Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat sou jy gedoen het?
Wat sou jy gedoen het? [boodskap #59876] Di, 09 April 2002 07:25 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek koop die Huisgenoot vir ma, en omdat ek dit koop, blaai/lees ek dit gou
deur voordat ek dit vir haar gee.
Van verlede week af is 'n nuwe redaktrise aan die roer, en haar hand kan
onmiddelik gesien word
Verlede week was daar 'n artikel oor 'n "slim" blonde advokaat en haar
"bates". Hierdie "slim" dame laat haar absoluut manipuleer deur haar
mansvriend, wat ook 'n advokaat is, en liggaamsboubedinges is.Dan ook die
aspris onnodige verwysing na die syblomme wat in die tuin geplant is.- glo
omdat daar nie tyd is om na regte blomme om te sien nie.
Hierdie week is dit 'n bietjie erger - Thereza Troskie - sjeim en foeitog-
al wat ek kan sê is dat daar in byna elke stelling wat daar gemaak word, in
dieselfde paragraaf soms, of verder aan, die eerste stelling weerspreek
word.
Ek is ook seker sy gaan binnekort 'n brief kry van iemand wat by die
Ontvanger werk.
Sou Huisgenoot die artikel vir goedkeuring aan die slagoffers voorlê voordat
dit geplaas word?

Die vraag is of Huisgenoot doelbewus van en op die spesifieke wyse van
hierdie mense skryf om reaksie van die lesers uit te lok, en of Huisgenoot
hulle mark skat as diegene wat net die strokiesprente lees, en nie kan
onthou wat van die een sin tot die volgende gelees word nie, of 'n algehele
gebrek aan begrip het van wat gelees word.

In die lig van bogenoemde, en omdat ek net bevrees is dit sal vorentoe net
al hoe erger en meer idioties -sensasiolisties raak, kan ek nie eers 'n
brief aan Huisgenoot skryf nie, want hulle sal heelwaarskynlk uit pure
vermaak die brief plaas - en daar sal mense wees wat sekerlik dit verkeerd
sal vertolk dat ek jaloers is op die twee dames in die artikels.
'n Meer verkeerde aanname kan daar nie wees nie.
Om die waarheid te sê, ek kry die twee betrokke dames jammer, omdat hul
gebrek aan oordeel so uitgebasuin word.

Dit gaan vir my meer dat Huisgenoot vir my, as potensiele leser, so
geringskat.

Nou sal ek maar die Huisgenoot vir ma koop, en dit dadelik wegsit in 'n
bruin papiersakkie totdat ek dit vir haar gee - net soos die ouens wat op
straat uit 'n bottel drink wat nog in 'n bruin papiersak toegemaak is:))

Annette
Re: Wat sou jy gedoen het? [boodskap #59882 is 'n antwoord op boodskap #59876] Di, 09 April 2002 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wee' jy, ek wou nog altyd ivm die Huisgenoot geweet het oor die artikels van
Tertius Bosch se suster wat reken sy vrou het hom vergewe.......nou dat daar
geen bewys van gif in sy bloed gekry kon word nie, gaan sy vrou haar dagvaar
vir karakterskending? Ook die Huisgenoot wat sulke dinge publiseer vat vir
'n miljoen of vyf? Dit mag wees dat die vrou dit gedoen het, maar om so
sonder bewyse goete te publiseer?

"Annette" skryf in boodskap news:a8u58a$qvk$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek koop die Huisgenoot vir ma, en omdat ek dit koop, blaai/lees ek dit gou
> deur voordat ek dit vir haar gee.
> Van verlede week af is 'n nuwe redaktrise aan die roer, en haar hand kan
> onmiddelik gesien word
> Verlede week was daar 'n artikel oor 'n "slim" blonde advokaat en haar
> "bates". Hierdie "slim" dame laat haar absoluut manipuleer deur haar
> mansvriend, wat ook 'n advokaat is, en liggaamsboubedinges is.Dan ook die
> aspris onnodige verwysing na die syblomme wat in die tuin geplant is.- glo
> omdat daar nie tyd is om na regte blomme om te sien nie.
> Hierdie week is dit 'n bietjie erger - Thereza Troskie - sjeim en foeitog-
> al wat ek kan sê is dat daar in byna elke stelling wat daar gemaak word, in
> dieselfde paragraaf soms, of verder aan, die eerste stelling weerspreek
> word.
> Ek is ook seker sy gaan binnekort 'n brief kry van iemand wat by die
> Ontvanger werk.
> Sou Huisgenoot die artikel vir goedkeuring aan die slagoffers voorlê voordat
> dit geplaas word?
>
> Die vraag is of Huisgenoot doelbewus van en op die spesifieke wyse van
> hierdie mense skryf om reaksie van die lesers uit te lok, en of Huisgenoot
> hulle mark skat as diegene wat net die strokiesprente lees, en nie kan
> onthou wat van die een sin tot die volgende gelees word nie, of 'n algehele
> gebrek aan begrip het van wat gelees word.
>
> In die lig van bogenoemde, en omdat ek net bevrees is dit sal vorentoe net
> al hoe erger en meer idioties -sensasiolisties raak, kan ek nie eers 'n
> brief aan Huisgenoot skryf nie, want hulle sal heelwaarskynlk uit pure
> vermaak die brief plaas - en daar sal mense wees wat sekerlik dit verkeerd
> sal vertolk dat ek jaloers is op die twee dames in die artikels.
> 'n Meer verkeerde aanname kan daar nie wees nie.
> Om die waarheid te sê, ek kry die twee betrokke dames jammer, omdat hul
> gebrek aan oordeel so uitgebasuin word.
>
> Dit gaan vir my meer dat Huisgenoot vir my, as potensiele leser, so
> geringskat.
>
> Nou sal ek maar die Huisgenoot vir ma koop, en dit dadelik wegsit in 'n
> bruin papiersakkie totdat ek dit vir haar gee - net soos die ouens wat op
> straat uit 'n bottel drink wat nog in 'n bruin papiersak toegemaak is:))
>
> Annette
>
Re: Wat sou jy gedoen het? [boodskap #59886 is 'n antwoord op boodskap #59876] Di, 09 April 2002 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Anette,
Laat my dink aan die destydse Landstem: Pa het dit sommer die "Koek en
Trane" genoem...

