Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikanns = Nederlands, van wanneer af?
Re: Afrikanns = Nederlands, van wanneer af? [boodskap #60590] Vr, 19 April 2002 07:36
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op 'n ander kol iewers is daar 'n ope brief van Breyten Breytenbach aan
Israel se Sharon - geskryf in Nederlands.
Behalwe dat ek gesukkel het om dit te lees, wonder ek of Sharon enigsins
moeite sou doen om dit te probeer lees of te vertaal.

Ons moet Thysie kry om meer Kaaps hier te skryf;)))

Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3cbfc981$0$233@hades.is.co.za...
> Jong Q, onse Norbert het 'n groot vrees. Dit is die vrees dat Nederlands
> nie gaan oorleef as taal nie. As jy van sy vorige poste gelees het sal jy
> sien dat dit sommer ordentlik uitstaan. Volgens Norbert is die enigste
> manier om Nederlands te laat oorleef om Afrikaans ook as 'n dialek van
> Nederlands te laat verklaar. Net soos Vlaams beskou word as 'n dialek van
> Nederlands.
>
> Ek hou van jou verklaring hier onder. Ek kon dit nie beter stel nie al wou
> ek ook. Ek wonder of Norbert weet dat Afrikaans tweede op die ranglys is in
> Suid-Afrika wat gebruikerstal betref. Eerste is natuurlik Zoeloe, en nie
> Engels nie soos wat Norbert blykbaar dink.
>
> Drie hoera's vir die Afrikanerdom. Ons voorvaders moes baie meer keurlinge
> gemaak het. Dan sou Afrikaans nou al klaar die hoogste gebruikerstal gehad
> het.:-))))))
>
> Sakkie(wat sy gat af sukkel om Nederlands te ontsyfer)
>
> From: "Q"
> Subject: Re: www.afrikaans.nu
> Date: Friday, April 19, 2002 12:42 AM
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cbf131e.32000393@news.skynet.be...
>
>> Ek is gelukkig dat ek sonet op die world wide web 'n bladsy gevind het
>> in Afrikaans oor die toekoms van daardie taal ('n visie van 'n
>> oorspronklike Afrikaner soos ek dit meen). Ek is gelukkig dat me
>> mening oor Afrikaans nog deur andere mense in SA ondersteun word.
>>
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> Hallo Norbert,
>
> Ek is van mening dat Petrus van Eeden se logika in hierdie verband gebrekkig
> is. Terwyl sy definisies van omgangstaal en kultuurtaal miskien (en 'n groot
> miskien) in 'n lesinglokaal van 'n universiteit sal water hou, wend hy hom
> tot wat elders in die wereld gebeur in 'n poging om te bewys dat Afrikaans
> slegs 'n plaaslike omgangstaal van Nederlands is. So hou hy as voorbeeld die
> verhouding tussen Vlaams en Nederlands, die verhouding tussen Portugees soos
> dit in Portugal gepraat word en soos dit in Brasilie gepraat word, ens. ens.
> En daarom, stel hy dit, moet Afrikaans nou maar 'n soet seuntjie wees, en
> terughardloop na sy herkoms. Ek merk egter dat hy nie probeer voorgee dat
> Portugees slegs 'n omgangstaal van Spaans is nie (tog is hulle baie
> soortgelyk). Of dat Spaans slegs 'n omgangstaal van Italiaans is nie.Of dat
> Italiaans slegs 'n omgangstaal van Latyns is nie. Of hoekom gaan verduidelik
> hy nie aan die Xhosas dat Zoeloe hulle kultuurtaal is nie (of andersom).
>
> So, ongelukkig beteken sy argumente nie veel op die grond tussen gewone
> Afrikaners nie. Dit is nie Brasilie of Surinam nie. Dit is Suid Afrika.
>
> As iemand my mening moet peil of Afrikaans slegs 'n omgangstaal moet wees en
> Nederlands my kultuurtaal, dan is die antwoord 'n besliste "NEE". Ek het
> geen bande met die Nederlande nie. Dit beteken nie dat ek nie van
> Nederlanders hou nie (trouens, ek het heelwat vriende wat vandaar kom en
> verder handhaaf ek nie 'n opinie nie), maar as iemand Nederlands praat of
> skryf, slaat ek 'n 'blank'. Hoe is dit dan? Wel, ek vergaap my aan die
> Nederlandse tradisionele drag en tulpe en kaas en gragte en polders en
> klompe, maar dit is nie myne nie. En wanneer ek Nederlands hoor, klink dit
> soos een lang "zzzzssccchhh". Dit is nie myne nie. Ek sal graag vir jou wou
> vertel wat myne is, maar dit sal ongelukkig te lank duur.
>
> Wat ek jou wel sal vertel is dat daar in die werklike lewe nie 'n groter pot
> bollie is as die onderskeid tussen omgangstaal en kultuurtaal is nie. Gaan
> luister maar hoe my mense praat. Hulle praat nie 'n dialek van Nederlands
> nie (net soos Portugees nie 'n dialek van Spaans is nie). Hulle praat
> Afrikaans, bid in Afrikaans, tel in Afrikaans, bewonder die geskenk van nuwe
> lewe in Afrikaans, rou in Afrikaans, dig in Afrikaans, verklaar liefde in
> Afrikaans, baklei in Afrikaans. My kultuur is Afrikaans (ja, ons het 'n
> kultuur Norbert). My omgangstaal = my kultuurtaal = Afrikaans, en daarmee
> basta. Niemand sal my anders vertel nie, en niemand sal my anders dwing nie.
> Gaan lees so 'n bietjie wat Winston Churchill te se gehad het oor die
> Boerevolk, en jy sal verstaan wat ek daarmee bedoel.
>
> Nou is die vraag natuurlik of dit net ek is wat so voel? Wel, Afrikaners het
> my nie as hul amptelike woordvoerder aangestel nie, maar ek het in my lewe
> nog nie 'n ander Afrikaner teegekom (met die uitsondering van Petrus
> hierbo), wat voel dat Afrikaans eintlik net 'n plaaslike omgangstaal van
> Nederlands moet wees nie. Om die waarheid te se, wanneer enige iemand my
> taal as 'Kitchen Dutch' beskryf, voel ek soos die Australiers voel oor enige
> verwysing na kriminele in hul verlede. Ek voel dat daardie persoon my
> beledig het. En ek is seker dat jy, as 'n gas by 'n Afrikaanse nuusgroep,
> jou nie daaraan sal wil skuldig maak nie, of hoe.
>
> Wat die toekoms van my taal betref, my taal se toekoms is so verseker soos
> ek, en al my taalgenote, dit wil he. En elke keer wanneer een van ons
> Afrikaans praat, eerder as 'n ander taal, raak Afrikaans 'n bietjie sterker.
> En glo my... dit gebeur elke dag. Afrikaans sal nooit die internasionale
> teenwoordigheid he wat Engels of Frans het nie. Maar dit maak nie saak
> nie... solank my dogtertjie elke aand in Afrikaans vir my se dat sy my lief
> het, weet ek dat my taal 'n toekoms in sy eie reg het.
>
> Q
>
Vorige onderwerp: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels)
Volgende onderwerp: Kaasfees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 15:45:43 MGT 2024