Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarom?
Waarom? [boodskap #59705] So, 07 April 2002 15:29 na volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
bewys dat dinge sleg gaan.

Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59708 is 'n antwoord op boodskap #59705] So, 07 April 2002 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wel ek glo nie mens het regtig nodig om hard te probeer om dit te bewys nie
aangesien dit voor die hand liggend is. Die rede waarom dit uitgewys word
is volgens my omdat jy `n hengse lot mense het wat na iets beters streef en
nie eintlik weet hoe om daarby uit te kom nie.

Gids skryf in boodskap news:4DZr8.60672$oI.5209847@zwoll1.home.nl...
> Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
> bewys dat dinge sleg gaan.
>
> Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #59715 is 'n antwoord op boodskap #59708] So, 07 April 2002 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cb0f3d7_3@batman.vip-za.com...
> Wel ek glo nie mens het regtig nodig om hard te probeer om dit te bewys nie
> aangesien dit voor die hand liggend is. Die rede waarom dit uitgewys word
> is volgens my omdat jy `n hengse lot mense het wat na iets beters streef en
> nie eintlik weet hoe om daarby uit te kom nie.
>

Hoe is dit voor die hand liggend? is dit sommaar net 'n gevoel wat mense
kry? "Voor die hand liggend" is ir my so 'n bietjie vaag.

Die tweede gedeelte van jou stelling is vreemd. Mense het nog altyd gestrewe
na iets beters en nie geweet hoe om daarby uit te kom nie. As dit die
oorsprong was sou dit tog veel meer sinvol wees om te praat oor hoe dinge
verbeter kan word dan om te bewys dat dinge sleg gaan? As jy net rondhang en
vir mekaar vertel hoe sleg dit gaan sal dit tog nooit beter gaan nie?

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59719 is 'n antwoord op boodskap #59705] So, 07 April 2002 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Probeer bewys dat dinge sleg gaan? Ek neem aan jy bedoel sekere mense
probeer hard om slegs te vertel van slegte dinge wat in Suid Afrika gebeur?
Dis menslik.
Daar is sulke mense.
As ek nou moet praat van my spesifieke kol, nou, dan kan ek glad nie praat
van dat dit sleg met my gaan nie.
Dit gaan baie goed met my.
Maar as ek praat van dinge naby my waar dit nie so lekker gaan nie, dan is
dit net dit.
Ek sê ook nie dat dit net op daardie kol so sleg gaan nie, of dat daar by
ander dele naby die kol eintlik goed gaan nie.
Utopia of Utopianegatief bestaan nie.
Oral ter wêreld gebeur daar slegte en goeie dinge.
Vertel vir almal wat wil hoor van die goeie dinge, maar moet ook nie
beskroomd wees om van die slegte dinge ook te praat nie - want albei is
daar, oral, altyd.
Die triek is dink ek om gebalanseerd in jou uitkyk te wees, om nie slegs net
die goeie of slegs net die slegte raak te sien of daaroor te praat nie.
Ongelukkig is daar mense wat dit doen - dit is hulle geaardheid of keuse om
dit te doen, en ons moet dit so aanvaar.

Annette

Gids skryf in boodskap news:4DZr8.60672$oI.5209847@zwoll1.home.nl...
> Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
> bewys dat dinge sleg gaan.
>
> Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #59725 is 'n antwoord op boodskap #59708] So, 07 April 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gids,
was jy al in SA en wanneer? Hier gebeur elke dag soveel dinge dat mens nie
anders kan as om te sê dat dit sleg gaan nie. Ek stem saam met Annette dat
mens `n balans moet hou tussen `n erkenning van wat goed of sleg is. Ek
reken net dat die Suid-Afrikaners aan beter gewoond was en dat die
aanpassings by die Derde Wêreld se manier van doen vir party `n groot sprong
is om te maak. As `n tehuis vir bejaardes helder oordag gestroop en
geplunder word gaan dit definitief nie goed nie. As jongmans nie vir werk
mag aansoek doen nie, want hulle is wit gaan dit nie goed nie. As SSA
(Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke arbeidsmag se
1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê danksy omgekeerde apartheid
dan kan dit mos nie goed gaan nie.

johanls skryf in boodskap news:3cb0f3d7_3@batman.vip-za.com...
> Wel ek glo nie mens het regtig nodig om hard te probeer om dit te bewys nie
> aangesien dit voor die hand liggend is. Die rede waarom dit uitgewys word
> is volgens my omdat jy `n hengse lot mense het wat na iets beters streef en
> nie eintlik weet hoe om daarby uit te kom nie.
>
> Gids wrote in message
> news:4DZr8.60672$oI.5209847@zwoll1.home.nl...
>> Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer
om
> te
>> bewys dat dinge sleg gaan.
>>
>> Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
>>
>> -Gids-
>>
>
Re: Waarom? [boodskap #59726 is 'n antwoord op boodskap #59725] So, 07 April 2002 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cb11173$1_2@batman.vip-za.com...

As SSA
> (Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke arbeidsmag se
> 1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê danksy omgekeerde apartheid
> dan kan dit mos nie goed gaan nie.

Jissie, kaaaak boerewors of de not - nou bly ek net waar ek is

Q
Re: Waarom? [boodskap #59730 is 'n antwoord op boodskap #59726] So, 07 April 2002 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wel, wat het jou in die eerste plek gemaak oorgaan?

Q skryf in boodskap news:a8q11c$51$1@knossos.btinternet.com...
>
>> Jissie, kaaaak boerewors of de not - nou bly ek net waar ek is
>
> Q
>
Re: Waarom? [boodskap #59738 is 'n antwoord op boodskap #59725] So, 07 April 2002 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"johanls"
As SSA (Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke
arbeidsmag se 1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê
danksy omgekeerde apartheid ....

Wouter
Waar en in watter konteks is dit aangekondig, Johan?
Re: Waarom? [boodskap #59739 is 'n antwoord op boodskap #59725] So, 07 April 2002 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
----- Original Message -----
From: "johanls"
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Sent: Sunday, April 07, 2002 7:43 PM
Subject: Re: Waarom?

