Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Robotte
Robotte [boodskap #60864] |
Tue, 23 April 2002 06:34  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van die
res van die wêreld?
In die 1950's het ons verkeersligte hier gekry. Terselfdertyd het robotte in
die VSA en Europa gewild geword. Omdat dit gelyk het asof die verkeersligte
selfstandig werk en veranderende liggies het, wat ook al is wat die robotte
daardie tyd kon doen, het Suid-Afrikaners die verkeersligte robotte
robots) begin noem.
Nou wag ons vir Petrus J se resitasie oor robotte:))
Annette
|
|
|
|
|
|
Re: Robotte [boodskap #61075 is 'n antwoord op boodskap #60997] |
Fri, 26 April 2002 08:13  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hantamkind" skryf in boodskap news:...
> Dit laat my dink aan die urban legend van die ou Engelse dame wat kom kuier
> het in SA. Se sy toe vir haar skoondogter "This Algemene Handelaar must be
> the richest Jew in South Africa. There is one of his shops on every street
> corner."
>
Hantam
Ek het hierdie een anders gehoor. Van die Tannie op hulle eerste lang
motorrit wat vir haar man gesê het, "Hierdie Generaal De Aler moet
baie ryk wees. In elke dorp het hy ten minste een winkel."
Groete, Drom
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:38:29 UTC 2025
|