Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarom?
Waarom? [boodskap #59705] |
So., 07 April 2002 15:29  |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
bewys dat dinge sleg gaan.
Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
-Gids-
|
|
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59719 is 'n antwoord op boodskap #59705] |
So., 07 April 2002 17:12   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Probeer bewys dat dinge sleg gaan? Ek neem aan jy bedoel sekere mense
probeer hard om slegs te vertel van slegte dinge wat in Suid Afrika gebeur?
Dis menslik.
Daar is sulke mense.
As ek nou moet praat van my spesifieke kol, nou, dan kan ek glad nie praat
van dat dit sleg met my gaan nie.
Dit gaan baie goed met my.
Maar as ek praat van dinge naby my waar dit nie so lekker gaan nie, dan is
dit net dit.
Ek sê ook nie dat dit net op daardie kol so sleg gaan nie, of dat daar by
ander dele naby die kol eintlik goed gaan nie.
Utopia of Utopianegatief bestaan nie.
Oral ter wêreld gebeur daar slegte en goeie dinge.
Vertel vir almal wat wil hoor van die goeie dinge, maar moet ook nie
beskroomd wees om van die slegte dinge ook te praat nie - want albei is
daar, oral, altyd.
Die triek is dink ek om gebalanseerd in jou uitkyk te wees, om nie slegs net
die goeie of slegs net die slegte raak te sien of daaroor te praat nie.
Ongelukkig is daar mense wat dit doen - dit is hulle geaardheid of keuse om
dit te doen, en ons moet dit so aanvaar.
Annette
Gids skryf in boodskap news:4DZr8.60672$oI.5209847@zwoll1.home.nl...
> Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
> bewys dat dinge sleg gaan.
>
> Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
>
> -Gids-
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59742 is 'n antwoord op boodskap #59719] |
So., 07 April 2002 19:15   |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" skryf in boodskap news:a8puqj$u6f9f$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Probeer bewys dat dinge sleg gaan? Ek neem aan jy bedoel sekere mense
> probeer hard om slegs te vertel van slegte dinge wat in Suid Afrika gebeur?
> Dis menslik.
> Daar is sulke mense.
> As ek nou moet praat van my spesifieke kol, nou, dan kan ek glad nie praat
> van dat dit sleg met my gaan nie.
Jy bedoel duidelik nie die rugby of die krieket nie ;) Ek sien die Stormers
het darem saamgespeel Saterdag en was nie net weggewas dood die Cats of die
Bulls nie.
> Dit gaan baie goed met my.
> Maar as ek praat van dinge naby my waar dit nie so lekker gaan nie, dan is
> dit net dit.
> Ek sê ook nie dat dit net op daardie kol so sleg gaan nie, of dat daar by
> ander dele naby die kol eintlik goed gaan nie.
> Utopia of Utopianegatief bestaan nie.
> Oral ter wêreld gebeur daar slegte en goeie dinge.
> Vertel vir almal wat wil hoor van die goeie dinge, maar moet ook nie
> beskroomd wees om van die slegte dinge ook te praat nie - want albei is
> daar, oral, altyd.
> Die triek is dink ek om gebalanseerd in jou uitkyk te wees, om nie slegs net
> die goeie of slegs net die slegte raak te sien of daaroor te praat nie.
> Ongelukkig is daar mense wat dit doen - dit is hulle geaardheid of keuse om
> dit te doen, en ons moet dit so aanvaar.
Dankie Annette. Waarom is meeste van wat ek van hier hoor oor SA (van
Afrikaners ena nder blankes lw) net negatief en as ek in Sa is by ons blanke
mense hoor ek net negatief tot ek begin uitvra - dan begin mense die
positief eers vertel? Dis of ons mense genot put uit leiding en pas as jy
gerigd vrae vra die positiewe met moeite vertel.
-Gids-
|
|
|
|
|
Re: Waarom? Positief of negatief? [boodskap #59747 is 'n antwoord op boodskap #59743] |
So., 07 April 2002 19:39   |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan nog verder gaan: Ek is positief oor die mens as kroon van God se
skepping, en oor die waarheid, geregtigheid en heiligheid wat die mens as
beeld van God moet vertoon. Daarom is ek negatief ingesteld teenoor alles
wat die mens probeer vergoddelik of verontmenslik, veral die sonde wat sy
waarheid, geregtigheid en heiligheid verdring.
