Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Inligting goed
Inligting goed [boodskap #60860] |
Tue, 23 April 2002 04:59  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Noudat Ma ook nie meer Huisgenoot wil lees nie - koop ek toe gister Fair
Lady - hoofsaaklik omdat dit op die voorblad aankondig dit is 'n Proudly
South African uitgawe.
Hieronder is twee webbladsye wat gegee word ivm gesondheidsorg in SA - ek
het dit nog nie self oopgemaak nie - een of twee probleempies met daardie
time-out dingetjie - so hier is dit solank vir wat dit werd is:
Health-E - www.health-e.co.za
Health Sysytems Trust - www.hst.org.za
Daar is ook in die boek 'n artikel oor die IMC ( International Marketing
Council) wat meer goed as kwaad doen - hoofsaaklik omdat dit inligting van
2000 gebruik, en glad nie eers noem dat sekere goed wat Onse Prez en ander
politici gedoen het tydens en na 2000 alles behalwe gehelp het om SA
Internasionaal te bemark - inteendeel.
Elk geval - een van die punte wat genoem word waarop ons as Suid Afrikaners
vreeslik trots op kan wees is dat 4 van SA banke onder die wêreld se top 500
banke gereken word.:)))
Nog een: ( wat ek nie glo nie) - Elektrisiteit is landwyd beskik teen van
die goedkoopste tariewe ter wêreld.
( Dit is seker nou nog goedkoper noudat die rand swakker is teen die dollar
en pond)
Annette
|
|
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60882 is 'n antwoord op boodskap #60878] |
Tue, 23 April 2002 09:13   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette
- val enige van ons banke onder die eerste 400? Op wat word 'n
beste banke beoordeel? Die volume geld wat gehanteer word?
Wouter
Maar jy het die goed gekwoteer, hoe moet ek weet wat die norm
vir die betrokke aanwysing as topbank was? Daar is mos baie
maniere om dit te doen. Dit bly egter 'n prestasie om op enige
norm op die wêreld se top 500 te kom, daar is enkele van
die VSA se state in die VSA wat letterlik honderde banke het.
SA is 'n baie klein deel van die finansiële heelal.
Fortune lys gewoonlik volgens finansiële norme (markkapitalisasie,
bates, omset of wins). Maar daar is ook ander subjektiewe
beoordelings. SA se banke word in die wêreld gereken as pioniers
met outotellermasjiene en sommige rekenaarstelsels. Die enkripsie
van PIN-nommers is deur 'n SA maatskappy (Siltek) ontwikkel
en verfyn tot so 'n punt dat hulle op 'n stadium (dalk nog steeds?)
ongeveer 100% van die wêreld se banke as enigste verskaffer van
die "black box" tussen die outoteller en die bank gehad het. (Die
"black box" beskerm die verbruikers se PIN teen die bank se
amptenare en programmeerders.)
Ons banke is van wêreldgehalte, jy kan eerder trots as sinies
daaroor wees.
Annette
Elektrisiteit - dit is regtig nie landwyd beskikbaar nie - nog nie - anders
sou daar nie met die vorige verkiesing probleme gewees het met kompers in
die landelike gebiede nie
Wouter
Ek het nie besef jy konsentreer op die "landwyd" nie. Die stelling
hinder my nie juis nie, landwyd impliseer darem tog nie in elke
gehuggie nie. Die Sondagkoerant Rapport sê ook hulle word
landwyd versprei, maar jy soek hom verniet in tradisionele
stamgebiede.
Annette
Ek kyk na Ian se ma se elektrisiteitsrekening wat sy daar in Engeland elke 3
maande kry - in die omgewing van 130 pond - my ma se elektrisiteitsonkoste
per maand is R75. Albei is weduwees wat alleen bly.
Wouter
Jy besef dat 130 pond Sterling per kwartaal meer as R2000 is?
Ongeveer 10 maal R75 per maand? Maak soveel aanpassings as jy
wil, SA elektrisiteit is baie goedkoper as in Europa.
--------------------------
...
> Annette
> Elk geval - een van die punte wat genoem word waarop ons as
> Suid Afrikaners vreeslik trots op kan wees is dat 4 van SA banke
> onder die wêreld se top 500 banke gereken word.:)))
>
> Wouter
> As jy na SA se relatiewe grootte kyk, is dit 'n helse groot prestasie, hoor.