> Gids,
> was jy al in SA en wanneer?

drie weke gelede vir twee weke - weer in Mei minstens 3 - 4 keer per jaar
nou

> Hier gebeur elke dag soveel dinge dat mens nie
> anders kan as om te sê dat dit sleg gaan nie. Ek stem saam met Annette dat
> mens `n balans moet hou tussen `n erkenning van wat goed of sleg is. Ek
> reken net dat die Suid-Afrikaners aan beter gewoond was en dat die
> aanpassings by die Derde Wêreld se manier van doen vir party `n groot sprong
> is om te maak. As `n tehuis vir bejaardes helder oordag gestroop en
> geplunder word gaan dit definitief nie goed nie. As jongmans nie vir werk
> mag aansoek doen nie, want hulle is wit gaan dit nie goed nie. As SSA
> (Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke arbeidsmag se
> 1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê danksy omgekeerde apartheid
> dan kan dit mos nie goed gaan nie.

Dan kom die vraag weer - is die Afrikaner besig om te spog oor hoe sleg dit
gaan, of besig om iets aan te probeer doen? Waarom is dit so belangrik vir
die Afrikaner dat dit moet sleg gaan met SA?

Die insidente wat jy noem en die manier wat jy dit stateer laat die vraag
net sterker word, en beantwoord dit nie.

Miskien moet ek vir jou persoonlik vra - waarom is dit vir jou persoonlik so
belangrik dat dit sleg moet gaan met SA?

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59740 is 'n antwoord op boodskap #59730] So, 07 April 2002 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
> Q wrote in message
> news:a8q11c$51$1@knossos.btinternet.com...

>>> Jissie, kaaaak boerewors of de not - nou bly ek net waar ek is

>> Q


Dit klink bietjie snaaks om van boerewors in England te praat.
Dit was in Dover wat ek gesê het dat die Engelse vleis
genoeg is om enige mens 'n vegetariër te maak.

Didi
Re: Waarom? [boodskap #59741 is 'n antwoord op boodskap #59738] So, 07 April 2002 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar was in November 2000 `n werkskeppingseminaar in Pretoria gehou waar hul
dit gesê het. Dit het sulke implikasies vir die toekoms dat die
MWU-Soldariteit `n hele ontwikkelingsplan opgestel het. Die plan sluit in
opleiding en heropleiding van persone wat hul werk deur hierdie nuwe
rassisme verloor. Instansies wat bereid was om te help met die
opleidingsbeen van die plan is Universiteit van Pretoria, Vaaldriehoek
Opleiding Sentrum, Skills Academy, Finlore en PRISA (The Public Relations
Institute of Southern Africa). Die RGN se spreker was van mening dat dit
gouer as 2007 sal gebeur. Hul reken slegs `n kerngroep blankes sal hul werk
behou en dat die armblanke-vraagstuk van die 1930`s weer aktueel sal word.
Voorstelle wat gemaak was, is dat mense moet begin fokus op `n
kibboets-stelsel en ook onderlinge versorging van diegene wat binne jou
direkte gemeenskap geraak word. Probleem is net dat dit meer as die helfte
van die blanke bevolking is. Ek woon aan die Oos-Rand met plakkerskampe
binne 10km van my huis af in enige windrigting. Ontstellend is egter die
hoeveelheid blankes wat hulself in hierdie gebiede begin huisves aangesien
hulle niks anders kan bekostig nie. Ek sal bietjie gaan soek na die
seminaar se voordragte, hoop ek het dit nog iewers.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cb095df.0@news1.mweb.co.za...
> "johanls"
> As SSA (Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke
> arbeidsmag se 1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê
> danksy omgekeerde apartheid ....
>
> Wouter
> Waar en in watter konteks is dit aangekondig, Johan?
>
Re: Waarom? [boodskap #59742 is 'n antwoord op boodskap #59719] So, 07 April 2002 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8puqj$u6f9f$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Probeer bewys dat dinge sleg gaan? Ek neem aan jy bedoel sekere mense
> probeer hard om slegs te vertel van slegte dinge wat in Suid Afrika gebeur?
> Dis menslik.
> Daar is sulke mense.
> As ek nou moet praat van my spesifieke kol, nou, dan kan ek glad nie praat
> van dat dit sleg met my gaan nie.

Jy bedoel duidelik nie die rugby of die krieket nie ;) Ek sien die Stormers
het darem saamgespeel Saterdag en was nie net weggewas dood die Cats of die
Bulls nie.

> Dit gaan baie goed met my.
> Maar as ek praat van dinge naby my waar dit nie so lekker gaan nie, dan is
> dit net dit.
> Ek sê ook nie dat dit net op daardie kol so sleg gaan nie, of dat daar by
> ander dele naby die kol eintlik goed gaan nie.
> Utopia of Utopianegatief bestaan nie.
> Oral ter wêreld gebeur daar slegte en goeie dinge.
> Vertel vir almal wat wil hoor van die goeie dinge, maar moet ook nie
> beskroomd wees om van die slegte dinge ook te praat nie - want albei is
> daar, oral, altyd.
> Die triek is dink ek om gebalanseerd in jou uitkyk te wees, om nie slegs net
> die goeie of slegs net die slegte raak te sien of daaroor te praat nie.
> Ongelukkig is daar mense wat dit doen - dit is hulle geaardheid of keuse om
> dit te doen, en ons moet dit so aanvaar.

Dankie Annette. Waarom is meeste van wat ek van hier hoor oor SA (van
Afrikaners ena nder blankes lw) net negatief en as ek in Sa is by ons blanke
mense hoor ek net negatief tot ek begin uitvra - dan begin mense die
positief eers vertel? Dis of ons mense genot put uit leiding en pas as jy
gerigd vrae vra die positiewe met moeite vertel.