Ek is positief oor God se roeping aan die mens om op verskillende
lewensterreine God se skepping te bewaak en te bewerk. Teenoor alles wat
die mens van hierdie roeping af probeer wegskeur of wat die goeie en
ordelike bewaring en bewerking van God se skepping bedreig, is ek dus
negatief.
Ek het `n positiewe blik op hede, verlede en toekoms: my geloof is is
geanker is God se groot dade (in Christus) in die verlede, staan met
vertroue op God midde-in die hede en leef in geloofsafwagting op die
vervulling van God se beloftes in die toekoms. Daarom is ek negatief
teenoor pogings oms die verlede te vergeet (soos by die liberalisme) of die
hede te verabsoluteer (soos by die eksistensialisme) in in die toekoms in te
wil ontvlug (soos by die piëtisme).
Hierdie lys kan tot in die oneindigheid uitgebrei word. Daar is eenvoudig
net soveel dinge waaroor ek positief is dat dit onwillekeurig negatief
oorkom jeens alles wat daarteenoor staan. Natuurlik sal dit vir diegene wat
oor een of meer van die dinge wat elke keer tweede genoem is positief voel,
lyk of ek negatief is. Sulke mense sal weer op hulle beurt negatief staan
teenoor die dinge wat eerste genoem is. Enige bewering dat mens oor beide
die een en die ander positief moet wees, is in die kiem gesmoor met Jesus se
eie woorde: "Julle kan nie tegelyk twee here dien nie". Die ou gesegde geld
ook hier: Wie op twee stoele gelyk probeer sit, val tussenin deur.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59759 is 'n antwoord op boodskap #59754] |
So., 07 April 2002 21:06   |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"johanls" skryf in boodskap news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
> hoe min gaan gedoen word?
Ek kan nie uitspraak lewer oor die bekwaamheid van die mense in my mark nie.
Ek was te lanklaas in die RSA en ek glo dat ouens soos Davie bes moontlik in
'n beter posisie is om 'n uitspraak te lewer.
Maar op die makroskaal, die demografiese groep waaraan ek behoort gaan nie
baie goed vaar onder die omstandighede wat jy beskryf nie. Ek is die
verkeerde kleur, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, 'you name it'.
Ek het vroeer gepos dat dit ook die rede is hoekom ek landuit is... en dis
nie heeltemal waar nie. Op daai stadium het "AA" net sy kop begin uitsteek.
So met die intrapslag was 1996 veronderstel om 'n goeie jaar vir my te wees.
Goeie werk, goeie vooruitsigte, goeie salaris, klein (maar pragtige) plekkie
in Durbanville.
En in een week in April/Mei is ek elke oggend in my motor op pad werk toe.
En elke oggend skakel ek die radio aan, luister na die nuus. En elke oggend
besef ek meer en meer dat ek 'n gemiddelde werk het met min vooruitsigte en
'n salaris het wat nie 'n kat se kans staan teen wat na my kant toe kom nie.
En die huisie in Durbanville? Ek het besef dat dit maar gaan knor om by te
bly. Weet nie of jy daai week sal onthou nie. Twee petrolprys aankondigings
(en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.
En toe se ek vir myself: "Self, as dit is wat hierdie ouens in 'n week kan
regkry, staan ek nie 'n kat se kans teen wat hulle die res van my lewe aan
my welsyn kan doen nie". Maar dis my skuld. Ek was naief genoeg om te glo
dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.
Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.
Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. Wie weet, dalk eendag. En
ek belowe jou. Ek is terug soos bliks, en dan sal ek kom kyk of julle
wildsboere nog kan vleisbraai soos ek onthou. Deal?
Q
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59760 is 'n antwoord op boodskap #59742] |
So., 07 April 2002 21:07   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
> "Annette" wrote in message
> news:a8puqj$u6f9f$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Probeer bewys dat dinge sleg gaan? Ek neem aan jy bedoel sekere mense
>> probeer hard om slegs te vertel van slegte dinge wat in Suid Afrika gebeur?
>> Dis menslik.
>> Daar is sulke mense.
>> As ek nou moet praat van my spesifieke kol, nou, dan kan ek glad nie praat
>> van dat dit sleg met my gaan nie.
