Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Technomusiek
Technomusiek [boodskap #60343] Ma, 15 April 2002 18:07
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Weereens vanaand my voorreg om na RSG se tienermusiekprogram vanaand te
luister.
Deurmekaar taal en nog deurmekaarder musiek.

My brein is glad nie ingestel om die technomusiek te kan waardeer nie. Het
nou net met "aandag" na 'n stuk geluister - die hele "komposisie" het
bestaan uit dieselfde 6 note wat heeltyd in dieselfde volgorde herhaal is -
85 maal vandat ek begin tel het.
Nou nie juis iets wat mens sal fluit as mens byvoorbeeld 'n legkaart pak
nie.:))

Oepsie!! Ek het te gou gepraat - nou is daar 'n stuk wat net 3 note speel -
in dieselfde volgorde - tot herhalends toe - en ja!! daar is woorde - iemand
praat van weg, reg of tech oor en oor.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Vorige onderwerp: Sal ons ooit kan verstaan
Volgende onderwerp: weggesteekte bladsy op ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 16:46:27 MGT 2024