Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
" Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59503] Do, 04 April 2002 14:28 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO

VOOR DIE VAL

In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.

Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.

In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel,
terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.

DIE SON SAK WEG

Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.

My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder die koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.

Daar verkoop slinkse boere
Waatlemoene om aan die lewe te bly.

HERFS, OUDTSHOORN

ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand

DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD

Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.

Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.

Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.

Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn,
Ek is koning van idees.

Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.

Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.

Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59507 is 'n antwoord op boodskap #59503] Do, 04 April 2002 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie - jy plaas hierdie resitasies van Ferdietjiekie baie getrou.

Wat ek egter meer sal waardeer, is om jou eerlike krit op enige ene te sien.

En, wanneer jy dit gedoen het gaan ek jou vra waarom jy dit hier plaas.

skryf in boodskap news:3CAC637F.3070107@rogers.com...
> VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
>
> VOOR DIE VAL
>
> In die Klein Karoo het ek geweet
> dat die Swartberge elke oggend
> soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
> dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
> uit die stof sal opstaan
> om in pers vlamme teen die bome te dans.
>
> Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
> En geglo.
> Heel die dag lank
> het ons met fietse deur die strate gebid
> en hallelujas in die sagte gras gelag.
> Met pakkies Lucky Strikes
> het ons skelm psalms agter die heinings gerook
> en met meisies onskuldig soos Post Toasties
> het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
>
> In die ligblou lug,
> wyd en glad soos 'n stil rivier,
> het die tierende son elke middag laat
> in die Klein Karoo
> soos 'n oopgesnyde waatlemoen
> ondergegaan.
> En dan het die soet nag
> om ons
> soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
> en die koel aand het sag soos water
> deur die strate van die dorp gespoel,
> terwyl die saad van nog 'n heilige dag
> op die sypaadjies ontkiem het.
>
> DIE SON SAK WEG
>
> Weg van die growwe groen heuwels
> van die Oos-Kaap,
> ver na die suidweste
> lê die Swartberge.
>
> My hart het op 'n tyd daar gewoon.
> Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
> wat onder die koeëlronde son hoog rys
> in die droë Klein Karoo.
>
> Daar verkoop slinkse boere
> Waatlemoene om aan die lewe te bly.
>
>
> HERFS, OUDTSHOORN
>
> ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
> wat die helder lug bo die berg verbrokkel
> bruin aan bome in die lanings vreet
> en die appelkoosboom in jou agterplaas
> in geel vlamme verbrand
>
>
> DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
>
> Ek ken die Swartberge
> in die land voor die tyd.
>
> Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
> van die son wat glorieryk om die aarde tol.
> Daar kon die geometrie van my geloof
> Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
>
> Maar met die ontvangs van oktrooie
> duskant die Swartberge,
> het die tyd my heerser gemaak.
> Ek het koning oor my lewe geword.
>
> Ek vat die dae en die nagte
> en ek maak statistieke daarvan.
> Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
> Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
> van die wêreldlyn,
> Ek is koning van idees.
>
> Ek weet hoe vulkane
> berge uit die aarde gedruk het,
> hoe vreemde diere vroeër
> in die moerasse van die Klein Karoo
> onder die fel son gebulk het.
>
> Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
> en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
> en weer in die koue planeet wegsak
> wanneer die son rooi en oud word,
> voor alles weer soos saad
> in die donker kiltes van die hemel verskiet.
>
> Ek is koning van konsepte.
> En van hier
> waar die kragte van die tyd
> glorieryk in balans
> om my helder hede hang,
> heers ek
> oor die verlede
> en oor die toekoms.
>
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59522 is 'n antwoord op boodskap #59507] Do, 04 April 2002 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie Tottie - jy plaas hierdie resitasies van Ferdietjiekie baie getrou.
>
> Wat ek egter meer sal waardeer, is om jou eerlike krit op enige ene te sien.
>
> En, wanneer jy dit gedoen het gaan ek jou vra waarom jy dit hier plaas.

