Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skielik somer
Skielik somer [boodskap #60398] Di, 16 April 2002 15:40 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lente het amptelik 21 Maart begin, en om dit te vier het oor die die pos vir
my vrou 'n bos tulpe bestel, en vir ons dogter 'n bos rose. Maar nou is dit
skielik somer hier by ons. Minder as 'n maand gelede nog het ek een
Sondagmiddag by die venster uitgekyk en alles was spierwit van die sneeu wat
onverwags begin val het. Nie lank gehou nie, maar darem.

Saterdag het ek die gras gesny - die derde keer na die winter. Dis so groen
en blink soos ek lanklaas gras gesien het. Seker oor die vroeë reën. Toe ek
besig was om op te ruim stap daar 'n vrou met haar hond verby. "You have a
beautiful lawn," sê sy in die verbygaan. "Thank you!" antwoord ek. Baie in
my skik, al is die mooi gras nie my skuld nie. "You're very welcome,"
antwoord sy en stap verby.

Verlede week nog was dit vriesend koud. 'n Arme man, desperaat, het die dag
gesorg vir hoë drama toe hy die hele dag bo-op 'n adevertensieteken op 'n
hoë gebou gestaan het en gedreig het om af te srping. So koud dat die
polisie wat hom probeer red het vir hom warm klere gerbing het, wat hy
woedend afgewys het. Boonop was die man doof en kon hy nie hoor hoe die
mense hom probeer moed inpraat nie. En tussendeur het verdwaalde
sneeuvlokkies heen en weer gedwarrel. Ek kon alles deur my kantoor venster
sien, wanneer ek nie besig was nie.

Die naweek was die temperatuur skielik in die 80, en ek kon gisteraand weer
heerlik gaan stap in die buurt. Dit word al later donker, deels omdat ons
nou op somertyd is. Dit was al na agt die aand, en nog goed warm. Baie mense
het die heerlike weer geniet en rondgeloop vir oefening (soos ek) of net
sommer vir die lekker. Groet mekaar en gesels sommer so, al ken 'n mens nie
mekaar nie.

Ek dink dit gaan 'n warm somer wees. Môre is dit glo 90, maar Sondagnag gaan
dit glo net 36 wees.
Re: Skielik somer [boodskap #60419 is 'n antwoord op boodskap #60398] Di, 16 April 2002 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Apr 2002 15:40:39 GMT, "Kwarantyn" wrote:

Dit was nou lekker om te lees - dankie! :-)

> Saterdag het ek die gras gesny - die derde keer na die winter. Dis so groen
> en blink soos ek lanklaas gras gesien het.

En nou groei die gras hier ook so vinnig dat ons elke naweek moet sny.
:-) Wat vir my veral so mooi is hierdie tyd van die jaar is al die
pragtige blomme en veral die Azaleas wat oral in volle blom staan. My
voortuin lyk omtrent soos 'n palet met 'n vlooimark van allerande
kleure op die oomblik. En die bome is almal so sagte liggroen. Rerig
mooi.

Maar vertel nou eers vir my wat jou geheim is vir jou spog grasperk?
Wat doen jy spesiaal en /of watse kunsmis gebruik jy?
Plant julle ook "Rye" gras in die wintermaande?
Re: Skielik somer [boodskap #60421 is 'n antwoord op boodskap #60419] Wo, 17 April 2002 01:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

En dis nou sommer net hier wat ek besluit
dat ek meer van die winter as van die somer
hou.
Daar is nog geen blomme uit nie, en ons
krepeer van die hitte. Dis die warm lug
wat die jetstream daar in die suidelike
VSA opskep en hierheen opwaai.
Maar daar kan nog sneeu kom. Ek het al
sneeu op die vyfde Mei in die Niagara
Peninsula gesien, die dag nadat ons
bloeisels gaan kyk het daar.

Gloudina
Re: Skielik somer [boodskap #60433 is 'n antwoord op boodskap #60421] Wo, 17 April 2002 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier staan al baie blomme in ons tuin : geel, oranje en rooi tulpe - alle
groottes. Die narsisse het al vroeër gebloei en is nou weg. Daar's
viooltjies en nog 'n soort blom wat in trosse groei, maar waarvan ek die
naam nie ken nie. Dan nog 'n klomp mini-blommetjies : pers, pienk, geel,
blou - baie mooi. Ons fruitbome bloei ook : pienk blommetjies vir die
appelboom, perksesboom en die kerseboom, wit eentjies vir die pereboom. Ons
het al slaai uit ons tuin geëet - dié wat in die winter onder glas gestaan
het. Ja, dis lekker as die lente weer in die land is.