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59743 is 'n antwoord op boodskap #59739] So, 07 April 2002 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
As jy die indruk kry dat dit vir my belangrik is dat dit sleg moet gaan met
SA, het jy die verkeerde indruk gekry. Watter idioot sou dit wou hê? Ek
dink ons is eerder bekommerd oor alles wat ons elke dag sien verkeerd gaan.
Verder raak mens nogal moeg daarvoor om oor iets te kla deur die regte
kanale te gebruik daarvoor en geen reaksie te ontvang nie. Dalk kom ek
negtief oor, maar mens kan nie oor iets negatief wees, as jy nie oor iets
anders positief is nie. Ek staan positief oor my land en sy geskiedenis,
maar is dadelik negatief wanneer dit afgekraak of verdraai word. Ek is
positief oor jongmense se ideale, maar negatief wanneer politici dit by die
wortel afsny. Ek is positief oor die onderwys van ons jongmense, maar
negatief as hulle geleer word dat alles buiten die Grondwet relatief is. Ek
is positief daaroor dat elke volk homself moet regeer, so hoekom en hoe kan
ek tevrede wees as die een tirannie net vir `n ander geruil word?
Noem jy vir my `n lysie van goeie goed wat in SA gebeur. Nie eers die
sportsterre kan deesdae iets goeds doen nie.

Gids skryf in boodskap news:bR0s8.62455$oI.5299574@zwoll1.home.nl...
>
>>
> Miskien moet ek vir jou persoonlik vra - waarom is dit vir jou persoonlik so
> belangrik dat dit sleg moet gaan met SA?
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #59744 is 'n antwoord op boodskap #59738] So, 07 April 2002 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cb095df.0@news1.mweb.co.za...
> "johanls"
> As SSA (Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke
> arbeidsmag se 1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê
> danksy omgekeerde apartheid ....
>
> Wouter
> Waar en in watter konteks is dit aangekondig, Johan?
>

Dit is 'n goeie vraag, Wouter - volgens my hou SSA hulself nie besig met
spekulatiewe analise nie maar gee alleen maar bestaande statistieke weer. 'n
Interpretasie soos dier Johan genoem sal eerder van die RGN kom of van SABRA
;) ( bestaan hulle nog?)

-Gids-
Re: Waarom? Positief of negatief? [boodskap #59747 is 'n antwoord op boodskap #59743] So, 07 April 2002 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nog verder gaan: Ek is positief oor die mens as kroon van God se
skepping, en oor die waarheid, geregtigheid en heiligheid wat die mens as
beeld van God moet vertoon. Daarom is ek negatief ingesteld teenoor alles
wat die mens probeer vergoddelik of verontmenslik, veral die sonde wat sy
waarheid, geregtigheid en heiligheid verdring.
Ek is positief oor God se roeping aan die mens om op verskillende
lewensterreine God se skepping te bewaak en te bewerk. Teenoor alles wat
die mens van hierdie roeping af probeer wegskeur of wat die goeie en
ordelike bewaring en bewerking van God se skepping bedreig, is ek dus
negatief.
Ek het `n positiewe blik op hede, verlede en toekoms: my geloof is is
geanker is God se groot dade (in Christus) in die verlede, staan met
vertroue op God midde-in die hede en leef in geloofsafwagting op die
vervulling van God se beloftes in die toekoms. Daarom is ek negatief
teenoor pogings oms die verlede te vergeet (soos by die liberalisme) of die
hede te verabsoluteer (soos by die eksistensialisme) in in die toekoms in te
wil ontvlug (soos by die piëtisme).
Hierdie lys kan tot in die oneindigheid uitgebrei word. Daar is eenvoudig
net soveel dinge waaroor ek positief is dat dit onwillekeurig negatief
oorkom jeens alles wat daarteenoor staan. Natuurlik sal dit vir diegene wat
oor een of meer van die dinge wat elke keer tweede genoem is positief voel,
lyk of ek negatief is. Sulke mense sal weer op hulle beurt negatief staan
teenoor die dinge wat eerste genoem is. Enige bewering dat mens oor beide
die een en die ander positief moet wees, is in die kiem gesmoor met Jesus se
eie woorde: "Julle kan nie tegelyk twee here dien nie". Die ou gesegde geld
ook hier: Wie op twee stoele gelyk probeer sit, val tussenin deur.
Re: Waarom? [boodskap #59750 is 'n antwoord op boodskap #59740] So, 07 April 2002 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" skryf in boodskap news:2o51buca7va8ukgpvhcj6hid35pnrbnrsa@4ax.com...
>
> Dit klink bietjie snaaks om van boerewors in England te praat.
> Dit was in Dover wat ek gesê het dat die Engelse vleis
> genoeg is om enige mens 'n vegetariër te maak.
>
> Didi
>

Ja ons kry 'n poging hier... Het gewoonlik te veel peper in en die vleis is
plaaslik. Dis nie net in Dover wat die vleis hier bevraagtekenbaar is nie.
Ons is gelukkig genoeg om grysvleis (die smaak, en somtyds die kleur) reg
deur die land te kry

Sommige ouens voer dit in ook. Kos 'n arm en 'n been, maar dis elke pennie
werd.

Q
Re: Waarom? [boodskap #59751 is 'n antwoord op boodskap #59730] So, 07 April 2002 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cb119cb_2@batman.vip-za.com...
> Wel, wat het jou in die eerste plek gemaak oorgaan?
>

Hoeka daai rede... Maar gladnie op die skaal wat jy aanhaal nie.

Q
Re: Waarom? [boodskap #59754 is 'n antwoord op boodskap #59751] So, 07 April 2002 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
hoe min gaan gedoen word?

