Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Omdat daar wyn is " deur MARLISE JOUBERT
" Omdat daar wyn is " deur MARLISE JOUBERT [boodskap #59573] Vr, 05 April 2002 19:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

OMDAT DAAR WYN IS
Marlise Joubert

Vanaand het ek lief

omdat daar wyn is om te drink
en iewers die warm verwagting
van wolke broei

omdat daar mense is met oë
en lewe en bloed
soos blomme en voëls
en omdat daar geheime toppe
van nagte is

Op my tong
is die kelkie skemer rooi
en soet

my heupe is viool

die reën spat
en reën saadkorrels
deur die ruit
Vorige onderwerp: Nuus
Volgende onderwerp: Nuusgroep persoonlikheid (ENGELS!!!)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 21:34:21 MGT 2024