Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Weeklag van die Fascistiese Fliekganger " deur FERDI GREYLING
" Weeklag van die Fascistiese Fliekganger " deur FERDI GREYLING [boodskap #60355] Ma, 15 April 2002 22:22
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER
Ferdi Greyling

Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersiële sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.

Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek,
alles in een.

Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.

Jy was die twist aan die einde.

Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.

Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.

En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.

'n Sukkelende fascis,
uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.
Vorige onderwerp: "Taalrit" deur MARIUS TITUS
Volgende onderwerp: " In die Slamse Buurt " deur I.D. du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:41:49 MGT 2024