>
> Jy bedoel duidelik nie die rugby of die krieket nie ;)
Wel, sien, soos jy van my naam kan aflei, is ek 'n dogtertjie - wat nie
eintlik rugby, krieket, sokker of selfs manshokkie speel nie.:)))
Maar as jy wil, kan ek jou 'n relaas gee wat ek wel daarvan dink - dit sal
nie mooi wees nie, en daar sal 'n klomp van daardie nuwe klomp spamwoorde
teenwoordig wees:)))
>
>
> Dankie Annette. Waarom is meeste van wat ek van hier hoor oor SA (van
> Afrikaners ena nder blankes lw) net negatief en as ek in Sa is by ons blanke
> mense hoor ek net negatief tot ek begin uitvra - dan begin mense die
> positief eers vertel? Dis of ons mense genot put uit leiding en pas as jy
> gerigd vrae vra die positiewe met moeite vertel.
>
Jy beweeg heel duidelik in ander sosiale kringe as ek, Gids:))
Ek kan jou verseker waar ek met maatjies saamspeel en gesels praat ons
hoofsaaklik van die lekker dinge.
Nou kom die vraag natuurlik of lekker dinge vir die een 'n lekker ding vir
die ander is.
Byvoorbeeld - 'n baie goeie vriend vryf sy hande saam van lekkerkry en
glimlag van oor tot oor as hy vertel dat daar gepraat word dat as die
vigsepidemie so lekker voortgaan soos wat dit huidig die geval is, ten
minste 50% van ons swart bevolking binne 10 jaar uitgewis sal wees.
Ek weer dink dit is 'n absolute ramp.
Annette
>
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59762 is 'n antwoord op boodskap #59759] |
So., 07 April 2002 21:25   |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Soos jy sê ": 'the hits just keep on coming...'. Petrolprys is nou al oor
die R4-00 per liter en die ouens wat geld in die bank het begin smile oor
die rente terwyl die van ons wat skuld het die belt bietjie stywer intrek.
Jy was nie naief om te glo dat jy daarop geregtig is nie, dit is enige mens
se reg, maar blykbaar kan dit "regverdiglik" van jou ontneem word. Ek dink
ons nuwe geslag wat sonder Apartheid groot geword het, sal op `n stadium
moet kom waar ons moeg is daarvoor om uitgepolitiek te wees. Soos iemand
ander dag sê: Dinge gebeur wanneer mense siek en sat raak daarvoor om siek
en sat te wees. Ons kom al hoe nader aan daardie dag. Jou wens is nie
vergesog nie.
Q skryf in boodskap news:a8qcd6$fea$1@helle.btinternet.com...
> Twee petrolprys aankondigings
> (en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
> hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.
>
> Ek was naief genoeg om te glo
> dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.
>
> Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
> genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
> donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
> gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
> gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
> nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
> gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.
>
> Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. >
>
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59766 is 'n antwoord op boodskap #59759] |
So., 07 April 2002 21:31   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons lot wat hier bly is adrenalien-junkies:)))
Annette
Q skryf in boodskap news:a8qcd6$fea$1@helle.btinternet.com...
>
> "johanls" wrote in message
> news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
>> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
>> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
>> hoe min gaan gedoen word?
>
> Ek kan nie uitspraak lewer oor die bekwaamheid van die mense in my mark nie.
> Ek was te lanklaas in die RSA en ek glo dat ouens soos Davie bes moontlik in
> 'n beter posisie is om 'n uitspraak te lewer.
>
> Maar op die makroskaal, die demografiese groep waaraan ek behoort gaan nie
> baie goed vaar onder die omstandighede wat jy beskryf nie. Ek is die
> verkeerde kleur, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, 'you name it'.
>
> Ek het vroeer gepos dat dit ook die rede is hoekom ek landuit is... en dis
> nie heeltemal waar nie. Op daai stadium het "AA" net sy kop begin uitsteek.
> So met die intrapslag was 1996 veronderstel om 'n goeie jaar vir my te wees.
> Goeie werk, goeie vooruitsigte, goeie salaris, klein (maar pragtige) plekkie
> in Durbanville.
>
> En in een week in April/Mei is ek elke oggend in my motor op pad werk toe.
> En elke oggend skakel ek die radio aan, luister na die nuus. En elke oggend
> besef ek meer en meer dat ek 'n gemiddelde werk het met min vooruitsigte en
> 'n salaris het wat nie 'n kat se kans staan teen wat na my kant toe kom nie.
> En die huisie in Durbanville? Ek het besef dat dit maar gaan knor om by te
> bly. Weet nie of jy daai week sal onthou nie. Twee petrolprys aankondigings
> (en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
> hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.