> (Onthou ons banke werk hoofsaaklik met Rand) Daar is baie bedrywe
> waar so 90 van die top 100 maatskappye in die VSA is. (Japan het
> natuurlik ook makro-banke) Fortune publiseer gewoonlik 'n aparte
> ranglys vir maatskappye buite die VSA, omdat so min sulkes anders
> die lys haal.
>
> Annette
> Nog een: (wat ek nie glo nie) - Elektrisiteit is landwyd beskik teen van
> die goedkoopste tariewe ter wêreld.
>
> Wouter
> Jy kan dit maar glo, dit is al dekades lank so.
> Ons wek tradisioneel elektrisiteit op by die plekke waar steenkool
> gemyn word, dit gee ons 'n groot koste-voorsprong.
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60883 is 'n antwoord op boodskap #60882] |
Tue, 23 April 2002 09:53   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek is baie trots op wat ons banke vermag het en besig is om te vermag, en
dit is juis waaroor ek sinies is - hoekom nie vir almal liewer vertel op
watter velde ons banke wel uitstyg nie - want dit is iets om op baie trots
op te wees.
Die feit bly daar is so 'n wye stelling gemaak - en ook word daar nie
vertel waarop besluit is om beste banke aan te wys nie - en om een van 100
te wees klink baie beter as een van 500.
Sal daar enige ander banke in Afrika wees wat die beste 500 lys haal?
Elektrisieit - nee Wouter wat 130 pond vir Ian se Ma in Engeland beteken,
beteken R130 vir my ma hier.
(Dit is hoe ons gewone mense dink - anders sal dit ons almal alteveel lekker
laat voel as ons alles eers gou omreken na Zimdollars, en dan besluit ons
petrol is eintlik vreeslik goedkoop:))
Ja - as die regering vir my vertel ek kan landswyd elektrisiteit kry, dan
glo ek dat ek op enige kol waar daar 'n paar gehuggies bymekaarstaan wel 'n
paal kan wees waar ek elektrisitei van sal kan kry as ek dit nodig het. As
dit nie so is nie, moet hulle dit nie so sê nie.
Elektrisiteit is nie 'n koerant wat jy koop omdat jy wil nie - elektrisiteit
word gereken as 'n noodsaaklikheid.
As ek 'n koerant koop, en kan dit skielik nie meer kry nie - dan gaan ek dit
miskien mis vir sy ander gebruike- maar ek kan daarsonder klaarkom.
Elektrisiteit is 'n heeltemalle ander storie.
Natuurlik is ek baie trots dat ons wel aan so baie mense elektrisiteit
redelik goedkoop kan verskaf.- en die aansienlike groei in die verskaffing.
Natuurlik is ek baie trots op die wyse waarop die elektrisiteit "vervaardig"
word.
Natuurlik is ek trots op Koeberg.
Dit vertel hulle nie waarop ons trots behoort te wees nie.
Annette
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cc525b8.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> - val enige van ons banke onder die eerste 400? Op wat word 'n
> beste banke beoordeel? Die volume geld wat gehanteer word?
>
> Wouter
> Maar jy het die goed gekwoteer, hoe moet ek weet wat die norm
> vir die betrokke aanwysing as topbank was? Daar is mos baie
> maniere om dit te doen. Dit bly egter 'n prestasie om op enige
> norm op die wêreld se top 500 te kom, daar is enkele van
> die VSA se state in die VSA wat letterlik honderde banke het.
> SA is 'n baie klein deel van die finansiële heelal.
>
> Fortune lys gewoonlik volgens finansiële norme (markkapitalisasie,
> bates, omset of wins). Maar daar is ook ander subjektiewe
> beoordelings. SA se banke word in die wêreld gereken as pioniers
> met outotellermasjiene en sommige rekenaarstelsels. Die enkripsie
> van PIN-nommers is deur 'n SA maatskappy (Siltek) ontwikkel
> en verfyn tot so 'n punt dat hulle op 'n stadium (dalk nog steeds?)
> ongeveer 100% van die wêreld se banke as enigste verskaffer van
> die "black box" tussen die outoteller en die bank gehad het. (Die
> "black box" beskerm die verbruikers se PIN teen die bank se
> amptenare en programmeerders.)