Q skryf in boodskap news:a8q7jl$ddu$1@knossos.btinternet.com...
>
> ">
> Hoeka daai rede... Maar gladnie op die skaal wat jy aanhaal nie.
>
> Q
>
Re: Waarom? [boodskap #59758 is 'n antwoord op boodskap #59739] So, 07 April 2002 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gits Gids!! Vir wat het jy my nie laat weet jy kom in SA kuier nie?
Ek dog dan ons het 'n soort van afspraak om operasiewonde vir mekaar te
wys?:)))))
Annette

Gids skryf in boodskap news:bR0s8.62455$oI.5299574@zwoll1.home.nl...
>
> ----- Original Message -----
> From: "johanls"
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Sent: Sunday, April 07, 2002 7:43 PM
> Subject: Re: Waarom?
>
>
>> Gids,
>> was jy al in SA en wanneer?
>
> drie weke gelede vir twee weke - weer in Mei minstens 3 - 4 keer per jaar
> nou
>
>
>> Hier gebeur elke dag soveel dinge dat mens nie
>> anders kan as om te sê dat dit sleg gaan nie. Ek stem saam met Annette dat
>> mens `n balans moet hou tussen `n erkenning van wat goed of sleg is. Ek
>> reken net dat die Suid-Afrikaners aan beter gewoond was en dat die
>> aanpassings by die Derde Wêreld se manier van doen vir party `n groot sprong
>> is om te maak. As `n tehuis vir bejaardes helder oordag gestroop en
>> geplunder word gaan dit definitief nie goed nie. As jongmans nie vir werk
>> mag aansoek doen nie, want hulle is wit gaan dit nie goed nie. As SSA
>> (Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke arbeidsmag se
>> 1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê danksy omgekeerde apartheid
>> dan kan dit mos nie goed gaan nie.
>
> Dan kom die vraag weer - is die Afrikaner besig om te spog oor hoe sleg dit
> gaan, of besig om iets aan te probeer doen? Waarom is dit so belangrik vir
> die Afrikaner dat dit moet sleg gaan met SA?
>
> Die insidente wat jy noem en die manier wat jy dit stateer laat die vraag
> net sterker word, en beantwoord dit nie.
>
> Miskien moet ek vir jou persoonlik vra - waarom is dit vir jou persoonlik so
> belangrik dat dit sleg moet gaan met SA?
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #59759 is 'n antwoord op boodskap #59754] So, 07 April 2002 21:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
> hoe min gaan gedoen word?

Ek kan nie uitspraak lewer oor die bekwaamheid van die mense in my mark nie.
Ek was te lanklaas in die RSA en ek glo dat ouens soos Davie bes moontlik in
'n beter posisie is om 'n uitspraak te lewer.

Maar op die makroskaal, die demografiese groep waaraan ek behoort gaan nie
baie goed vaar onder die omstandighede wat jy beskryf nie. Ek is die
verkeerde kleur, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, 'you name it'.

Ek het vroeer gepos dat dit ook die rede is hoekom ek landuit is... en dis
nie heeltemal waar nie. Op daai stadium het "AA" net sy kop begin uitsteek.
So met die intrapslag was 1996 veronderstel om 'n goeie jaar vir my te wees.
Goeie werk, goeie vooruitsigte, goeie salaris, klein (maar pragtige) plekkie
in Durbanville.

En in een week in April/Mei is ek elke oggend in my motor op pad werk toe.
En elke oggend skakel ek die radio aan, luister na die nuus. En elke oggend
besef ek meer en meer dat ek 'n gemiddelde werk het met min vooruitsigte en
'n salaris het wat nie 'n kat se kans staan teen wat na my kant toe kom nie.
En die huisie in Durbanville? Ek het besef dat dit maar gaan knor om by te
bly. Weet nie of jy daai week sal onthou nie. Twee petrolprys aankondigings
(en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.

En toe se ek vir myself: "Self, as dit is wat hierdie ouens in 'n week kan
regkry, staan ek nie 'n kat se kans teen wat hulle die res van my lewe aan
my welsyn kan doen nie". Maar dis my skuld. Ek was naief genoeg om te glo
dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.

Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.

Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. Wie weet, dalk eendag. En
ek belowe jou. Ek is terug soos bliks, en dan sal ek kom kyk of julle
wildsboere nog kan vleisbraai soos ek onthou. Deal?

Q
Re: Waarom? [boodskap #59760 is 'n antwoord op boodskap #59742] So, 07 April 2002 21:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> "Annette" wrote in message
> news:a8puqj$u6f9f$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Probeer bewys dat dinge sleg gaan? Ek neem aan jy bedoel sekere mense
>> probeer hard om slegs te vertel van slegte dinge wat in Suid Afrika gebeur?
>> Dis menslik.
>> Daar is sulke mense.
>> As ek nou moet praat van my spesifieke kol, nou, dan kan ek glad nie praat
>> van dat dit sleg met my gaan nie.
>
> Jy bedoel duidelik nie die rugby of die krieket nie ;)
Wel, sien, soos jy van my naam kan aflei, is ek 'n dogtertjie - wat nie
eintlik rugby, krieket, sokker of selfs manshokkie speel nie.:)))
Maar as jy wil, kan ek jou 'n relaas gee wat ek wel daarvan dink - dit sal
nie mooi wees nie, en daar sal 'n klomp van daardie nuwe klomp spamwoorde
teenwoordig wees:)))

>
>
> Dankie Annette. Waarom is meeste van wat ek van hier hoor oor SA (van
> Afrikaners ena nder blankes lw) net negatief en as ek in Sa is by ons blanke
> mense hoor ek net negatief tot ek begin uitvra - dan begin mense die
> positief eers vertel? Dis of ons mense genot put uit leiding en pas as jy
> gerigd vrae vra die positiewe met moeite vertel.
>

Jy beweeg heel duidelik in ander sosiale kringe as ek, Gids:))
Ek kan jou verseker waar ek met maatjies saamspeel en gesels praat ons
hoofsaaklik van die lekker dinge.