Ek het ondertussen 'geëvolueer' na 'n regte Europeër, want as die
temperatuur bo die 25° styg, kry ek al te warm. Ek voel nou beter met 15 -
20 grade as met meer :-)). In Kongo het ek 'n baadjie gedra solank dit nie
meer as 25° was nie :-)).
Hilda.

schreef in bericht news:3CBCCD60.6070207@rogers.com...
>
>            En dis nou sommer net hier wat ek besluit
>            dat ek meer van die winter as van die somer
>            hou.
>            Daar is nog geen blomme uit nie, en ons
>            krepeer van die hitte. Dis die warm lug
>            wat die jetstream daar in die suidelike
>            VSA opskep en hierheen opwaai.
>            Maar daar kan nog sneeu kom. Ek het al
>            sneeu op die vyfde Mei in die Niagara
>            Peninsula gesien, die dag nadat ons
>            bloeisels gaan kyk het daar.
>
>  Gloudina
>
Re: Skielik somer [boodskap #60454 is 'n antwoord op boodskap #60398] Wo, 17 April 2002 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" skryf in boodskap news:...
> Lente het amptelik 21 Maart begin, en om dit te vier het oor die die pos vir
> my vrou 'n bos tulpe bestel, en vir ons dogter 'n bos rose. Maar nou is dit
> skielik somer hier by ons. Minder as 'n maand gelede nog het ek een
> Sondagmiddag by die venster uitgekyk en alles was spierwit van die sneeu wat
> onverwags begin val het. Nie lank gehou nie, maar darem.

KinkY: Hier by ons is ons besig om die somer te groet. Die bome
verloor hulle blare en die mooiste herfskleure is oral te sien.
>
> Saterdag het ek die gras gesny - die derde keer na die winter. Dis so groen
> en blink soos ek lanklaas gras gesien het. Seker oor die vroeë reën. Toe ek
> besig was om op te ruim stap daar 'n vrou met haar hond verby. "You have a
> beautiful lawn," sê sy in die verbygaan. "Thank you!" antwoord ek. Baie in
> my skik, al is die mooi gras nie my skuld nie. "You're very welcome,"
> antwoord sy en stap verby.
>
KinkY: Ek het aan die einde van Februarie my gras gevoed met KAN en
2.3.2 en alhowel die plante gereed maak vir die winter, is my gras ook
n lushof met n dik tapyt van groene! ;-)

> Die naweek was die temperatuur skielik in die 80, en ek kon gisteraand weer
> heerlik gaan stap in die buurt. Dit word al later donker, deels omdat ons
> nou op somertyd is. Dit was al na agt die aand, en nog goed warm. Baie mense
> het die heerlike weer geniet en rondgeloop vir oefening (soos ek) of net
> sommer vir die lekker. Groet mekaar en gesels sommer so, al ken 'n mens nie
> mekaar nie.

KinkY: Ek gaan stap altyd soggens en nou is dit reeds stikdonker
wanneer ons soggens om 5 uur gaan stap. Daar is ook die byt en
komende belofte van koue in die lug. En ek sien uit na die winter.
Soms wanneer ons winteroggende gaan stap, dan kras die ryp onder jou
voetsole en die winter byt met sy winter asem aan mens se wange! En
dan voel ek lewer deur my are bruis want ek het die winter lief!
Kinky die Wintervrou! :-)

Dankie vir n lekkerlees verslag!
Re: Skielik somer [boodskap #60555 is 'n antwoord op boodskap #60419] Do, 18 April 2002 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Maar vertel nou eers vir my wat jou geheim is vir jou spog grasperk?
> Wat doen jy spesiaal en /of watse kunsmis gebruik jy?
> Plant julle ook "Rye" gras in die wintermaande?

Nee - doen niks spesiaal nie. In Pretoria het ek ook soos KinkY KAN op die
gras gegooi, maar hier het ek vergeefs daarna gesoek. Die eerste jaar het
die gras in elk geval so mooi gegroei tot ek uitvind dis nie gras daai nie,
dis "crab grass" en jy moet dit uitroei. Toe laat kom ek die ChemLawn mense
die tweede jaar, maar dis te duur en daarna het ek maar self Wal-Mart toe
gegaan en goed gaan koop in die geloof dat wat op die sak staan reg is en
sal werk. Lyk my dit werk. Die gras hier groei nie met uitlopers soos die
kweek on kikuyu wat ek in Pretoria geken het nie. In die winter plant ek
niks. Die gras karring maar so aan en bly heel winter in elk geval groen,
selfs onder die sneeu. En dan, in die lente, kom dit met mening uit as jy
laatherfs nog vir oulaas iets op die gras gegooi het.

My vrou maak 'n cocktail met Coca Cola en bier en allerhande goed waarvan sy
op die TV gehoor het. Waar jy daai goed gooi kan jy die gras behoorlik sien
groei.
Re: Skielik somer [boodskap #60565 is 'n antwoord op boodskap #60555] Do, 18 April 2002 18:26 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> My vrou maak 'n cocktail met Coca Cola en bier en allerhande goed waarvan sy
> op die TV gehoor het. Waar jy daai goed gooi kan jy die gras behoorlik sien
> groei.

Ek wonder of die bier nie daar is om die
slakke dood te maak nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: geheim vir suksesvolle huwelik
Volgende onderwerp: Besonderse Rugbywedstryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 13:52:32 MGT 2024