Wel, ou Jonas, ek plaas die gedigte
omdat hulle goed is, en omdat Ferdi
Greyling een van die beste streeks-
digters is wat ek nog in Afrikaans
raakgeloop het. Nie alleen dig hy oor
die Klein Karoo nie, maar die Klein
Karoo en veral die Swartberge word
uiteindelik simbole van 'n dieper
geestelike geografie, wat ek absoluut
verbasend vind. Nie alleen is hierdie
vier gedigte op hulle eie juwele nie,
maar hulle vorm 'n suksesvolle siklus.
Noudat jy my die kans gee, pos ek nog
meer van Greyling se streeksgedigte.
En ek vra vir jóú: hou jy van hulle?
En indien nie, hoekom nie?

Gloudina

>> VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO

>> VOOR DIE VAL

>> In die Klein Karoo het ek geweet
>> dat die Swartberge elke oggend
>> soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
>> dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
>> uit die stof sal opstaan
>> om in pers vlamme teen die bome te dans.

>> Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
>> En geglo.
>> Heel die dag lank
>> het ons met fietse deur die strate gebid
>> en hallelujas in die sagte gras gelag.
>> Met pakkies Lucky Strikes
>> het ons skelm psalms agter die heinings gerook
>> en met meisies onskuldig soos Post Toasties
>> het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.

>> In die ligblou lug,
>> wyd en glad soos 'n stil rivier,
>> het die tierende son elke middag laat
>> in die Klein Karoo
>> soos 'n oopgesnyde waatlemoen
>> ondergegaan.
>> En dan het die soet nag
>> om ons
>> soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
>> en die koel aand het sag soos water
>> deur die strate van die dorp gespoel,
>> terwyl die saad van nog 'n heilige dag
>> op die sypaadjies ontkiem het.

>> DIE SON SAK WEG

>> Weg van die growwe groen heuwels
>> van die Oos-Kaap,
>> ver na die suidweste
>> lê die Swartberge.

>> My hart het op 'n tyd daar gewoon.
>> Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
>> wat onder die koeëlronde son hoog rys
>> in die droë Klein Karoo.

>> Daar verkoop slinkse boere
>> Waatlemoene om aan die lewe te bly.


>> HERFS, OUDTSHOORN

>> ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
>> wat die helder lug bo die berg verbrokkel
>> bruin aan bome in die lanings vreet
>> en die appelkoosboom in jou agterplaas
>> in geel vlamme verbrand


>> DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD

>> Ek ken die Swartberge
>> in die land voor die tyd.

>> Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
>> van die son wat glorieryk om die aarde tol.
>> Daar kon die geometrie van my geloof
>> Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.

>> Maar met die ontvangs van oktrooie
>> duskant die Swartberge,
>> het die tyd my heerser gemaak.
>> Ek het koning oor my lewe geword.

>> Ek vat die dae en die nagte
>> en ek maak statistieke daarvan.
>> Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
>> Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
>> van die wêreldlyn,
>> Ek is koning van idees.

>> Ek weet hoe vulkane
>> berge uit die aarde gedruk het,
>> hoe vreemde diere vroeër
>> in die moerasse van die Klein Karoo
>> onder die fel son gebulk het.

>> Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
>> en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
>> en weer in die koue planeet wegsak
>> wanneer die son rooi en oud word,
>> voor alles weer soos saad
>> in die donker kiltes van die hemel verskiet.

>> Ek is koning van konsepte.
>> En van hier
>> waar die kragte van die tyd
>> glorieryk in balans
>> om my helder hede hang,
>> heers ek
>> oor die verlede
>> en oor die toekoms.


>
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59534 is 'n antwoord op boodskap #59522] Vr, 05 April 2002 05:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie. Wanneer jy jou leser/gehoor se intellek of waarnemingsvermoë
onderskat het jy irrelevant geraak ...

Ek het jou vir 'n eerlike kritiek op enige van Ferdietjiekie se resitasies
gevra - om vir my, rongborstig nogal te sê dat dit goed is, reflekteer
ietwat op jouself.