Nou kom die vraag natuurlik of lekker dinge vir die een 'n lekker ding vir
die ander is.
Byvoorbeeld - 'n baie goeie vriend vryf sy hande saam van lekkerkry en
glimlag van oor tot oor as hy vertel dat daar gepraat word dat as die
vigsepidemie so lekker voortgaan soos wat dit huidig die geval is, ten
minste 50% van ons swart bevolking binne 10 jaar uitgewis sal wees.
Ek weer dink dit is 'n absolute ramp.
Annette

>
Re: Waarom? [boodskap #59762 is 'n antwoord op boodskap #59759] So, 07 April 2002 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Soos jy sê ": 'the hits just keep on coming...'. Petrolprys is nou al oor
die R4-00 per liter en die ouens wat geld in die bank het begin smile oor
die rente terwyl die van ons wat skuld het die belt bietjie stywer intrek.
Jy was nie naief om te glo dat jy daarop geregtig is nie, dit is enige mens
se reg, maar blykbaar kan dit "regverdiglik" van jou ontneem word. Ek dink
ons nuwe geslag wat sonder Apartheid groot geword het, sal op `n stadium
moet kom waar ons moeg is daarvoor om uitgepolitiek te wees. Soos iemand
ander dag sê: Dinge gebeur wanneer mense siek en sat raak daarvoor om siek
en sat te wees. Ons kom al hoe nader aan daardie dag. Jou wens is nie
vergesog nie.

Q skryf in boodskap news:a8qcd6$fea$1@helle.btinternet.com...
> Twee petrolprys aankondigings
> (en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
> hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.
>
> Ek was naief genoeg om te glo
> dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.
>
> Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
> genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
> donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
> gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
> gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
> nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
> gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.
>
> Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. >
>
Re: Waarom? [boodskap #59766 is 'n antwoord op boodskap #59759] So, 07 April 2002 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons lot wat hier bly is adrenalien-junkies:)))
Annette

Q skryf in boodskap news:a8qcd6$fea$1@helle.btinternet.com...
>
> "johanls" wrote in message
> news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
>> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
>> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
>> hoe min gaan gedoen word?
>
> Ek kan nie uitspraak lewer oor die bekwaamheid van die mense in my mark nie.
> Ek was te lanklaas in die RSA en ek glo dat ouens soos Davie bes moontlik in
> 'n beter posisie is om 'n uitspraak te lewer.
>
> Maar op die makroskaal, die demografiese groep waaraan ek behoort gaan nie
> baie goed vaar onder die omstandighede wat jy beskryf nie. Ek is die
> verkeerde kleur, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, 'you name it'.
>
> Ek het vroeer gepos dat dit ook die rede is hoekom ek landuit is... en dis
> nie heeltemal waar nie. Op daai stadium het "AA" net sy kop begin uitsteek.
> So met die intrapslag was 1996 veronderstel om 'n goeie jaar vir my te wees.
> Goeie werk, goeie vooruitsigte, goeie salaris, klein (maar pragtige) plekkie
> in Durbanville.
>
> En in een week in April/Mei is ek elke oggend in my motor op pad werk toe.
> En elke oggend skakel ek die radio aan, luister na die nuus. En elke oggend
> besef ek meer en meer dat ek 'n gemiddelde werk het met min vooruitsigte en
> 'n salaris het wat nie 'n kat se kans staan teen wat na my kant toe kom nie.
> En die huisie in Durbanville? Ek het besef dat dit maar gaan knor om by te
> bly. Weet nie of jy daai week sal onthou nie. Twee petrolprys aankondigings
> (en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
> hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.
>
> En toe se ek vir myself: "Self, as dit is wat hierdie ouens in 'n week kan
> regkry, staan ek nie 'n kat se kans teen wat hulle die res van my lewe aan
> my welsyn kan doen nie". Maar dis my skuld. Ek was naief genoeg om te glo
> dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.
>
> Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
> genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
> donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
> gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
> gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
> nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
> gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.
>
> Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. Wie weet, dalk eendag. En
> ek belowe jou. Ek is terug soos bliks, en dan sal ek kom kyk of julle
> wildsboere nog kan vleisbraai soos ek onthou. Deal?
>
> Q
>
Re: Waarom? [boodskap #59769 is 'n antwoord op boodskap #59766] So, 07 April 2002 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ja waarlik dit is iets waaroor ons nie kan kla dat ons ten min van het nie.
In dieselfde kategorie val dat ons nie kan kla oor eentonigheid nie. Elke
dag is daar `n nuwe dwaasheid waarvoor mens kan lag.

Annette skryf in boodskap news:a8qdpc$u2f57$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ons lot wat hier bly is adrenalien-junkies:)))
Re: Waarom? [boodskap #59773 is 'n antwoord op boodskap #59769] So, 07 April 2002 21:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sien jy Gids?
Daar het jy dit - ons lag ten minste een maal elke dag hier:))
Baie min mense van ander lande sal dit kan sê, of hoe?
Annette

johanls skryf in boodskap news:3cb147a0_3@batman.vip-za.com...
> Ja waarlik dit is iets waaroor ons nie kan kla dat ons ten min van het nie.
> In dieselfde kategorie val dat ons nie kan kla oor eentonigheid nie. Elke
> dag is daar `n nuwe dwaasheid waarvoor mens kan lag.
>
> Annette wrote in message
> news:a8qdpc$u2f57$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ons lot wat hier bly is adrenalien-junkies:)))
>
Re: Waarom? [boodskap #59795 is 'n antwoord op boodskap #59754] Ma, 08 April 2002 04:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
> hoe min gaan gedoen word?
> Q wrote in message
> news:a8q7jl$ddu$1@knossos.btinternet.com...
>>
>> ">
>> Hoeka daai rede... Maar gladnie op die skaal wat jy aanhaal nie.
>>
>> Q
>>
>
>

Ek het intussen op die site van Stats SA gaan loer. Hulle verslag oor werk
en werkloosheid van Sptember 2001 vertel 'n ander storie. Al bevolkingsgroep
in SA waar werkloosheid gedaal het, is blankes.

Dit lyk vir al meer of die analise wat jy genoem het nie van Stats SA gekom
het nie.

Jy kan ontspan Q - die boerewors in SA is nog steeds lekker. Die
Suid-Afrikaners in SA is nog steeds nie sosiaal gestremd soos die gemiddelde
Brit nie en die Winter in SA lyk nog steeds soos Lente in Engeland.

