Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Elisabeth Eybers (geb. 1915) -Pietà
Elisabeth Eybers (geb. 1915) -Pietà [boodskap #59386] Ma, 01 April 2002 19:42 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Elisabeth Eybers (geb. 1915)

Pietà

By die beeld van Michelangelo in die Sint-Petruskerk, Rome

Hy is weer waar hy hoort, haar eerste seun:
die spanninglose liggaam weeg nog warm,
die vreemd-volwasse hoof hang oor haar arm,
sy beur haar regterknie om hom te steun.

Nou kan sy hom sorgvuldiger beskou .
die fyn ovaal van haar gelaat word weer
jonk en verwonderd soos die eerste keer:
sê sal sy hom 'n leeftyd lank behou.

En weer gewaar sy: elke groot pyn bring
die stilte, peilloos, van versadiging .
Al het geen ander vrou hom ooit vervreem
word alle seuns uithuisig op die duur.
Sy makkers sal hom uit haar skoot kom neem,
soos vroeër ook, maar nou's dit nog háár uur.

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Re: Elisabeth Eybers (geb. 1915) -Pietà [boodskap #59387 is 'n antwoord op boodskap #59386] Ma, 01 April 2002 22:08 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Elisabeth Eybers (geb. 1915)
>
> Pietà 
>
> By die beeld van Michelangelo in die Sint-Petruskerk, Rome

Dankie. Ek het juis gister na 'n program
gekyk waar dié Pietà  gegee word as 'n
voorbeeld van perfekte visuele skoonheid.

Gloudina
Vorige onderwerp: Wouter Skat
Volgende onderwerp: Hallo?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 07:04:02 MGT 2024