Maar, op dieslefde - ek weet (nie dink of dog dog nie) dat dit substandaard
is. Jammer Ferdie, maar dis my beperkte siening. Kortverhale, prosa ens. is
moontlik jou sterkpunt(e) - poësie bepaald nie. Weereens, jammer ...

skryf in boodskap news:3CACCF4C.3060305@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Antie Tottie - jy plaas hierdie resitasies van Ferdietjiekie baie getrou.
>>
>> Wat ek egter meer sal waardeer, is om jou eerlike krit op enige ene te sien.
>>
>> En, wanneer jy dit gedoen het gaan ek jou vra waarom jy dit hier plaas.
>
>
> Wel, ou Jonas, ek plaas die gedigte
> omdat hulle goed is, en omdat Ferdi
> Greyling een van die beste streeks-
> digters is wat ek nog in Afrikaans
> raakgeloop het. Nie alleen dig hy oor
> die Klein Karoo nie, maar die Klein
> Karoo en veral die Swartberge word
> uiteindelik simbole van 'n dieper
> geestelike geografie, wat ek absoluut
> verbasend vind. Nie alleen is hierdie
> vier gedigte op hulle eie juwele nie,
> maar hulle vorm 'n suksesvolle siklus.
> Noudat jy my die kans gee, pos ek nog
> meer van Greyling se streeksgedigte.
> En ek vra vir j��: hou jy van hulle?
> En indien nie, hoekom nie?
>
> Gloudina
>
>
>>> VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
>
>>> VOOR DIE VAL
>
>>> In die Klein Karoo het ek geweet
>>> dat die Swartberge elke oggend
>>> soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
>>> dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
>>> uit die stof sal opstaan
>>> om in pers vlamme teen die bome te dans.
>
>>> Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
>>> En geglo.
>>> Heel die dag lank
>>> het ons met fietse deur die strate gebid
>>> en hallelujas in die sagte gras gelag.
>>> Met pakkies Lucky Strikes
>>> het ons skelm psalms agter die heinings gerook
>>> en met meisies onskuldig soos Post Toasties
>>> het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
>
>>> In die ligblou lug,
>>> wyd en glad soos 'n stil rivier,
>>> het die tierende son elke middag laat
>>> in die Klein Karoo
>>> soos 'n oopgesnyde waatlemoen
>>> ondergegaan.
>>> En dan het die soet nag
>>> om ons
>>> soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
>>> en die koel aand het sag soos water
>>> deur die strate van die dorp gespoel,
>>> terwyl die saad van nog 'n heilige dag
>>> op die sypaadjies ontkiem het.
>
>>> DIE SON SAK WEG
>
>>> Weg van die growwe groen heuwels
>>> van die Oos-Kaap,
>>> ver na die suidweste
>>> lê die Swartberge.
>
>>> My hart het op 'n tyd daar gewoon.
>>> Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
>>> wat onder die koeëlronde son hoog rys
>>> in die droë Klein Karoo.
>
>>> Daar verkoop slinkse boere
>>> Waatlemoene om aan die lewe te bly.
>
>
>>> HERFS, OUDTSHOORN
>
>>> ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
>>> wat die helder lug bo die berg verbrokkel
>>> bruin aan bome in die lanings vreet
>>> en die appelkoosboom in jou agterplaas
>>> in geel vlamme verbrand
>
>
>>> DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
>
>>> Ek ken die Swartberge
>>> in die land voor die tyd.
>
>>> Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
>>> van die son wat glorieryk om die aarde tol.
>>> Daar kon die geometrie van my geloof
>>> Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
>
>>> Maar met die ontvangs van oktrooie
>>> duskant die Swartberge,
>>> het die tyd my heerser gemaak.
>>> Ek het koning oor my lewe geword.
>
>>> Ek vat die dae en die nagte
>>> en ek maak statistieke daarvan.
>>> Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
>>> Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
>>> van die wêreldlyn,
>>> Ek is koning van idees.
>
>>> Ek weet hoe vulkane
>>> berge uit die aarde gedruk het,
>>> hoe vreemde diere vroeër
>>> in die moerasse van die Klein Karoo
>>> onder die fel son gebulk het.
>
>>> Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
>>> en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
>>> en weer in die koue planeet wegsak
>>> wanneer die son rooi en oud word,
>>> voor alles weer soos saad
>>> in die donker kiltes van die hemel verskiet.
>
>>> Ek is koning van konsepte.
>>> En van hier
>>> waar die kragte van die tyd
>>> glorieryk in balans
>>> om my helder hede hang,
>>> heers ek
>>> oor die verlede
>>> en oor die toekoms.
>
>
>>
>
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59569 is 'n antwoord op boodskap #59534] Vr, 05 April 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Maar, op dieslefde - ek weet (nie dink of dog dog nie) dat dit substandaard
> is.