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59796 is 'n antwoord op boodskap #59773] Ma, 08 April 2002 05:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8qean$ugp95$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sien jy Gids?
> Daar het jy dit - ons lag ten minste een maal elke dag hier:))
> Baie min mense van ander lande sal dit kan sê, of hoe?
> Annette
>
>

Dit het jy helaas ook mis Annette. Wat merkwaardig is is hoed ie mense in
Europa byvoorbeeld deur die Tweede Wêreldoorlog gekom het. Hulle het nie
gevra dat hul lewens ontwrig moet word deur 'n oorlog nie en hulle het nie
gevra dat miljoene van hulle vermoor moet word in die naam van ras nie. Tog
het hulle dit met moed en 'n positiewe gesindheid oorkom. Humor maak mense
swaarkry oorleef, en die swaarkry van die gemiddelde blanke Suid-Afrikaners
is niks in vergelyking met die swaarkry wat ons voorouers gely het gedurende
en na die Boereoorlog or die Europeane gely het gedurende en na die Tweede
Wêreldoorlog nie. In Europa gaan dit nou goed - ekonomies, met die
gesondheidsorg en met ander dinge.

Waaroor kla mense?
- Die gesondheidsorg. Primêre gesondheidsorg is sleg en sekondêre
gesondheidsorg te duur.
- Die petrolprys is so hoog. Dit is te duur om 'n kar te besit en openbare
vervoer is sleg en gevaarlik.
- Inflasie is te hoog.
- Die land se groei is nog nie eens 3 persent nie
- Politici word verkies op basis van een ding wat hulle sê gedurende
verkiesings en dan as hulle aan bewind is doen hulle nie wat hul gesê het
nie.
- Geweld en misdaad vier in sommige areas hoogty. Daar word die heel tyd
geroep dat daar meer blou op straat moet kom en dat die polisie magteloos
is. Spesifieke gevalle van misdaad word genoem om die punt te staaf.
- Rassisme is 'n probleem. Of mense is so polities korrek dat hulle nie
probleme kan aanspreek nie, of hulle probeer om probleme aan te spreek en
word rassiste genoem. Dan het jy nog egte witwarm rassisme wat nie die idee
kan verduur dat daar 'n swartman langs hom bly nie.

Lyk dit bekend? Die lysie wat ek nou genoem het is nie klagtes uit
Suid-Afrika nie, maar uit Nederland.

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59797 is 'n antwoord op boodskap #59758] Ma, 08 April 2002 05:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8qcvk$ttj5n$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gits Gids!! Vir wat het jy my nie laat weet jy kom in SA kuier nie?
> Ek dog dan ons het 'n soort van afspraak om operasiewonde vir mekaar te
> wys?:)))))
> Annette
>
Dit het bietjie dol gegaan Annette. Ek was maar 'n dag en 'n half in
Kaapstad (eintlik in die Paarl). Maar ek kom weer in Mei - en dan net na
Kaapstad- dan sal ons kyk of daar tyd is.

Groete

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59799 is 'n antwoord op boodskap #59795] Ma, 08 April 2002 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gits Gids!! Ek sal nie nou saampraat oor die wors, gestremdheid en weer
nie - want ek stem saam.
Maar ivm Statistiek - daardie inligting - sê hulle gegrond op wat in
vergelyking met wat?
Annette

Gids skryf in boodskap news:5m9s8.64796$oI.5434294@zwoll1.home.nl...
>
> "johanls" wrote in message
> news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
>> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
>> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
>> hoe min gaan gedoen word?
>> Q wrote in message
>> news:a8q7jl$ddu$1@knossos.btinternet.com...
>>>
>>> ">
>>> Hoeka daai rede... Maar gladnie op die skaal wat jy aanhaal nie.
>>>
>>> Q
>>>
>>
>
> Ek het intussen op die site van Stats SA gaan loer. Hulle verslag oor werk
> en werkloosheid van Sptember 2001 vertel 'n ander storie. Al bevolkingsgroep
> in SA waar werkloosheid gedaal het, is blankes.
>
> Dit lyk vir al meer of die analise wat jy genoem het nie van Stats SA gekom
> het nie.
>
> Jy kan ontspan Q - die boerewors in SA is nog steeds lekker. Die
> Suid-Afrikaners in SA is nog steeds nie sosiaal gestremd soos die gemiddelde
> Brit nie en die Winter in SA lyk nog steeds soos Lente in Engeland.
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #59800 is 'n antwoord op boodskap #59796] Ma, 08 April 2002 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai Gids, ons praat van nou, en dan spring jy terug na die verlede net soos
sommige ander mense hier wat vir 6 dae met vakansie is:) Ek dink ons weet
almal van wat jy vertel het - maar hoeveel foto's dink jy is daar in die
museums oor WW1 & 2, Korea, Vietnam, ens. waar mense met smaails sit of loop
in vergelyking met die wat baie droefgeestig voorkom?

Daardie klagtes het ek ook by mense in Engeland en Amerika gehoor en dan
nog 'n paar ander goedjies ook by.
So, wat is jou probleem nou weer? Dat die mense met wie jy praat van SA net
heeltyd kla?
Ek glo nie - dis 'n growwe veralgemening - ek sê jou mos - jy beweeg in die
verkeerde kringe:)))
Annette

