|
|
|
|
| Re: Kan iemand help, asb? [boodskap #60179 is 'n antwoord op boodskap #60165] |
Sa., 13 April 2002 05:07  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Toni"
> Hoe spel mens:
> "goeienaand"
> "goeie middag"
> "goeie môre"
> Is dit reg so?
Wouter
Alhoewel daar deesdae 'n neiging is om los te skryf, sal jy in
standaardtaal "goeienaand", "goeiemiddag" en "goeiemôre"
skryf as jy dit as 'n groet of wens bedoel. As jy egter van 'n
goeie periode praat, soos in "Vrydagmiddag was 'n goeie
middag", dan skryf jy dit los.
Labuschagne, Eksteen. Verklarende Afrikaanse Woordeboek
goei´e-2. Begroeting of heilwens; goeiemiddag, goeiemôre,
goeienag, goeienaand, goeiendag.
|
|
|
|