>
> En toe se ek vir myself: "Self, as dit is wat hierdie ouens in 'n week kan
> regkry, staan ek nie 'n kat se kans teen wat hulle die res van my lewe aan
> my welsyn kan doen nie". Maar dis my skuld. Ek was naief genoeg om te glo
> dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.
>
> Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
> genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
> donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
> gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
> gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
> nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
> gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.
>
> Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. Wie weet, dalk eendag. En
> ek belowe jou. Ek is terug soos bliks, en dan sal ek kom kyk of julle
> wildsboere nog kan vleisbraai soos ek onthou. Deal?
>
> Q
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59800 is 'n antwoord op boodskap #59796] |
Ma., 08 April 2002 05:43   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ai Gids, ons praat van nou, en dan spring jy terug na die verlede net soos
sommige ander mense hier wat vir 6 dae met vakansie is:) Ek dink ons weet
almal van wat jy vertel het - maar hoeveel foto's dink jy is daar in die
museums oor WW1 & 2, Korea, Vietnam, ens. waar mense met smaails sit of loop
in vergelyking met die wat baie droefgeestig voorkom?
Daardie klagtes het ek ook by mense in Engeland en Amerika gehoor en dan
nog 'n paar ander goedjies ook by.
So, wat is jou probleem nou weer? Dat die mense met wie jy praat van SA net
heeltyd kla?
Ek glo nie - dis 'n growwe veralgemening - ek sê jou mos - jy beweeg in die
verkeerde kringe:)))
Annette
Gids skryf in boodskap news:QE9s8.64832$oI.5436288@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8qean$ugp95$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sien jy Gids?
>> Daar het jy dit - ons lag ten minste een maal elke dag hier:))
>> Baie min mense van ander lande sal dit kan sê, of hoe?
>> Annette
>>
>
> Dit het jy helaas ook mis Annette. Wat merkwaardig is is hoed ie mense in
> Europa byvoorbeeld deur die Tweede Wêreldoorlog gekom het. Hulle het nie
> gevra dat hul lewens ontwrig moet word deur 'n oorlog nie en hulle het nie
> gevra dat miljoene van hulle vermoor moet word in die naam van ras nie. Tog
> het hulle dit met moed en 'n positiewe gesindheid oorkom. Humor maak mense
> swaarkry oorleef, en die swaarkry van die gemiddelde blanke Suid-Afrikaners
> is niks in vergelyking met die swaarkry wat ons voorouers gely het gedurende
> en na die Boereoorlog or die Europeane gely het gedurende en na die Tweede
> Wêreldoorlog nie. In Europa gaan dit nou goed - ekonomies, met die
> gesondheidsorg en met ander dinge.
>
> Waaroor kla mense?
> - Die gesondheidsorg. Primêre gesondheidsorg is sleg en sekondêre
> gesondheidsorg te duur.
> - Die petrolprys is so hoog. Dit is te duur om 'n kar te besit en openbare
> vervoer is sleg en gevaarlik.
> - Inflasie is te hoog.
> - Die land se groei is nog nie eens 3 persent nie
> - Politici word verkies op basis van een ding wat hulle sê gedurende
> verkiesings en dan as hulle aan bewind is doen hulle nie wat hul gesê het
> nie.
> - Geweld en misdaad vier in sommige areas hoogty. Daar word die heel tyd
> geroep dat daar meer blou op straat moet kom en dat die polisie magteloos
> is. Spesifieke gevalle van misdaad word genoem om die punt te staaf.
> - Rassisme is 'n probleem. Of mense is so polities korrek dat hulle nie
> probleme kan aanspreek nie, of hulle probeer om probleme aan te spreek en
> word rassiste genoem. Dan het jy nog egte witwarm rassisme wat nie die idee
> kan verduur dat daar 'n swartman langs hom bly nie.
>
> Lyk dit bekend? Die lysie wat ek nou genoem het is nie klagtes uit
> Suid-Afrika nie, maar uit Nederland.
>
> -Gids-
>
|
|
|
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #59828 is 'n antwoord op boodskap #59766] |
Ma., 08 April 2002 12:33   |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Afrika is nie vir sissies nie :b - vera lnie as jou vel ook nog wit is
nie .
Annette wrote:
>
> Ons lot wat hier bly is adrenalien-junkies:)))
> Annette
>
> Q wrote in message
> news:a8qcd6$fea$1@helle.btinternet.com...
