruik
van vorige poslys artikels, waaronder "Die Versamelde Werke van Renier en
Leendert". Daar was ook rigtingwysers na Afrikaans tekste op web-blaaie.

Aangesien geen een van hierdie voorstelle die ideale oplossing gebied het
nie, het ek besef dat ek die 100 k teks uit verskillende bronne sou moes
versamel. Dit het elk geval gehelp dat html teks aanvaarbaar sou wees.

Ek het toe begin om poslys artikels op te gaar. Eers het ek gedink om 'n
samehangende dokument oor die debatte rondom rekenaar virusse en lewe saam
te stel, maar het besef dat dit onrealisties sou wees. Ek het toe
verskillende artikels met 'n redelike stuk teks gebruik en ge"eindig met 'n
mengelslaai van onderwerpe soos:
opstapeling van nie's
binnekamergesprekke in 'n kroeg en op 'n seepkis
oorbluffende potjiesLatyn
tikfoute in e-pos
privaatskole
rooihoed in die kerk
en, les bes, die vrae van "moet ek" of "moet ek nie" met die Ozafrikaner
perthspektief van "hoekom ek het" . As ek maar net geweet het van al die
weerlig- en donderweer-woorde wat aan't kom was, sou ek langer aangehou het
met my versameling. :-)

In die uiteindelike dokument het ek alle skrywername uitgehaal. Die
internet skryfstyl is ook effens geredigeer ten gunste van meer volsinne.
En, natuurlik, die dokument is (met groot moeite) deur 'n speltoetser gewurg.

Hierdie nota is om te sê dat ek die dokument aan Doug Beeferman gestuur het
en dat ek hom na 'n aantal Afrikaans web-blaaie verwys het. Wanneer daar
verdere vordering met die insluiting van Afrikaans by die taal-herkenner is,
sal ek laat weet.

Dana



--
Daniel M Murray d...@stp.co.za

P O Box 7254 http://www.stp.co.za/~dmm/
Stellenbosch http://www.stp.co.za/somkonhp/somkonhp.htm
7599 South Africa Tel: +27-[0]21-8801728 Fax: +27-[0]21-8801729
Vorige onderwerp: Snaakse goed
Volgende onderwerp: Pidgin-talen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:55:08 MGT 2024