Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vigs-goed
Vigs-goed [boodskap #60740] |
So., 21 April 2002 06:19  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Mail en Guardian -http://ww.mg.co.za- het artikels oor Onse Prez se
skielike ommeswaai re die vigskwessie - interessante leesstof.
Wat my 'n vreeslike giggel laat kry het was die artikel oor die groep wat
die kokaaid idees in die Prez se oor gefluister het, en wat met die
aankondiging pamflette versprei het om mense nog steeds te waarsku om nie te
glo wat die wêreld hulle van vigs vertel nie.
Op die vraag van die M&G hoekom daar geen name by die artikels was nie, was
die rede omdat die mense sal dink die skrywers van die artikels mal.
:))))
Statistiek: Die lewensverwagting van SA vroue sal glo 43 teen 2005 en 37
teen 2010 wees.
Dan praat ons nie van die klomp gesonde weduwees wat daardie gemiddeld 'n
lekker hupstoot gee nie.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vigs-goed [boodskap #60819 is 'n antwoord op boodskap #60786] |
Ma., 22 April 2002 14:02  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette:
Sal hierdie berig enige invloed hê op die bedrag wat vrouens nou moet betaal
op lewensversekering en annuiteite? Ek weet heel aan die begin toe ek begin
bydra het, was aan my vertel dat ek meer waarde vir my bydraes kry omdat die
lewensverwagting van vroue op daardie stadium 5 jaar langer was as die van
mans.
Wouter:
Lang antwoord:
Toe ek laas gesien het was vrouens se sterfterisiko tipies gelyk aan dié
van 'n man wat 7 jaar jonger is. Die belangrikste redes daarvoor is laer
ongeluksterftes (veral by die jonger ouderdomme) en laer sterftes agv
van hartverwante siektes by die hoër ouderdomme. Vigs verander dit
nie en indien die versekeringsbedryf redelik suksesvol is om
vigseise te vermy of uit te sluit behoort dit min effek te hê.
Kort antwoord:
Nee
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 20:19:29 UTC 2025
|