Gids skryf in boodskap news:QE9s8.64832$oI.5436288@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8qean$ugp95$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sien jy Gids?
>> Daar het jy dit - ons lag ten minste een maal elke dag hier:))
>> Baie min mense van ander lande sal dit kan sê, of hoe?
>> Annette
>>
>
> Dit het jy helaas ook mis Annette. Wat merkwaardig is is hoed ie mense in
> Europa byvoorbeeld deur die Tweede Wêreldoorlog gekom het. Hulle het nie
> gevra dat hul lewens ontwrig moet word deur 'n oorlog nie en hulle het nie
> gevra dat miljoene van hulle vermoor moet word in die naam van ras nie. Tog
> het hulle dit met moed en 'n positiewe gesindheid oorkom. Humor maak mense
> swaarkry oorleef, en die swaarkry van die gemiddelde blanke Suid-Afrikaners
> is niks in vergelyking met die swaarkry wat ons voorouers gely het gedurende
> en na die Boereoorlog or die Europeane gely het gedurende en na die Tweede
> Wêreldoorlog nie. In Europa gaan dit nou goed - ekonomies, met die
> gesondheidsorg en met ander dinge.
>
> Waaroor kla mense?
> - Die gesondheidsorg. Primêre gesondheidsorg is sleg en sekondêre
> gesondheidsorg te duur.
> - Die petrolprys is so hoog. Dit is te duur om 'n kar te besit en openbare
> vervoer is sleg en gevaarlik.
> - Inflasie is te hoog.
> - Die land se groei is nog nie eens 3 persent nie
> - Politici word verkies op basis van een ding wat hulle sê gedurende
> verkiesings en dan as hulle aan bewind is doen hulle nie wat hul gesê het
> nie.
> - Geweld en misdaad vier in sommige areas hoogty. Daar word die heel tyd
> geroep dat daar meer blou op straat moet kom en dat die polisie magteloos
> is. Spesifieke gevalle van misdaad word genoem om die punt te staaf.
> - Rassisme is 'n probleem. Of mense is so polities korrek dat hulle nie
> probleme kan aanspreek nie, of hulle probeer om probleme aan te spreek en
> word rassiste genoem. Dan het jy nog egte witwarm rassisme wat nie die idee
> kan verduur dat daar 'n swartman langs hom bly nie.
>
> Lyk dit bekend? Die lysie wat ek nou genoem het is nie klagtes uit
> Suid-Afrika nie, maar uit Nederland.
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #59801 is 'n antwoord op boodskap #59797] Ma, 08 April 2002 05:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaaf - ek kry my organe reg:))))

Daardie dag en 'n half klink soos die glas en 'n half van die sjokolade
advertensie.:)

Annette

Gids skryf in boodskap news:PG9s8.64837$oI.5436343@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8qcvk$ttj5n$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Gits Gids!! Vir wat het jy my nie laat weet jy kom in SA kuier nie?
>> Ek dog dan ons het 'n soort van afspraak om operasiewonde vir mekaar te
>> wys?:)))))
>> Annette
>>
> Dit het bietjie dol gegaan Annette. Ek was maar 'n dag en 'n half in
> Kaapstad (eintlik in die Paarl). Maar ek kom weer in Mei - en dan net na
> Kaapstad- dan sal ons kyk of daar tyd is.
>
> Groete
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #59817 is 'n antwoord op boodskap #59795] Ma, 08 April 2002 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gids
Ek het intussen op die site van Stats SA gaan loer. Hulle verslag oor werk
en werkloosheid van Sptember 2001 vertel 'n ander storie. Al bevolkingsgroep
in SA waar werkloosheid gedaal het, is blankes. Dit lyk vir al meer of
die analise wat jy genoem het nie van Stats SA gekom het nie.

Wouter
Dis my gevoel ook. Ek het nog nooit sulke tipe projeksies van Stats SA
gesien nie. Dit klink eerder of een of ander ou met 'n agenda Stats SA
se syfers geprojekteer het om sy saak te pas.
Re: Waarom? [boodskap #59827 is 'n antwoord op boodskap #59725] Ma, 08 April 2002 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
johanls wrote:
> As SSA
> (Statistiek SA) apmtelik aankondig dat in 2007 van die blanke arbeidsmag se
> 1,5 miljoen werkers net 675 000 nog gaan werk hê danksy omgekeerde apartheid
> dan kan dit mos nie goed gaan nie.

Teen die rate wat mense emmigreer sal daar minder as dit oor wees as
dit - so moenie worrie nie!
Re: Waarom? [boodskap #59828 is 'n antwoord op boodskap #59766] Ma, 08 April 2002 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Afrika is nie vir sissies nie :b - vera lnie as jou vel ook nog wit is
nie .

Annette wrote:
>
> Ons lot wat hier bly is adrenalien-junkies:)))
> Annette
>
> Q wrote in message
> news:a8qcd6$fea$1@helle.btinternet.com...
>>
>> "johanls" wrote in message
>> news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
>>> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
>>> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
>>> hoe min gaan gedoen word?
>>
>> Ek kan nie uitspraak lewer oor die bekwaamheid van die mense in my mark nie.
>> Ek was te lanklaas in die RSA en ek glo dat ouens soos Davie bes moontlik in
>> 'n beter posisie is om 'n uitspraak te lewer.
>>
>> Maar op die makroskaal, die demografiese groep waaraan ek behoort gaan nie
>> baie goed vaar onder die omstandighede wat jy beskryf nie. Ek is die
>> verkeerde kleur, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, 'you name it'.
>>
>> Ek het vroeer gepos dat dit ook die rede is hoekom ek landuit is... en dis
>> nie heeltemal waar nie. Op daai stadium het "AA" net sy kop begin uitsteek.
>> So met die intrapslag was 1996 veronderstel om 'n goeie jaar vir my te wees.
>> Goeie werk, goeie vooruitsigte, goeie salaris, klein (maar pragtige) plekkie
>> in Durbanville.
>>
>> En in een week in April/Mei is ek elke oggend in my motor op pad werk toe.
>> En elke oggend skakel ek die radio aan, luister na die nuus. En elke oggend
>> besef ek meer en meer dat ek 'n gemiddelde werk het met min vooruitsigte en
>> 'n salaris het wat nie 'n kat se kans staan teen wat na my kant toe kom nie.
>> En die huisie in Durbanville? Ek het besef dat dit maar gaan knor om by te
>> bly. Weet nie of jy daai week sal onthou nie. Twee petrolprys aankondigings
>> (en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
>> hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.
>>
>> En toe se ek vir myself: "Self, as dit is wat hierdie ouens in 'n week kan
>> regkry, staan ek nie 'n kat se kans teen wat hulle die res van my lewe aan
>> my welsyn kan doen nie". Maar dis my skuld. Ek was naief genoeg om te glo
>> dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.
>>
>> Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
>> genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
>> donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
>> gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
>> gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
>> nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
>> gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.
>>
>> Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. Wie weet, dalk eendag. En
>> ek belowe jou. Ek is terug soos bliks, en dan sal ek kom kyk of julle
>> wildsboere nog kan vleisbraai soos ek onthou. Deal?
>>
>> Q
>>
>>
Re: Waarom? [boodskap #59841 is 'n antwoord op boodskap #59799] Ma, 08 April 2002 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8rakn$tpt7i$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gits Gids!! Ek sal nie nou saampraat oor die wors, gestremdheid en weer
> nie - want ek stem saam.
> Maar ivm Statistiek - daardie inligting - sê hulle gegrond op wat in
> vergelyking met wat?
> Annette
>

