Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sal ons ooit kan verstaan
Sal ons ooit kan verstaan [boodskap #60318] Ma, 15 April 2002 10:03
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waarom daar verlede week, toe treindienste in Pretoria vertraag is, mense 3
treinwaens aan die brand gesteek het?
Hulle het ook brande gestig en skade aangerig by die Mabopane, Saulsville en
Atteridgeville stasies.
Bogaande skade is glo aangerig in protes oor die vertragings.

Bo my klein breintjie se vuurmaakplek om die kloutjie by die oor te bring
van hoe so 'n aksie so 'n reaksie kon uitlok., of wat die rede of sin was om
die betrokke skade aan te rig.

Miskien is hier iemand wat dit vir my mooi kan verduidelik?
Miskien is dit net 'n Gauteng ding?

Moet sê hier in die Kaap is daar gereeld treinvertragings, werkgewers weet
daarvan en die werkers word nie gepenaliseer nie - en bowenal word die waens
en stasies nie aan die brand gesteek nie.
Metrorail het onlangs verminderde dienste aangekondig, maar deur briewe,
oproepe en samesprekings is die probleme opgelos, en al die dienste is weer
hervat.

Annette
Vorige onderwerp: Nepad
Volgende onderwerp: Technomusiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 18:43:29 MGT 2024