>
> Ons banke is van wêreldgehalte, jy kan eerder trots as sinies
> daaroor wees.
>
> Annette
> Elektrisiteit - dit is regtig nie landwyd beskikbaar nie - nog nie - anders
> sou daar nie met die vorige verkiesing probleme gewees het met kompers in
> die landelike gebiede nie
>
> Wouter
> Ek het nie besef jy konsentreer op die "landwyd" nie. Die stelling
> hinder my nie juis nie, landwyd impliseer darem tog nie in elke
> gehuggie nie. Die Sondagkoerant Rapport sê ook hulle word
> landwyd versprei, maar jy soek hom verniet in tradisionele
> stamgebiede.
>
> Annette
> Ek kyk na Ian se ma se elektrisiteitsrekening wat sy daar in Engeland elke 3
> maande kry - in die omgewing van 130 pond - my ma se elektrisiteitsonkoste
> per maand is R75. Albei is weduwees wat alleen bly.
>
> Wouter
> Jy besef dat 130 pond Sterling per kwartaal meer as R2000 is?
> Ongeveer 10 maal R75 per maand? Maak soveel aanpassings as jy
> wil, SA elektrisiteit is baie goedkoper as in Europa.
>
>
> --------------------------
>
> ...
>> Annette
>> Elk geval - een van die punte wat genoem word waarop ons as
>> Suid Afrikaners vreeslik trots op kan wees is dat 4 van SA banke
>> onder die wêreld se top 500 banke gereken word.:)))
>>
>> Wouter
>> As jy na SA se relatiewe grootte kyk, is dit 'n helse groot prestasie,
> hoor.
>> (Onthou ons banke werk hoofsaaklik met Rand) Daar is baie bedrywe
>> waar so 90 van die top 100 maatskappye in die VSA is. (Japan het
>> natuurlik ook makro-banke) Fortune publiseer gewoonlik 'n aparte
>> ranglys vir maatskappye buite die VSA, omdat so min sulkes anders
>> die lys haal.
>>
>> Annette
>> Nog een: (wat ek nie glo nie) - Elektrisiteit is landwyd beskik teen van
>> die goedkoopste tariewe ter wêreld.
>>
>> Wouter
>> Jy kan dit maar glo, dit is al dekades lank so.
>> Ons wek tradisioneel elektrisiteit op by die plekke waar steenkool
>> gemyn word, dit gee ons 'n groot koste-voorsprong.
>
|
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60886 is 'n antwoord op boodskap #60874] |
Tue, 23 April 2002 13:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Jy kan dit maar glo, dit is al dekades lank so.
> Ons wek tradisioneel elektrisiteit op by die plekke waar steenkool
> gemyn word, dit gee ons 'n groot koste-voorsprong.
En toe ek laas nog gehoor het, was
die tegnologie, wat SA ontwikkel het
in hierdie verband, die beste in die
wêreld. Daar is glo ook genoeg steenkool
in SA om dit vir 'n baie lang tyd vir
hierdie doel te gebruik. Ek wonder net
altyd, is dit nie 'n baie "vuil" manier
om elektrisiteit te produseer nie? Is
daar baie emissies wat die lug in
gestuur moet word?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60888 is 'n antwoord op boodskap #60883] |
Tue, 23 April 2002 14:02   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Natuurlik is ek baie trots dat ons wel aan so baie mense elektrisiteit
> redelik goedkoop kan verskaf.- en die aansienlike groei in die verskaffing.
> Natuurlik is ek baie trots op die wyse waarop die elektrisiteit "vervaardig"
> word.
> Natuurlik is ek trots op Koeberg.
> Dit vertel hulle nie waarop ons trots behoort te wees nie.
Ag, goeiste liewe land, dis om van
pyn op die maag en krampe in die
niere te kry.
Die mense van Swellendam.
