Tuis » Lekker » Kos & resepte » Vleisvragie
Vleisvragie [boodskap #60162] |
Fri, 12 April 2002 19:53 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
smaak tussen perd en donkie.
Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
Ek hou van boerbok, maar my ma sê sy kan nie so baie daarvan eet soos lam
nie.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60187 is 'n antwoord op boodskap #60181] |
Sat, 13 April 2002 06:33 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Een ding kan ek jou vertel en dit is dat die Damaras hier in ons land skoon
koekoes gaan oor donkievleis. Dieselfde oor Zebravleis, wat ook maar perd
is. Dié het ek al geëet en dit het 'n meer wilde smaak as bv beesvleis.
Ook Zebrabiltong smaak nie veel anders as koedoe nie, MITS jy weet hoe om
dit te maak......met baie asyn, dan sal g'n yuppie die verskil ken nie.
Wat bok vs skaap aangaan, is die bok ook so 'n effe taaier, maar maak hom
reg gaar en 99% mense sal nie die verskil ken nie. Dit gaan alles oor die
ouderdom van die dier. O ja! Die Damaras wat so hou van donkie [donghie,
soos hulle sê], hulle hou van hulle vleis taai gekook. Jy moet tanne hê en
hulle wil lank kou. Hulle byt hom so aan die een kant vas, trek hom en sny
dan die vleis hier voor die mond af. As dit nie sy lip dikskiet nie, dan
is die vleis nie taai genoeg nie! En moenie dink dis net die Damaras wat
hou van hierdie taai, opgekookte vleis[tjôm] nie.......meeste van die suide
van ons land se mense hou van hulle vleis so.
So by the way, die regte bloedwors wat die Duitsers maak [wie anders
kán ordentlike polonie maak?], het ook afval in. Dit nou tonge, poepolle,
ens].
"Annette" skryf in boodskap news:a98h2o$158fh$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
> net dit behoort dieselfde te smaak?
> Ons spel favour nog hier anders:))))
>
> Biltong is nie bloedwors nie.
> Bloedwors is wat die Engelse noem Black Pudding.
> Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
> Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
> 'n heerlike ontbyt.
>
> Annette
>
> Katryn wrote in message
> news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
>> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
>>> Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
>>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>>> smaak tussen perd en donkie.
>>
>> Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
>> guns terug te gee (....to return the favor?).
>> My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
>> smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
>> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
>> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
>> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)
>>
>>> Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
>>
>> Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
>> (selfs biltong proe net teveel na droë bloed vir my - of soos wat ek
>> DINK droë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
>> dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
>> Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)
>>
>> - Danielle
>>
>
|
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60189 is 'n antwoord op boodskap #60187] |
Sat, 13 April 2002 06:47 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Solank die Duitsers se bloedwors se inhoud behoorlik fyngemaal is, en hulle
nie vir my al die verskriklike detail op die verpakking gee nie, sal ek dit
waarskynlik eet:))
Dankie vir die inligting re die donghies - interessant hoe hulle daarvan
hou - wonder hoe die Europeërs donkie eet en gaarmaak - ek was gewaarsku om
net met mes en vurk te eet daar.:))
Annette
Suidwester skryf in boodskap news:a98jfo$r81$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Een ding kan ek jou vertel en dit is dat die Damaras hier in ons land skoon
> koekoes gaan oor donkievleis. Dieselfde oor Zebravleis, wat ook maar perd
> is. Dié het ek al geëet en dit het 'n meer wilde smaak as bv beesvleis.
> Ook Zebrabiltong smaak nie veel anders as koedoe nie, MITS jy weet hoe om
> dit te maak......met baie asyn, dan sal g'n yuppie die verskil ken nie.
