Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » www.afrikaans.nu
|
|
|
|
Katryn se dunk [boodskap #60775 is 'n antwoord op boodskap #60769] |
So., 21 April 2002 20:31   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn:
Ek dunk 'n koppie is darem bietjie beter as 'n hopie? :-)
Wouter
Hei Katryn, dunk is nie 'n werkwoord nie, hoor :-(
dunk. Opinie, mening; 'n hoë dunk hê van, baie dink van, hoogag.
dunk, opinion, idea; 'n hoë ~ hê van, think much of, have a high opinion of.
|
|
|
Re: Norbert se naai [boodskap #60778 is 'n antwoord op boodskap #60750] |
So., 21 April 2002 21:37   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Arthur" skryf in boodskap news:a9ttcf$e7d$1@news.kabelfoon.nl...
> "Wouter Plaasvark" schreef...
>> Maar naai het in Nederlands ook die betekenis van geslagsgemeenskap
>> hê, soos in Afrikaans. Ons het dit al op 'n ander forum bespreek en ons
>> resident Nederlandse taalkenner het bevestig dat dit in daardie betekenis
>> vry algemeen gebruik word. En ek glo ek onthou reg.. Dalk is daar 'n
>> gevoelsverskil, maar dit bly 'n dêm groot belediging
>
> Jy is reg. Ek het Norbert se opmerking (ook in Nederlands) net as beledigend
> vir Annette kan beskou.
Daar is 'n ander verklaring, en dit is die een wat ek eintlik in gedagte
gehad het.
Vergeet wat die uitdrukking vir NL/BE's beteken. Norbert kon om een of
ander rede onder die indruk gewees het dat dit wel aanvaarbaar was in 'n
Afrikaanse geselskap.
Dit is selfs moontlik dat hy doelbewus, vir die grap, onder die indruk
gebring is dat die uitdrukking 'n aanvaarbare een is in Afrikaans. 'n
Voorbeeld: Ek het so 'n paar jaar gelede 'n Argentynse seun ontmoet wat in
'n uitruilskema hier op 'n hoërskool was. Hy vertel my dat, toe hy so pas
hier aangekom het sy skoolmaats hom geleer het dat, as hy iemand ontmoet wat
vir hom vra "hoe gaan dit", hy moet antwoord "kan nie k*k nie" (in plaas van
"kan nie kla nie").
Miskien wil Norbert die saak vir ons opklaar as hy terug is van die fabriek.
Swart Simon
PS: Nog iets. Almal sal nog die kêrel onthou wat so 'n ruk gelede hier op
die nuusgroep 'n debat gevoer het met 'n sekere respektabele dame, en toe
dit duidelik word dat hy glad nie opgewasse was teen haar argumente nie, vir
haar vertel het dat sy na die naaste sex shop moet gaan en 'n vibrator koop,
en sy sal weet waar om dit in te steek. Hoekom is daar toe nie so 'n bohaai
gemaak nie? Dubbele standaarde volgens my.
|
|
|
|
Re: Katryn se dunk [boodskap #60781 is 'n antwoord op boodskap #60775] |
So., 21 April 2002 21:49   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 21 Apr 2002 22:31:16 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:
> Katryn:
> Ek dunk 'n koppie is darem bietjie beter as 'n hopie? :-)
>
> Wouter
> Hei Katryn, dunk is nie 'n werkwoord nie, hoor :-(
> dunk. Opinie, mening; 'n hoë dunk hê van, baie dink van, hoogag.
>
> dunk, opinion, idea; 'n hoë ~ hê van, think much of, have a high opinion of.
Okay okay - ek het maar net so bietjie gespeel, hoor? Sallie
weerie...
:-)))
(Maar hoe spreek jy daai "dunk" uit? Dit tiekel my pienk) :-))
|
|
|
Re: Kommunikasie [boodskap #60784 is 'n antwoord op boodskap #60758] |
So., 21 April 2002 22:51   |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" skryf in boodskap news:a9ubq3$6cmcv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Q ja, ek het ook al by die Paddagang gaan lekker eet - sal uitvind of dit
> nog bestaan en jou laat weet, want daar is 'n klomp ander lekker eetplekke
> by Ceres ook.