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60890 is 'n antwoord op boodskap #60887] |
Tue, 23 April 2002 15:34   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" schreef:
Ons het nou al jare sonenergie in ons eie huis hier in België. Dis nog
'n installasie wat me pa en ek self gemaak het van oue
verwarmingspanele wat deur die son beskyn word en waarin water
sirkuleer. Dit werk baie goed ofskoon ons daar slegs van kan profiteer
van in die maande Mei tot eind September. Daarna is daar nie genoeg
son meer nie in ons noordse land. Vir ons sal natuurlik daarom andere
energiebronne altyd wel belangrik bly, veral in die winter. Maar tog
kan ons sê dis 'n aansienlyke geldbesparing op die
elektrisiteitsrekening as jy dit beskou oor 'n ganse jaar. Ek wil maar
sê: 'n mens moet steeds probeer om alternatiewe energie maksimaal eers
uit te buit want die son is vir niet en dit vervuil niks nie. Dis
waar, ons kan ons huis daar nie mee verwarm nie maar in daardie maande
gee dit ons tog genoeg warm water vir die badkamer, om die skottelgoed
te was en om die wasmasjien te laat draai. Dus dis nie niks nie. Moes
elke familie hier in België doen soos ons dan sou die nasionale
energierekening 'n taamlik deel sak en dis dan tog weer eens 'n klomp
steenkole, petrol of uranium wat nie in die milieu gesteek word nie.
Onse installasie is nou al 20 jare oud, sy werk nog maar moet tog
dringend eens vernuwe word, een van deesjare miskien, maar tog is ons
daar baie trots op. Nou, eindelik kan ek ook eens iets aanhaal waar me
familie trots op is! :-)
Die groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
> Wouter
> Ja, jy is in die kol met jou "wonder". Daar is al heelwat navorsing
> gedoen oor veral kernenergie en sonenergie. Laasgenoemde is
> 'n bietjie van 'n aspoester wat myns insiens verkeerdelik op
> neergekyk word omdat dit min op sy eie kan werk. En daar is 'n
> groot lobby teen kernreaktors, alhoewel sommige wetenskaplikes
> reken dat steenkool meer langtermynskade doen as kernkrag.
>
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60892 is 'n antwoord op boodskap #60887] |
Tue, 23 April 2002 15:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
sonenergie. Laasgenoemde is
> 'n bietjie van 'n aspoester wat myns insiens verkeerdelik op
> neergekyk word omdat dit min op sy eie kan werk.
Ek was juis so beindruk, die laaste keer
wat ek in SA was, deur die gebruik van
sonpanele sommer so in die kaal haai vlakte,
gewoonlik by 'n dam waar daar ook 'n windpomp
was. Mens sien dit nie soseer hier in Kanada
op sulke nederige plekkies nie. Gewoonlik is
dit ingebou in 'n groot duur gebou of woon-
huis. Ek onthou nog hoe my oom gedurende die
oorlog onwettig na die Duitse omroep op sy
karradio geluister geluister het (hulle het
'n Afrikaanse program na SA uitgesaai, die
donnerwetters), en hoe hy sy karbattery dan
elke nou en dan met windenergie vol gemaak
het. Sou dit nie 'n uitstekende manier wees
om in arm buurtes vir elkeen 'n wind-masjien
en 'n battery en 'n sonpaneel te gee, in plaas
van om oral die elektrisiteitspale te moet
plant nie. ( Iemand - miskien Wouter - het
eenkeer gesê daar is 'n direkte verband tussen
die aantal elektrisiteitspale in 'n buurt en
die aantal sykouse wat daar verkoop word. )
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60969 is 'n antwoord op boodskap #60892] |
Wed, 24 April 2002 19:09   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3CC58076.1080103@rogers.com...
>
>
> Ek was juis so beindruk, die laaste keer
> wat ek in SA was, deur die gebruik van
> sonpanele sommer so in die kaal haai vlakte,
> gewoonlik by 'n dam waar daar ook 'n windpomp
> was. Mens sien dit nie soseer hier in Kanada
> op sulke nederige plekkies nie. Gewoonlik is
> dit ingebou in 'n groot duur gebou of woon-
> huis. Ek onthou nog hoe my oom gedurende die
> oorlog onwettig na die Duitse omroep op sy
> karradio geluister geluister het (hulle het
> 'n Afrikaanse program na SA uitgesaai, die
> donnerwetters), en hoe hy sy karbattery dan
> elke nou en dan met windenergie vol gemaak
> het. Sou dit nie 'n uitstekende manier wees
> om in arm buurtes vir elkeen 'n wind-masjien
> en 'n battery en 'n sonpaneel te gee, in plaas
> van om oral die elektrisiteitspale te moet
> plant nie. ( Iemand - miskien Wouter - het
> eenkeer gesê daar is 'n direkte verband tussen
> die aantal elektrisiteitspale in 'n buurt en
> die aantal sykouse wat daar verkoop word. )
'n Paar sommetjies sal help om dinge in perspektief te sien.