> Wat bok vs skaap aangaan, is die bok ook so 'n effe taaier, maar maak hom
> reg gaar en 99% mense sal nie die verskil ken nie. Dit gaan alles oor die
> ouderdom van die dier. O ja! Die Damaras wat so hou van donkie [donghie,
> soos hulle sê], hulle hou van hulle vleis taai gekook. Jy moet tanne hê en
> hulle wil lank kou. Hulle byt hom so aan die een kant vas, trek hom en sny
> dan die vleis hier voor die mond af. As dit nie sy lip dikskiet nie, dan
> is die vleis nie taai genoeg nie! En moenie dink dis net die Damaras wat
> hou van hierdie taai, opgekookte vleis[tjôm] nie.......meeste van die suide
> van ons land se mense hou van hulle vleis so.
> So by the way, die regte bloedwors wat die Duitsers maak [wie anders
> kón ordentlike polonie maak?], het ook afval in. Dit nou tonge, poepolle,
> ens].
> "Annette" wrote in message
> news:a98h2o$158fh$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
>> net dit behoort dieselfde te smaak?
>> Ons spel favour nog hier anders:))))
>>
>> Biltong is nie bloedwors nie.
>> Bloedwors is wat die Engelse noem Black Pudding.
>> Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
>> Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
>> 'n heerlike ontbyt.
>>
>> Annette
>>
>> Katryn wrote in message
>> news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
>>> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
>>>> Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
>>>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>>>> smaak tussen perd en donkie.
>>>
>>> Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
>>> guns terug te gee (....to return the favor?).
>>> My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
>>> smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
>>> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
>>> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
>>> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)
>>>
>>>> Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
>>>
>>> Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
>>> (selfs biltong proe net teveel na droë bloed vir my - of soos wat ek
>>> DINK droë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
>>> dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
>>> Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)
>>>
>>> - Danielle
>>>
>>
>
|
|
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60192 is 'n antwoord op boodskap #60189] |
Sat, 13 April 2002 07:07 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Daai bloedwors is dieprooi as jy hom sny en dan het dit die stukkies van die
afval in wat natuurlik deurgesny word. Dit is natuurlik baie lekker maar
vir myself so 'n effe ryk. Die koning van alle polonies is 'dauerwurst'
wat soortgelyk aan salami is, maar die blokkoppe doen iets ekstra daarmee
wat dit ekstra smaak gee. ken jy van 'n Namib pizza? Dis met dauerwurst,
ham, spek.......en so 'n effe kaas!
"Annette" skryf in boodskap news:a98k9e$14gu8$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Solank die Duitsers se bloedwors se inhoud behoorlik fyngemaal is, en hulle
> nie vir my al die verskriklike detail op die verpakking gee nie, sal ek dit
> waarskynlik eet:))
> Dankie vir die inligting re die donghies - interessant hoe hulle daarvan
> hou - wonder hoe die Europeërs donkie eet en gaarmaak - ek was gewaarsku om
> net met mes en vurk te eet daar.:))
> Annette
>
>
> Suidwester wrote in message
> news:a98jfo$r81$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>> Een ding kan ek jou vertel en dit is dat die Damaras hier in ons land skoon
>> koekoes gaan oor donkievleis. Dieselfde oor Zebravleis, wat ook maar perd
>> is. Dié het ek al geëet en dit het 'n meer wilde smaak as bv beesvleis.
>> Ook Zebrabiltong smaak nie veel anders as koedoe nie, MITS jy weet hoe om
>> dit te maak......met baie asyn, dan sal g'n yuppie die verskil ken nie.
>> Wat bok vs skaap aangaan, is die bok ook so 'n effe taaier, maar maak hom
>> reg gaar en 99% mense sal nie die verskil ken nie. Dit gaan alles oor die
>> ouderdom van die dier. O ja! Die Damaras wat so hou van donkie [donghie,
>> soos hulle sê], hulle hou van hulle vleis taai gekook. Jy moet tanne hê en en
>> hulle wil lank kou. Hulle byt hom so aan die een kant vas, trek hom en sny
>> dan die vleis hier voor die mond af. As dit nie sy lip dikskiet nie, dan
>> is die vleis nie taai genoeg nie! En moenie dink dis net die Damaras wat
>> hou van hierdie taai, opgekookte vleis[tjôm] nie.......meeste van die suide
>> van ons land se mense hou van hulle vleis so.