Jonas, as jy nou nog nie agtergekom het
dat meeste mense jou katterige opmerkings
oor alles en nog wat as irrelevant beskou
nie, word wakker en praat oor dinge waarvan
jy iets weet. Greyling is geen Opperman of
Tom Gouws of Charl Pierre Naude nie, maar
hy is myle beter as sommige van die snert
wat ek deesdae in letterkundige tydskrifte
lees. Terloops, watter letterkundige tydskrifte
lees jy?

Gloudina van die bosuniversiteit op die
walle van die Eersterivier.
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59581 is 'n antwoord op boodskap #59569] Vr, 05 April 2002 23:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Goed of sleg weet ek nie... maar nou verlang ek beneuk terug huis toe.

Q

skryf in boodskap news:3CADFDF1.501@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Maar, op dieslefde - ek weet (nie dink of dog dog nie) dat dit substandaard
>> is.
>
>
> Jonas, as jy nou nog nie agtergekom het
> dat meeste mense jou katterige opmerkings
> oor alles en nog wat as irrelevant beskou
> nie, word wakker en praat oor dinge waarvan
> jy iets weet. Greyling is geen Opperman of
> Tom Gouws of Charl Pierre Naude nie, maar
> hy is myle beter as sommige van die snert
> wat ek deesdae in letterkundige tydskrifte
> lees. Terloops, watter letterkundige tydskrifte
> lees jy?
>
> Gloudina van die bosuniversiteit op die
> walle van die Eersterivier.
>
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59584 is 'n antwoord op boodskap #59569] Sa, 06 April 2002 00:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie ek lees geen letterkundige tydskrifte nie. Maar dit verhoed my
nie om 'n insae te hê in die gehalte van 'n taalkundige inset nie.

Jy vermy steeds my versoek aan jou om 'n bietjie stylkritiek op
Ferdietjiekie se resitasies toe te pas.

Of gaan dit bloot oor die kleurlingverwer waarna daar verwys word? As dit
die geval is verstaan ek moontlik ook jou beheptheid met witomies.

Wel my Pa was 'n witomie - ek is nie verantwoordelik vir die kleur van die
omie wat die pa is nie ...

skryf in boodskap news:3CADFDF1.501@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Maar, op dieslefde - ek weet (nie dink of dog dog nie) dat dit substandaard
>> is.
>
>
> Jonas, as jy nou nog nie agtergekom het
> dat meeste mense jou katterige opmerkings
> oor alles en nog wat as irrelevant beskou
> nie, word wakker en praat oor dinge waarvan
> jy iets weet. Greyling is geen Opperman of
> Tom Gouws of Charl Pierre Naude nie, maar
> hy is myle beter as sommige van die snert
> wat ek deesdae in letterkundige tydskrifte
> lees. Terloops, watter letterkundige tydskrifte
> lees jy?
>
> Gloudina van die bosuniversiteit op die
> walle van die Eersterivier.
>
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59585 is 'n antwoord op boodskap #59584] Sa, 06 April 2002 03:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie Tottie ek lees geen letterkundige tydskrifte nie. Maar dit verhoed my
> nie om 'n insae te hê in die gehalte van 'n taalkundige inset nie.

Aai rest maai kys.

Tant Tottie.
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59587 is 'n antwoord op boodskap #59584] Sa, 06 April 2002 04:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Jy vermy steeds my versoek aan jou om 'n bietjie stylkritiek op
> Ferdietjiekie se resitasies toe te pas.