Huisgenoot het nou die "Blond met Boebs" geword...

Thys waddit okkie kooppie oppie Bos

"Annette" skryf in boodskap news:a8u58a$qvk$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek koop die Huisgenoot vir ma, en omdat ek dit koop, blaai/lees ek dit gou
> deur voordat ek dit vir haar gee.
Re: Wat sou jy gedoen het? [boodskap #59891 is 'n antwoord op boodskap #59882] Di, 09 April 2002 13:19 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien is Tertius se weduwee ook dommer as wat ons gedog het......
Annette

Suidwester skryf in boodskap news:a8ud85$31jd$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Wee' jy, ek wou nog altyd ivm die Huisgenoot geweet het oor die artikels van
> Tertius Bosch se suster wat reken sy vrou het hom vergewe.......nou dat daar
> geen bewys van gif in sy bloed gekry kon word nie, gaan sy vrou haar dagvaar
> vir karakterskending? Ook die Huisgenoot wat sulke dinge publiseer vat vir
> 'n miljoen of vyf? Dit mag wees dat die vrou dit gedoen het, maar om so
> sonder bewyse goete te publiseer?
> "Annette" wrote in message
> news:a8u58a$qvk$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ek koop die Huisgenoot vir ma, en omdat ek dit koop, blaai/lees ek dit gou
>> deur voordat ek dit vir haar gee.
>> Van verlede week af is 'n nuwe redaktrise aan die roer, en haar hand kan
>> onmiddelik gesien word
>> Verlede week was daar 'n artikel oor 'n "slim" blonde advokaat en haar
>> "bates". Hierdie "slim" dame laat haar absoluut manipuleer deur haar
>> mansvriend, wat ook 'n advokaat is, en liggaamsboubedinges is.Dan ook die
>> aspris onnodige verwysing na die syblomme wat in die tuin geplant is.- glo
>> omdat daar nie tyd is om na regte blomme om te sien nie.
>> Hierdie week is dit 'n bietjie erger - Thereza Troskie - sjeim en foeitog-
>> al wat ek kan sê is dat daar in byna elke stelling wat daar gemaak
word,
> in
>> dieselfde paragraaf soms, of verder aan, die eerste stelling weerspreek
>> word.
>> Ek is ook seker sy gaan binnekort 'n brief kry van iemand wat by die
>> Ontvanger werk.
>> Sou Huisgenoot die artikel vir goedkeuring aan die slagoffers voorlê
> voordat
>> dit geplaas word?
>>
>> Die vraag is of Huisgenoot doelbewus van en op die spesifieke wyse van
>> hierdie mense skryf om reaksie van die lesers uit te lok, en of
> Huisgenoot
>> hulle mark skat as diegene wat net die strokiesprente lees, en nie kan
>> onthou wat van die een sin tot die volgende gelees word nie, of 'n
> algehele
>> gebrek aan begrip het van wat gelees word.
>>
>> In die lig van bogenoemde, en omdat ek net bevrees is dit sal vorentoe net
>> al hoe erger en meer idioties -sensasiolisties raak, kan ek nie eers 'n
>> brief aan Huisgenoot skryf nie, want hulle sal heelwaarskynlk uit pure
>> vermaak die brief plaas - en daar sal mense wees wat sekerlik dit
> verkeerd
>> sal vertolk dat ek jaloers is op die twee dames in die artikels.
>> 'n Meer verkeerde aanname kan daar nie wees nie.
>> Om die waarheid te sê, ek kry die twee betrokke dames jammer, omdat hul
>> gebrek aan oordeel so uitgebasuin word.
>>
>> Dit gaan vir my meer dat Huisgenoot vir my, as potensiele leser, so
>> geringskat.
>>
>> Nou sal ek maar die Huisgenoot vir ma koop, en dit dadelik wegsit in 'n
>> bruin papiersakkie totdat ek dit vir haar gee - net soos die ouens wat op
>> straat uit 'n bottel drink wat nog in 'n bruin papiersak toegemaak is:))
>>
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Pieter Pieterse
Volgende onderwerp: Partytjietyd!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 01:05:48 MGT 2024