> Die plek nou vir dik snye tuisgebakte growwebrood, plaasbotter, smoorsnoek,
> koolgebraaide vis en kreef ( ek is 'n galjoen junkie;)) ), korrelkonfyt,
> smoorpatats nog so in die skil en wyn van jou keuse is by die Muisbosskerm -
> op pad Lambertsbaai toe. Daar is ook 'n Muisbosskerm by Melkbos.
> Annette
> Rooiwynliefhebber.
Jussie, maar nou's ek so honger, ek swem sommer huistoe
Kaptein Dighkie
Hiegh Nooghd van die Gghoot Ghiviegh
|
|
|
Re: Katryn se dunk [boodskap #60792 is 'n antwoord op boodskap #60781] |
Ma., 22 April 2002 05:48   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
duh-nk.
Annette
Katryn skryf in boodskap news:jkb6cu09m8khmk0qa4mhnh9aa4881jipb3@4ax.com...
> On Sun, 21 Apr 2002 22:31:16 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Katryn:
>> Ek dunk 'n koppie is darem bietjie beter as 'n hopie? :-)
>>
>> Wouter
>> Hei Katryn, dunk is nie 'n werkwoord nie, hoor :-(
>> dunk. Opinie, mening; 'n hoë dunk hê van, baie dink van, hoogag.
>>
>> dunk, opinion, idea; 'n hoë ~ hê van, think much of, have a high opinion of.
>
> Okay okay - ek het maar net so bietjie gespeel, hoor? Sallie
> weerie...
> :-)))
> (Maar hoe spreek jy daai "dunk" uit? Dit tiekel my pienk) :-))
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Verskoning aan Norbert - was www.afrikaans.nu [boodskap #60813 is 'n antwoord op boodskap #60810] |
Ma., 22 April 2002 12:50   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:n5v7cukc36mv7ijj3jl3ib7gehuoifg9nu@4ax.com...
> On Mon, 22 Apr 2002 09:37:22 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>
>> Q, hier gaan ek met Katryn verskil. In Norbert se opvolg pos het hy baie
>> duidelik en sonder enige misverstande presies gesê wat die twee van ons van
>> die begin af gelees het. Jy hoef nie om verskoning te vra nie.
>
> Ek het dit gesien, Sakkie. :-( Ek was dus verkeerd oor die man. My
> fout. Die afgelope ruk het ek nogal soortgelyke dinge oorgekom - dat
> ek mense vertrou, en selfs as "vriende" beskou - net om agter te kom
> dat hulle eintlik maar net tweegesigte en agteraf is.
> Elkgeval...:such is life I guess...-(
Ek dink jou uitgangspunt is die regte een. As jy nie 'n ander ou se
agtergrond ken nie, behoort hy die voordeel van die twyfel te kry. Wanneer
hy dan die teendeel bewys dan is dit nie omdat jy hom nie 'n kans gegee het
nie. Onthou die gesegde (engelse een, 'skuus) "First impressions last" Dit
lees nie "First impressions is true" nie, en dit hoef nie te wees nie. Nie
een van ons is psigies, so vir wat voel ons elke keer sleg as ons 'n ander
persoon verkeerd opgesom het. Onthou, mense wys jou net wat hulle wil hê jy
moet sien. Dit is nie noodwendig wat/wie hulle in werklikheid is nie. Jy's
mos nou al 'n mooi groot dogter. Kom nou Katryntjie, gaan was nou die
traantjies af en weet dat dit nie jou skuld is dat die nare omies en tannies
altyd agter maskertjies wegkruip nie.
Magtag, nou voel ek ook sommer beter :-))))))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: www.afrikaans.nu [boodskap #61110 is 'n antwoord op boodskap #61103] |
Vr., 26 April 2002 20:54   |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur" wrote:
>> "Hilda" schreef...
>>> Die Vlaamse en Nederlandse sistaksis en grammatika is dieselfde.