>>
>> "johanls" wrote in message
>> news:3cb1311c_3@batman.vip-za.com...
>>> Ek bly maar hoop dat hulle statistiese vooruitskouings nie gaan realiseer
>>> nie. Kan jy dink met so min mense wat werklik bekwaam is om te kan werk,
>>> hoe min gaan gedoen word?
>>
>> Ek kan nie uitspraak lewer oor die bekwaamheid van die mense in my mark nie.
>> Ek was te lanklaas in die RSA en ek glo dat ouens soos Davie bes moontlik in
>> 'n beter posisie is om 'n uitspraak te lewer.
>>
>> Maar op die makroskaal, die demografiese groep waaraan ek behoort gaan nie
>> baie goed vaar onder die omstandighede wat jy beskryf nie. Ek is die
>> verkeerde kleur, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, 'you name it'.
>>
>> Ek het vroeer gepos dat dit ook die rede is hoekom ek landuit is... en dis
>> nie heeltemal waar nie. Op daai stadium het "AA" net sy kop begin uitsteek.
>> So met die intrapslag was 1996 veronderstel om 'n goeie jaar vir my te wees.
>> Goeie werk, goeie vooruitsigte, goeie salaris, klein (maar pragtige) plekkie
>> in Durbanville.
>>
>> En in een week in April/Mei is ek elke oggend in my motor op pad werk toe.
>> En elke oggend skakel ek die radio aan, luister na die nuus. En elke oggend
>> besef ek meer en meer dat ek 'n gemiddelde werk het met min vooruitsigte en
>> 'n salaris het wat nie 'n kat se kans staan teen wat na my kant toe kom nie.
>> En die huisie in Durbanville? Ek het besef dat dit maar gaan knor om by te
>> bly. Weet nie of jy daai week sal onthou nie. Twee petrolprys aankondigings
>> (en nie Mickey Mouse aanpassings nie), twee rentekoers aanpassings, en soos
>> hule daar in Danielle se geweste sal se: 'the hits just keep on coming...'.
>>
>> En toe se ek vir myself: "Self, as dit is wat hierdie ouens in 'n week kan
>> regkry, staan ek nie 'n kat se kans teen wat hulle die res van my lewe aan
>> my welsyn kan doen nie". Maar dis my skuld. Ek was naief genoeg om te glo
>> dat ek geregtig was om in vrede my eie vooruitgang te bewerkstellig.
>>
>> Op daai stadium was ek al uitgepolitiek. Al wat ek wou he, (en dis wat ek
>> genuine vir elke landgenoot toewens), is 'n klimaat waar kinders tot na
>> donker krieket in die straat kan speel, (of op hulle eie kleilat by die kuil
>> gaan gooi), waar die polisie kan 'cope', waar die juridiese stelsel nog
>> gesag afdwing, waar die prys van lewensmiddelle nie daagliks aangepas word
>> nie, waar die politici nie snaakser as die sirkusnarre is nie en waar ek 'n
>> gelyke kans gegun word om my eie finansiele heil te bewerkstellig.
>>
>> Noem dit maar Q se wens vir die hele Suid Afrika. Wie weet, dalk eendag. En
>> ek belowe jou. Ek is terug soos bliks, en dan sal ek kom kyk of julle
>> wildsboere nog kan vleisbraai soos ek onthou. Deal?
>>
>> Q
>>
>>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Waarom? [boodskap #60277 is 'n antwoord op boodskap #60273] |
So., 14 April 2002 18:04  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Janee - my dag is vanoggend gemaak toe ek my uitasem gelag het vir 'n berig
in die Rapport ( dis nou by Ma -en ek wou nog daaruit aanhaal van die stuk
dat slegs Engels by die Nederlandse ambassade hier gepraat mag word) van die
absoluut koekoes Mev Botha wat deur die veearts in 'n hok toegesluit was.
Baie snaaks .
Annette
DD skryf in boodskap news:97bjbucl3vla9404prka3hd9kba6sobb6j@4ax.com...
> Gideon verstom ons deur te sê:
>
>> Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
>> bewys dat dinge sleg gaan.
>>
>> Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...
>>
>> -Gids-
>>
>
> Miskien moet jy van die pos behoorlik lees Gideon. As jy 'n klomp
> klakouse en negatiewe mense op 'n nuusgroep sien beteken dit
> dat jy met meer nuusgroepe deel as net dié een.
>
> DD
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 19:53:36 UTC 2025
|