Ons het al vantevore oor 'n hele paar
van hierdie gedigte op die nuusgroep
gepraat. Miskien het jy vergeet.
Om 'n stilistiese analise van 'n
gedig te maak, neem gewoonlik 'n
hoofstuk. Daar is mense wat verhandelings
oor net een gedig skryf. Dit is dus nie
hier die plek daarvoor nie. Bo en behalwe
dat mens uit jou taalgebruik ( Ferdietjiekie,
resitasies) duidelik kan sien hoe die haat
en nyd van jou pen drup. Hoekom voel jy
jou so bedreig deur dit wat iemand anders
skep? Hoekom laat dit jou nie net koud nie?
Terloops, ek daag jou uit om " Ou Foto -
'n Villanelle" na enige letterkundige te
stuur en hulle opinie daaroor te vra. Bly
jy in Pretoria? Stuur dit aan Henning
Pieterse by UNISA of A.P. Grove, of enige
letterkundige wat sy sout werd is, en vertel
dan wat hulle daarvan sê. En rapporteer dit
hier. Dan kan ons almal weet of so 'n gedig
nou "goed" is of nie.

Gloudina
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59588 is 'n antwoord op boodskap #59587] Sa, 06 April 2002 05:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Aai rest maai kys 2.
skryf in boodskap news:3CAE789A.4060506@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Jy vermy steeds my versoek aan jou om 'n bietjie stylkritiek op
>> Ferdietjiekie se resitasies toe te pas.
>
> Ons het al vantevore oor 'n hele paar
> van hierdie gedigte op die nuusgroep
> gepraat. Miskien het jy vergeet.
> Om 'n stilistiese analise van 'n
> gedig te maak, neem gewoonlik 'n
> hoofstuk. Daar is mense wat verhandelings
> oor net een gedig skryf. Dit is dus nie
> hier die plek daarvoor nie. Bo en behalwe
> dat mens uit jou taalgebruik ( Ferdietjiekie,
> resitasies) duidelik kan sien hoe die haat
> en nyd van jou pen drup. Hoekom voel jy
> jou so bedreig deur dit wat iemand anders
> skep? Hoekom laat dit jou nie net koud nie?
> Terloops, ek daag jou uit om " Ou Foto -
> 'n Villanelle" na enige letterkundige te
> stuur en hulle opinie daaroor te vra. Bly
> jy in Pretoria? Stuur dit aan Henning
> Pieterse by UNISA of A.P. Grove, of enige
> letterkundige wat sy sout werd is, en vertel
> dan wat hulle daarvan sê. En rapporteer dit
> hier. Dan kan ons almal weet of so 'n gedig
> nou "goed" is of nie.
>
> Gloudina
>
Re: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #59589 is 'n antwoord op boodskap #59587] Sa, 06 April 2002 05:41 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
O ja - en wat van die wit pappie ?
skryf in boodskap news:3CAE789A.4060506@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Jy vermy steeds my versoek aan jou om 'n bietjie stylkritiek op
>> Ferdietjiekie se resitasies toe te pas.
>
> Ons het al vantevore oor 'n hele paar
> van hierdie gedigte op die nuusgroep
> gepraat. Miskien het jy vergeet.
> Om 'n stilistiese analise van 'n
> gedig te maak, neem gewoonlik 'n
> hoofstuk. Daar is mense wat verhandelings
> oor net een gedig skryf. Dit is dus nie
> hier die plek daarvoor nie. Bo en behalwe
> dat mens uit jou taalgebruik ( Ferdietjiekie,
> resitasies) duidelik kan sien hoe die haat
> en nyd van jou pen drup. Hoekom voel jy
> jou so bedreig deur dit wat iemand anders
> skep? Hoekom laat dit jou nie net koud nie?
> Terloops, ek daag jou uit om " Ou Foto -
> 'n Villanelle" na enige letterkundige te
> stuur en hulle opinie daaroor te vra. Bly
> jy in Pretoria? Stuur dit aan Henning
> Pieterse by UNISA of A.P. Grove, of enige
> letterkundige wat sy sout werd is, en vertel
> dan wat hulle daarvan sê. En rapporteer dit
> hier. Dan kan ons almal weet of so 'n gedig
> nou "goed" is of nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: "Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Uit " Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 08:23:26 MGT 2024