>>> Dis net 'n kwessie van woordeskat (enkele woorde, baie min),
>>> sommige uitdrukkings en aksent. Ons het altyd Nederlands geskryf
>>> soos die Nederlanders. Ons het altyd een woordeboek gehad.
>>
>> 'Altyd' is 'n relatiewe begrip. Vroeër was die spelling nie gereguleer nie en
>> enig ieder het volgens sy eie interpretasie woorde gespel. Ek is amper seker
>> Vlaminge het toe seker voorkeure vir spellinge wat Hollanders nie het nie.
>> Dit sou interessant wees om ou aktes te vergelyk.
>
> Ons het 'altyd' Nederlands 'ge'skryf en 'altyd' een
> woordeboek 'ge'had, maak dit beslis relatief in die
> geval Arthur, maar altyd behoort nie relatief te wees
> indien reg gebruik nie. Maar reg gebruik moet dit
> dan ALTYD beteken so ons sal dit dan nie in
> verhouding met slegs die teenswoordige kan
> gebruik nie.
Verskoning, Dawie, maar ek begryp nie rerig nie wat jy wil sê ... ek sien
'altyd' nie as 'n relatiewe begrip nie. Altyd is altyd, nie net meestal nie
of die laaste driehonderd jaar nie.
1000 jaar geleë het 'ons' geen Nederlands geskryf nie ... Die eerste
Nederlandse sin stam uit die tweede helf van die 11e eeu: hebban olla vogala
nestas hagunnan, hinase hic anda thu. En dis waarskynlik geskryf deur 'n
Vlaming :)
Groete,
Arthur
|
|
|
Re: www.afrikaans.nu [boodskap #61121 is 'n antwoord op boodskap #61110] |
Sa., 27 April 2002 03:22  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jislaaik, Arthur - toe ek daardie sinnetjie lees, toe sit ek weer in
Afrikaans-Nederlands 1!
Snaaks hoe sulke goed in die brein weggebêre word - en net weer opgehaal
word met die lees van die eerste drie woorde.
Annette
Arthur skryf in boodskap news:aacf1e$169p$1@news.kabelfoon.nl...
> "Davie Davis" schreef...
>> "Arthur" wrote:
>>> "Hilda" schreef...
>>>> Die Vlaamse en Nederlandse sistaksis en grammatika is dieselfde.
>>>> Dis net 'n kwessie van woordeskat (enkele woorde, baie min),
>>>> sommige uitdrukkings en aksent. Ons het altyd Nederlands geskryf
>>>> soos die Nederlanders. Ons het altyd een woordeboek gehad.
>>>
>>> 'Altyd' is 'n relatiewe begrip. Vroeër was die spelling nie gereguleer nie en
>>> enig ieder het volgens sy eie interpretasie woorde gespel. Ek is amper seker
>>> Vlaminge het toe seker voorkeure vir spellinge wat Hollanders nie het nie.
>>> Dit sou interessant wees om ou aktes te vergelyk.
>>
>> Ons het 'altyd' Nederlands 'ge'skryf en 'altyd' een
>> woordeboek 'ge'had, maak dit beslis relatief in die
>> geval Arthur, maar altyd behoort nie relatief te wees
>> indien reg gebruik nie. Maar reg gebruik moet dit
>> dan ALTYD beteken so ons sal dit dan nie in
>> verhouding met slegs die teenswoordige kan
>> gebruik nie.
>
> Verskoning, Dawie, maar ek begryp nie rerig nie wat jy wil sê ... ek sien
> 'altyd' nie as 'n relatiewe begrip nie. Altyd is altyd, nie net meestal nie
> of die laaste driehonderd jaar nie.
>
> 1000 jaar geleë het 'ons' geen Nederlands geskryf nie ... Die eerste
> Nederlandse sin stam uit die tweede helf van die 11e eeu: hebban olla vogala
> nestas hagunnan, hinase hic anda thu. En dis waarskynlik geskryf deur 'n
> Vlaming :)
>
> Groete,
> Arthur
>
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 06 06:50:58 UTC 2025
|