>> So by the way, die regte bloedwors wat die Duitsers maak [wie anders
>> kón ordentlike polonie maak?], het ook afval in. Dit nou tonge, poepolle,
>> ens].
>> "Annette" wrote in message
>> news:a98h2o$158fh$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
>>> net dit behoort dieselfde te smaak?
>>> Ons spel favour nog hier anders:))))
>>>
>>> Biltong is nie bloedwors nie.
>>> Bloedwors is wat die Engelse noem Black Pudding.
>>> Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
>>> Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
>>> 'n heerlike ontbyt.
>>>
>>> Annette
>>>
>>> Katryn wrote in message
>>> news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
>>>> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
>>>> wrote:
>>>>
>>>> >Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
>>>> >Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
>>>> >Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>>>> >smaak tussen perd en donkie.
>>>>
>>>> Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
>>>> guns terug te gee (....to return the favor?).
>>>> My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
>>>> smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
>>>> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
>>>> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
>>>> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)
>>>>
>>>> >Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
>>>>
>>>> Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
>>>> (selfs biltong proe net teveel na droë bloed vir my - of soos wat ek
>>>> DINK droë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
>>>> dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
>>>> Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)
>>>>
>>>> - Danielle
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60207 is 'n antwoord op boodskap #60200] |
Sat, 13 April 2002 09:29 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net om die donkie-storie so 'n bietjie lyf te gee. 'n Skaap en 'n bok het
sorg nodig. 'n Donkie glad nie. Deesdae vind die boere mos uit dat 'n
springbok tot op 1-jaar ouderdom 'n beter inkomste gee as enige
skaap.......plus die feit dat dit nie siektes het nie, vir homself in die
veld sorg en nie 'n ernstige waterdrinker is nie.......'n springbok kan sy
hele leeftyd deurgaan sonder om water te drink as dit nodig sou wees. Die
donkie is 'n selfversorgende, wandelende kospakket vir 'n arm man. Hier by
ons loop die donkies geil en nie almal weet altyd wie se donkie is wie s'n
nie. Toe vertel ons president eendag dat bo in die noorde waar die
Owambo's bly en die grootste gedeelte van die bevolking bly en ook die
meeste donkies is, die donkies moet wegmaak om plek te maak vir bees en
skaap. Hy spot toe dat aangesien die Damaras so vrek oor donkievleis,
hulle maar die donkies vir hulle moet stuur. Die een Damara reken toe dis
reg, stuur maar die donkies, hulle stuur al hulle honde vir die Owambos wat
weer vrek oor hondevleis!
"Annette" skryf in boodskap news:a98ruv$17ki2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee Davie - ek het gesê dat ek die Engelse Black Pudding graag eet - ek kan
> nie onthou dat ek al die Duitse Bloedwors al ge-eet het nie.
> Maar aan Suidwester se beskrywing - van die stukkies in - weet ek nou ek het
> nog nie.
> Sal maar gaan kuier en proe;))
>
> Annette
>
>
> Davie Davis wrote in message
> news:igmfbuktvnun5n8hv6elo2hahjukgdam2a@4ax.com...
>> On Sat, 13 Apr 2002 08:47:55 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>> , sal ek dit
>>> waarskynlik eet:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>
>> Netnou het jy gesê dat dit
>> 'n heerlike otbyt maak.
>> Nou sê jy dat jy dit waarskynlik
>> sal eet.
>> Eet jy dit regtig Annette?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60232 is 'n antwoord op boodskap #60191] |
Sat, 13 April 2002 17:09 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 13 Apr 2002 07:02:50 GMT, "Hilda" wrote:
> Dis reg, Katryn :-). Persoonlik het ek al baie perdevleis geëet en dit smaak
> baie lekker. Dit is donker vleis en baie 'sappig' :-).
Ja ja..en gereeld moet ek ook hoor hoeveel meer SMAAK dit het teenoor
beesvleis. :-) Dis alles goed en wel, maar die gedagte daaraan (om
'n perd te eet) sit my af. Dis 'n kulturele ding....:-))
> Kalfs- of beesbrein
> het ek nog nie geëet nie, alhoewel my ma mal daaroor was. In Kongo kon 'n
> mens dit nie so maklik kry nie en my ma het dit nooit vir ons voorberei nie.
