Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Robotte
Robotte [boodskap #60864] Di, 23 April 2002 06:34 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van die
res van die wêreld?
In die 1950's het ons verkeersligte hier gekry. Terselfdertyd het robotte in
die VSA en Europa gewild geword. Omdat dit gelyk het asof die verkeersligte
selfstandig werk en veranderende liggies het, wat ook al is wat die robotte
daardie tyd kon doen, het Suid-Afrikaners die verkeersligte robotte
robots) begin noem.

Nou wag ons vir Petrus J se resitasie oor robotte:))

Annette
Re: Robotte [boodskap #60902 is 'n antwoord op boodskap #60864] Di, 23 April 2002 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:aa2v8b$7ajh8$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van die
> res van die wêreld?

Die ou wat in Nam. wild gaan kyk het sal verkeersligte seker vertaal as
coitus lights. :-)

Maar blykbaar word die oorsese toeriste meer uitgeboul deur die "Engelse"
term "only net" wat in die bane geskryf is waar jy net links of regs mag
draai. Hulle begryp nie wat die "Engelse" woord "net" bedoel nie.
Re: Robotte [boodskap #60910 is 'n antwoord op boodskap #60902] Di, 23 April 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
> Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van
> die res van die wêreld?

Kobus
Maar blykbaar word die oorsese toeriste meer uitgeboul deur die "Engelse"
term "only net" wat in die bane geskryf is waar jy net links of regs mag
draai. Hulle begryp nie wat die "Engelse" woord "net" bedoel nie.

Wouter
Ek weet van 'n oorsese toeris wat baie bekommerd was of sy Avis-motor
as 'n sleg kwalifiseer. Want die baan waarin hy moes ry was duidelik
gemerk "Slegs Only""
Re: Robotte [boodskap #60997 is 'n antwoord op boodskap #60910] Do, 25 April 2002 03:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit laat my dink aan die urban legend van die ou Engelse dame wat kom kuier
het in SA. Se sy toe vir haar skoondogter "This Algemene Handelaar must be
the richest Jew in South Africa. There is one of his shops on every street
corner."

HK

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cc5b810.0@news1.mweb.co.za...
>
> Annette
>> Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van
>> die res van die wêreld?
>
> Kobus
> Maar blykbaar word die oorsese toeriste meer uitgeboul deur die "Engelse"
> term "only net" wat in die bane geskryf is waar jy net links of regs mag
> draai. Hulle begryp nie wat die "Engelse" woord "net" bedoel nie.
>
> Wouter
> Ek weet van 'n oorsese toeris wat baie bekommerd was of sy Avis-motor
> as 'n sleg kwalifiseer. Want die baan waarin hy moes ry was duidelik
> gemerk "Slegs Only""
>
Re: Robotte [boodskap #61075 is 'n antwoord op boodskap #60997] Vr, 26 April 2002 08:13 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:...
> Dit laat my dink aan die urban legend van die ou Engelse dame wat kom kuier
> het in SA. Se sy toe vir haar skoondogter "This Algemene Handelaar must be
> the richest Jew in South Africa. There is one of his shops on every street
> corner."
>

Hantam
Ek het hierdie een anders gehoor. Van die Tannie op hulle eerste lang
motorrit wat vir haar man gesê het, "Hierdie Generaal De Aler moet
baie ryk wees. In elke dorp het hy ten minste een winkel."
Groete, Drom
Vorige onderwerp: meer nuus oor die vlambaarheid van 'n flatus
Volgende onderwerp: Nog Nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 18:47:59 MGT 2024