Die wind-laaiertjies waarvan jy praat kan, sou ek sê, op sy beste so 'n 20
watt se krag opwek. 'n Kar-radio gebruik sê so 'n 10 watt krag. Dus nie 'n
probleem nie. 'n Gewone kar-battery kan sowat 500 watt-uur se enerie
opgaar. Met ander woorde, as hy vol is en net vir die radio gebruik word
sal hy so 'n 50 uur hou voordat hy weer her-laai moet word. Weereens nie 'n
probleem nie.
As jy nou twee elektriese ligte (van 60 watt elk) en 'n TV (150 watt) wil
laat loop begin dinge anders lyk. Om mee te begin sal die wind-laaiertjie
vir 25 uur moet loop om die battery vol te maak, en as jy dan die ligte en
die TV aanskakel sal al daardie energie na sowat twee uur opgebruik wees.
As jy nou nog 'n ketel, geyser, of stoofplaat ook wil gebruik (1500 watt)
dan word dit heeltemal 'n onpraktiese proposisie. Jy sal 'n baie groter (en
duurder) windlaaier en 'n hele bank batterye nodig hê. Net ryk mense kan
dit bekostig.
Son-panele (die foto-voltaiese soort) is ook duur en kan maar net so 'n 100
watt elektriese krag per vierkante meter opwek. Jy sal so 'n paar vierkante
meter nodig hê en, net soos met die wind-laaier-stelsel, ook 'n hele bank
batterye. Dus, ook nie 'n proposisie as jy goedkoop krag wil hê nie.
Son-panele van die soort wat water warm maak (nie elektriese krag opwek nie)
is wel 'n proposisie as jy net in warm water belangstel. Die enigste
probleem: Hoe meer die son skyn, hoe minder het 'n mens gewoonlik behoefte
aan warm water.
Dan is daar nog die son-skoorsteen. Sien
http://www.globalwarmingsolutions.co.uk/the_solar_chimney.ht m. Miskien sien
ons nog eendag van hulle in die Karoo.
Swart Simon
|
|
|
Re: Inligting goed [boodskap #60983 is 'n antwoord op boodskap #60969] |
Wed, 24 April 2002 20:48   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Swart Simon wrote:
> 'n Paar sommetjies sal help om dinge in perspektief te sien.
> Dan is daar nog die son-skoorsteen. Sien
> http://www.globalwarmingsolutions.co.uk/the_solar_chimney.ht m. Miskien sien
> ons nog eendag van hulle in die Karoo.
Dankie, Simon. Hier in Kanada het hulle 'n
rukkie eksperimenteer met water warm te maak
deur die waterpype dieper onder die grond te
laat loop, sodat dit deur die natuurlike warmte
van die grond effens verwarm kon word, en dus
nie soveel krag sal gebruik om dit heeltemal
warm genoeg te kry vir huishoudelike gebruik nie.
Maar ek hoor nou nie meer enige van dié stories
nie. ( Jy kan natuurlik dink hoe koud die water
is in waterpype in Kanada, wanneer die temperatuur
buite -20 C of so is.)
Ek hoop egter dat in SA hulle hopelik meer aandag
sal gee aan strategieë wat die son se hitte benut.
Ek dink nou aan die klein dorpie in die Noordkaap
waar ek grootgeword het, in die dae toe ons nog
nie elektrisiteit aangelê gehad het nie. Die water
wat uit ons pype gekom het, was dus net koue water.
(Ons moes warm water bygooi om dit verder te verhit.)
Maar omdat ons huis se badkamer aan die westekant van
die huis was, is die water in die pype genoeg deur die
son verhit, sodat ons 'n bad in die laatmiddag kon neem,
sonder om water warm te maak. (Ons het, net soos die
SA Engelse tradisie, ons baddens geneem in die laat-
middag.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:32:09 UTC 2025
|