> Maar tydens vakansies in België het sy dit wel geëet, maar my sussie en ek
> het dit geweier. Nou met die 'mal koei siekte' (hoe sê 'n mens dit in
> Afrikaans ?) eet mense dalk minder brein.
As jy vir MY vra hoe mens dit sê in Afrikaans, gaan ek jou definitief
van die wal in die sloot help. :-) My raaiskoot sal wees
"malkoei-siekte" veral nadat ek Wouter se boodskap oor aanmekaar
geskrewe woorde aan iemand anders gelees het.
Dit maak nogal sin vir my. Miskien ook weens hierdie einste
malkoei-siekte word daar dan nou donkievleis uitgevoer na Europese
lande, omdat die aanvraag na perde/donkie vleis baie hoër is. Ek kan
dink dat dit baie gesonder sal wees. Ons kry weer Bison hier in
Amerika wat baie gewild raak (Buffel) - veral ook oor die minder vet
ens. Wat alles nogal ironies maak, want ons weet dat beeste al vir
jare spesiaal geteel word juis om die vet striasies te vermeerder vir
beter smaak ens. Nou wil niemand meer vet in hulle vleis hê nie. :-)
|
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60233 is 'n antwoord op boodskap #60232] |
Sat, 13 April 2002 18:11 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit is hoekom ek so van varkvleis hou - daardie drooggebraaide sout stukkie
vet - crackling - van 'n gebraaide varkboud is ek mal oor.
Smaak baie beter as die stukkies crackling wat hulle in pakkies verkoop.
Van pakkies verkoop gepraat - een ding wat my laat giggel in die supermark
is die gedroogde broodkrummels wat in pakkies verkoop word.
Annette
Katryn skryf in boodskap news:8nogbu4b46ojn20pv5ikkluj3iea18tiua@4ax.com...
> On Sat, 13 Apr 2002 07:02:50 GMT, "Hilda" wrote:
>
>
>> Dis reg, Katryn :-). Persoonlik het ek al baie perdevleis geëet en dit smaak
>> baie lekker. Dit is donker vleis en baie 'sappig' :-).
>
> Ja ja..en gereeld moet ek ook hoor hoeveel meer SMAAK dit het teenoor
> beesvleis. :-) Dis alles goed en wel, maar die gedagte daaraan (om
> 'n perd te eet) sit my af. Dis 'n kulturele ding....:-))
>
>> Kalfs- of beesbrein
>> het ek nog nie geëet nie, alhoewel my ma mal daaroor was. In Kongo kon 'n
>> mens dit nie so maklik kry nie en my ma het dit nooit vir ons voorberei nie.
>> Maar tydens vakansies in België het sy dit wel geëet, maar my sussie en ek
>> het dit geweier. Nou met die 'mal koei siekte' (hoe sê 'n mens dit in
>> Afrikaans ?) eet mense dalk minder brein.
>
> As jy vir MY vra hoe mens dit sê in Afrikaans, gaan ek jou definitief
> van die wal in die sloot help. :-) My raaiskoot sal wees
> "malkoei-siekte" veral nadat ek Wouter se boodskap oor aanmekaar
> geskrewe woorde aan iemand anders gelees het.
>
> Dit maak nogal sin vir my. Miskien ook weens hierdie einste
> malkoei-siekte word daar dan nou donkievleis uitgevoer na Europese
> lande, omdat die aanvraag na perde/donkie vleis baie hoër is. Ek kan
> dink dat dit baie gesonder sal wees. Ons kry weer Bison hier in
> Amerika wat baie gewild raak (Buffel) - veral ook oor die minder vet
> ens. Wat alles nogal ironies maak, want ons weet dat beeste al vir
> jare spesiaal geteel word juis om die vet striasies te vermeerder vir
> beter smaak ens. Nou wil niemand meer vet in hulle vleis hê nie. :-)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 02:58:21 UTC 2025
|