Stats SA stel halfjaarliks 'n analise op van beskikbare syfers oor
werkloosheid. Elke jaar September is een van die kere. Statistiek word
vergelyk met vorige metings. Daar word sus tabelle opgetrek van vorige
metings en dan kan jy mooi in 'n grafiek sien wat die tendense is.

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59842 is 'n antwoord op boodskap #59800] Ma, 08 April 2002 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8rakp$tpt7i$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ai Gids, ons praat van nou, en dan spring jy terug na die verlede net soos
> sommige ander mense hier wat vir 6 dae met vakansie is:) Ek dink ons weet
> almal van wat jy vertel het - maar hoeveel foto's dink jy is daar in die
> museums oor WW1 & 2, Korea, Vietnam, ens. waar mense met smaails sit of loop
> in vergelyking met die wat baie droefgeestig voorkom?
>
Daar is natuurlik 'n goeie rede waarom ek die vergelyking gebruik het. Die
punst is dat dit nie so uniek is dat mense glimlag nie - dit het weinig te
make met of dit goed of sleg gaan.

> Daardie klagtes het ek ook by mense in Engeland en Amerika gehoor en dan
> nog 'n paar ander goedjies ook by.
> So, wat is jou probleem nou weer? Dat die mense met wie jy praat van SA net
> heeltyd kla?
Nee - die probleem is dat SAners byna alleen maar kla. Lees hierdie
nuusgroep. Met 'n paar uitsonderinge na probeer mense alleen maar om te
vertel hoe sleg dit gaan. As daar dan 'n nugtere vraag gevra word soos "Gaan
dit regtig so sleg of is dit net persepsies", word jy as persoon wat in die
buiteland woon daarvan beskuldig dat jy nie enigsins kan weet of dit sleg of
goed gaan nie en jou opinie of vraagstelling dus ongeldig is.

> Ek glo nie - dis 'n growwe veralgemening - ek sê jou mos - jy beweeg in die
> verkeerde kringe:)))

Annette, jy het blykbaar vergeet van Swellendam. Ek verkeer om een of ander
rede nog steeds onder die indruk dat jy toe in die verkeerde kring gesit
het.

-Gids-
Re: Waarom? [boodskap #59850 is 'n antwoord op boodskap #59841] Ma, 08 April 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie - ek neem aan van die syfers word verkry van die maandelikse syfers
wat hulle van besighede af kry?
Miskien nie - ek het een van daardie bitter lank laas gedoen - want nie een
van my besighede hoef dit te voltooi nie - maar as ek nou so vinnig
terugdink, en ek mag verkeerd wees - ek dink nie daar word onderskeid
gemaak tussen die aantal vroulike en manlike werknemers of van die
verskillende etniese groepe nie.
Dis hoekom ek gevra het.
Annette

Gids skryf in boodskap news:k2js8.68221$oI.5597366@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8rakn$tpt7i$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Gits Gids!! Ek sal nie nou saampraat oor die wors, gestremdheid en weer
>> nie - want ek stem saam.
>> Maar ivm Statistiek - daardie inligting - sê hulle gegrond op wat in
>> vergelyking met wat?
>> Annette
>>
>
> Stats SA stel halfjaarliks 'n analise op van beskikbare syfers oor
> werkloosheid. Elke jaar September is een van die kere. Statistiek word
> vergelyk met vorige metings. Daar word sus tabelle opgetrek van vorige
> metings en dan kan jy mooi in 'n grafiek sien wat die tendense is.
>
> -Gids-
>
Re: Waarom? [boodskap #60273 is 'n antwoord op boodskap #59705] So, 14 April 2002 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gideon verstom ons deur te sê:

> Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
> bewys dat dinge sleg gaan.
>
> Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
>
> -Gids-
>

Miskien moet jy van die pos behoorlik lees Gideon. As jy 'n klomp
klakouse en negatiewe mense op 'n nuusgroep sien beteken dit
dat jy met meer nuusgroepe deel as net dié een.

DD
Re: Waarom? [boodskap #60277 is 'n antwoord op boodskap #60273] So, 14 April 2002 18:04 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee - my dag is vanoggend gemaak toe ek my uitasem gelag het vir 'n berig
in die Rapport ( dis nou by Ma -en ek wou nog daaruit aanhaal van die stuk
dat slegs Engels by die Nederlandse ambassade hier gepraat mag word) van die
absoluut koekoes Mev Botha wat deur die veearts in 'n hok toegesluit was.
Baie snaaks .
Annette

DD skryf in boodskap news:97bjbucl3vla9404prka3hd9kba6sobb6j@4ax.com...
> Gideon verstom ons deur te sê:
>
>> Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
>> bewys dat dinge sleg gaan.
>>
>> Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
>>
>> -Gids-
>>
>
> Miskien moet jy van die pos behoorlik lees Gideon. As jy 'n klomp
> klakouse en negatiewe mense op 'n nuusgroep sien beteken dit
> dat jy met meer nuusgroepe deel as net dié een.
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Om mnr Mbeki te verstaan...
Volgende onderwerp: Taak van Koerante
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:23:06 MGT 2024